Groot ore en lang vingers

2012-02-05 21:41

The Loss Library and Other Unfinished Stories

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

The Loss Library and Other Unfinished Stories
Ivan Vladislavic
UMUZI, R130


Skrywers het groot ore en lang vingers; hulle sal ’n sterwende se lewensverhaal van sy lippe steel.

Só beweer ’n karakter in Ivan Vladislavic se The Loss Library and Other Unfinished Stories, maar dié is stories oor stories wat nooit geskryf is nie.

Vladislavic ontgin die onmoontlikhede van hierdie plesierige paradoks in ’n dun boekie, maar een waaruit groot gif kom.

Om dit met gif te vergelyk kan misleidend wees.

Vladislavic is die kaliber Suid-Afrikaanse skrywer wat ’n mens in dieselfde asem as J.M. Coetzee mag noem.

Soos Coetzee se roman Elizabeth Costello gaan The Loss Library uiteindelik oor verskillende aspekte van die skryf van stories.

Terwyl Coetzee se styl soms as afsydig en koud beskryf word, skryf Vladislavic deurgaans met deernis en ’n tipe humorsin wat van die boek deurgaans ’n besonderse leeservaring maak.

Die boek bestaan uit ’n voorwoord as verduideliking, 11 stukke oor stories wat nooit geskryf is nie, asook ’n bondige nabetragting.

Die 11 stukke handel oor redes waarom ’n sekere gedagte, karakter, of idee in Vladislavic se notaboeke nooit in ’n storie verwerk is nie.

Soms bespiegel Vladislavic oor uittreksels uit sy notaboeke; ander kere word die stukke kortverhale in eie reg.

In die proses belig elk van die “gevallestudies” op boeiende wyse ’n ander aspek van hoe skrywers met hul skryfwerk worstel.

Temas wat ondersoek word, is gesprekke met voorgangers, die probleem van vlugtige inspirasie, toevallige argiewe en die verband tussen skryf en beeldende kunste.

“The Loss Library”, die skets wat die boek sy titel gee, goël met ’n mens se kop as gevra word wat sou gebeur het as boeke wat nooit geskryf is nie, wél bestaan het.

In “Frieze”, oor die idee vir ’n storie van hoe mense Pierneef se werk in 2040 sou interpreteer, skryf hy: “I saw myself walking backwards into the future, stumbling through thickets of interpretation, like an earthbound angel of history, erasing his tracks with the feathers of one costume-hire wing, footsore and fedup.”

Hoewel Vladislavic met groot name van die wêreldletterkunde in gesprek tree – onder andere “Mr Borges”, op die rakke van die biblioteek van verlies – is die boek onbeskaamd Suid-Afrikaans.

Afrikaanse woorde soos “trommel” en “voetstoots” word gebruik en ’n storie wat opsy geskuif word, word beskryf as ’n gedagte wat aanhou maal soos ’n elektriese pepermeul op ’n granietkombuistoonbank in Sandton.

Dosente in kreatiewe skryfkuns sal matelose plesier daaruit put om The Loss Library voor te skryf.

Dis bedoel vir die ernstige leser en is onontbeerlike leesstof vir aspirantskrywers: die tipe boek wat jy elke paar jaar wéér sal wil lees.
 

Binne Boeke

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2008
R 99,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 104,990.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2007
R 207,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.