Beleef natuur hier te voet

2012-01-24 06:00

Voëls is volop in die reservaat. Dié geelbekneushoringvoël het doodstil gesit en vir die foto geposeer.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's



Die groepie elande kyk my stip aan. Hulle is baie bewus van my teenwoordigheid waar ek oor die grasvlakte aangestap kom. Boonop is hulle wind-af van my en het my waarskynlik lankal reeds geruik.
 
Hulle bly egter roerloos staan.

Ek probeer so stadig as moontlik nader beweeg om binne my kameralens se reikafstand te kom.

’n Entjie verder is ’n klompie blesbokke minder gepla met my teenwoordigheid. Skuins agter my, skaars 100 m weg, staan drie kameelperde rustig aan die boomtoppe en knibbel.

Met die reuk van veld, dier en vars bokmis wat in die warm Bosveld-somerlug hang, besef ek net weer daar is min dinge wat wildkyk te voet kan troef.

Boonop is die wild taamlik mak, so dis nie te moeilik om naby te kom vir daardie perfekte foto nie.

As jy jou stadskinders wil wys hoe lyk ’n gemsbok, ’n eland of ’n swartwitpens in lewende lywe, is die Manzi Maningi- privaat reservaat net die plek om dit te doen.

Maar hier is baie meer as net wild.

Kampeerders is dubbel bevoorreg: ’n Mens is in die bos, maar jy het ook so ’n paar kampeerluukshede.

Maak jy jou kamp tussen die Bosveldbome, kan jy jou maklik verbeel jy is diep in Afrika se bos, ver van alles.

Kry jy boonop ’n plekkie aan die westekant van die kampeerterrein, is jou uitsig net Bosveld.

Is jy egter ’n rustelose siel of het jy kinders wat elke minuut van die dag iets móét hê om te doen, is die lapa-kompleks met sy swembaddens, speletjies, sitkamer en kroeg reg langs die kampeerterrein.

Met die uitry ná my besoek draf ’n fisant-gesin oor die pad – pa en ma met hul drie kleintjies wat kwalik ’n paar weke oud is, ewe kordaat agterna.

’n Gepaste totsiens ná ’n naweek in die bos.

DIE KAMPEERPLEK
Die 20 graslose staanplekke het almal bome en is ’n entjie weg van mekaar sodat dit nie te beknop raak nie.

Elke staanplek het ’n kragpunt (met gewone en ook die blou woonwa-soort punte), ’n kraan, asblik en ’n mobiele braaier met ’n rooster.

Die een ablusiegebou het ses individuele badkamers, elk met ’n stort (twee het baddens), wasbak en toilet.

Die badkamers het veral beïndruk, want hier is aandag gegee aan al die eenvoudige, maar praktiese dingetjies wat soms maklik in oordbadkamers vergeet word.

Die badkamer is groot en netjies geteël, die glas-storthokkie is ruim, daar is ’n rakkie vir jou seep en sjampoe en ook ’n uitsuigwaaier in die dak om van die stoom ontslae te raak.

Daar is genoeg hakies om jou klere aan op te hang, ’n sitbankie, ’n groot spieël bo die wasbak en ’n asblik.

Met die gasgeisers is daar ook nooit ’n tekort aan warm water nie.

Die skottelgoedopwasgebied is onderdak in ’n aparte gebou en het vier wasbakke.


By Manzi Maningi kan jy in ’n kouewater- of warmwaterswembad swem. Foto’s: Helenus Kruger


Die staanplekke is omring deur Bosveldbome.


By Manzi Maningi is wild soos elande taamlik mak.


’n Kameelperd hou die nuuskierige mense fyn dop.


 
doendinge

  • Kyk wild te voet of op jou fiets. Jy kan op ’n begeleide wildrit gaan (R50 per persoon). Eie voertuie word nie op wildritte toegelaat nie.
  • Vang swartbaars en karp in die dam (vang en vrylaat).
  • Swem in die kouewaterswembad of die verhitte binnenshuise swembad.
  • Speel vlugbal of potspel, of drink iets koels in die kroeg. Die kleinspan kan lekker in die speelparkie baljaar of van hulle energie ontslae raak deur op die springmatte te spring.

Werd om te weet
Manzi Maningi is net buite Brits in Noordwes en is sowat 78 km van Pretoria. Kry ’n padkaart met aanwysings op hul webwerf.
Die paaie, teer sowel as grond, is sleg. Die laaste 10 km tot by die hek is grondpad. Ry dit stadig, veral met jou gewone woonwa.
Dit kos R250 per nag vir vier mense om te kampeer.
Skakel 083 566 3318 of besoek www.­manzimaningi.­co.­za vir meer inligting en besprekings.

Het jy geweet?
Die Visriviervallei in Namibië is een van die grootste natuurlike klowe ter wêreld (net die Grand Canyon in Amerika is groter) en dit is glo 500 miljoen jaar gelede gevorm deur wind- en watererosie en deur die ineenstorting van die valleivloer. Die Visrivier, wat in die kloof vloei, is die grootste binnelandse rivier in Namibië – dit is 650 km lank.
Die Visriviervallei is ’n gewilde bestemming vir stappers wat in die koeler maande tussen Mei en September die natuurskoon kom ontdek. Die stap duur ongeveer vyf dae (dit is ’n stap van 86 km) en daar is geen geriewe nie – stappers moet alles saamdra wat hulle nodig het. Begeleide toere word aangebied, wat vir minder ervare stappers aanbeveel word.

– Bronne: http://goafrica.about.com; http://africafreak.com en www.namibian.org.



Vraag en Antwoord

Vraag: Watter diere gaan ek teëkom op ’n staptoer deur die Visrivier-vallei?
Antwoord: Daar is nie ’n oorvloed dierelewe in die Visrivier-vallei nie, maar daar is ’n kans dat ’n mens springbokke en steenbokke sal sien by die vlaktes by Hobas, taamlik naby die begin van die staptoer.
Klipspringers, bobbejane en dassies is doodgelukkig op die klipperige walle van die vallei en daar is selfs berg-sebras in die klowe, maar ’n mens sien hulle selde. Daar is koedoes in die digte, bosserige laer gedeeltes van die vallei.
Die plantegroei op die rivieroewers bevat ’n interessante verskeidenheid kleurvolle voëls en roofvoëls soos edelvalke sweef graag op die warm lugstrome.

– Bronne: www.game-reserve.com; www.discoverafrica.com
.


Dassies is inwoners van die klipperige walle van die Visrivier-vallei. Foto: Getty Images/Thinkstock

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2008
R 99,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 104,990.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2007
R 207,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.