‘Boekie oor ‘n oupa’ word toe manuskrip vir doktorsgraad

2011-12-05 08:12

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Dit het begin as ‘n “boekie oor my oupa” – ‘n versoek van Sir David Graaff. “Sodat die nageslagte op die De Grendel-wynlandgoed net buite Kaapstad iets begryp van waar hulle vandaan kom.”

Drie jaar later is Ebbe Dommisse se Sir David Pieter de Villiers Graaff – Die erfridder van De Grendel ‘n gesaghebbende biografie van ‘n merkwaardige man wie se lewe en werk ten nouste met die geskiedenis van die stad verweef is. Dié sprokie van ‘n arm plaasseun wat ná standerd drie deur ‘n ryk oom Kaapstad toe gebring word om in sy slaghuis te kom werk,  speel aanvanklik af teen die agtergrond van die “stad van stanke” – ‘n plek met flou gasligte, riool wat langs die strate afvloei en bloed van die slagpale, die ou Shambles langs die Kaapse stasie, wat sommer in die see geloop het ...

Dit is hier waar Graaff homself nie net sou opwerk tot internasionaal gerekende sakeman nie. Hy word ook pionier in voedselverkoeling, charismatiese burgemeester wat die stad op groot skaal sou moderniseer, Kabinetslid ná Uniewording en les bes die ontvanger van ‘n baronetskap van koning George V. 

En vir die skrywer van sy “boekie” besorg dié erfridder boonop ‘n doktorsgraad.

Die Dommisses se sitkamer is room en wit, met blou Delft-borde uitgestal, bottergeel ou houtvloere en komvesters wat van bo van Oranjezicht oor die Kaapse stadskom uitkyk.

Dommisse het in 2000 ná 40 jaar in die joernalistiek en ‘n meestersgraad aan die Nagraadse Skool vir Joernalistiek van die Columbia Universiteit in New York afgetree as hoofredakteur van Die Burger. In 2005 het sy biografie, Anton Rupert: ‘n Lewensverhaal, verskyn.

Hy beduie oor die dakke heen: “As jy so afkyk na die Molteno-dam sien jy ‘n klein geboutjie aan die kant. Dit was Graaff Electrical Lighting Works, die Kaap se eerste kragsentrale. Die ligte is in April 1895 tydens ‘n makietie op Groentemarkplein aangeskakel, waarna ‘n orkes Old Hundredth gespeel en die naam op ‘n elektriese skerm op die balkon van die stadsaal verskyn het.”

Vóór die koms van elektrisiteit was Kaapstad tipies hawestad: besig, vuil en gevaarlik. In ‘n stadium is net een konstabel getel vir elke twee prostitute. Dommisse vertel vir sy moderniseringsplanne het Graaff, ‘n bloedjong burgemeester, geldelike ondersteuning en advies in Londen en Berlyn gaan inwin. In Duitsland het hy veral die riooldreineringstelsel bestudeer.

Maar dit was as briljante sakeman by die slaghuisfirma Combrinck & Kie. waar Graaff eerste sy staal wys – die onderneming wat hy op 18 saam met sy broer oorgeneem het. Sy opgang in sakekringe en van 23 ook in die politiek het ‘n effe geïrriteerde John X. Merriman (later eerste minister van die Kaapkolonie) laat opmerk Graaff  is “one of the new breed of pushy urban Afrikaners ...” In daardie stadium was die tendens nog dat die merkwaardige ekonomiese vooruitgang wat Suid-Afrika in die twinitigste eeu gemaak het hoofsaaklik te danke was aan Engelssprekende ondernemers en vakmanne wat na Suid-Afrika gekom het.

“Graaff sou nie net ‘n landwye verskaffer en noemenswaardige invoerder van vleis uit lande soos Argentinië word nie. Hy het gou besef verkoeling is noodsaaklik en word ‘n pionier met ‘n internasionale netwerk koeltrokke en skepe met koelkamers. Later dryf hy selfs handel in ys. (Dié is gedurende die Boereoorlog só deur die troepe gesteel dat die treintrokke gesluit en wagte aangestel moes word).

“Die uitbreiding van sy South African Cold Storage sou hom ook ‘n rol laat speel in die skepping van Roggebaai langs die Kaapse hawe wanneer hy die dokke drooglê om grond uit die see te herwin. Hy maak ‘n fortuin met die verskaffing van vleis aan die Britse magte gedurende die Anglo-Boereoorlog – al loop hy as Kapenaar ‘n risiko met sy korrespondensie met die Boeregeneraals en sy milde skenkings aan die konsentrasiekampe.”

Op die boek se voorblad sien ons hom in profiel voor sy lessenaar.

Sy tydgenote het Graaff beskryf as waardig, met ‘n charismatiese hangsnor, hoë, intelligente voorkop en stip kyk. Later sou ook die belangstelling wat hy onder die vroulike geslag geniet het en sy voorliefde vir bederfgoed genoem word, soos snyerspakke van sy Londense kleremaker.

In 1900 lui ‘n brief aan Cooling, Lawrence & Sons in die West end: “Dear Sirs, be good enough to build (sic) me a nice suit of clothing, dark colour, but be sure and have nothing slaty about it. You know I don’t like a slaty colour. Morning coat same as last one you made me ... “

“My vertrekpunt met dié boek was om ‘n vertolkende, kritiese biografie te skryf,” sê Dommisse. “Dus ‘n benadering wat die dissiplinêre konvensies van die historikus eerder as die tegnieke van die literêre outeur of ‘n herinneringswerk volg; ‘n beeld van die man in sy tyd, nie ‘n relaas van die man en sy tyd nie.

“As sakeleier-politikus was Graaff ‘n veel meer komplekse persoonlikheid as wat aanvanklik vermoed kon word.” Hy is as vrygesel in sy vyftigerjare deur die Britse koningshuis met ‘n erflike titel vereer – “waarskynlik omdat gereken is hy sou nie erfgename hê nie!” Maar op 53 trou hy met die dogter van die Groote Kerk se leraar (dertig jaar sy junior) en sy seuns sluit in die bekende politikus sir De Villiers Graaff.

Persoonlike inligting oor dié enigmatiese “sir” is skraps. Tog vind Dommisse tydens sy navorsing ‘n paar juwele, soos dat die jong Graaff se gunstelingrydier op die plaas ‘n swart beervark was.

Of hoe hy as welgestelde jongman opdrag gegee het dat ‘n armoire van okkerneuthout op ‘n veiling gekoop moet word. Toe hy die kas bewonder, skuif ‘n paneel onverwags weg en kom ‘n aantal geheime laaitjies te voorskyn. In een was ‘n stel kunstande; in ‘n ander ‘n briefie geadresseer aan “Mijn Schat”.

Dit sou toe blyk ‘n brief te wees van Graaff se pa, die eertydse plaaskneg Nort Graaff van die veepos Wolfhuiskloof, wat sy werkgewer, die veldkornet Pieter de Villiers van die spogplaas Radyn, se dogter, mooi Annie, vra om hom dié aand “onder die groot eikeboom” te ontmoet sodat hulle kon wegloop ...

“Die twee het toe al geruime tyd gevry, soms met Nort wat hom in bediende-uniform en kopdoek vermom het, kwansuis om Annie met die wasgoed te help. Hulle hét weggeloop – te perd. Die skoonpa het later tot die huwelik ingestem, maar op dié voorwaarde dat die seunskinders uit die nageslag die voornaam De Villiers bykry.”

“Graaff was een van ‘n tweede linie politieke leiersfigure in ‘n beslissende tyd van ons geskiedenis,” sê Dommisse. “Omdat so min navorsing oor dié leiers beskikbaar is, het prof. Albert Grundlingh van die geskiedenisdepartement aan die Universiteit van Stellenbosch belang gestel dat ek die manuskrip vir ‘n doktorsgraad inskryf.

“Soos Jawaharial Nehru gesê het: ‘Jy kan nie gang van geskiedenis verander deur die gesigte in die portrette na die muur te keer nie.’ ”

  • Sir David Pieter de Villiers Graaff – Die erfridder van De Grendel verskyn by Tafelberg en kos R250.

Ossie: Ebbe Dommisse, afgetrede hoofredakteur van Die Burger, in sy huis in Oranjezicht. Sy biografie van Sir David Graaff, die pa van die leier van die opposisie sir De Villiers Graaff, het hom ‘n doktorsgraad besorg.



Binne Boeke

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Life Insurance Personal Assistant

Fourways, Sandton, South Africa
Omega HR Solutions
R120000 - R156000

Short term personal lines telesales consultant

Fourways, Sandton, South Africa
Omega HR Solutions
R96000 - R144000

Financial Controller

Durban, South Africa
Touchstone Recruitment (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2008
R 99,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 104,990.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2007
R 207,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.