Kampeer in Simonskloof in die Langeberge

2012-01-10 06:00

Die pad is stamperig, maar jy kan met ’n gesinsmotor daar kom. Die eienaar moedig egter nie woonwaslepers aan om die pad te gebruik nie.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's


Simonskloof is geleë aan die westekant van die Koo-vallei. Dit het geen Eskomkrag of selfoonontvangs nie.

Die omgewing word volledig aan ekotoerisme gewy. Vir sterrekykers is dit dus ’n stukkie paradys, want ná die braaivure geblus is, sien ’n mens die stokou lig van konstellasies wat normaalweg nie sigbaar is nie.

Die kampeerplekke is uiters basies. As jy dus bang is vir ’n puttoilet, moet jy maar liefs vir jou plek bespreek in een van die twee kothuise of in die pragtige ou plaashuis.

Gaste wat gepamperlang wil word, kan selfs die eienaar vra om alle maaltye te berei – teen ekstra koste natuurlik.

Moenie Simonskloof aandurf as jy jou elektriese lig en kragopwekkers wil saamry om al die luukses van die stad in die bos te hê nie. Jy gaan net jou bure kwaad maak.

Daar is ander plekke om in weelde te kamp. As jy stilte wil hê, kan jy maar die tent inpak.

Vir sterrekykers sou ek die plaas op donkermaanaande aanbeveel, veral as dit buite seisoen is.

Dan het jy hopelik geen kans om deur jou lawwe buurman se gaslamp verblind te word nie.

Daar is ook in die dag baie te doen op Simonskloof. Ons is kranige stappers en het al ’n hele paar van die dagroetes op die plaas aangedurf. Dit wissel van eenvoudig tot uitdagend.

Diegene wat nóg meer avontuur soek, kan vooraf reël om te gaan abseil of om die Nuy-vallei te voet te verken.

Laasgenoemde kan egter slegs onder toesig van ’n gids gedoen word, want die eienaar het moeg geraak daarvoor om stadsjapies te gaan red.

Ons negejarige geniet die plaas baie en wanneer daar maatjies saamgaan, baljaar hulle heeldag. Die kinders speel ure lank met die vis in die plaasdam.

Daar is ook verskeie “skatte” op die plaas wat jy met ’n GPS moet soek, want Simonskloof is deel van ’n Geocaching-gemeenskap.

Aangesien talle van die koördinate op die staproetes lê, moedig dit die jongklomp aan om saam te klouter.

As jy nie ’n GPS het nie, sal die eienaar een aan jou verhuur teen ’n baie billike tarief, maar wees gewaarsku: As die gogga jou byt, sal jy ’n eie instrument wil aanskaf.

Honde en ander troeteldiere is welkom. Een gereelde besoeker aan Simonskloof is glo ’n papegaai wat saam met sy eienaars die natuur kom geniet. Ek kan dit glo.

Nadat ’n mens een van die steil koppies uitgeklim het, kyk jy af oor die valleie aan weerskante van jou. Dít is seker hoe die papegaai voel wanneer hy op Simonskloof kom kuier.

Die staproetes is goed uitgelê en maklik om te volg. Die fynbos waardeur jy stap, is pragtig. Neem maar jou blomboek saam.

Die bekendste baken op die plaas is egter ’n akkerboom wat meer as 200 jaar oud is. Die eienaar se oupa, wat sy lewe lank in Namibië gebly het, wou altyd onder ’n akkerboom begrawe word en het uiteindelik dié plasie gekoop om só sy finale lêplek te bespreek.

Dit is onder hierdie einste boom, ’n paar meter van die graf af, waar ons die graagste tent opslaan.

Die ander staanplekke het ook skaduwee, want daar is ’n hele aantal groot bome op die perseel. Die meeste staanplekke is met gras bedek.

Die grasperk word kort gehou deur ’n knorrige ou bergskilpad wat nie baie jonger as die bome kan wees nie.

Jy kan oor Montagu of De Doorns ry. So 40 km van Montagu, op die R318, is ’n bordjie langs ’n grondpad wat “Simonskloof” lees.

Die res van die pad is rof, maar heeltemal gangbaar met ’n gesins­motor. Woonwa-eienaars word egter ontmoedig om die pad aan te pak. Sowat agt stamperige kilometer later loop die pad dood onder die groot akkerboom. Daar kan jy maar uitklim, die selfoon wegsit en begin luister na die sonbesies.

Pas net op vir die skilpad. Hy was eerste daar.

  • Izak de Vries is ’n skrywer van Mowbray.


Waar dit is
Koördinate vir die afrit van die R318: S 33°38.379’ O 19°48.796’
Die afdraai is ongeveer 40 km buite Montagu.
Koördinate vir die plaashuis op Simonskloof: S 33°36.953’ O 19°43.649’
Van die Kaap is die plaas ongeveer 210 km ver as jy oor De Doorns ry en 240 km as jy oor Montagu ry.

Tariewe
Kampeer: R60 per volwassene per nag en R30 vir kinders onder 12; R30 per nag per troeteldier
Kothuisies: R450 per nag vir die eerste twee persone, plus R130 per nag vir bykomende volwassenes en R80 per nag vir kinders onder 12; R40 per nag per troeteldier
Die plaashuis: R1 200 per nag vir ses mense.


Terme en voorwaardes geld, besoek dus die webwerf voordat jy bespreek. Beddegoed en spyseniering kos ekstra.
Kontak: 023 614 1895; 027 86 522 7647 (faks); www.simonskloof.com.



Die plaasdam vol blouwangsonvissies verskaf ure se genot. Jong kinders geniet dit om hier te speel. Honde word ook toegelaat by dié kampeerplek. Foto’s: Izak de Vries


Daar is heerlike skaduwee waaronder jy jou tent kan opslaan. Stadskinders geniet hier hul verblyf na aan die natuur.

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Life Insurance Personal Assistant

Fourways, Sandton, South Africa
Omega HR Solutions
R120000 - R156000

Short term personal lines telesales consultant

Fourways, Sandton, South Africa
Omega HR Solutions
R96000 - R144000

Financial Controller

Durban, South Africa
Touchstone Recruitment (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2008
R 99,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 104,990.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2007
R 207,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.