Die reuse-karpe van Komatipoort

2012-01-31 06:00



Dit gebeur partymaal dat ’n mens maar swaar sluk aan sommige hengelaarstories.

Ons almal ken die vissersvriend wat te vertelle het dat nie eens die Toyota-bakkie se wenas die monsterbaber, wat al drie uur lank gespook het, uit die water kon trek nie. Dan is daar die een van die karp wat so groot was dat die handskaal in vere en wasters ontplof het toe daar probeer is om dit te weeg.

Ek moet egter tot my skaamte erken ekmoes onlangs my skeptisisme sluk toe ’n ou skoolmaat, Walter Köpplinger, laat weet hy het so ’n groot karp gevang dat sy skaal dit nie akkuraat kon weeg nie. Om die storie nog meer ongeloofwaardig te maak, is die karp skynbaar in ’n kleinerige plaasdam gevang.

Maar die ongelowige Thomas binne my moes die wyk neem toe ’n foto van die karp aangestuur is. ’n Reusagtige vis, afgeneem langs ’n klein plaasdam in Komatipoort.

Walter vertel hy en sy twee “terroriste” het die oggend vroeg na ’n vriend se plaasdam vertrek om ’n bietjie lyn te gaan natmaak.

Hy het nie werklik karp in gedagte gehad nie en het erdwurms as aas saamgeneem.

Soos almal weet, byt enige vis aan erdwurms, maar bloukurper was die teikenspesie.

Die 4 kg-lyn is die diepte ingestuur met ’n gewone boerstrop, gelaai met ’n gesonde klompie erdwurms.

Net toe Walter die eerste koppie koffie van die oggend wou afsluk, begin die koffiemeul te skreeu. Dit was daardie karp.

Ná ongeveer ’n halfuur se gespook met die kurperstokkie het die rooi stertvin die water gebreek en was Walter se nuwe persoonlike beste vangs in die skepnet.

Ongelukkig het die ou grote sy hart so uitgebaklei dat hy dit nie oorleef het nie. Dit is eintlik hartverskeurend dat hierdie monster moes sneuwel, maar dit gebeur ongelukkig soms.

Die handskaal was tot 20 kg gemerk en die vis het die skaal tot op die maksimum gewig getrek. Die lengte was 98 cm.

Voorwaar ’n monster wat die magiese 40-pond-merk gehaal het. Wat die vangs des te merkwaardiger maak, is dat die vis in ’n klein plaasdam gevang is en dat geen fênsie ase, dips en voerbolle nodig was nie. Net ’n gewone erdwurm.

Plaasdamme hou myns insiens van die grootste visse in die land en dit is altyd die moeite werd om mooi met ’n boer te gesels ten einde in sy damme te vang. Nie alle boere is ongeneë om hengelaars op hul grond toe te laat nie. Die morsjorse onder ons maak dit ongelukkig deesdae moeiliker om toegang tot privaat plaasdamme te verkry.

Komatipoort en omstreke is werklik een van ons top-hengelbestemmings. Die klimaat is goed, die water skoon en die kos volop. Moenie verbaas wees as die volgende SA rekord-karp en -swartbaars uit dié geweste kom nie.

- Katvis wens lesers ’n voorspoedige hengeljaar toe. Mag die lyne styf wees, die beursies vol en die harte bly!

- Lesers, hengelklubs en provinsies is welkom om my te kontak by wilhelm@wbi.co.za. Moenie vergeet van foto’s nie.


Walter Köpplinger met sy reusevangs.

 

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2008
R 99,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 104,990.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2007
R 207,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.