Op soek na sy mojo

2011-10-09 21:42

Piekniek by Hangklip

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Piekniek by Hangklip
Kerneels Breytenbach
HUMAN & ROUSSEAU, R220


Breytenbach se nuwe roman is, volgens die titelbladsy, “Geskryf in Vae Navolging van die Styl van Henry Fielding, Outeur van Joseph Andrews.”

Nou, Fielding, een van die vroeë vaders van die Engelse roman, het homself mildelik veroorloof om kommentaar te lewer oor sy karakters en gebeure; in so ’n mate dat Fielding self, of dan sy vertellerspersona, een van die meer opsigtelike teenwoordighede in die roman is.

So ook met Breytenbach.

Hy bemiddel konstant tussen sy karakters en die leser: “Maar, en ek sal nie die eerste wees wat dit sê nie, ’n mens is maar ’n mens”, sê hy, gemoedelik-filosofies, verdraagsaam, deur niks verbaas of onthuts nie; Breytenbach boots die Fielding-styl bedrewe na.

Maar daar hou die oor­een­koms­te op.

Fielding se Joseph Andrews was ’n voorbeeldige, kuise jong man wat heeltyd vir sy wickets moes keer by aristokratiese dames wat hom van sy kuisheid wou bevry.

Breytenbach se eweknie, ene Joshua Gumbo, is ’n motorkaper wat 34 mense doodskiet in die loop van die roman (of só vertel die flapteks ons; ek het nie getel nie), en sy massiewe bedeeldheid vryelik deel met wie-ook-al.

Kuisheid is nie sy prioriteit nie.

Wat wel sy prioriteit is, is sy mojo, sy innerlike krag, wat hy verloor as hy per ongeluk gesoen word deur ene Sonja Griessel, die dogter van twee van sy slagoffers.

Die res van die boek word gewy aan Joshua se soeke na sy verlore mojo, agter Sonja aan, heelpad af Overstrand toe na Bettysbaai om presies te wees.

Die Soektog van die Held, soos elke storieverteller weet, is ’n oer-oue argetipe en hoewel Joshua se mojo nie eintlik die Heilige Graal is nie, neem hy dit heel ernstig op: “Hy verwonder hom aan die krag van die mojo. Dit moet iets wees soos die Heilige Gees waarvan sy ma altyd gepraat het – iets onsigbaars binne mens wat almal het en ons die krag gee om te oorleef.”

Maar is die soeke na ’n mojo genoeg om ’n 500 bladsye lange roman op dreef te hou?

Breytenbach skyn homself ook die vraag te vra, weliswaar effens laat, op bladsy 505: “Kom, laat ons die skanse sak en vra die vraag wat ons uit die staanspoor gekwel het: Was dié lyding [van Joshua] kitsch?”

Dan vertroos hy homself en sy leser: “As ons aanvaar dat Sonja met een onbeplande soen Joshua se mojo buitgemaak het, en dit onwetend teruggegee het, kan ons met gerustheid aanvaar dat niks in Joshua se lewe kitsch was nie.”

Wel, elke leser sal vir homself of haarself besluit.

Joshua se mojo is wat Alfred Hitchcock ’n MacGuffin genoem het: ’n voorwerp, onbelangrik op sigself, wat die storie en die karakters aan die gang hou.

En Breytenbach se storie loop soos ’n stoomtrein anderkant De Aar.

Afgesien van die 34 moorde, verskeie kapings en huisbrake en ’n hermafrodiet in ’n stoombad is daar (natuurlik) ’n hele paar maaltye, ’n resep of twee, baie uitgelese wynkeuses, priemende kritiek op strandhuis-ontwerp in die Overstrand, twee vrome groenteventers, ’n drietal “jagsgatte” met hul gesamentlike oog op die heldin, ’n tweetal orgaanstropers, ’n filosofiese argitek en les bes, volop seks.

As julle gedink het Bettysbaai het net pikkewyne en perlemoen, lees hierdie boek.

Daar is ’n hele paar speletjies hier aan die gang.

Hou maar die Woordeboek van die Afrikaanse taal byderhand en moenie verwag om alles daar te vind wat jy hier teëkom nie.

En die Groot verseboek is ’n subliminale teenwoordigheid: letterkunde-ghoeroes sal dit geniet om die verwysings te eien.

Een van die rustiger kwellinge van die boek is die kwessie van vorm en chaos.

As ek dit reg verstaan, is die vraag watter vorm nog moontlik is – in die letterkunde of elders – in ag genome die chaos waaraan geloofwaardige vorm gegee moet word.

En weer eens is dit asof Breytenbach die leser se beswaar verwag: Watter samehang is daar in dié geroesemoes van gebeure en mense wat kom en gaan?

Dalk is samehang nie meer nodig nie; is dit sélf ’n vervalsing van die wêreld waarin ons lewe.

Maar as outydse leser kriewel ek soms as die storie sy draai te wyd neem, homself te veel vryheid toeëien.

Meer spesifiek: daar is ’n baie lank uitgerekte ete in ’n restaurant genaamd Siniqua.

Dit gee Breytenbach die geleentheid om stoom af te blaas oor peperduur restaurante wat aan ’n mens skuim pleks van kos voorsit, en ek is dit roerend met hom eens; maar dan kry ons ’n 20 bladsye lange bespreking van ’n bemagtigingskema naby Greyton en Genadendal wat op aarde niks te doen het met die res van die storie nie, en eintlik in ’n heel ander register beweeg.

Die effens oorblufte leser vind wel onder die erkennings uit dat dié gedeelte die skrywer se hulde is aan “wyle Kobus Pienaar, daardie onkorrumpeerbare vegter vir die regte van onderdruktes in Suid-Afrika”.

En ja, wie sal wil stry met sulke welverdiende piëteit?

Maar die hardvogtige resensent wil tog wonder of die huldeblyk werklik hier hoort.

Maar dit daar gelaat.

Piekniek by Hangklip is ’n oordadige, baldadige, balhorige aanslag op preutsheid en pretensie.

Ontspan en geniet dit.

Michiel Heyns is ’n oud-professor in Engels, bekroonde vertaler en skrywer.


 

Binne Boeke

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2008
R 99,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 104,990.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2007
R 207,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.