Boekmerk
2011-08-07 22:04
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Beeld op
Light Across Time
Tom Learmont
KWELA, R190
Van die opwindendste ontwikkelings tans in Suid-Afrikaanse letterkunde gebeur in Engelstalige wetenskapfiksie.
Lauren Beukes het vroeër vanjaar die Britse Arthur C. Clarke-prys gewen en S.L. Grey (oftewel Sarah Lotz) sit met ’n kontrak van ’n Britse uitgewer vir drie gruwelfantasieë.
En nou volg Tom Learmont se Light Across Time.
Die storie: Twee oud-Suid-Afrikaners in Londen ontmoet twee tydreisigers.
Hul beskrywings van Tudor-Engeland en antieke Egipte is fassinerend.
Die hoofkarakters ondersoek die esoteriese soos spookligte en kristalle om uit te vind of die tydreisigers se bewerings eg is.
Wat hulle ontdek, is ’n millennia oue komplot wat oermense, vlieënde pierings en plasma-fisika betrek – so eklekties en verrassend soos ’n plaaslike Foucault’s Pendulum.
Nóg Tom Learmont, asseblief.
Johannes de Villiers, redaksielid van Rapport en skrywer van Agter die somber gordyn.