Literêre dagboek 2012

2011-06-27 11:46

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

LITERÊRE DAGBOEK 2012

FEBRUARIE WORD ... MISDAADMAAND
In Februarie skop Exclusive Books af nie met Valentynsdagfeestelikhede nie, maar misdaadfiksie!
En as kersie op die koek kom twee bekende buitelandse skrywers dit met hulle hier vier. ANDREW GROSS, skrywer van 15 Seconds en The Killing Hour, speel gasheer by ‘n Fanatics-lesersete by Grand Central, Melrose Arch op Monday 13 Februarie en in Kaapstad by Canal Walk se Primi Piatti op Vrydag 17 Februarie (Fanatics-lesers kry die kans om in te skryf, waarna die gelukkige name getrek sal word.)
15 Seconds word ook op Maandag 13 Februarie om 18:30 bekendgestel by Exclusive Books in Melrose Arch. Die Kaapse bekendstelling is om 18:30 op Donderdag 16 Februarie by Exclusive Books in Canal Walk
KAREN ROSE, skrywer van No One Left to Tell gaan ook gasvrou speel vir ‘n Fanatics-lesersmiddagete by Grand Central, Melrose Arch op Maandag 27 Februarie. Haar Johannesburgse boekbekendstelling vind plaas by Exclusive Books in Sandton City om 18:30 op Maandag 27 Februarie en die Kaapse bekendstelling is by Exclusive Books in Cavendish om 18:00 op Donderdag 1 Maart.
As jy die bekendstellings wil bywoon, bespreek by melrosearch@exclusivebooks.co.za of skakel 011 684 1264; sandtoncity@exclusivebooks.co.za of skakel 011 883 1010. Vir Kaapstad e-pos canalwalk@exclusivebooks.co.za of skakel 021 555 3720; cavendishdeputy@exclusivebooks.co.za of  021 674 3030.

DEMOKRASIE-BOEK VAN US BEKENDGESTEL
Democracy under stress: The global crisis and beyord deur die Universiteit van Stellenbosch se prof. URSULA VAN BEEK en ‘n span navorsers wêreldwyd bekyk die politieke impak van die ekonomiese krisis en die beweging na ‘n nuwe wêreldorde. Die boek word op Stellenbosch bekendgestel.
Donderdag 16 Februarie, 18:00
Wallenberg navorsingsentrum (STIAS), Stellenbosch
Vir meer inligting e-pos Maria Mouton by mmouton@sun.ac.za of skakel 021 808 2963.

OBIE SE NUWE LANGPADBOEK
Long Distance, OBIE OBERHOLZER se jongste boek (Jacana), word in Rosebank, Johannesburg, met ‘n glas wyn gevier.
Donderdag 16 Februarie, 18:00
Circa on Jellicoe, Jellicoelaan 2, Rosebank, Johannesburg
Vir meer inligting skakel 011 788 4805 of e-pos info@circaonjellicoe.co.za of www.circaonjellicoe.co.za

US SAKESKOOL BESPREEK MANDELA-BOEK
Die US Sakeskool se akademiese hoof, prof. Basil Leonard, bespreek NELSON MANDELA se Conversations with Myself (Pan Macmillan) as deel van ‘n reeks sulke boekvoorlesings en -besprekings. Prof. Leonard is ook die uitvoerende direkteur van die Leonard Leadership Group.
Vrydag 17 Februarie, 7:00 tot 8:30
Graphite Konferensiekamer, The Forum, Sloanestraat 57, Wanderers-gebou, The Campus, Bryanston, Johannesburg
Bespreek voor 14 Februarie by Jacky Hector, 021 918 4370 of e-pos jacky.hector@usb-ed.com.

BOEK EN KOEK IN PRETORIA
Twee skrywers kuier so saam oor tee en koek by Graffiti in Delano’s Kolonnade sentrum. HELENA HUGO met Fyn porselein en ANNEMARI COETZER met Die kamer langsaan (LAPA).
Donderdag 23 Februarie, 9:30 vir 10:00
Graffiti-boekwinkel, Delano’s Kolonnade sentrum, Pretoria
Bespreek by 012 548 2356 voor 20 Februarie. Koste R60 per persoon.

SKRYFSKOOL OP ROSENDAL
Vlug na die heuwels vir 'n intensiewe 3-dae-slypskool oor die kuns van romanskryf: Beplan 'n storielyn, skep 'n werkruimte; kies jou karakters, milieu, genre en styl; tower tonele met skop op; kry wenke oor slyp, versorging en voorlegging aan uitgewers.
Die kursus word in Engels aangebied, maar skrywers kan in Afrikaans of Engels deelneem en in die taal van hul keuse terugvoer kry.
Donderdag 23 Februarie, 18:30: Registrasie & kenmekaar by Rosendal Hotel
Vrydag 24, Saterdag 25, 8:30 tot 17:30: Skryfskool
Sondag 25, 9:00 tot 13:00: Skryfskool. Persoonlike V&A-sessies in die namiddag.
Koste: R3 750 sluit die handleiding en materiaal in. R1 000 deposito om jou plek te verseker.
Akkommodasie is nie by die prys ingesluit nie, maar die hotel en gastehuise bied verlaagde tariewe aan.
Kursusfooie sluit middagete en tees in; ontbyt en aandete uit jou eie sak. Die balans word met registrasie betaal, maar daar is R250 afslag as die volle fooi teen 15 Februarie betaal word.
Rosendal is in die Oos-Vrystaat, 'n 3-uur-rit vanaf Johannesburg
Navrae kan gerig word aan Deborah Steinmair by 084 205 4626 of e-pos deborah.steinmair@gmail.com.

ANGLO-BOEREOORLOG- BOEK IN BLOEM
Prof. ANDRE WESSELS is nie skaam vir werk nie. Geen gewone man kan twee boeke en 15 artikels in een jaar publiseer nie! Hy vier nou in die splinternuwe Protea-boekwinkel in die Brandwag-sentrum die bekendstelling van sy The Anglo-Boer War 1899-1902 (Sun Media).
Saterdag 25 Februarie 11:30 vir 12:00
Protea Boekwinkel, Brandwag-sentrum, Bloemfontein
Vir meer inligting bel Magda de Vries by 051 444 1212 of e-pos magda@proteaboekhuis.co.za.

JOAN HAMBIDGE BY DIE BOOK LOUNGE
Die digter en dosent JOAN HAMBIDGE se langverwagte nuwe digbundel, Lot se vrou (Human & Rousseau), word in Kaapstad se Book Lounge bekendgestel. Haar uitgewer, Etienne Bloemhof, voer die woord.
Donderdag 1 Maart, 17:30 vir 18:00
The Book Lounge, Roelandstraat 71, Kaapstad
Vir meer inligting e-pos booklounge@gmail.com of skakel 021 462 2425.

DIE STELLENBOSSE WOORDFEES 2012
Dié fees, met “Groen” as tema, vind van 2 tot 11 Maart 2012 op Stellenbosch plaas. Kaartjies kan deur Computicket gekoop word.
Vir meer inligting skakel 021 808 2019 of 083 915 8000 of gaan na www.woordfees.co.za.

RESENSIEKLINIEK
Is jy tevrede met die gehalte van boekresensies wat jy in die koerante, op die web en op tydskrifte se boekeblaaie sien? Dink jy soms dat jy beter sou kon vaar? Miskien is dit tyd om jou verborge talente as resensieskrywer na die oppervlak te bring en jou woordvaardighede te slyp.
LitNet bied 'n jaarlikse skryfskool by die US Woordfees aan in samewerking met Sanlam, en vanjaar val die fokus op die skryf van resensies.
Marius Crousç 'n letterkunde-dosent aan die Nelson Mandela Metropolitan Universiteit in PE, sal slypskool-deelnemers op 'n praktiese vlak help om te onderskei tussen 'n goeie, regverdige resensie en 'n minder suksesvolle poging, en hulle touwys maak ten opsigte van die moets en moenies wat elke resensent moet ken.
Na afloop van die skryfskool word deelnemers getrakteer op 'n seekos-middagete by De Vette Mossel, waartydens ‘n gesprek plaasvind tussen Marius, Elmari Rautenbach (Media24 se nasionale boekeredakteur) en Kerneels Breytenbach (skrywer en afgetrede uitgewer) oor die stand van Afrikaanse resensies in die media.
Dinsdag 6 Maart
De Hoek-gastehuis op Stellenbosch
Deelname aan die slypskool kos R200 en is onderhewig aan keuring. Voornemende deelnemers moet 'n kort resensie (500 woorde) van Theo Kemp se Skool of Dana Snyman se Hiervandaan aan LitNet voorlê vir keuring.  Die resensies moet ons teen 20 Februarie bereik.
Vir meer inligting oor die resensiekliniek, stuur 'n e-pos aan skryfskool@litnet.co.za.

ISRAEL-BOEK BY DIE WOORDFEES

Lux Verbi en die tydskrif Lééf met hart en siel stel MARZANNE LEROUX-VAN DER BOON se vyfde Israel-boek, Go'El Yisra'el, Verlosser van Israel, by die Woordfees bekend.
Woensdag 7 Maart, 11:00
Boektent op Stellenbosch tydens die Woordfees.
Toegang is gratis, maar bespreek by elize.parker@luxverbi.co.za.

BOEKHERSTELWERKKURSUS IN PRETORIA
? Intensiewe driedaagse kursus in boekherstelwerk en papierkonservering word weer in Maart in Pretoria aangebied.
Dié intensiewe kursus sal aan deelnemers die nodige kennis en vaardighede oordra om ou hardebandboeke se rûe suksesvol te herstel. Geen vooraf kennis word benodig nie. Die kursus sluit onderwerpe in soos die omgewing en vyande van papier; papiergeskiedenis, Japannese en Westerse papier, greinrigting; die dele van die boek en die konstruksie daarvan; bladsyherstelwerk en invoeging van los bladsye; kleefstowwe; boekrugherstelwerk en gebruik van Oxford-buise; en herstel van skutblaaie en die kapiteelarea.
Die aanbieder is die konserveringspesialis Johann Maree, wat sy opleiding ontvang het by die Switserse Centro del Bel Libro en die Oostenrykse Nasionale Biblioteek. Hy was vir 28 jaar hoof van die departement van papier- en boekkonservering by die biblioteek van die Universiteit van Kaapstad, en het reeds verskeie konserveringskursusse nasionaal en internasionaal aangebied.
Maandag 5 tot Woensdag 7 Maart, en Donderdag 8 tot Saterdag 10 Maart
Ditsong Nasionale Museum in Pretoria
Deelnemers het ’n keuse tussen ’n kursusfooi van R2 200 (gereedskap ingesluit) of R2 000 (eie gereedskap). ’n Ligte middagete en koffie/tee is ingesluit.
Vir meer inligting, kontak Amira Clayton by tel. 021 872 3441 of e-pos kommunikasie@taalmuseum.co.za.

KINDERBOEKSKRYFSKOOL – KOM LEER SAAM BY DIE KENNERS
ATKV-Projekte bied in April ’n kinderboekskryfskool in Randburg aan. Hier sal aspirantskrywers geleer word hoe om ’n kind of tiener se verbeelding aan te gryp. Die kursusleier is Prof. Franci Greyling van die Vakgroep Skryfkuns aan die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus).
Sprekers sluit in die bekroonde jeugboekskrywer Fanie Viljoen, prof. Hans du Plessis, Anzil Kulsen, illustreerder Marjorie van Heerden, Mia Stander en uitgewer Miemie du Plessis.
Maandag 2 April tot Woensdag 4 April
Olive Tree Gastehuis in Oaklaan, Randburg
Die totale koste van die skryfskool beloop R950 per persoon. Die inskrywingsvorm is beskikbaar by www.atkvprojekte.co.za en die sluitingsdatum vir inskrywings is Vrydag, 2 Maart 2012.
Belangstellendes moet ’n deposito van R500 betaal wanneer ingeskryf word vir die skryfskool en die res van die inskrywingsgeld moet voor die aanvang van die skryfskool betaal word. Daar is slegs plek vir 30 kursusgangers.
Vir meer inligting kontak vir Jeanné Naudé by 011 919 9088 (jeannen@atkv.org.za) of vir Lizané Basson by 011 919 9078 (lizaneb@atkv.org.za).

RANDOM HOUSE STRUIK SE SKRYFKURSUS
Random House Struik en die GetSmarter-aanlynorganisasie hou weer hulle jaarlikse skryfkursus met die bekende en bekroonde spanningsverhaalskrywer Mike Nicol as kursusleier. Die kursus is aanlyn en duur 10 weke. Mike was tot onlangs verbonde aan die UK se kreatiewe skryfskool en publiseer hier en in Europa. Registrasie eindig 2 Maart. Die kursus skop af op Maandag 12 Maart en  kos R7300.
Vir meer inligting e-pos Amy-Jane by amyjane@getsmarter.co.za of skakel 021 447 7565.

ABSA KKNK 2012

Die agtiende KKNK vind plaas van 31 Maart tot 7 April 2012 op en om Oudtshoorn in die Klein-Karoo.
Die amptelike program is van 16 Januarie beskikbaar.
Vir meer inligting gaan na www.kknk.co.za.

RICHMOND-FEES

Die jaarlikse Richmond-boekefees is in Mei. Meer inligting later.

Binne Boeke

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Debtors Clerk

Johannesburg, South Africa
Profile Placement cc
Market Related

Life Insurance Personal Assistant

Fourways, Sandton, South Africa
Omega HR Solutions
R120000 - R156000

Short term personal lines telesales consultant

Fourways, Sandton, South Africa
Omega HR Solutions
R96000 - R144000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2008
R 99,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 104,990.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2007
R 207,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.