J.M. Superstar

2010-02-06 09:02

Toe ek nie so lank gelede nie uitgevra is oor my kennis van Suid-Afrika, het ek soos die meeste Europeërs met ’n paar pront sleutelwoorde geantwoord: apartheid, Nelson Mandela, 1994 – die betekenis van elke woord vaag en ver verwyder van die sentrum van my alledaagse ondervinding en bewussyn.

Vir my persoonlik het hierdie situasie baie vinnig en drasties verander namate ek my doktorale studie in Salzburg op die Suid-Afrikaanse literatuur begin toespits het.

Vir die meeste Europeërs en talle ander mense regoor die wêreld kan Suid-Afrika egter steeds in ’n paar woorde opgesom word – selfs al is daar gedurende die afgelope dekade darem nuwe woorde by die lysie gevoeg: Charlize Theron, geweld, Pino- tage, Invictus.

Op die literêre front het één naam egter die oorsese verbeelding begin oorheers: J.M. Coetzee, oftewel J.M. Superstar, soos heelparty mense deesdae met heelwat toegeneentheid na dié Nobelpryswenner verwys.

Vir baie mense het Suid-Afrika eintlik al sinoniem geword met Coetzee se boeke, met Disgrace (1999), waarmee hy sy tweede Bookerprys verower het, die opvallendste onder hulle.

Dié verband is nou versterk deur die onlangse rolprent wat op die roman gegrond is. Op die oomblik word J.M. Coetzee twee keer soveel op Google South Africa opgeroep as Jacob Zuma.

Boonop verskyn Disgrace op die oomblik onder die 1?000 topverkopers van Amazon U.K., met Coetzee se jongste, Summertime, net duskant die boonste 5?000.

Met die eerste oogopslag lyk dit dalk nie so indrukwekkend nie, maar as ’n mens in ag neem dat nommer 1?000 op die ranglys beteken dat sowat 90 kopieë per week verkoop word (en dit net op hierdie één verkoopkanaal, en reeds meer as ’n dekade ná die publikasie daarvan!), besef jy die skrywer moet heelpad bank toe loop en glimlag.

Coetzee se werk behoort boonop allermins tot die hoofstroom. Sy werk verkoop nie omdat dit boeiende rillers of hartroerende romanses is nie. Sy romans is nog altyd beskou as “literêr”, wat beteken hulle verg tegnies en tematies nogal inspanning om te lees.

Oral in die wêreld is akademici nog voltyds besig om te probeer vasstel wie nou eintlik die verhaal in Foe (1986) vertel, of om die rol van Elizabeth Costello, die fassinerende karakter wat nou al ’n dekade lank in Coetzee se werk spook, uit te pluis.

Oor die afgelope paar jare, veral sedert die toekenning van die Nobelprys aan hom in 2003, het daar ’n behoorlike bedryf in die kritiek wat betref Coetzee se fiksie ontwikkel. Ontelbare artikels, essays en boeke is regoor die wêreld oor sy werk geskryf, op soek na insig in ’n eindelose verskeidenheid van onderwerpe (minstens elf vollengte studies net in Engels die afgelope jaar, met vyf nuwes reeds op Amazon U.K. vir die komende jaar aangekondig).

Coetzee se reputasie vir geheimsinnigheid en ontwyking stook die vure net nog verder aan.

Omstredenheid is vir Coetzee niks nuuts nie. Die golf van negatiewe kritiek op Disgrace en die skrywer van die boek het die hele status van kuns in Suid-Afrika as sodanig in die gedrang gebring.

Ondanks Coetzee se aandrang dat die boek net gelees moet word “op sy eie voorwaardes, as ’n stuk fiksie, en nie as ’n verskuilde boodskap nie”, het baie plaaslike lesers gevoel hulle is persoonlik daardeur te na gekom en probeer hulle steeds om dit as ’n direkte kommentaar op hul manier van lewe te beskou.

Die noue verbintenis tussen fiksie en werklikheid wat daar al so lank in hierdie land bestaan het, het die saak ook niks makliker gemaak nie.
Vir my was dit fassinerend om oor die jare te sien wat die blote noem van Disgrace aan die verloop van ’n tafelgesprek of ’n akademiese debat oral in die wêreld, van Algiers tot Zürich, kan doen. Die uitwerking daarvan kan wissel van dikbek-stiltes tot woede-uitbarstings – maar onverskilligheid sal daar nooit wees nie, en net heel selde instemming.

Coetzee se werk raak immers die kern van ons ondervinding van menslikheid, van wat dit beteken om mens te wees. Dit kruip onder jou vel in; dit dwing jou om te voel, dit dwing jou om te dink. Dít is wat aan die hart lê van die invloed wat sy publikasies op lesers het en wat meebring dat dit tot soveel afsonderlike en uiteenlopende individue uit soveel verskillende denkskole kan bly spreek.

Teen dié tyd is sy boeke reeds in meer as 30 tale vertaal, met inbegrip van Katalaans, Hebreeus, Estlands en natuurlik ook Afrikaans. Elke keer wanneer ek uit Suid-Afrika reis, word ek gevra om Coetzee se naam vir lesers van verskillende tale uit te spreek. Dis duidelik vir mense belangrik om sy naam in hul woordeskatte op te neem, wetende dat dit vroeër of later in enige gesprek oor Suid-Afrika sal opduik.
Toe die nuus van Coetzee se Nobelprys ons in 2003 in Oostenryk bereik het, het ek spontaan in my ouers se kombuis begin huppel.
My pa was ook daar. Hy het reeds die een en ander van Coetzee in Poolse en Duitse vertaling gelees en ek het hom oorreed om sonder versuim ook ’n paar van die ander op te neem.

Op ideologiese vlak het die boeke onmiddellik tot hom gespreek: hy’t immers dadelik party van die stelsels wat in die fiksionele wêrelde van dié werk voorkom, herken uit die verdrukking wat hy in Pole beleef het voordat ons in 1987 uit dié land gevlug het. Die euwels van magsmisbruik lyk oral dieselfde, het hy gesê.

’n Paar jaar later het ek in Grahamstad ’n Roemeens-Kanadese akademikus ontmoet wat besig was met navorsing oor presies die kwessies wat my pa geopper het in sy vergelyking van Coetzee se werk en ontwikkelings in die Oos-Europese literatuur.

In 2005 het ek ’n internasionale konferensie oor Coetzee se werk in Engeland bygewoon. Dit was ’n geleentheid soos tallose ander, deel van die onophoudelike akademiese gegons om Coetzee.

Wat my méér getref het as die meeste van die uiteenlopende debatte en argumente, was iets wat voorgeval het tydens die eerste ete wat vir die deelnemers gereël is. Terwyl ons almal besig was om die spyskaart te bestudeer, het ek bewus geraak van ’n soort aarseling onder al die eters; naderhand het die spanning byna ondraaglik begin word.

Uiteindelik het een van my bure aan tafel dit uitgeblaker: “En toe? Gaan julle mense dit waag om vleis te bestel?”
Almal het begin lag. Maar ek het die indruk gekry baie van die mense het bitter skuldig bly voel terwyl hulle hul biefstuk bydam, wetende dat die onderwerp van ons konferensie ’n toegewyde vegetariër is.

Wêreldwyd sny Coetzee se woorde tot op die been en dwing lesers uit hul gemaksones, ’n eienskap wat ek in sy werk meer as enigiets anders op prys stel. Ek glo dat dit sal aanhou om mense se gemoedsrus te versteur soos alle groot fiksie om baie redes vermag, waar dit ook al gebeur.

Ek en J.M. Coetzee het mekaar nog nooit in die vlees ontmoet nie. Maar die ontdekkingstogte waarop sy romans my meegevoer het, behoort tot die onvergeetlikste oomblikke in my leesondervinding.

En die woordeskat wat hy onderweg tot my begrip van die wêreld bygedra het? ’n Hele lemma in die Woordeboek van die Lewe.

Karina Magdalena Szczurek is ’n skrywer en literêre kritikus. Haar man, André P. Brink, het dié artikel vertaal. 

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 20-26°C More sun than clouds. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. Broken clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Widely scattered tstorms. Clearing skies. Mild. Bloem: 19-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Mostly sunny. Warm. PE: 22-26°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Passat 1.9 TDi Comfortline Dsl MY06
2006
R 199,595.00

RENAULT

Scenic 2.0 Dynamique AT MPV
2003
R 85,995.00

ISUZU

KB300 TDi D-Cab LX Dsl MY04
2005
R 149,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.