Viljoen slaag waar vele ander misluk

2012-02-12 21:21

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Grilbrigade
Fanie Viljoen
HUMAN & ROUSSEAU, R100


Om vandag ’n kinder- of jeugverhaalskrywer te wees beteken jy moet stelling inneem téén die moderne media en tegnologie.

Selfone, MXit en al die ander verskynsels bedreig en daag die kinderverhaalskrywer uit om iets te skep wat die jong leser sal boei.

Hoe kry ’n mens dit reg om te midde van soveel foefies die jong kind se verbeelding te stimuleer?

Wel, jy bou jou verhaal rondom hierdie verskynsels.

Carina Diedericks-Hugo het reeds in haar Thomas@-reeks gewys dit kan gedoen word en die leser word selfs verwys na die internet om ’n interaktiewe game (speletjie klink so
outyds) af te laai.

Fanie Viljoen begryp ook iets van hierdie kompleksiteit met sy verhaal Grilbrigade, pragtig uitgegee deur Human & Rousseau en met skitterende illustrasies deur Luan Serfontein.

’n Uitstekende kinderverhaalskrywer en ’n uitmuntende illustreerder kom hier bymekaar in ’n boek wat lekker lees.

Daar is ook QR-kodes vir besoeke op Facebook of ’n kuier op Fanie se webwerf.

Wil jy weet van die Grilbrigade? Beslis. Lees hierdie boek en koop dit vir jou jong kinders.

Net een beswaar: Sou ’n mens in moderne tye ’n jeugkarakter Buks noem? Ons het al ’n Jasper en Trompie gehad. Maar is die naam Buks cool? Ek dink nie so nie. Nietemin is dit ’n wonder­like avontuur saam met die Grilbrigade.

Ek lees graag Alice Miller se studies oor kinderpsigoanalise, soos The Drama of Being a Child, en daarom geniet ek kinder- en jeugboeke.

Die terugkeer na jeugboeke, beweer kenners, het dalk iets te make met die tyd toe jy nog gelukkig was, daardie oomblik voordat jy jou onskuld verloor het.

Carina Diedericks-Hugo het in ’n radio-onderhoud opgemerk dat die jeugboekskrywer sy/haar beste werk lewer juis deur terug te keer na daardie oomblik.

Die soort (jeug)boek waarvan jy hou, verraai dan ook iets van jou. Ek is gaande oor Saartjie Baumann en die Maasdorp-reeks.

Dr. Serfontein doen dit ook vir my. Dis hoekom ek nooit die volmaakte man kon vind nie.

Dit is vandag wonderlike tye vir die kind. Daar is soveel insigryke kinder- en jeugboeke. Ek gaan beslis nie my ­Grilbrigade weggee nie!
 

Binne Boeke

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Debtors Clerk

Johannesburg, South Africa
Profile Placement cc
Market Related

Life Insurance Personal Assistant

Fourways, Sandton, South Africa
Omega HR Solutions
R120000 - R156000

Short term personal lines telesales consultant

Fourways, Sandton, South Africa
Omega HR Solutions
R96000 - R144000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2008
R 99,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 104,990.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2007
R 207,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.