Kili, die geduldige worsmasjien

2010-08-17 08:13

Julie is een van die gewildste maande op die berg. Voeg daarby die opwindende Machame-roete en ’n volmaan en dis verkeersknope van ’n ander aard.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die woord “pumzika!” is oulik, nè? Soos iets wat jy met die waai van ’n towerstaf sê.

Dié Swahili-woord gaan oor die Afrika-besoeker se grootste bate, maar in die konteks van die Suid-Afrikaanse verhouding sal jou ontydige gebruik daarvan jou wederhelf rooi laat sien.

Toe ons klein taai Tanzaniese gids al paaiende sy hande op ons skouers gesit het, daar waar sy twee mzungas op die oggend van die grootste stap-ekspedisie van hul lewe haastig geraak het, was dit ’n spitsvondige towerwoord.

Hy het daarna in sy wêreld bokant die wolke nooit weer die Swahili vir “aaag, ontspan!” benodig nie.

Seker omdat die ontsaglike, amper skrikwekkende swart-en-wit kolos wat ons onderweg van Nairobi na Moshi uit die vliegtuig bokant die grou wolke gesien het, in ons kop geëts was.

In daardie beeld het ek ’n waarskuwing gesien: Wees geduldig, baie geduldig.

Want Kilimandjaro maak maalvleis van die onvoorbereide, die arrogante, die ongeakklimatiseerde of geneties ongelukkige (onvermoë om dun lug te hanteer) en die ongeduldige.

Die dag voor die ekspedisie het ek op ons Moshi-hotel se stoep met ’n burger en tjips gesit en luister na stappers wat van die berg afgekom het.

Hul burger en tjips was gratis – deel van die pakket.

Op pumzika-oggend was hulle op pad huis toe, ek op pad berg toe en ander op pad hotel toe.

Die meul het bly draai, burger en tjips, voor en agter ...

Ek het baie oor Kili gelees, maar was verbaas oor wat op die berg aangaan.

Die mensdom se amper bisarre obsessie het ’n kommer­siële monster met die mentaliteit van ’n worsmasjien gebaar.

Honderde kliënte van oor die wêreld en nog meer bomenslike taai draers (porters) het met Julie se volmaan op die berg toegesak.

Op ons roete het een groep van meer as 50 stappers woeste verkeersknope veroorsaak.

Spoegsels, papiere en leë houers op en langs die roete was onooglik, sowel as al die gebruikte toiletpapier agter rotse.

Die horriebale long drops in die kampe was ooreis.

Nogal pret in die dun lug, veral wanneer die toiletgate kleiner en die landmyne daarom meer word hoe hoër jy klim.

Noodgedwonge hurk meer mense om die kampe.

Hier’s ’n aanhaling uit my Kili-stapdagboek: “As David Livingstone destyds (weens onder meer ’n oop rioolstelsel) na Zanzibar as ‘Stinkibar’ verwys het, dan is Kilimandjaro weens sy kampplekke dalk ‘Kilimagagga’.”

En dan was daar die verkeer. Ons het net een keer in die 65 km van hek na piek op ons eie gestap – ’n paar oomblikke.

Tog sal die stadige stap-ervaring my danksy die enormiteit daarvan en die monumentale prag en praal van Afrika vir altyd bybly.

Maar ai, wat ek nie sou gee om alleen op daardie berg te kon kampeer nie.

Die hele ding het gevoel soos ’n kruising tussen ’n sirkus en ’n piesangrepubliek se aanval op ’n kruinvesting: Groep 50 het telkens sy kant gebring met ’n “hoe-a!”, nes Amerikaanse seesoldate.

Hulle het ook gedink dis bakgat om in ’n nasionale park aanhoudend ’n vuvuzela te blaas.

Teen die 200 m hoë Baranco-“muur” moes ons met ’n tawwe omweg om Groep 50 klouter, maar ons grootste vrees is op Uhuru-nag bewaarheid.

Die roete (jy klim 1 300 m in die finale 6 km) is op die moeilikste plek denkbaar versper.

Ons moes twee keer vinnig uit die paadjie klim en al glyende deur sand en los klippe worstel om voor die groep te kom.

In minus 12 °C teen daardie helling bokant 5 000 m was dit moord.

Een tree op, een terug ...

Die onderbrekings tap nie net jou geduld nie; dit breek jou ritme, en jou hart.

Ek het maar nou en dan opgekyk na die teiken, wat in die maanlig soos ’n massiewe sjokoladekoek met wit versiersuiker gelyk het.

Dalk het die berg my jammer gekry, amper ’n uur van die krater se rand af.

Dit was toe my stapmaat net nie meer sonder gereelde ruskanse kon aangaan nie.

Ons het vooraf ooreengekom dat ons mekaar nie sal ophou nie.

Tot my verbasing het ek ontdek: Hei, ek het nog ’n rat! Waarop ek ons gids se aandag getrek, na die versiersuiker beduie en gepleit het: “Asseblief, laat my gaan.”

Daar was geen “pumzika!” nie. Alles was skielik hakuna matata!

Bo-op Uhuru-piek voel dit asof Kili jou vrylaat.

Want het hy dan nie ure, dae, weke, maande lank jou gedagtes gevange gehou nie?

Ek onthou ek het “asante” gesê, daar bo.

En ek onthou ’n gletser het toe dof gekraak, asof Kili, met die onfeilbare geduld van die verveelde poskantoorklerk, mompel: “Volgende, asseblief.”

Kili-skuifel

Met elke tree op teen Kibo se vulkaniese keël, neem die berg ’n stukkie van jou siel.

Met elke sluk water of ’n “oukei” om jou gids gerus te stel, is jy poegaai.

Want soos ’n dief in die nag steel die berg jou asem.

Dit het vir my gevoel asof Leonard Cohen die Kili-skuifel in gedagte gehad het toe hy gesing het: “ ... and every breath we drew was Hallelujah”.

Tolla van der Merwe sou van die onderbrekings in jou ritme gesê het: “Rof, en onbeskof!”


Pragtig, maar ai, tog so besig. Op 4 000 m lyk dié kamp op Kilimandjaro soos ’n reuse-tentdorp. En dit was op daardie dag maar net ’n deel van die kamp.


Julie is een van die gewildste maande op die berg. Voeg daarby die opwindende Machame-roete en ’n volmaan en dit word ’n hoofweg bo die wolke.


Afrika se hoogste long drop. Dié toilet, wat op 4?600?m oor ’n winderige afgrond hang, was ’n luuksheid vergeleke met die ander, omdat die stinkende vloer darem nou en dan met ’n emmer water bygekom is.


Foto's: Pieter Oosthuizen


 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2008
R 99,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 104,990.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2007
R 207,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.