Reguit blik op glans

2012-02-19 21:33

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Voorbladnooi – Van Pleinstraat tot Parys
Deur Nelle Dreyer
PROTEA, R185


Ek het nie vir Nelle Dreyer geken in haar gloriedae as een van ons land se eerste uitvoer- produkte nie – die elegante vrou met dáárdie wangbene en wilgerlatlyf, die eerste Suid-Afrikaanse model wat in internasionale glans-grotes soos Vogue en Harper’s Bazaar verskyn het voordat sy op 31 uitgetree het.

In Voorbladnooi vertel sy self haar lewensverhaal: van Plein- straat in Pretoria (die naam- keuse is doelbewus) tot Parys, Frankryk.

Die eerste deel – in die allerheerlikste geselstrant – gaan oor haar onkonvensionele grootworddae; avonture by ouma Plaas-hulle op Bulwater; haar obsessie met die supermodel Lauren Hutton.

Dalk was Nelle Dreyer van meet af aan vir groot dinge bestem; sy het graag met haar stylvolle ma by die Waldorf en Stuttafords gaan tee drink en gedroom van ’n glansryke lewe soos in die destydse Peter Stuyvesant-advertensies.

Haar openhartige verhouding met haar ma, wat toe al in homeopatie en rou kos geglo het, val op:
“Ma, as ’n seun en ’n meisie aan mekaar vat... Jy weet, sommer oral – is dit reg of is dit verkeerd? Is dit ’n sonde?”

“Dit hang van elke individu af, Nelletjie. As jy voel dit is reg, is dit reg, en wanneer dit verkeerd voel, is dit verkeerd.”

In die tweede deel vertel Dreyer op ’n amper skouerop- halende manier van ’n lewe van glansfotosessies, seks, dwelms en aborsie. Sy skroom nie om mond uit te spoel oor hoe kunsmatig die glanswêreld werklik is nie, hoe gewetenloos.
Dis nogal gerusstellend dat sy haarself nooit te ernstig as model opgeneem het nie.

Hier is nou vir jou ’n nooi wat beskik het oor die soort waag- moed en pit wat nodig was om in ’n klipharde modelwêreld kop bo water te kon hou. Voor- bladnooi bied insae in ’n wêreld wat vir die meeste van ons klink soos stof vir een van vandag se TV-werklikheidsreekse.

(Maar hoe is dit moontlik dat ’n fout soos “Studio 52” nie opgetel is nie? Almal weet tog dis die bekende New Yorkse nagklub Studio 54.)

Binne Boeke

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C# Software Developer

Cape Town, South Africa
Hi-Tech Recruitment CC
R10000 - R25000

Assistant Manager Customers Sigmintation

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Internal Recruitment Consultant

Sandton, South Africa
CEB Maintenance Africa (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2008
R 99,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 104,990.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2007
R 207,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.