Ander stories in... By...
Hy dink Afrikaanses se gewroeg oor die omstrede talewet is onnodig en sê hy is nie “krampagtig” oor die toekoms van Afrikaans nie. Die vraag waarmee Danny Titus eerder worstel, vertel hy aan SCHALK SCHOOMBIE, is: Hoekom bly die taaldebat wit – wat dan van die bruin stem?
Die splinternuwe Springbok-afrigter, HEYNEKE MEYER, erken hy bestee te veel geld aan inspirerende motiveringsboeke en glo die beste staal gaan deur die warmste vuur. En wanneer hy in die maande vorentoe nié langs die rugbyveld is nie, moet jy maar weet hy’s op die plaas.
Nelson Mandela het Julius Caesar gekies, Govan Mbeki Twelfth Night. Jare lank het Shakespeare se versamelde werke, en veral een kopie van dié boek, die gevangenes op Robbeneiland vertroos en onderhou, vertel Ashwin Desai, die skrywer van ’n nuwe boek oor dié geskiedenis.