Klubs in die kollig
2012-01-31 06:00
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Beeld op

Het jy ’n passie vir kunsvlieghengel én die bewaring van die omgewing?
Die hele etos van die Windknot-kunsvlieghengel-en-bewaringsklub in Potchefstroom spreek van dié passie.
Windknot glo in vang en vrylaatom te verseker dat die volgende generasie ook geelvis as sport kan hengel.
Die klub spog met ’n gesonde en toegewyde lidmaatskap met klubwaters by die Elgro River Lodge aan die Vaalrivier.
Die lede bemoei hulself heeltyds met die bewaring van die grootbek- en die kleinbekgeelvis.
Die klub is in Junie 1991 gestig en het in die eerste jaar tot 37 lede gegroei. ’n Gereelde nuusbrief, The Windknot, word aan lede uitgestuur.
In 1997 het hulle die eerste Bells FOSAF/Windknot Yellowfish Exposition gehou.
Dié byeenkoms is vandag steeds een van die groot geelvis-kunsvlieghengel- geleenthede in die land.
Daar neem sowat 90 kunsvlieghengelaars van regoor Suid-Afrika hieraan deel.
Lidmaatskap kos R200 per jaar, en ’n aansoekvorm kan op die webtuiste (www.windknot.co.za) voltooi word.
Stuur gerus e-pos na hermanloubser@afrihost.co.za of pietvdm@tecroveer.co.za vir meer inligting.
- Wil jy graag ’n klub bekendstel? Stuur dan ’n e-pos met besonderhede na buite@beeld.com.
