Deur ’n spieël in ’n raaisel?

2009-09-18 22:49

Grafika: Jaco Grobbelaar

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's


Met ’n swaar gemoed het ek uit die raad van die Universiteit Stellenbosch (US) bedank.

Die konvokasie het my daar geplaas op grond van my standpunt dat transformasie nagestreef behoort te word, maar deur die medium van Afrikaans.

Ons het ’n grondwetlike reg en ’n morele plig om vir studente van alle rassegroepe wat in Afrikaans wil studeer, dit minstens voorgraads moontlik te maak. Ek sal nie voortgaan om in ’n raad te dien wat dit nie wil verseker nie.

Die raad van die US bevind sigself vandag, soos Alice wat deur die spieël geklim het, in ’n agterstevoor wêreld. Lewis Carroll se Rooi Koningin kon ses onmoontlike dinge glo voor ontbyt. Ek kan nie. Ek vind die volgende onmoontlik om te glo:

DAT DIE US NIE BESIG IS OM FLINK TE VERENGELS NIE

Chris Brink, die vorige rektor, het ontken die US sal onder hom verengels. Die geskiedenis word herhaal, sê Karl Marx, die eerste keer as tragedie, die tweede keer as klug. Ook Russel Botman, die huidige rektor, het belowe: Ons sal dit nie so bestuur nie.

Desnieteenstaande het die proporsie enkelmedium Afrikaanse modules voorgraads verminder van 70% van die aanbod in 2003 tot 38% in 2008. Terselfdertyd het die T-opsie, wat veronderstel is om die uitsondering te wees en tot die eerste jaar beperk moet word, die meerderheidsopsie geword. Dit het toegeneem van 24% in 2004 tot 45% in 2009. (Hierdie syfers word nie ontken nie.) Agterstevoor.

Raadslede probeer al maande lank uitvind hoeveel dosente nie in Afrikaans kan klasgee nie. Antwoord: Dit is nie op die US se databank nie. Hoekom nie? Hoe moeilik kan dit wees om uit te vind? Wat mag ons nie weet nie?

DAT ’N UNIVERSITEIT VAN ONDER AF BOONTOE BESTUUR MOET WORD

Geen universiteit kan deur sy dosente bestuur word nie. Maar pas is taal-implementeringsplanne van die fakulteite regte en opvoedkunde goedgekeur wat dubbelmedium-onderrig in al die studiejare invoer. Die Afrikaanse aanbod is eensklaps radikaal verder afgeskaal.

Hierdie besluit is strydig met die taalbeleid en taalplan wat tans geld en bots met die vyfde missiestelling van die US, naamlik om Afrikaans te bevorder. Dit is strydig met studente se voorkeure.

(Volgens die Schlemmer-ondersoek verkies 83% van Afrikaanstalige studente “oorwegend Afrikaans” en meer as 40% van die Engelssprekendes ook.)

Maar dosente wil dubbelme­dium hê. Dit lyk na groepdenke wat ontstaan uit gedeelde belange en ewekniedruk. Dit laat ’n groep mense (soos die US-senaat) eenvormig dink en dit laat geen kritiese vrae toe nie.

Nadat die besluit oor dubbelmedium-onderrig geneem is, verklaar die rektor verlig dat die bestuur nou hul integriteit herwin het, want hy moet erken dat klasse reeds tweetalig aangebied word. Helaas, ’n mens kan nie maagdelikheid terugwerkend herwin nie.

DAT ’N MINIMUM AFRIKAANSE AANBOD GEWAARBORG KAN WORD

Die bestuur kon nie verhoed dat klasse tweetalig aangebied word toe dit nog nie goedgekeur is nie. Hoe sal hulle dan in die toekoms keer dat Engels oorneem?

’n Universiteit, in stelselbestuursterme, is ’n swakskakelstruktuur (Westoby 1988). Dit beteken dit is moeilik om beheer in lesinglokale uit te oefen. Daarom moet voorskrifte eenvoudig en duidelik wees.

’n Bepaalde kursus moet net in ’n bepaalde taal aangebied word. En personeellede wat daardie taal behoorlik magtig is, moet daarin onderrig.

DAT DIE INVOER VAN DUBBELMEDIUM-ONDERRIG MEERTALIGHEID SAL BEVORDER

Verskeie sosiolinguiste, onder andere Jean Laponce (2002), het deur navorsing aangetoon dat dubbelmedium- én parallel­medium-onderrig onvermydelik lei tot die verplasing van ’n minderheidstaal deur ’n dominante taal (soos in Kanada).

Dubbelmedium-onderrig het dus die ironiese gevolg dat eentaligheid in die hand gewerk word. (By die Universiteit van Pretoria, versekeringe ten spyt, is die gemiddelde Engelse aanbod oor al die fakulteite 75% en die gemiddelde Afrikaans-aanbod 49%. By die ou Randse Afrikaanse Universiteit, tans die Universiteit van Johannesburg, is daar tans minder as 20% Afrikaanssprekende studente.)

Engels neem oor. Die teenoorgestelde van wat beoog word.

Agterstevoor.

DAT DIE INVOER VAN DUBBELMEDIUM-ONDERRIG TRANSFORMASIE SAL BEVORDER

Die T-opsie het tot op hede geen strategiese winste vir die US opgelewer sover dit rasse-transformasie betref nie. Vanjaar het die getalle swart (African) studente in vier fakulteite afgeneem. In die fakulteit lettere en sosiale wetenskappe het dit die afgelope drie jaar stilgestaan. Daarteenoor het die fakulteit ekonomiese en bestuurswetenskappe, wat amper uitsluitlik die A-opsie gebruik, betekenisvolle groei ten opsigte van bruin Engelssprekende studente getoon.

Die getalle van wit Engelssprekendes (by benadering met 25% tussen 2005 en 2008) het wel in sommige fakulteite aansienlik toegeneem. Dit bevorder allermins rasse-diversiteit. Maar tog word die T-opsie uitgebrei.

Agterstevoor.

DAT DIT EINTLIK TOT AFRIKAANSE STUDENTE SE BESWIL IS OM HULLE IN ENGELS TE ONDERRIG

Kathleen Heugh konstateer in 2007 (my vertaling): Geen greintjie geloofwaardige wetenskaplike navorsing onderskryf tot op hede die flou redes wat aangevoer word vir ’n gebrek aan die voorsiening van behoorlike moedertaalonderrig in Suid-Afrika nie. Daarenteen bestaan daar robuuste internasionale navorsing wat die belangrikheid van moedertaalonderrig beklemtoon, ook op tersiêre vlak.

Unesco (2009) propageer moedertaal-gebaseerde onderrig, op grond van omvattende navorsing wêreldwyd en oor dekades uitgevoer. Mamphela Ramphele beaam dit; so ook Neville Alexander en Christo van der Rheede.

Reeds in 1979 het Jim Cummins twee belangrike sleutelbegrippe geïdentifiseer. In Engels word dit verkort tot BICS en CALP. Die eerste verwys na “Basic Interpersonal Communication Skills”, dit wil sê alledaagse sosiale kommunikasie-vaardighede.

Die tweede verwys na “Cognitive Academic Language Proficiency”, dit wil sê kognitiewe akademiese taalvaardigheid. Die eerste begrip dui op ’n relatief lae vlak van taalvermoë, gerig op konkrete sake. Die tweede dui op die bemeestering van ingewikkelde, dikwels abstrakte konsepte en ’n woordeskat wat toepaslik is vir analitiese en beredenerende diskoers.

’n Afrikaanse student wat Engels op die gespreksvlak bemeester het, maar nog nie akademiese taalvaardigheid in Engels ontwikkel het nie, word dus benadeel deur die aanwending van Engels vir tersiêre studie. Dit is veral nadelig vir risikostudente.
Die US weet dit, maar gaan voort met ’n toenemend Engelse aanbod.

Agterstevoor.

Jannie Mouton het voor my bedank. Nóg hy, nóg ek wil op rekord gaan as ’n lid van die raad wat die US laat verengels het – terwyl dit witter word.

Die geskiedenis sal uitwys dat die huidige bestuur die Universiteit Stellenbosch stelselmatig verengels het. Hulle moet daarmee saamleef.

Dr. Marié Heese is ’n onderwyskundige en skrywer van Stilbaai.

Bronne:

Afrikaansbymaties.blogspot.com
Cummins, J. 2003. Bilingual Children’s Mother Tongue: Why Is It Important for Education? i teach i learn.com
Du Toit, J.B. & H.C. Viljoen. 2007. Proceedings of the Symposium on Multilingualism in South Africa, edited by. iMag & Tabema: Stellenbosch
Heugh, K. 2007. “Linguistic diversity and the resource vs human rights conundrum” in Proceedings of the Symposium on Multilingualism in South Africa, edited by J.B. du Toit & H.C. Viljoen. iMag & Tabema: Stellenbosch: 22-29
?Janis, Irving L. 1972, 1982. Victims of Groupthink. Boston. Houghton Mifflin
Laponce, JA. 2002. Minority languages and globalization. Lecture presented at French Political Science Association meeting, Lille.
Ramphele, Mamphela. 2009. “Here, mother tongue clashes with her mother’s tongue”. Sunday Times 8 March.
Schlemmer, Laurie. 2008. Voorgraadse studente op die Universiteit Stellenbosch en die taalbeleid: ‘n strategiese meningsopname. Ongepubliseerde navorsingsverslag vir die US.
Unesco. 2009. Education website
Van der Rheede, C.O. 2007. “Veeltaligheid in Suid-Afrika: Waarom die stryd? ” in P roceedings of the Symposium on Multilingualism in South Africa, edited by J.B. du Toit & H.C. Viljoen. iMag & Tabema: Stellenbosch: 50-55.
 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Costing Clerk - SENIOR (Automotiive Industry)

Cape Town, South Africa
CME Recruitment
R15000 - R20000

C# Software Developer

Cape Town, South Africa
Hi-Tech Recruitment CC
R10000 - R25000

Assistant Manager Customers Sigmintation

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2008
R 99,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 104,990.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2007
R 207,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.