Bittersoet en aangrypend

2011-11-27 21:23

Bitter heuning

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n Aardse verhaal oor die liefdes en verliese van ’n Sandveldse familie, en dit deur ’n skrywer van Russiese en Poolse oorsprong, skryf Rachelle Greeff.

Bitter heuning
Hermione Suttner
KWELA, R210


Verruklik en onverwags, soos ’n botterjaar in die Sandveld, verskyn dié kroniek in die Afrikaanse boekelandskap.

Die Sandveld kan ongenaakbaar wees. “Die water vra sy prys,” waarsku Ouma Sannie. Maar die soenoffers bly nooit lank uit nie.

“Dis ’n botterjaar … Die driedorings staan vol blommetjies, geel en pienkerig, en van die skaapwagters vertel as die bokramme húlle vreet, gooi die ooie twee- en drie-linge.”

Die skrywer is op Kamieskroon in Namakwaland gebore, waar haar pa van Russiese en ma van Poolse afkoms jare lank die hotel besit het. Die manuskrip is eers in Engels geskryf, nes haar ander boeke.

Dis die Atlantiese Oseaan wat Bitter ­heuning voor ons voete uitspoel.

Die jong, swanger weduvrou Sannie Krige is in 1902 ná die Boereoorlog aan boord van die Bavaria op pad terug van Lissabon na Kaapstad.

Sy deel ’n kajuit vir ses mense met nog elf vroue. Haar kind word in die hit­tige trope gebore. Daar’s geen babaklere nie; dis repe lakengoed en ou beddegoed vir doeke. Die skeepskaptein doop die pasgeborene Bavaria Mara Krige.

Stil Sannie kom in Laaiplek aan wal en gaan woon tussen die vissers op Oufontein by Velddrif. Haar verhaal, en Bavaria s’n, word deur haar kleindogter Mara Brandt vertel.

Ouma Sannie se moreel-etiese kompas wys reg noord. Sy’s ook fluks en handvaardig en dit word alles aangegee aan die ontvanklike, leergierige klein Mara.

Sy leer Mara op die kaai tel met die inryg van bokkoms, “die goud van die Sandveld”. Sy wys haar hoe om snoek te vlek terwyl die pelikane die “stukkies binnegoed in hulle slap flodderkele” afskud. Sy ken van vissersnette brei, herstel en bloed.

Gelukkig ook beleef Mara die groot liefde van ouma Sannie en haar Deen, Knud Pedersen.

Die see bring vir Knud. So ook, later, die klavier van okkerneuthout wat een “wilde wintersnag” in ’n yslike houtkrat op die strand uitgesmyt word en die rolprent The Piano herroep.

Hier word ook ’n klavier, ook aan ’n weskus, uitgespoel. Die klavier word ’n simbool van skepping, vreugde én twis.

Die skrywer se onopgesmukte metaforiese vermoë en vernuf om soveel elemente te harnas is indrukwekkend. Die slot is verrassend, en slim. En ’n genade.

Want genadeloosheid is hier genoeg. Spesifiek in die karakter van die patologiese Jakob Brandt.

Brandt trou eers met Bavaria se suster Ella, maar dié sterf by die geboorte van hul eersteling. Hierna vat hy Bavaria en sy stilstuipe vererger.

Dis die Namavroue Poutjie en Nakkie in hulle matjieshuis wat Bavaria versorg nadat al twee haar eerste kinders kleintyd in die Kamiesberge, waar sy en Jakob toe as bywoners werk, gesterf het.

“Op ’n dag rys ’n groot koperkapel regop toe Bavaria die onderdeur oopmaak.”

Die Namas waarsku Jakob om nie die slang dood te maak nie, want sy maat sal hom kom soek. Hulle sal hom “pelielie” met ’n stok en “suutjies” buitentoe werk.

Maar Jakob vermorsel hom en hang sy vel oor die kookskerm in hul karig gemeubileerde sinkhuisie.

Sy mishandeling kring uit; hy raak toenemend irrasioneel. Hy wat neersien op die vissers wil meteens, nóú, hê Bavaria moet vir hom ’n net brei en dit moet daar gedoen word en sy seun Hugo moet dit “bloed”.

Bavaria brei en die dromme bloed vrot, twee weke lank. “Hugo staan in ’n balie met sy voete in die bloed terwyl hy dit deur ’n goiingsak trap. Ek wil opgooi …”

In Shakespeariaanse trant is dít maar net die begin.

Jakob verkoop sy siel aan die bottel, kan sy hande nie van sy dubbelgevoude karwats, en van jong meisies, hou nie.

Hy lus ook sy eie dogter, Mara. Eers betas hy haar net met sy oë. Die skrywer se uitbeelding van sy latere aanrakings is onderbelig – vandaar die trefkrag.

Wanneer Jakob die dag op De Heuwel se dodeakker ingespit word, is jy verstom dat die mense hom nie eerder in die see loop smyt het nie.

Maar nee, die see is hul kosmandjie, die strand hul speelplek, waarom dit vervuil?

Sy ontredderende nalatenskap is nie aangename leesstof nie, maar juis daarom skitter die vertelling se verweefde drade lag, liefde en lus so helder.

Mara vertel: “Ek en Rosa en Etta het altyd ons Sondagbeste aangetrek, vars gewas en gestryk en partykeer selfs gestyf.

Ons het ook nie sommer enige plek gaan sit nie; ons het so gesit dat almal ons kon sien en weet ons is baie Christelik. Dit het getel.”

Bitter heuning se vroue is bitter sterk. Die Jakob Brandts van die wêreld sal hulle nie “rinneweer” nie. Laat die lewe jou maar “moerak”, daar’s baie genot ook. Soos mooi “roksgoed”. Ouma Sannie trou in ’n lang organza-rok “met pers pypies en wit gousblomme aan ’n stukkie vislyn deur haar hare gevlieg”.

Die sukses van Bitter heuning is ook danksy Linda Rode se vertaling, Suzette Kotzé-Myburgh se teksversorging en die leiding van Petra Müller. (Maar, wonder ek tog, wat het toe van die klavier geword? En is die Deen se begrafnis sonder sy lyk gehou?)

Die soeke na heelheid, so herinner Bitter heuning, word sigbaar langs die weg van gebrokenheid.

Rachelle Greeff is ’n bekroonde skrywer en joernalis.
 

Binne Boeke

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Life Insurance Personal Assistant

Fourways, Sandton, South Africa
Omega HR Solutions
R120000 - R156000

Short term personal lines telesales consultant

Fourways, Sandton, South Africa
Omega HR Solutions
R96000 - R144000

Financial Controller

Durban, South Africa
Touchstone Recruitment (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2008
R 99,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 104,990.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2007
R 207,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.