Oscar se boeke-inspirasie

2012-02-19 21:33

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

In die aanloop tot Sondag se Oscar-aand: Haal ’n slag die hoed af vir die inspirasie ágter die groot aanspraakmakers – boeke, skryf Kerneels Breytenbach.

Gedink die Oscars gaan net oor flieks en die beweerde gehalte daarvan?

Verkeerd. Vanjaar gaan dit ook oor boeke, veral jeugboeke.

Altesame 21 van die benoemings hou verband met jeugboeke (dink Tintin, Harry Potter, ens.). Maar vanuit ’n ander hoek beskou, dié van die kategorie vir die beste fliek, kry ’n mens selfs ’n nóg sterker beeld van boeke as die hoofbron van inspirasie vir Hollywood se beste flieks.

Ses van die nege benoemings in dié kategorie is vir flieks gegrond op boeke. As ’n mens heeltemal eerlik wil wees, het twee van die drie benoemdes wat hul kreatiewe bron elders gevind het ’n baie sterk literêre verwysingsveld: Woody Allen se Midnight in Paris is vol literêre figure uit die 1920’s; Terrence Malick se Tree of Life wys heen na T.E. Lawrence se Seven Pillars of Wisdom en Arthur C. Clarke se 2001. Net The Artist het niks met boeke te doen nie.

Die boeke wat die ander ses top-benoemdes gelewer het, is Michael Morpurgo se War Horse, Brian Selznick se The Invention of Hugo Cabret, Jonathan Safran Foer se Extremely Loud and Incredibly Close, Michael Lewis se Moneyball, asook twee debuutromans, naamlik The Descendants van Kaui Hart Hemmings en The Help van Kathryn Stockett.

Morpurgo se War Horse het sedert die Oscar-benoemings bekend gemaak is ’n dramatiese styging in verkope in boekwinkels en op Amazon.com gehad.

Dis die storie van ’n jong seun wat vasbeslote is om sy geliefde perd te vind wat aan die begin van die Eerste Wêreldoorlog aan berede troepe verkoop en Frankryk toe gestuur word. Die boek is oorspronklik in 1982 in Brittanje gepubliseer en was daardie jaar die naaswenner in die hoog aangeskrewe Whitbread-kompetisie (nou Costa) vir jeuglektuur.

Vir Suid-Afrikaners is War Horse danksy Kaapstad se Handspring Puppet Company nie nuus nie.

Hul deelname aan die Londense toneelopvoering het hulle ’n gesogte Tony-prys besorg. Sedert Steven Spielberg die rolprentregte gekoop en sy fliek gemaak het, is die vertaalregte in verskeie tale verkoop en die Engelse uitgawe het van krag tot krag gegaan.

Selznick se The Invention of Hugo Cabret is ’n dikke boek: 533 bladsye, met 284 gedetailleerde illustrasies. Dit is in 2007 gepubliseer en het aandag getrek omdat die illustrasies aangegee is as net so belangrik soos die teks en Selznick daardeur sy jong lesers dwing om hul verbeelding vrye teuels te gee. “Jy voel jy kyk na ’n fliek as jy vinnig die bladsye omblaai,” het The Guardian se resensent geskryf.

Selznick is ’n kleinneef van David O. Selznick, die maker van die beroemde rolprent Gone with the Wind. Sy verhaal van Hugo Cabret is geïnspireer deur Maurice Sendak se Where the Wild Things are.

Foer se Extremely Loud and Incredibly Close is in 2005 gepubliseer. In boekkringe het dit internasionaal opslae gemaak danksy die manier waarop Foer die gedagtewêreld van ’n negejarige seun geloofwaardig oopgeskryf en die 9/11-tragedie – waartydens sy pa verdwyn – uit dié hoek belig.

“A triumph of human cuteness over human suffering,” het The New York Times se boekresensent Walter Kim destyds ietwat sardonies daarvan gesê.

Sy gemengde gevoelens was darem nie tekenend van die kritiese ontvangs nie. Dit was lank ’n topverkoper op die Times se boeklys en het die internasionale IMPAC Dublin- literêre prys in 2007 ontvang.

Michael Lewis het in 2003 ’n opskudding in bofbalkringe veroorsaak met sy boek Moneyball: The Art of Winning an Unfair Game. Sy uitgangspunt was dat die statistieke waarop sportafrigters vertrou, verouderd is en dat ’n mens objektiewe maatstawwe moet gebruik om welslae te kan behaal. (Dit is, in’t kort, presies die benadering wat John Mitchell verlede jaar met die Leeus op die rugbyveld gevolg het.)

Die resensies was deur die bank gloeiend. Maar kan ’n niefiksie-boek oor bofbalstatistieke ’n goeie fliek word? Ann Hornaday se reaksie in die Washington Post het legendaries geword: “Like a cold beer under a bluebird sky; like a flawless line drive on a warm summer’s day; like a long, languorous seventh-inning stretch – Moneyball satisfies.”

Die twee debutante se bydraes tot die lys van benoemdes is nie onverwags nie. The Descendants het wisselende, dog positiewe resensies met sy verskyning in 2007 gekry.

“Boeiende komiese debuut,” het Londen se Independent geskryf, terwyl The New York Times se resensent Joanna Kavenna lof had vir Hemmings se wrang humor waarmee sy die verhaal vertel van gewone mense se lotgevalle teen die agtergrond van ’n eilandgroep wat deur toeriste as die paradys beskou word.

Hemmings het in Honolulu, Hawaii, grootgeword waar sy ’n geesdriftige branderplankryer was en haar stiefpa ’n politikus.

The Help van Kathryn Stockett oor ’n jong wit vrou se verhouding met twee swart bediendes tydens die menseregte-woelinge in die vroeë-1960’s in Amerika is deur Londen se Guardian as “kinderboek” geplaas en as “baie spesiaal” beskryf.

Hoewel ’n Independent-resensent dit weliswaar “pantomime and prejudice” genoem het, het dié 2009-publikasie meer as 2 miljoen boeke verkoop.

By ons het dit in 2009 Exclusive Books se gewilde Boeke-prys gekry.

So, hoe gaan die Oscar-kiesers stem? As hulle polities ingestel is, loop The Help met die beeldjie weg. Tree of Life is te diep vir die Amerikaners, maar ek het ’n spesmaas die kinderboek-agtergrond van War Horse en Hugo gaan teen hulle tel.

Of gaan dit bloot ’n kwessie wees van wie die meeste aanhangers het, George Clooney (The Descendants) of Brad Pitt (Moneyball)?

- Kerneels Breytenbach is ’n skrywer.






 

Binne Boeke

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Internal Recruitment Consultant

Sandton, South Africa
CEB Maintenance Africa (Pty) Ltd
Market Related

Debtors Clerk

Johannesburg, South Africa
Profile Placement cc
Market Related

Life Insurance Personal Assistant

Fourways, Sandton, South Africa
Omega HR Solutions
R120000 - R156000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2008
R 99,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 104,990.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2007
R 207,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.