Na aan natuur in die kloof

2012-02-07 06:01

TERÉSA COETZEE BEVEEL DIE Staproetes by die Kloofzicht Lodge AAN:

Kloofzicht Lodge is ’n hanetree van Johannesburg af en selfs al tref jy die besige verkeer op Hendrik Potgieter-rylaan op ’n Sondagoggend, kos dit jou steeds net meer as ’n halfuur om daar uit te kom.

Hier kan jy ontbyt of middagete geniet, maar daar is ook drie staproetes vir diegene wat lus is om ’n bietjie te klim en klouter. Met die instapslag is ons vinnig met ’n kaart van die onderskeie staproetes gehelp. ’n Mens kan selfs ’n gids huur om saam met jou te stap, as jy wil.

Die staproete begin by die groot mensgemaakte dam op die perseel waar ’n mens lank kan vertoef om eers na die groot verskeidenheid voëls te kyk.

Daar is veral baie bloedrooi rooivinke tussen die riete te sien.

Miskien was dit die waterbokke en die troppie vlakvarke met hul kleintjies wat ons aandag afgelei het, maar ons het die pad so effe byster geraak. Ons het toe ons eie roete daar by die kop op gevolg, wat gewis ’n stywe en uitdagende klim was.

Eindelik, ná baie klim, het ons by die boonste toring reg bo-op die kop uitgekom. Toe eers het ek die eerste keer die uitsig om my beleef, iets wat letterlik ’n mens se asem wegslaan.

Terwyl daar boontoe nog ’n effense beduidenis van ’n roete was, het ons met ons terugkeer die bosse sonder ’n paadjie aangedurf. En al was die gras soms selfs ’n kop hoër as my vyfjarige, Benno, het hy ook moedig bly stap.

Op pad terug het ons weer die waterbokke en die vlakvarke gewaar. En toe sommer tot die koop toe ’n mak kameelperd wat daar rustig, sowat 10 m van die voetpaadjie af, aan ’n blaartjie staan en kou het.

Die staproete het ons 2 uur en 15 minute geneem en die hoogste punt was 1 608 m. Die afstand was 3,72 km.

werd om te weet

Waar: Kloofzicht Lodge is sowat 40 minute se ry van sowel Johannesburg as Pretoria op die Kromdraaipad naby Muldersdrift.

GPS-koördinate: S 25 59’ 15.07 E 27 49’ 8.14

Dit bied: Buiten die wonderlike staproetes bied hulle die geleentheid vir kunsvlieghengel.

Jy kan ’n dagpermit vir R135 koop om in die groot dam te hengel, en ’n verdere R135 betaal om ’n visstok te huur as jy nie jou eie het nie.

As jy klaar gestap of gehengel het, is daar ’n spa waar jy vir ’n massering kan aanmeld, of jy kan ontbyt en middagete daar nuttig.

Meer inligting: Dagbesoekers welkom. Bespreek by 011 317 0600 of besoek www.kloofzicht.co.za.


’n Mens sien heelwat wild op Kloofzicht Lodge se staproete. Foto: Fredel Coetzee

 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2008
R 99,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 104,990.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2007
R 207,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.