Resep van die week
2012-01-24 06:00
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Beeld op
Genoeg vir 4
Bereidingstyd: 15 minute
Gaarmaaktyd: 10 minute
500 g maer beesmaalvleis
1 x 425 g-blik kekerertjies, gedreineer
en effens fyngedruk
1 ui, gekap
1 groot eier, effens geklits
15 ml Marokkaanse speseryvryfmengsel
4 panini of ander broodrolletjies
gemengde slaaiblare
mangoblatjang of soetrissiesous om oor te drup
- Meng die vleis, kekerertjies, gekapte ui, geklitste eier en speseryvryfmengsel. Vorm vier frikkadelle, druk dit effens plat en hou dit op ’n koel plek totdat die kole reg is vir braai.
- Plaas die frikkadelle op die warm rooster en braai dit 5 minute lank aan ’n kant (braai dit langer, maar draai meer gereeld om as jy gaar vleis verkies).
- Sny intussen die panini of ander broodrolletjies oop, smeer liggies met botter en rooster dit tot effens goudbruin.
- Sit slaaiblare en ’n frikkadel op elke rolletjie en drup blatjang of soetrissiesous oor.
– Uit Idees 365 Resepte vir die Hele Jaar. Dit word deur Human & Rousseau uitgegee, en die Internasionale Standaardboeknommer (ISBN) is 9780798152600.