'Malls', wurms en die sin van alles

2009-08-15 15:38

'n Vriendin vertel die naweek vir my sy het onlangs Viktor Frankl se boek Man’s Search for Meaning gelees, en dit het regtig – anders as baie boeke wat dieselfde verhewe belofte maak – haar lewe verander. Op besonderhede het sy nie ingegaan nie, maar dit het my nogal laat dink.

Ek het nog nie self die boek gelees nie (dis volgende op my lys, saam met Stephen Hawking se A Brief History of the Universe). Maar ek weet darem van die term the last of the human freedoms (’n mens se keuse van hóé jy gaan reageer op wát met jou gebeur) en natuurlik van die eksistensiële vakuum.

Hoe dit ook al sy, die ironie wat my toe nou by nader bepeinsing tussen die oë tref, is dat Frankl meer en dieper betekenis in die pyn van ’n konsentrasiekamp gekry het as wat miljoene van ons deesdae in die oombliklike ekstase van winkelsentrums kry.

My punt is: Koop is so dikwels ’n mens se eerste stop in ’n soeke na . . . wat? Betekenis? Die eerste, beste ding om die eksistensiële vakuum mee te vul? As ’n deurwinterde bewandelaar van winkelsentrums kan ek getuig dat ek die afgelope klompie jare wel deeglik betekenis gevind het:

Die betekenis van instant gratification . . . Die betekenis van bo jou inkomste leef . . . Die betekenis van die quick fix . . . Die betekenis van koop as dwelm – as jy “af” is, koop jy jouself “op”, as jy ongelukkig is, koop jy jouself gelukkig; as jy lelik is, koop jy jouself mooi; as jy klein voel, koop jy jouself groot.

En die prys wat jy uiteindelik betaal – die bedrieglike ballonpaaiement van die siel – word nie gedek deur jou geduldige plastic of die Truworths-, Stuttafords- of Foschini-rekening nie. Op ’n stadige, sluwe manier word dit getap uit jou menswees en menswaardigheid.

En die eksistensiële vakuum? My vriendin en skoolkoshuis-kamermaat, Hortense, se ma het altyd gesê: “Elkeen se beursie gaan op ’n ander manier oop.” Overgeset synde, soos ek dit verstaan: Elkeen se eksistensiële vakuum het ’n ander vorm.

Die einste vriendin wat vir my vertel het van haar Man’s Search for Meaning-ervaring, vertel ook vir my haar swak plek is Oxfam (die groot liefdadigheidswinkels in Londen) en materiaal-monsters en knope.

Wat sy met haar Oxfam-inkopies maak, weet ek nie, maar sy sê sy’s bietjie van ’n control freak, dus kategoriseer sy al haar materiaal en knope in bokse, hoewel sy niks spesifieks daarmee doen nie.

My swak plek is klere. My vriend Anthony s’n is boeke. My pa en my eksman s’n is vleis – as hulle voor ’n vrieskas vol vleis staan, lyk hulle of hulle die nuwe Jerusalem sien.

Maar natuurlik is daar ’n vangplek: Hoe meer jy daai gat volmaak, hoe leër word hy. (En hoe meer waarskynlik is dit dat jy jóúne in allerlei dimensies gaan sien.)

Die uiteinde is ’n scenario wat so ietwat van ’n hol laggie by my ontlok. In jou soeke na betekenis in malls loop jy die daadwerklike gevaar om te beland in die konsentrasiekamp van skuld.

En man, laat dít jou nou konsentreer – op dinge wat jy dikwels dekades lank probeer vermy. In die konsentrasiekamp van skuld is al die kortpaaie na kitsbevrediging bottoe.

En dis net jy, jouself, jou spreadsheet en alles wat jou daar gekry het – en wat skielik nie meer geluk, blydskap of ekstase uitspel nie . . . Al die fluweeljasse, satynserpe, kunswerke, oulike klein knikkop-motortjies en leerbroeke wat jy gereken het jou “op”, gelukkig, groot en mooi sou maak, maak jou nou net arm.

In die afwesigheid van koopkrag is daar natuurlik baie tyd vir bepeins, berou en onthou. En iets waaraan ek die afgelope week nogal baie dink, is een van die lekkerste vakansies wat ek ooit gehad het.

Ek was ’n week lank in Mosambiek kort ná die einde van die burgeroorlog daar, toe OTM’e so onbekend was soos Coca-Cola en jy met ’n kredietkaart net mooi niks kon koop nie. Dit het my nie gepla nie. Trouens, dit was wonderlik om op strande en in straatjies rond te loop en selfs houtvissies van die hand te wys omdat ek nie die nodige eskudo’s gehad het nie.

So wat beteken dit alles? Ek weet nie, wat seker ook nie regtig verbasend is nie. My vriendin Madelet sê altyd: “Die volk is vlak.” Ek vermoed die mensdom is nie ver agter nie.

Die antwoorde wat ek soek, daarenteen, lê ver en diep. Of liewer, verknoop in die eksistensiële deurmekaarspul van my liggaam en siel, van wat ek wil hê teenoor wat ek nodig het.

Ek het eendag gelees: “If you open up a can of worms, the only way you get them back in again is by using a bigger can”. Wat een manier is om daarna te kyk.

Ten minste, troos ek myself, al is ek nog nie ontslae van al die wurms nie, begin soek ek darem al die blik op die regte plek.

Volgende week hink Linette verder op haar pad van skuldberading.

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2008
R 99,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 104,990.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2007
R 207,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.