Nuwe wyn, nuwe sakke

2009-12-18 22:02

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Toe ek verlede Saterdag Julian Müller se artikel “Geloof buite die boks” in By lees, besef ek net weer: Die ideaal sou wees om met debatte binne die kerk mense te ontvries uit hul fundamentalisme en om te probeer om almal op dieselfde bladsy te kry – maar nie almal verstaan poësie nie!

Party mense kan die wind tussen woorde voel dans, ander is slawe van letters in wit en swart.

Hierdie debat in en met die kerk is in elk geval reeds 2?000 jaar aan die gang en niemand het al ’n tree gevorder nie.

Die Evangelie van Tomas uit die eerste eeu het Jesus al as niks meer nie as net ’n rabbi gesien. Die Christus, dood en opstanding was vir Tomas deel van ’n spirituele proses wat niks met historiese werklikhede te doen gehad het nie.

Tomas is dalk ’n ouer dokument as die Bybelse evangelies en daarom dalk meer betroubaar. Maar Tomas het die debat in en met die kerk verloor en die Tomas-groep het toe maar hul eie ding buite die kerk gaan doen.

Van bitter vroeg af, omdat diegene wat in debat met mekaar was, mekaar nie gehoor het nie, het die kerk in ’n Oosterse en Westerse kerk geskeur – die Oosterse kerk was meer misties en die Weste meer rasioneel.

Die Westerse kerk het in ’n groot wêreldmoondheid ontwikkel en weer is debatte in en met die kerk gevoer. Maar dit het nie gehelp nie, toe vind die Hervorming plaas en die kerk skeur weer.

Sedert die Hervorming is daar al die laaste 500 jaar aktief debatte in en met die kerk aan die gang, maar niks beweeg nie. Die debatvoerders verlaat later maar die kerk en leef in vryheid buite die kerk, en die kerk beweeg nie ’n duim nie.

Francis Bacon was in die 1600’s die raadgewer van koning James?I van Engeland.

Hy het tóé reeds aanbeveel dat al die heilige leerstellings van die kerk aan dieselfde wetenskaplike ondersoek onderwerp moet word as die empiriese wetenskappe en dat dit wat nie die toets deurstaan nie, verwerp moet word.

Ná hom was daar die Franse filosoof René Descartes wat in omtrent 1630 gesê het daar is geen nodigheid om ’n geopenbaarde boek te hê om te glo nie, ’n mens se rede voorsien jou van genoeg inligting wat jy oor God nodig het.

Isaac Newton het in die 1700’s gesê sy kennis van God kom ook nie uit die Bybel nie, maar uit ’n intensiewe studie van die heelal.

John Locke in 1704, Immanuel Kant in 1790 en David Hume in 1770 het dit almal gehad teen ’n fundamentalistiese gebruik van die Bybel. Jean-Jacques Rousseau het in 1770 gesê sy studie van die Grieks-Romeinse digters was vir hom die hoogtepunt van sy spirituele ervaring.

In 1655 het die Spaanse Jood Baruch Spinoza gesê hy is seker daarvan dat die Bybel nie ’n goddelike oorsprong het nie; dat die hele idee van ’n openbaring van ’n god aan mense ’n illusie is; en dat die bonatuurlike wese wat die mense God noem, eintlik maar niks anders as net die natuur self is nie.

Die kerk het van al hierdie goed wat gesê is, kennis geneem. Die kerk het ’n paar jaar daaroor debat gevoer, dit as dwaling verwerp, en maar net weer rustig aangegaan soos altyd. Niks het verander nie.

So ek is jammer, maar ek kan nie met Julian Müller saamstem nie.

Dis amper asof die geskiedenis gewys het nuwe wyn moet in nuwe sakke gegooi word. Jy lap nie ou klere met nuwe lap nie.

Daar is ’n hele paar teologiese professore in ons tyd wat binne die kerk probeer debat voer, maar eintlik vind die debat nie met die kerk plaas nie.

Die teoloë voer die debat binne die veilige ruimte van ’n kritiese en wetenskaplike instansie soos ’n universiteit. Die kerk het nie deel daaraan nie.

Sondag vir Sondag word daar steeds ’n drie-eenheid, ’n maagdelike geboorte en ’n opstanding uit die dood bely.

By begrafnisse, siekte en lyding word daar steeds uitgesien na die hemel, waar daar geen pyn meer gaan wees nie, na ’n wederkoms waar Jesus alles gaan regmaak.

Steeds word sonde bely en vergifnis deur bloed afgebid. Steeds word die Bybel as hierdie geopenbaarde goddelike woord hanteer. Nagmaal en doop verwys steeds na sonde, bloed en verlossing.

Ná al die debatte, ná die hele ontmitologiseringsproses ... het niks verander nie.

Die debat in en met die kerk maak net ’n groepie gereed om, soos soveel keer in die verlede al, weg te skeur en hul nuwe wyn in nuwe sakke te gaan gooi. Jy kan nie ou goed reg lap nie.

Die nuwe kennis en interpretasie van die Bybelse verhale en die nuwe konsepte oor spiritualiteit is wêrelde verwyder van die realiteit wat die kerk leef. Dit is eintlik iets totaal anders.

In ’n sekere opsig is dit dalk onsensitief en wreed om van die kerk te verwag om te verander en by die nuwe godsbegrip en spiritualiteit in te val.

Hoe meer mense wat in die nuwe paradigma funksioneer die goddelike ervaar in alles in en rondom hulle, hoe meer hulle die eenheid in alles raaksien, hoe verder raak hulle verwyder van die kerk se definisies van God en geloof.

Hoe minder het hulle eintlik om te sê, hoe kleiner word hul bydrae tot die debat, hoe minder relevant word die debat vir hulle en hoe stiller word hulle, omdat hulle verwondering net al hoe groter word.

Hier aan die einde van 2009 wil ek dus vra of debat met die kerk nie dalk ’n mors van goeie energie is nie. Moet die andersdenkendes nie ophou om hulleself te probeer verdedig en regverdig nie?

Hulle het eintlik ’n totaal nuwe geloof en spiritualiteit, gevul met inhoude waarmee hulle kan saamleef en waarmee hulle goddelik kan saam resoneer.

Dis nuwe wyn. Dis nuwe sakke. Dit het dalk tyd geword om die naelstring te knip, die debat te laat vaar en aan te beweeg!

Dr. Flip Schutte is ’n teoloog.  

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2008
R 99,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 104,990.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2007
R 207,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.