Ook net mens

2010-01-30 11:52

Marida Fitzpatrick

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

“Koeks, sê nou eers vir my,” vra ’n tannie kort nadat ek myself voorgestel het, “hoe was dit om gisteraand te slaap sonder dat jy bang is die swartes gaan jou doodmaak?”

Daar, net so, sommer met die intrapslag, sonder dat ek eens hoef te krap.

En ja, dis in van die ander huise ook: die “swartes” wat “lastig” is, die “kaffers”, die “kafferwerk” wat hier deur die wittes gedoen word, die “hotnotte” wat so suip...

Een vir een trek van die inwoners self ’n streep deur al daai mooipraatjies van die slim manne van die Orania-beweging.

En net een gesprek met ’n groepie bruin mense van Hopetown, ’n buurdorp, weerspreek die leiers se vrome verklarings dat mense van ’n ander ras nie hier aangeval of weggejaag sal word nie.

“Dis ’n leuen daai!” roep een van die Hopetowners uit toe ek vra. Hy en sy vriende het gou in Orania kom stop om iets by die kafee te koop, maar hulle verseker my hulle kan nie bly nie. Hierdie is net ’n deurpad, op pad êrens anders heen.

“Ons moet koop en klaarkry. Jy kan nie deur die dorp ry nie,” sê ’n jong man. “As jy hier deurry, dan k*k jy. Dan word jy gemoer. Ons hoor die mense kry slae.”

In een van die huisies in Orania woon ’n oom wat die Hopetowners sal bangmaak. Nee, hy wil nie met die koerante praat nie, sê hy, maar hy vertel my wel van sy twee troetelganse: die witte se naam is Ogies, die bonte Kaffermeidjie.

Kinders van ses jaar oud, wat ek in die silwerskoon openbare swembad kry, vertel my dis lekker om in Orania te kuier, “want hier’s nie swartes nie”.

En terwyl ek in die strate rondry, kry ek ’n 13-jarige Orania-seuntjie wat met ’n paar eenvoudige antwoorde al die slimmes se teorieë oor selfbeskikking troef.

Hoe is dit hier in Orania? vra ek hom.

“Dis maar warm en dood, tannie. En hier’s te veel oumense. Hulle’s knorrig.”

En hoe is Hopetown? vra ek.

“Hopetown is ook lekker, maar dit is meer swart.”

“En hier?”

“Hier is net wit.”

Wat dink jy daarvan?

“Dis nie reg nie, tannie. Dis mos eintlik rassisties.”

Hoekom? vra ek. Hoekom is dit rassisties?

“Hulle’s ook net mense, tannie.”

Binne ’n dag het ’n mens genoeg aanhalings uit Oraniërs self om van die plek ’n totale bespotting te maak, om hulle soos ’n spul rassiste te laat lyk.

Maar dit sal nie ’n regverdige beeld wees nie. As jy na die groter prentjie kyk, moet jy erken die meeste mense is gewone, goeie, gawe Afrikaners wat ’n mens vriendelik innooi, vir jou koeldrank ingooi. Natuurlik omdat ek wit is.

Maar is hulle regtig so anders? Kry ’n mens nie rassiste in Erasmuskloof in Pretoria nie? Is daar nie mense in Polokwane of Bellville wat die k-woord gebruik nie?

Is daar nie Engelse of Jode of Indiërs of Zoeloes wat in Lenasia of Hazeldene of Oranjezicht of Durban binne hul eie gemeenskap net soveel en net sulke kru rassevooroordele openbaar nie?

Ja, natuurlik is daar, maar nie een van dié gemeenskappe vereer ou apartheidsimbole en span drade en rig borde op om mense van ’n ander ras uit te hou nie.

Deur dít te doen het Orania ons die gerieflike kans gegee om al die rassisme, alles waarvoor ons skaam is uit ons verlede, in ’n ou vlag toe te draai, ’n oranje strik daarom te bind en dit na ’n stukkie aarde in die Karoo te pos.

Nou hou ons daarvan om van hulle ’n karikatuur te maak, om hulle so te bespot en te kasty dat die res van die reënboognasie sal dink daar’s niks van ons in hulle nie.

Maar natuurlik is daar. Ons almal weet dit. Ons herken ons eie vriende en/of familie en/of onsself in die mense van Orania.

Die waarheid, het ek daar langs die Oranjerivier se oewer begin dink, is dat ons sogenaamde verligtes en liberale ons eie Oranias bou.

Op ons eie politiek en sosiaal aanvaarbare maniere hou ons sekere elemente ín en ander úít. Met genoeg geld is mense van alle rasse welkom in ons veiligheids-estates. Is dit dan moreel meer regverdigbaar om iemand op grond van sosiaal-ekonomiese status uit te sluit?

Dis nie net Afrikaners wat dit doen nie. Die swart elite met hul BMW X5’e en Mini Coopers leef ook lekker in die na-gloed van kolonialisme; skep ook eksklusiewe gemeenskappe.

En ons almal, hoe verlig en oopkop en reënboog ook al, is ewe vrek bang dat Eskom se liggie vir goed sal afgaan, dat Julius Malema eendag president word, dat ons in die chaos en ellende van die res van Afrika verval.

Ná drie dae en vier nagte op die dorp vermoed ek Orania het nie meer of erger rassiste as die res van die land nie.

Die rassisme is net anders; oud en afgewater teenoor die nuwe soort wat onheilspellend broei in die voorstedelike huise van Johannesburg en Pretoria; waar die verbittering teenoor en haat van swart mense groen en giftig vlak onder die regering-, Eskom- en misdaadpraatjies lê en borrel.

As Orania se haat en onverdraagsaamheid eens helder oranje was, het die stryd om oorlewing onder daai fel son dit tot die gebleikte kleur van die borde verskroei.

Ek vermoed daardie skel skakerings van oranje kry ’n mens deesdae eerder op Loftus, in Limpopo, of om braaivleisvure in Pretoria en Johannesburg se veiligheidswoonbuurte, ja, selfs in die “liberale” Kaapstad.

In Orania hoor ’n mens gereeld die storie van die perde en die mis. As jy vir jou ’n nuwe perd gaan koop, sê hulle, kan jy óf na die perd se blink vel en sy sierlike nek kyk óf jy kan die mis op die vloer raaksien.

Dis nou hul manier om vir jou te sê: “Kyk verby die sypaadjies, sien die veiligheid en die gelukkige kinders en die goeie skole.”
Maar as Orania ’n perd was, twyfel ek of hy ’n blink vel of ’n sierlike nek sou hê.

Vir my lyk Orania eerder na ’n moeë, effens ontwaterde perd wat te lank in die son moes loop om te kom waar hy wil wees en steeds nie die bestemming op die horison sien nie.

Volgens my is Orania ’n toeriste-aardigheid sonder veel politieke relevansie.

As potensiële woonplek is die dorp soos enige ander ’n somtotaal van plusse en minusse.

Die plus is die veiligheid, die minus is die ondraaglike hitte; die plus is die skoon omgewingsvriendelikheid, die minus die prefab huise; die plus is die goeie skole, die minus is die onnatuurlikheid van ’n spierwit samelewing in Afrika.

Vir elke mens lyk die som anders ná die is-gelyk-aan en elke mens sal ’n ander antwoord op die “Sal jy hier kom woon?”-vraag gee.

En ja, die meeste mense hier is nie regse fratse nie, maar ná drie dae en vier nagte en baie wroeg en dink in Orania, bly mý antwoord ’n baie besliste nee.

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 20-26°C More sun than clouds. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. Broken clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Widely scattered tstorms. Clearing skies. Mild. Bloem: 19-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Mostly sunny. Warm. PE: 22-26°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Passat 1.9 TDi Comfortline Dsl MY06
2006
R 199,595.00

RENAULT

Scenic 2.0 Dynamique AT MPV
2003
R 85,995.00

ISUZU

KB300 TDi D-Cab LX Dsl MY04
2005
R 149,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.