’n Onvergeetlike avontuur

2012-01-31 06:00

Warm of koel, die Kgalagadi-oorgrenspark is gewild.

Besluit jy om dié park, wat van die Noord-Kaap tot in Botswana strek, in die somer te besoek, moet jy vroeg bespreek.

Dis nou wel die warmste tyd van die jaar, maar dis ook vol bespreek.

En warm ís dit! In die somer is dagtemperature bo 40 ºC niks ongewoons nie, maar dit verg ook ’n andersoortige voorbereiding as die koue aande van die winter.

Nossob, die mees afgeleë van die drie “algemene” kampe aan die Suid-Afrikaanse kant, bied die kampeerder ’n egte wilderniservaring.

Nossob is ook bekend vir sy roofdiere – dit is die plek van die groot katte.

VAAR DIE WILDERNIS IN
Wanneer jy die teerpad voor die Kgalagadi-oorgrenspark se hekke by Tweerivieren agterlaat, betree jy ’n ongerepte natuurwêreld.

Ná ’n lang, warm motorrit bied die koel administrasiekantoor by Tweerivieren ’n welkome lafenis. Handel hier jou doeane-sake af indien jy beoog om via Mata-Mata na Namibië te reis.

Tweerivieren is die grootste van die drie kampe en het die grootste winkel, asook die enigste restaurant. Indien jy vir oulaas kontant by die kitsbank wil trek, moet jy dit hier doen. Maak jou motor vol brandstof en sorg dat die banddruk korrek vir jou voertuig is.

Van Tweerivieren af is die rytyd (50 km per uur binne die park) 2½ uur na Mata-Mata en 3½ uur na Nossob.

Tweerivieren is die suidelikste kamp in die park. Kort anderkant die hek vurk die grondpad. Met die een na links ry jy al langs die Auob-rivierbedding tot by Mata-Mata. Met die een na regs ry jy al langs die Nossob-rivierbedding.

Dié grondpad eindig nie by Nossob nie. Dit gaan verder tot by Union’s End, waar die grense van Suid-Afrika, Namibië en Botswana ontmoet.

Die twee rivierbeddings is gewoonlik droog. Maar met ’n jaarlikse gemiddelde reënval van ongeveer 200 mF, hoofsaaklik tussen Januarie en April, gebeur dit soms dat hulle skouspelagtig afkom.

Driedoringbosse in volle blom, weerskante op pad na Nossob, verwelkom jou in die Kalahari. Derduisende witterige skoenlappers (Mylothris agathina) dwarrel soos sneeuvlokkies en kom dan oombliklik om die blomme tot ruste.

DIEP IN DIE KGALAGADI

Wanneer jy Nossob se hekwagter (’n mensvormige boomstomp) aan die regterkant ’n entjie van die pad af in die veld gewaar, weet jy dat jy nou diep binne die Kgalagadi-oorgrenspark is.

Smôrens, wanneer Nossob se kamphekke om 05:30 oopgemaak word, is daar amper nie eens tyd vir ’n koppie koffie nie.

Daar moet aan die hand van die vorige aand se buurman- en badkamergeselsies besluit word: Ry jy noord na die watergate by Quap, Cubit, Kwang en nog vele ander, of suid na Marie se Draai met Marie se Gat by die halfpadmerk?

Daar word vroeg gery sodat jy teen 09:00 se kant terug kan wees in die kamp, onder koelte, want dan is die temperatuur al maklik hoër as 30 ºC. Nou is dit tyd vir ontbyt en koffie. Daarna, tot laat in die namiddag, is dit jy, die aanskuif van sit- of lêplek, gewikkel in ’n spel van son en skaduwee.

In die namiddag begin die kampterrein weer te roer. Dit is tyd om alle beskikbare inligting bymekaar te sit en ’n oordeelkundige roetebesluit te neem.

Op die laaste rit van die dag word die horlosie fyn dopgehou. Jy wil so laat moontlik rondry om miskien daardie leeu of hiëna te sien wat uiteindelik uit sy dagskadu-skuilplek opstaan, gereed vir die nag se dinge.

Die aandritueel van vleisbraai, potjiekos maak of broodbak word herhaal. Daar is stories wat wag om onder ’n sterrehemel rondom die kampvuur vertel te word.

Dit alles gebeur teen die agtergrond van ’n uil, hiëna, jakkals of leeu wat êrens sy eie storie vertel.

Indien jy gaan

  • Nossob is goed uitgelê en het skoon ablusiegeriewe (wat daagliks gediens word).
  • Die kamp beskik oor ’n winkeltjie met die nodigste, asook brandstof.
  • Hier is geen selfoonontvangs nie.
  • Die kampeerterrein wek sy eie elektrisiteit op. Om krag te bespaar, word die elektrisiteit om 22:00 afgeskakel en om 05:00 weer aangeskakel.
  • Indien jy van die grenspos by Mata-Mata gebruik wil maak, word vereis dat jy eers minstens twee nagte in die park vertoef.
  • Behalwe kampeerplek is daar in al drie kampe chalet-verblyf beskikbaar. Daar is ook rolstoel-vriendelike verblyf.
  • Dit is ’n laerisiko-malariagebied.
  • ’n Paspoort is nie nodig indien jy nie die park via ’n ander land verlaat nie.


Dit is ’n belewenis om in dié park te kampeer. Foto’s: LUDWIG NELSON


’n Lui inwoner van die Kgalagadi.


Dié witterige skoenlappers is oral te te sien.


Nossob begroet só sy besoekers.

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C# Software Developer

Cape Town, South Africa
Hi-Tech Recruitment CC
R10000 - R25000

Assistant Manager Customers Sigmintation

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Internal Recruitment Consultant

Sandton, South Africa
CEB Maintenance Africa (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2008
R 99,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 104,990.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2007
R 207,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.