Suikerbos, ek wil jou stap

2012-01-24 06:00

Die Cheetah-staproete is maklik genoeg dat selfs klein kinders dit kan stap. Foto: Fredel Coetzee

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Trek jou stapskoene aan, pak ’n piekniekmandjie, sit jou sonhoed op jou kop en ry die sowat 60 km van Johannesburg af op die N3 in die rigting van Heidelberg.
 
Vat die R550-afrit om by een van die hoofhekke uit te kom.

Die Suikerbosrand-natuurreservaat beslaan ’n gebied van 11,595 ha en is genoem na die Transvaalse suikerbos (Protea caffra). Die grootste aantrekkingskrag van die reservaat is die Suikerbosrand-bergreeks, wat regdeur die reservaat loop. Die hoogte daarvan wissel tussen 1 545 m en 1 917 m bo seespieël.

MAKLIK VIR KINDERS

Omdat in ons gesin twee seuntjies van onderskeidelik vyf en agt jaar oud is, wat nie meer as 5 km kan stap nie, het ons die Cheetah-staproete gekies wat digby die hoofhek en inligtingsentrum begin.
 
Kyk uit vir die bordjies wat die Cheetah-roete aanwys. Dit is ook die roete wat deur die geel voetspoortjies aangedui word.)

Dié roete beslaan 3,5 km, en ’n mens kan dit gemaklik in twee uur voltooi.

Dis nie ’n moeilike roete nie en die klim boontoe is geleidelik. Die 360°-uitsig van die boonste punt af is asemrowend. Van daar kan ’n mens kilometers ver oor die uitgestrekte landskap sien. Byna ongelooflik dat die stadsgewoel net om die draai daarvandaan is.

VAT WATER SAAM
Onthou om genoeg water saam te vat, veral as jy in die warmste deel van die dag stap. Stappers sal weet dit is altyd beter om vroeër te begin om die warmste deel van die dag uit die son te probeer bly.

Omdat daar nie werklik groot bome op die roete is nie, is dit beter om die staproete te voltooi en daarna by die piekniekplek naby die ontvangs te gaan uitspan.

Die afsonderlike piekniekplekke is taamlik wydverspreid en privaat, en daar is braaigeriewe as jy ’n vleisie op die vuur wil gooi.

VIR DAPPER STAPPERS
Vir die dapperder stappers is daar ook ’n 17 km-roete, sowel as die korter weergawe, wat 10 km lank is. Dit staan bekend as die Bokmakierie-roete, en ’n mens kan dit in ’n dag stap. Daar is ook hutte in die reservaat waarin stappers kan oornag.

As jy klaar piekniek gehou het, kan jy die dag afsluit deur die 60 km lange motorrit deur die reservaat te onderneem en by die ander hek van die reservaat uit te gaan.

Daar is elande, sebras, swartwildebeeste, rooihartebeeste en strandjutte in die reservaat, hoewel ons op ons rit nie veel diere gesien het nie.

Alida van der Westhuizen, ’n gereelde stapper, sê: “Ek stap graag in die Suikerbosrand, want dis ’n goeie afwisseling van die bebosde, moeiliker roetes in die Magaliesberge.

“Dis oper, ‘met die hemel wyd daarbo’, met heelwat wild – soos sebras, en allerlei boksoorte en ondeunde bobbejaantroppe wat vir ’n bietjie opwinding sorg – op die roetes te sien. Omdat dit merendeels savanna-agtige terrein is met min bulte, kan ’n mens lank stap sonder om moeg te word.

“Ons stap gewoonlik so drie tot vier uur op ’n slag en kan ons nogal verkyk aan die interessante veldblommetjies wat veral in die lente volop is.”
 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2008
R 99,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 104,990.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2007
R 207,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.