Somer baie spesiaal in wildtuin

2012-02-21 06:00

’n Volwasse rooibekrenostervoël en ’n jongeling het op die skof van ’n renoster langs die pad gesit.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Nico Laubscher skryf oor hul ervaring toe die Krugerwildtuin onlangs deur die grootste oorstromings in jare getref is: Ons het baie uitgesien na ons 12 dae in die Krugerwildtuin – vier dae elk by Satara, Onder-Sabie en Berg-en-Dal, in daardie volgorde.

Van die Malelanehek is daar ongeveer 160 km voordat Satara bereik word. Die wildtuin het baie dimensies wat dit veral in die somer spesiaal maak. Behalwe die groot roofdiere is daar soogdiere, reptiele, bome, blomme en, die belangrikste, voëls.

Een van die dinge wat die somerervaring in die Kruger spesiaal maak, is die rooibokke wat vroeg in Desember lam. Wat is mooier as ’n troppie ooie met 30 lammertjies wat in die koelte van die Laeveld se bosse lê en rus?

Al die trekvoëls is in die somer terug, en dit beteken meer as 600 spesies.

Die deel van die wildtuin waardeur ons ry, het hierdie somer reeds baie goeie reën ontvang. Die veld is groen en die panne vol. Meer as 100 buffels luier rustig by die Mazithidam anderkant Tsho­kwa­ne.

Tien kilometer verder stap drie leeuwyfies doelgerig en roep telkens saggies. Sag, want geen indringer-leeumannetjie moet weet dat in die omgewing kleintjies is nie.

Skielik bars die bos oop en storm nege welpies op hul ma’s af en gee duidelik te kenne dat hulle te lank weg was, waarskynlik op ’n mislukte jagtog. Nie dikwels is ’n mens so gelukkig om so ’n gesig op die eerste dag van jou besoek te sien nie.

Die eerste dag by Satara gaan ons by N’wanetsi piekniek hou. Die wind waai die S100-grondpad byna weg. Diere is weg, voëls is weg: net stof en sand. Die S100 is kurkdroog: Die gras is dood en die grond kaal.

Die volgende dag is ons op pad in die rigting van die Olifantskamp. Dit reën sedert die vorige nag aanhoudend.

By die brug oor die Olifantsrivier sien ons iets ongeloofliks: die rivier in volle vloed.

Die brug se reling vibreer terwyl die water ’n meter daaronder deurstroom. Boomstompe kom soos missiele teen 40 km/h stroomaf. Hier ry ek nie oor nie.

Die middag om 15:00 kom ons terug om te kyk wat aangaan: Die water stroom bo-oor die Olifantsbrug, 25 tot 30?meter bokant die normale watervlak.

Die res van die storie is welbekend. Al wat ’n grondpad is, word gesluit.

Die Ripaperivier het die pad naby Tshokwane oorstroom. Ons bly dus nog ’n nag in Satara.

Geen stoel of tafel het op die Tsho­kwa­ne-piekniekterrein oorgebly nie. Die modder was só dik dat die toiletdeur nie kon oopgaan nie. Die watermerk het borshoogte teen die gebou gelê.

Die foto’s wat hierby verskyn, is maar ’n steekproef van wat ons gesien het.

Een van die interessanthede was ’n groep swartaasvoëls (naby Afsaal) wat in die veld gesit het. Vyf bromvoëls het in hul rigting gewei, en toe hulle bymekaarkom, was daar ’n vriendelike interaksie en geen aggressie nie.

Die volwasse rooibekrenostervoël en die jonge wat saam gesit het op die skof van ’n renoster wat direk langs die pad in ’n stroompie gelê het, was nog ’n hoogtepunt.

Dit was ook ’n wonderlike ervaring om te sien hoe ’n visarend sy kurper vreet op die wal van die Sabierivier net 20 m van die motor af.

Laaste maar nie die minste nie: Die Crinum graminicola is ’n bolplant wat die Kruger se grasvelde in die somer pragtig versier.

Die Krugerwildtuin is ’n kleinood met die grootste verskeidenheid van natuurlewe waaraan ’n mens kan dink.

Ons het 22 spesies soogdiere opgeteken, en 124 spesies voëls (waarvan 4 by my lewenslys gevoeg kon word).



Skielik het nege welpies met hul ma’s uit die bos gebars. Hulle word van die mannetjies weggesteek. Foto’s: NICO LAUBSCHER


Vyf bromvoëls het gewei tot by swart aasvoëls. Daar was geen aggressie tussen die voëls nie.


Die bolplant Crinum graminicola se pienk blomme versier die veld in die somer.


Die water – seker 20 m hoër as sy normale vlak – stroom oor die Olifantsbrug.

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C# Software Developer

Cape Town, South Africa
Hi-Tech Recruitment CC
R10000 - R25000

Assistant Manager Customers Sigmintation

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Internal Recruitment Consultant

Sandton, South Africa
CEB Maintenance Africa (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2008
R 99,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 104,990.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2007
R 207,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.