Johannesburg

Saterdag

More sun than clouds. Cool.

4°C
17°C

7 day forecasts

Pa en die Mardi Gras

2010-02-27 02:00

Die drag-kunstenaar Maud Boat in Sydney, Australië. Foto: Eben Venter

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Hy vlieg terug van Sydney ná die vakansie van sy lewe. Hy het alles gedoen wat hy nog altyd wou doen.

Sy pa kom haal hom by die Kaapstadse lughawe en hy weet nie wat hy vir hom gaan sê nie. Tussen sy persoonlike lewe waar hy trou is aan homself en sy respek vir sy pa, is daar ’n stom stilte, ’n mens-onmoontlike taak van verduideliking.

Jy lyk goed, my kind, sê sy pa vir hom toe hulle mekaar sien. Hy voel lig en entoesiasties, hy is op sy beste, in sy kop, sy lyf, oral.

Dankie, Pa. Pa lyk ook goed. Hoe gaan dit met die rolbal?

Laas Woensdag het ek nie gaan speel nie, dit was te winderig vir pa, jong. Hoe lyk die weer daar in Australië?

Verskriklike lekker weer, pa. Omtrent elke dag. En nag, wil hy sê.

Die laaste Saterdagaand was hy by die Sydney Gay & Lesbian Mardi Gras, ’n enorme karnaval van vlotte en parades van mense deur die strate van die stad. Aan elke lamppaal wapper reënboogvlae, die simbool van gay en lesbiese vryheid.

Daar is byna geen teenkanting onder die gemeenskap teen die parade nie, net ’n ou met die naam van Reverend Fred Nile wat op Mardi Gras-nag altyd ’n biddiens vir reën hou.

Soos ander jare, die Mardi Gras loop al van 1978, is sy gebed nie verhoor nie. Dié aand het die parade geloop onder ’n hemel wat stralend en skitterend met vuurwerke was.

Die elektroniese hekke voor hulle huis swaai oop en hulle ry binne.

En hier pa, het dit al aan die ooskus gereën?

Nie ’n druppel nie. In George mag ’n mens nie eens meer ’n bad tap nie. Die boere kry swaar en die regering sê hy sal help, maar dis leë beloftes.

Hy groet die hond en hulle kat en gaan spoel sy gesig af en was sy hande. Toe hy klaar is en afkom, het sy pa twee whiskies ingegooi. Hy wag om alles te hoor van sy seun se vakansie.

Sy pa staan op en hou sy glas vir hom uit, een en ’n halwe dop soos hy daarvan hou, met baie ys. Sy pa is ’n geweldig beleefde mens, die ou soort. Hy sal nooit voor ’n vrou, jonk of oud, by ’n vertrek inloop nie.

Hoe lyk dit dan vir my of jy nie eens jet lag het nie, my kind. Hy kyk sy seun deur. Ek is bly jy het jou vakansie geniet.

Jy weet mos as jy gelukkig is, is Pa ook gelukkig. Ek was ’n bietjie bekommerd oor jou so stoksielalleen. Kon jy darem maats maak daar oorkant?

Hy beter dit uitkry. Pa, die laaste aand was ek by die Sydney Gay & Lesbian Mardi Gras. Pa weet mos, die jaarlikse karnaval daar met die vlotte en parades.

Is dit nie maar ’n spul moffies nie, my kind?

Die Mardi Gras trek omtrent 30 000 buitelandse besoekers en maak $30 miljoen vir die stad van Sydney. Weet Pa hoe baie is dit? Maal ’n bietjie met sewe, dis omtrent R210 miljoen. Kan Pa dink wat dit vir Kaapstad sal beteken?

Dit maak nie eens aan hom saak hoeveel die Mardi Gras maak nie, maar hy sê dit maar om legitimiteit aan die saak te probeer gee. En hy weet geld beïndruk sy pa.

Waaroor dit eintlik gegaan het, was bandeloosheid. Oorgawe sonder om ooit skuldig te voel. Hy het hoeveel “maats” gehad. As iemand nie met hom wou praat nie, het hy net weggedraai en met iemand anders probeer. Sy tong was los.

Jy sal my nie flous nie, my kind. Pa weet van die goed wat in daardie stad aangaan. Ek het alles daarvan gelees.
Ek probeer Pa nie flous nie.

Hy het by sy kamer uitgestap en die deur toegemaak op al sy CV’s, al die verskillende pogings wat hom nêrens gebring het nie.

Hy het by die gang afgeloop met al die portrette van sy pa en ma op hulle troudag, sy oupas en oumas aan albei kante, sy pa se broer in ’n wit broek op ’n bruin boerperd op die plaas naby Middelburg, Kaap, wat nooit getroud is nie (as hy nie skeef was nie!).

Hy het verby die sytafeltjie in die voorportaal geloop met die Statebybel onder die rangskikking dooie proteas wat sy ma nog ingesteek het en wat nog net so staan ná al die jare, en verby sy pa se studeerkamer waar sy pa Sondagoggende klaar aangetrek vir kerk gesit en luister het na Loof die Here van Fanie Smit.

Oë toe wag hy en kyk of sy seun die Sondag gaan afkom en dalk, dálk, saam kerk toe sal gaan.

En die sitkamer met die swaar, donker meubels en die skildery van die Twaalf Apostels: jy erf alles, my kind, as pa eers die dag nie meer daar is nie.

Sy Engelse vriende praat van hulle sitkamer as the “voorkamer” in an Afrikaner suburb, Cape Town, circa 1950. Die huis met al sy vertrekke, elkeen met soet en bitter herinneringe, het nooit eens in sy gedagtes opgekom in Sydney nie.

Hy was vry om te dink wat hy wil.

Was jy die heeltyd in die geselskap van daardie soort?

Ek is bevrees ja, Pa. Ek was. Hy steek ’n sigaret aan.

Rook jy nou weer?

Net nou, pa.

Ag my kind, die goed maak pa baie treurig.

Pa hoef nie. Ek was baie gelukkig daar.

Hulle het ’n lang geskiedenis van gesprekke oor dié ding en dit gaan al hoe beskaafder. Nogtans sorg sy pa altyd dat hy inkry wat hy moet inkry.

En hy ook, maar sonder blaam of bitsigheid. Soms dink hy dit gaan eintlik oor wie’s die man in die huis. Twee ou boerboele, geëelt van al die bakleiery, dit is waaraan hulle twee hom laat dink.

My kind, ek sal my plig versuim as ek nie vir jou sê nie: volgens die Bybel is dit verkeerd. In die oë van die Allerhoogste is dit verfoeilik.

Hy trek kalm aan sy sigaret. Vroeër het die uitsprake hom siedend gemaak.

Wat van ant Sannie (dis sy pa se suster) wat met ’n geskeide man getrou het? Die Bybel sê dis hoerery, jy mag dit nie doen nie. Hoekom verskoon pa dit?

My kind, Sannie se eerste huwelik moes nooit gebeur het nie. Ek weet vir ’n feit sy het ernstig bely oor haar misstap. Ek glo sy is vergewe.

Dis dubbele standaarde. Hy staan op en skink nog drank in sy glas. Wat van pa?

Nee dankie. Ek het sleg geslaap toe jy weg was. Aai my kind, dis ’n swaar ding die vir pa.

Ek neem Pa in ag. Ek is lief vir Pa.

Sy pa sit vorentoe asof hy nie die opregte verklaring wíl aanhoor het nie. Lamplig val oor sy slaap en oor sy mooi, reguit neus en oor sy wang wat ná al sy jare net effens gesak het, maar sonder dat dit van sy aantreklikheid weggeneem het.

Het jy al ooit daaraan gedink wat sal gebeur as almal so is? Wat sal word van die wêreld?

Daar is oorgenoeg kinders op die aarde, Pa. Kyk nou weer al die wesies in Haïti.

Die argument word nou belaglik en hy weet die einde is naby. Hulle sal binnekort ophou, opstaan en gaan lê.

En wat van al die gawe jong mans wat jaar na jaar aan vigs doodgaan?

Hulle hou dit goed onder beheer daar, Pa. Pa hoef nie te kommer nie.

Julia het weer gebel toe jy weg is. ’n Dierbare kind. Met haar voete op die aarde. En sy kom uit ’n ordentlike familie. Sy is erg oor jou, ek kan dit mos hoor. D

is nog nie te laat nie, weet jy. Hy trek met sy vinger al om die rand van sy leë glas en wag dat sy seun iets moet sê. Toe staan hy op. Ek gaan nou maar inkruip, sê hy.

Pa is bly jy is veilig tuis. Môre moet jy tog net die grassnyer invat vir ’n diens. Hy het begin lol.

Hy staan op om sy pa op sy wang te soen en val terug in die stoel, steek ’n laaste sigaret aan.

Hy dink aan elke nag in Sydney, elke gesig met of sonder naam met wie hy te doene gehad het, elke keer wat hy gelag het, gemaak het wat hy wil, maar dis nie meer suiwer en onbelemmerd eufories nie.

In sy pa se kamer, die deur word nooit toegemaak nie, hoor hy hom sluk aan aamborstigheid. Hy sien hom kniel soos ’n kind vir sy gebed.

Hy staan op en gaan kyk deur die venster, soek iets, al is dit net ’n flikkering, téén die aankruipende gevoel van mislukking.

Buitekant is daar net die tuin wat werk kos en die hoë heining en verder die straat, leeg, waar die sekuriteitswag om die uur op patrollie op ’n fiets behoort verby te kom, skouers koud saamgetrek en ver van sy huis en vrou en kinders in een van die townships.
 

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-18°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-17°C More sun than clouds. Cool. Bfn: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Electrical Engineer

Gauteng,KwaZulu Natal - Durban,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Electrical Engineer

Gauteng,KwaZulu Natal - Durban,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Cost Engineer/ Estimator

Gauteng,KwaZulu Natal - Durban,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.9 TDi Highline 96kW Dsl
2008
R 189,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiStorm AB 5-dr
2009
R 82,995.00

VOLKSWAGEN

Touran GP 1.9 TDi Trendline MPV Dsl
2008
R 209,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

KALK BAY

House R 13 000 000

MOSTERTSDRIFT

House R 16 000 000

SCHOONGEZICHT

House R 1 900 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Tot 40% Af op Sagtebande

Miljoene Titels

Maak gebruik van dié fantastiese geleentheid & koop wonderlike nuwe uitreikings & ou gunstelinge.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...