Johannesburg

Saterdag

More sun than clouds. Cool.

4°C
17°C

7 day forecasts

Soos die Skim

2010-02-06 09:02

jm-boek

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Hulle leef in ’n behuisingskema aan die buitewyke van die dorp Worcester, tussen die spoorlyn en die nasionale pad. Die strate van die skema het boomname, maar nog geen bome nie. Hul adres is Populierlaan 12.

Al die huise in die skema is nuut en identies. Hulle staan op groot erwe van rooi kleigrond waarop niks groei nie, geskei deur draadheinings.

In elke werf staan ’n geboutjie bestaande uit ’n kamer en ’n toilet. Hoewel hulle nie ’n bediende het nie, verwys hulle daarna as “die bediendekamer” en “die bediendetoilet”.
Hulle gebruik die bediendekamer om goed in te stoor: koerante, leë bottels, ’n stukkende stoel, ’n ou klapperhaarmatras.
Hulle hou hoenders aan.

Die naaste winkels is ’n myl weg langs ’n barre pad tussen bloekombome. Vasgevang in die boks van ’n huis in die behuisingskema is daar heeldag niks vir sy ma om te doen as om te vee en te poets nie.

Elke keer as die wind opkom, waai ’n laag fyn oker kleistof onder die deure in, syfer deur spasies in die vensterrame, onder die dakrante, deur die voeë in die plafon. Ná ’n dag lange storm lê die stof duimehoog opgestapel teen die voormuur.
Hulle koop ’n stofsuier. Elke oggend trek sy ma die stofsuier van kamer tot kamer en suig die stof op?.?.?.

Hy speel met die stofsuier, skeur stukkies papier op en kyk hoe die repies in die pyp op vlieg soos blare in die wind. Hy hou die pyp oor ’n streep miere, suig hulle op na hul dood.

Worcester is vol miere, vlieë, ’n vlooiplaag. Worcester is net negentig myl van Kaapstad, tog, alles is erger hier. Hy het ’n ring vlooibyte bokant sy sokkies en rowe waar hy gekrap het. Sommige nagte kan hy van die gejeuk nie slaap nie.
Hy kan nie sien waarom hulle ooit Kaapstad moes verlaat het nie?.?.?.

Dít was die Worcester van die skrywer J.M. Coetzee se kinderdae soos deur hom beskryf in Boyhood, a memoir (1997). Of dan, sy onthou en gefiksionaliseerde vertelling van sy kinderdae kort ná die einde van die Tweede Wêreldoorlog, toe die gesin Coetzee ’n ruk lank in Worcester gewoon het.

John Coetzee was agt toe hulle hier by Populierstraat 12 in Reüniepark ingetrek het.
Hoe lyk die huis wat so ’n vormende invloed op J.M. Coetzee gehad het?

Sestig jaar later is die plek onherkenbaar van die Coetzees se oorspronklike “boks van ’n huis” soos hy dit in Boyhood beskryf het. Daar is oor die jare verander en aangebou aan die huis, soos die meeste van die huise in Reüniepark.
Die huidige eienaar van Populierstraat 12, Gerald Kraemer, staan op ’n leer besig om die huis te verf. Hy sê hy verander jaarliks aan die plek.
“Toe ons hier gekoop het, het ek gehoor ek koop ’n historiese huis. Eerlik, ek weet niks van die skrywer nie. Nie eintlik nie, maar ek hoor hy is ’n gerekende man. Is hy is ’n goeie skrywer?”

Tinkie, sy vrou, sê sy het wel van Coetzee gehoor en van sy boek waarin hy oor dié huis skryf.

“Al wat ek van hom weet, is wat die vorige eienaar en my buurman ons vertel het,” sê Gerald. “Die vorige eienaar het gesê hy’s vreeslik negatief, ’n baie negatiewe skrywer, en my buurman sê hy hoor hy’s blykbaar baie erg oor sy privaatheid.”
Hy weet nie hoekom Coetzee so negatief is nie, sê Gerald.

Maar dit is maklik te verstane waarom die Afrikaanse mense van Worcester Coetzee as “negatief” sal ervaar. Hy skets in Boyhood ’n onvleiende prentjie van die Afrikaanse mense van sy kinderjare.

Wat hy die meeste van Worcester gehaat het en wat hom die meeste daar wou laat wegkom, was die “rage and resentment that he senses crackling through the Afrikaans boys”.

Hy het veral die logge Afrikaanse kaalvoetseuns in hul stywe kortbroeke gevrees en verafsku, veral die ouer seuns wat, as hulle ’n halwe kans kry, jou na ’n stil plek in die veld sal vat om jou te “borsel”.

Dan was daar ook die gerugte dat die regering opdrag sou gee dat skoolkinders met Afrikaanse vanne, “vals Engelse” kinders, na Afrikaanse klasse oorgeplaas sou word. Sy ouers was bekommerd daaroor, skryf hy, maar vir hom was dit nog erger: hy was paniekbevange dat hy in ’n Afrikaanse klas kon beland.

aai, skerp en koud in die winter, warm en droog in die somer. Ná ’n uur buite is daar fyn rooi stof in jou hare, in jou ore, op jou tong?.?.?.

“Die BBC het ’n groot ding gemaak toe hulle ’n paar jaar gelede hier was,” sê Gerald (in 2003 nadat die Nobelprys vir letterkunde aan Coetzee toegeken is). “Hulle was hier met ’n bussie en hulle het stadig daar van bo af in Populierlaan gekom en die opnames gemaak. Hulle het kameras hier tussen die blomme opgestel,” wys Gerald.
Die buitegebou in die agterplaas is nog die oorspronklike een, sê Tinkie. Hulle gebruik dit as stoorkamer. In die huis self wys sy ook die oorspronklike deel van die huis uit.

Tinkie sê: “Die klomp Engelsmanne – hulle het tot ’n tolk saamgebring – het die werf en die buitegeboutjie deur die kombuisvenster verfilm. En hulle het ons belowe hulle gaan vir ons ’n video stuur.”
Tot nou toe het hulle nog niks gekry nie.

“Nee, weet jy, ek is bevrees ek dink nie ek ken daai geskiedenis nie,” sê Andries Visser (80) op die vraag of hy dalk die Coetzees onthou. Dit ís darem ses dekades later?.?.?.

Andries en sy vrou, Rina, bly skuins oorkant die straat. Hulle het in 1950 as jong getroude paar hier in Reüniepark ingetrek. Hy dink die Coetzees het toe óf reeds verhuis óf hulle het nie juis ’n indruk op hom gemaak nie.
Maar Rina onthou vaagweg: “Luister, daai man en vrou wat daar oorkant gebly het met die twee seunskinders. Wat is hulle name? Hulle was Engelssprekend?.?.?.”

“En jy sê die skrywer is nou een van daai seuntjies,” vra Andries.
“Man, wat is die vrou se naam?” Rina druk met haar hand teen haar slape.
“Los dit,” sê Andries. “Jy sal dit nie meer onthou nie.”

“Ek het nou die dag nog aan die vrou gedink,” sê Rina.

“Ek onthou hulle. Ek het haar goed geken. Dit was Engelse mense. Hulle was maar hier toe ons hier gekom het. Ek dink hulle het ingetrek toe die huise hier gebou is. Een aand het iemand daar ingebreek en sy het onder die bed ingeklim en die heelnag daar gebly tot die een uit die huis uit is.”

Andries onthou wel baie goed hoe Reüniepark destyds daar uitgesien het: “Toe hulle hier begin bou het, was hier baie slootjies wat deur water uitgespoel is. Al wat die mense van die nasionale behuisingskema gedoen het, was om met skrapers te kom en al die rommel in die slootjies in te stoot en huise bo-op te bou.
“Maar dit is soos Karoogrond, soos daar anderkant die nasionale pad, dan kan jy verstaan hoe dit gelyk het.”
Hy lag: “Ons praat nou van 1948. Die mense het destyds van Reüniepark gepraat as Nappy Valley. Al ons jong getroudes wat nie kon bekostig het om eiendom op die dorp te koop nie, het maar hier gekoop.”
Hulle het hul huis van een van die eerste intrekkers gekoop. “Hier is nie meer van die ouer mense wat destyds hier gewoon het nie. Ons is die oudste wat nou hier bly,” sê Andries.

En was daar so baie stof as wat Coetzee in Boyhood onthou?

Rina: “Ja, die rooi stof was iets ysliks. Toe ons hier ingetrek het, was hier ook nog nie gras aangeplant nie. Toe ek hierdie area leer ken, was hier níks. Die huise het so gesit,” wys sy, “en daar was sulke rotse om die huise se fondamente. En dan het die mense altyd net die rooi potklei gevee.”

Volgens Andries was een van die destydse inwoners, Willem Teitge, ’n raadslid en deur sy toedoen is “die plein hier oorkant aangelê en die gras en goed aangeplant”.

Rina: “Ons het almal om die plein geken. Byna almal van ons wat destyds hier ingetrek het, is nou dood. Ander het Alzheimer’s of beroerte gehad. Behalwe Piet Marais.”


Marais (91), tans ’n inwoner van ’n aftree-oord in Worcester, was een van die eerste intrekkers in Reüniepark en het nog tot onlangs in die buurt gewoon.

Onthou hý die Coetzees?

“Ek was een van die heel eerste mense wat daar ingetrek het,” sê Marais.
“Daai huise – ek dink daar is net meer as 80 – is gebou vir teruggekeerde soldate. (Coetzee se pa was ’n teruggekeerde soldaat.)

“Ons teruggekeerde soldate het eintlik niks gehad nie en ons moes van voor af begin.”

Dit is nie te sê dit was arm mense nie: “Dit was mense wat ’n nuwe begin moes maak.” Hy het destyds 10 pond per maand huur betaal – dit was toe ’n stywe bedrag. “Later het hulle ons ’n aanbod gemaak om te koop.”

En Coetzee se stof, die vlieë en die vlooieplaag?

“Ag nee, hy skryf daar dinge in waarmee ek nie saamstem nie. As dit was soos hy dit beskryf, dan het ek nie daar gebly nie. Dan ken ek nie die plek nie.”

Marais sê: “Volgens die mense het die Coetzees vier huise van my af gebly, maar ek kan hulle glad nie onthou nie. My oudste dogter het vir my sy boek gebring en ek het gelees wat hy geskryf het.”

Hy het self navraag gedoen, “maar volgens die mense wat in no.12 gebly het (mense wat dan ná hulle daar kom bly het) ken hulle nie die Coetzees nie. My kinders kan hulle ook nie onthou nie.”
Dit is nie net Marais wat nie die Coetzees kan onthou nie. Dit is opvallend hoe min van Worcester se mense weet wie J.M. Coetzee is.
Maar daar is ander, soos Annette Visser, voormalige Engels-onderwyser en liefhebber van Coetzee se skryfwerk, wat nog Coetzee se spore in die dorp naloop. Maar dis moeilik, sê sy: “J.M. Coetzee is soos die Skim, hy laat geen spore agter nie.”

Maar soek ’n mens mooi, ís daar tog nog hier en daar ’n spoor.

Arthur Pelteret was saam met Coetzee op skool: “Ons was nie vriende nie, want ons het aan teenoorgestelde kante van die dorp gewoon,” sê Pelteret, wat Suid-Afrika in 1961 verlaat het. Hy het vir hom so ’n suksesvolle loopbaan in die (televisie-)advertensiewese in Engeland uitgekerf dat hy reeds op 47 kon aftree.

“Maar ek onthou hom goed,” sê Pelteret. “Ons was in dieselfde klas en ek het die kans gehad om hom dop te hou. Hy was nogal eienaardig. Hy het voorgegee hy’s ’n Jood sodat hy soggens godsdiens kon ontduik.”

(In Boyhood skryf Coetzee hoe hy hom as Rooms-Katoliek voorgedoen het – Katolieke en Jode is gevra om die saal tydens die godsdiensles te verlaat. Hulle is ná afloop daarvan dan weer teruggeroep.)

Pelteret: “Ek het hom op meer as een geleentheid in die dorp sien loop in sy krieketuitrusting, beenskutte en al, sonder ’n wedstryd om na te gaan. Baie vreemd. Maar ek kan bevestig dat hy die waarheid oor die skool geskryf het.”

Hy sê grappenderwys: “Natuurlik is ek die hel in dat hy my nie in sy boek genoem het nie.”

Pelteret is in besit van die standerd-vier-klasfoto wat aan die einde van 1950 geneem is. Op die foto verskyn ’n laggende Coetzee tussen sy klasmaats. Hy het sy naam geteken tussen die ander s’n op die rugkant van die foto.

“Ek onthou die goedhartige Miss Kloppers het gereël dat die foto geneem word en gesê het ons moet ons name agter op die foto teken.”

En dan is daar die puntelys vir die standerd-drie-Engelsklas van 1949.

Dit het Louise van Wyk, tans Afrikaansonderwyser en argivaris van Worcester Gimnasium, minder as ’n dag geneem om die puntelys ’n week of wat gelede op te spoor, teen alle verwagting in dat die rekords nog bestaan.

Deur die voorsienigheid het die rekords van die eertydse Worcester Boys’ High School behoue gebly. (Selfs ná die twee skole Hoërskool Worcester en Hoërskool Worcester-Oos in 1992 saamgesmelt het om Gimnasium te word).

Volgens die puntelys het Coetzee, John M. hom in 1949 goed van sy taak gekwyt. Daar is nie rekord vir die Maart-kwartaaltoets nie, maar in die Junie-eksamen eindig hy 10de in die klas. In September skuif hy op na die 9de plek en in die Desember-eksamen na die 5de plek.

John Coetzee wou van jongs af akademies presteer. Dis vir hom belangrik om eerste te kom. Soos hy in Boyhood skryf:
Hy is goed in eksamens; as daar nie eksamens was waar hy kon presteer nie sou daar niks besonders aan hom wees nie.

Eksamens maak hom bewend van opwinding en hy skryf vinnig en met selfvertroue. Hy hou nie van die gevoel nie, maar vertroos hom om te weet hy kan. In standerd vyf is hy die slimste in die klas, die klasleier?.?.?.

 

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-18°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-17°C More sun than clouds. Cool. Bfn: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Embedded Software Engineer

Gauteng,KwaZulu Natal - Durban,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Mechanical Engineer Bulk Materials

Gauteng,KwaZulu Natal - Durban,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Legal Manager

Gauteng - Johannesburg
Pinpoint One Human Resources (Pty) Ltd
R600,000-700,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

DAEWOO

Matiz 0.8 SE 5-dr
2000
R 29,900.00

TOYOTA

Corolla 1.4 Professional
2007
R 139,990.00

OPEL

Astra Classic 140i
2006
R 29,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

PAULSHOF

House R 2 300 000

SILWERKRUIN

House R 3 600 000

UMHLANGA

Townhouse R 5 400 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Tot 40% Af op Sagtebande

Miljoene Titels

Maak gebruik van dié fantastiese geleentheid & koop wonderlike nuwe uitreikings & ou gunstelinge.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...