Woelinge in water verstommend

2012-01-24 06:00

Die kassiekrap (Calappa hepatica) met ’n harde kassie wat sy rugkant en pote heeltemal bedek.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die Pangane-kamp, in die verre noorde van Mosambiek, is ’n paradys vir krappe. In die paar dae wat ons daar was, het ons sowat sewe soorte gesien.

Ons was verlede jaar gelukkig om daar te wees in die volmaan-springgety voor die dag-en-nag-ewening in September. Met laagwater ontbloot die see ’n lang sandspits wat deur ’n rotslaag onderlê word. Die gemeenskap benut dit om kos te versamel, en ons het dit benut om te snorkelduik en die kleiner seelewe te voet in die vlak water te beskou.

Van die krappe is harig, ander lyk soos soldate.

Die gekolde kluisenaarskrap (Dardanus megistos) is ’n indrukwekkend groot spesie wat tot 20 cm lank kan word (omtrent so lank soos ’n man se hand).

Hierdie groep woon in leë skulpe van seeslakke. Wanneer hulle beweeg, sleep hulle hierdie skulpe saam. Namate hulle groei, moet hulle gereeld groter skulpe soek waarin hulle kan kruip. Omdat hierdie krappe ’n sagte lyf het wat normaalweg deur die skulp beskerm word, moet die ruil van skulpe taamlik vinnig gebeur, omdat die dier baie kwesbaar is vir sy vyand en ontbloot is wanneer hy die kleiner skulp vir ’n groter een verruil.
 
Hierdie krappe het, soos al die ander, vyf pare pote. Die voorste paar is aangepas om knypers te vorm om kos te hanteer. Die volgende twee paar word gebruik om te loop, en die laaste twee word gebruik om aan die skulp vas te klou.

Dan is daar die kassiekrap (Calappa hepatica) met ’n harde kassie wat sy rugkant en pote heeltemal bedek. Hy het groot, plat knypers wat vir beskerming voor die gesig gehou word. Die knypers het ook groot, sterk uitsteeksels, veral aan die regterkant, wat gebruik word om skulpslakke oop te breek en uit die skulp te trek. Dié slakke is sy hoofvoedselbron.
 
Tussen die seeplante bly klein swart en groen krappies – die dekoreerkrap (Acanthonyx quadridentatus).

Dié krappies kan van kleur verander om aan te pas by die plante waarin hulle woon. Hulle sny fragmente van seewier en heg dit dan aan die haakvormige hare op die karapaks (bodop) vir kamoeflering, waar dit aanhou groei om die krappe later só te kamoefleer dat hulle glad nie gesien kan word nie, tensy hulle beweeg.

As jy saans die strand bespied, sal jy jou verstom aan die gewoel. Die horingoog-spookkrappe (Ocypode cerathoptalmus) bly in die sand, waar hulle gate grawe, tot 1 m diep. Snags kom hulle met laagwater uit om aas te soek. Hulle vreet omtrent enige ander gedierte wat klein is, ook pas uitgebroeide seeskilpadjies. Hulle het ’n harige rif op die knypers waarmee hulle ’n raspergeluid kan maak by paring of as hulle aggressief is. Verder het hulle ’n holte met lang hare tussen die basisse van die tweede en die derde paar pote. Hierin word vog versamel sodat hul kiewe klam kan bly terwyl hulle lang tye buite die water rondbeweeg om kos te soek.

Die harige krap (Pilumnus vespertilio) beweeg stadig en kan maklik vir ’n stukkie drywende afvalmateriaal aangesien word. Sy lyf is oortrek met ’n digte laag hare. Dit help om die krap se buitelyn te breek, en dit versamel sediment, wat verder help om die krap te versteek. Hy vreet hoofsaaklik seewier, maar ook koloniale anemone (Soantide, wat hierdie krap matig giftig kan maak), harde seewier, sponse en soms selfs borselwurms en naakslakke.

-  De Wet is ’n omgewingskonsultant van Lydenburg.


Die dekoreerkrap kan maklik vir ’n seeplant aangesien word. Foto’s: Koos de Wet


Jy moet mooi kyk om die harige krap raak te sien.


Die kampeerterrein by Pangane in Mosambiek.


 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2008
R 99,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 104,990.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2007
R 207,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.