Op ’n drafstap die hoogste pieke in

2011-12-06 08:46

Die tog op met die Drakensberg-kettinglere.Foto: Kobus Bresler

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Kobus Bresler (33), ’n handelsmerkbestuurder van Centurion, lyk nie of hy graag aangejaag word waar hy rustig in Mugg & Bean aan sy koffie teug nie.

Maar dié boorling van Union­dale het vroeër vanjaar die nege hoogste pieke in al nege die provinsies binne ’n rekordtyd van agt dae, ses uur en 52?minute alleen kafgedraf.

“?’n Mens word maar daarmee (’n avontuursin) gebore en jy moet ’n manier kry om dit uit te leef,” sê hy oor die prestasie.

’N ‘MAL MAN’ ALLEEN

Die idee van so ’n solo-ekspedisie was ’n nuutjie.

“Ek het met die organiseerder van ’n soortgelyke ekspedisie kontak gemaak en hy’t my vertel hulle groep het dit binne agt dae en 18?uur gedoen.”

Toe Bresler sê hy wil dieselfde tog sonder ondersteuning aanpak én hul tyd verbeter, het die man glo geantwoord: “Jy’s mal in jou kop.”

Derek Odendaal van Bloemfontein het in 2005 daarop aanspraak gemaak dat hy die eerste mens was wat die hoogste pieke van al nege die provinsies bereik het.

In 2008 het Esna Roux en mnr. Francois McGill dit saam binne agt dae en 11?uur gedoen.

STEILTES, SIEKTES EN DIEFSTAL

Vroegoggend einde Maart het hy in Akkedis, sy getroue Corsa-bakkie, gespring en sy eerste twee pieke aangevat.

Iron Crown in Limpopo en Die Berg in Mpumalanga het hy sommer vinnig kafgedraf.

Daarna was Gauteng se Toringkop, die Nooitgedacht in Noord-Wes en die vyfde piek, die Vrystaat se Namahadipiek in die Drakensberg, aan die beurt.

“Met Namahadi het ek en die GPS effens verdwaal, maar danksy kaart en kompas gou weer rigting gekry,” vertel Bresler.

Die kettinglere het hy alleen in die stikdonker en stormsterk wind aangedurf en erken dit was “nié die slimste besluit nie”.

Die volgende oggend het hy met ’n verkoue wakker geword en besef daar’s moeilikheid.

“Ongelukkig het die pille van die apteker op Harrismith niks beter gemaak nie en my net tot die volgende oggend uitgeslaan.”

Hy moes dringend tyd opmaak en is “vrot siek” teen Mafadi in KwaZulu-Natal, die sesde piek, op.

’n Reënbui het dit bemoeilik, maar hy kon bietjie tyd terugwen.

“Ongelukkig is Akkedis se noodwiel gesteel en moes ek die aand in Howick oornag.”

HONDE OP SY SPOOR

Die dag daarna is hy opgeruimd Oos-Kaap toe sonder om te weet watter vreesaanjaende aand op Kwaduma voorlê.

“Dit was vreemd toe ek my bakkie die middag by die polisiestasie los en hulle my vir ’n mal mens uitlag.”

Bresler moes sy naasbestaandes se besonderhede gee sodat “ons weet wie môre jou voertuig en besittings kom afhaal”.

Volgens die polisie was daar wilde honde op die berg wat ’n maand gelede ’n man verskeur en opgevreet het.

Effens ontnugter het hy die steilte aangedurf en besef dit raak sterk skemer.

“In die donker en digte mis het ek besef iets agtervolg my,” sê Bresler.

Vier groot wollerige wilde honde het sy spoor opgetel.

“Dit was die aakligste nag van my lewe – ek was seker ek gaan dood.”

’n Skaapwagter het van ’n afstand geroep en die bloeddorstige brakke het glo besluit om eerder daardie rigting in te slaan.

“Ek het besluit om dáái nag nog van die berg af te gaan.”

Die polisie se enigste kommentaar toe hy ongedeerd terugkom? “O ja, jy’s die gekke met die lizzard?”

’N REKORD OM TE VERBETER


Bresler se tweedelaaste piek was Kriegersbaken in die Noord-Kaap.

“Dié piek sou eintlik maklik, vinnig en lekker gewees het as ek nie soveel tyd verloor het nie danksy ’n bestuurder wat Akkedis van sy buffer ontneem het.”

Die steil Seweweekspoort in die Wes-Kaap was sy laaste klim.

“Die dag was ongelooflik mooi en toe ek bo kom, het ek die stophorlosie gedruk, die kamera afgesit en twee uur lank die omgewing ingeneem.”

Volgens Bresler vind mense dié avontuur fassinerend en baie vra: “Hoekom het ek nie aan so iets gedink nie?” Waarop hy antwoord: “Goeie vraag, hoekom doen jy dit nie?”

Bresler is oortuig daarvan dat iemand met ’n bietjie meer geluk aan sy kant sy solo-rekord kan verbeter, maar hoop eintlik mense gaan uit en verken hul land op hul eie tyd en voorwaardes.

Volgende jaar pak hy Kilimandjaro, die hoeveelste keer, asook die Himalajas en die Elbrus-bergreeks aan.

“Maar nou is die grootste avontuur eers pa-wees van my eenjarige seuntjie.”

  • Word ’n Buite-fan op Facebook en gaan kyk op Buitese Facebook-blad na ’n video van Bresler.

Gesels saam op Facebook en volg Beeld op Twitter.



 

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2008
R 99,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 104,990.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2007
R 207,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.