Sou ek my kind hier skool toe stuur?

2012-01-13 21:00

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Sou ek my kind hier skool toe stuur?
Nie sommer nie.

Jonathan Jansen het vandeesweek uitgevaar teen die matriekuitslae. Nou gaan hy verder: Hy sou vandag twee keer dink voordat hy sy kind in Suid-Afrika skool toe stuur. Hoekom? Want goeie matriekpunte beteken niks, sewe A’s is nie die papier werd waarop dit gedruk is nie en die kans dat elke Jannie of Sannie universiteit sal oorleef, is bitter skraal. Maar waar sal hulp dan vandaan kom?”


As ek vandag oor my eie kinders se toekoms moes besluit, sou ek dit weens ’n enkele rede ernstig oorweeg om hulle nie in Suid-Afrika skool toe te stuur nie: Ek vertrou nie ’n stelsel wat dit vir kinders moontlik maak om gr.?12 te slaag met 30% in sommige vakke en 40% in ander nie.

Ek sou gevul wees met angs wanneer ek ontdek ’n mens kan 32% in wiskunde en 27% in wetenskap behaal en steeds ’n amptelike brief ontvang wat sê jy kwalifiseer vir universiteit-studie.

Ek sou myself byna dood bekommer wanneer ek my kind vir gr.?1 inskryf met die wete dat sy een van die meer as ’n halfmiljoen leerders kan wees wat gr.?12 nie haal nie.

Ek sou met afgryse gevul wees wanneer ek uitvind daar is ’n moontlikheid dat die skoolhoof haar sal dwing om wiskundige geletterdheid te neem omdat iemand besluit het sy kan nie wiskunde doen nie en dít die skool se gemiddelde slaagsyfer kan laat sleg lyk.

En ek sou woedend wees wanneer ek uitvind dit is gewaarborg dat sy ingesluit sal wees by die 96%-slaagsyfer vir lewensorïentering terwyl die slaagsyfer van al die ander vakke in die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen veel laer is.

Dit is vandag ontsettend moeilik om gr. 12 in Suid-Afrika te druip. Jy moet spesiale moeite doen: jou klasse mis, doelbewus verkeerde antwoorde op eksamenvrae gee, jou antwoordstel vroeg inhandig.
 
En miskien, net miskien, sal jy dan nie deurkom nie.

Maar ’n mens sou nie dink daar is ’n krisis in die eindeksamen vir matrieks nie, want met een of twee uitsonderings het die hoofstroomkoerante almal die departement van basiese opvoedkunde (DBO) se leuen gesluk dat meer as 70% van ons matrieks die nasionale eksamen “geslaag” het.

Ons word vertel daar was nog nooit tevore soveel onderskeidings nie; dat meer kinders universiteitsvrystelling kry. Onderrig word elke jaar beter; ons moet gelukkig wees.

Maar daar is niks om oor gelukkig te wees nie. Hoe weet ek dit?

Eerstens, ’n groot persentasie van die leerders wat gr. 12 geslaag het, sal sukkel om die eerste paar jaar van universiteit te slaag, en nie alleen in die vakrigtings wat wiskunde en wetenskap behels nie.

Universiteitsdosente sal jou vertel studente het oor die afgelope paar jaar al hoe swakker geword, terwyl die matriekuitslae, van buite gesien, al hoe beter geword het.

Tweedens, as gevolg hiervan bestee al die universiteite in die land ’n reusagtige hoeveelheid bestuurstyd daaraan om die probleem te bespreek van wat ons “throughput rates” noem.

As universiteitsleiers is ons bekommerd oor die groot aantal studente wat hul kursusse staak of herhaal bloot omdat ons die fout maak om te glo die slaag van gr.?12 beteken ’n student is gekwalifiseerd om aan ’n universiteit te studeer.

Ons word in die regering se subsidies gepenaliseer vir hoë druip- en staaksyfers, en ons skarrel elke jaar om die “throughput rate”, die aantal studente wat deurkom, te verhoog. Ons kry dit nie effektief gedoen nie.

Derdens, by swakker universiteite kry studente graad met dieselfde beperkings in hul konseptuele denke en vaardig-hede as waarmee hulle op skool geslaag het. En waar begin hierdie gebreke wys? In die werkplek.

Praat met enige werkgewer en hulle sal jou dieselfde storie vertel: Vandag se gegradueerdes is swak, selfs onbevoeg, in die basiese vaardighede van redenering, skryf en somme doen; hulle kan nie in ’n span werk nie; hulle druk hulself nie goed uit in die openbaar nie; hulle kan nie ingewikkelde probleme oplos nie; hulle ken nie harde werk nie. Daar is, met ander woorde, ’n reuse-gaping tussen dit wat op hul skool- of universiteitsertifikaat of -diploma staan en dit wat hulle in die werklikheid kan doen.

Dit is hoekom baie universiteite ander toelatingseksamens opstel of daaraan deelneem – so kan hulle uitvind wat studente regtig weet voordat kandidate gekies word vir naskoolse studie.

Mediese skole neem die Nasionale Standaardtoets ernstig op as ’n bykomende maatstaf vir studente se kennis in wiskunde en tale. Hoe meer punte in die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen aangepas word, hoe meer belaglik word die keuse van kandidate wat vir medies gekeur word.

Hoe meer jy die punte van onder aanpas en dit verhoog, hoe meer word die top-presteerders se punte tot in die absurde 90’s gedruk. Dit is hoekom daar soveel studente in ons top-skole is wat maklik sewe A’s met gemiddeldes in die 90% behaal.

Wat kan voornemende universiteitstudente hieroor doen? As jou gemiddelde punt in die eindeksamen onder 70% was, moet jy dit oorweeg om nie universiteit toe te gaan nie. As jy besluit om dit wel te doen, moet jy bereid wees om baie, baie hard te werk sodat jy sal oorleef as jy na een van die nege top-universiteite in Suid-Afrika gaan.

Moet jou skoolpunte dus nie te ernstig opneem nie – jy sal teleurgestel word. Om vier of vyf onderskeidings te kry, behoort normaal te wees, want die punt waarby studente slaag, is te laag.

Wat kan ouers doen? Wees bly oor jou kind se goeie skoolpunte, maar hou sy of haar voete op die grond. Wees realisties oor jou eie verwagtinge. Sewe A’s waarborg nie meer toelating tot medies of argitektuur nie, want daar is eenvoudig te veel studente wat presteer op daardie vlak.

Ignoreer die punte vir lewensorïentering – byna almal kry meer as 70 of 80%.

Moedig jou kind aan om aan onderskeidings te dink as iets wat alledaags is, nie as die uitsondering nie.

Wat moet universiteite doen? By die Universiteit van die Vrystaat het ons die standaard vir toelating verhoog. Ons sal nie deelneem aan die bedrog waarmee die mislukkings van primêre na sekondêre skool oorgedra word en die manier waarop studente op hoërskool vir universiteit voorberei word nie.

Ek het van my senior kollegas in vakrigtings soos medies gevra om meer te doen as net papier-en-pen-toetse en onderhoude met top-studente te voer.

Ons het meer uitdagende kursusse vir voorgraadse studente begin en meer top- professors genooi om by ons span akademici aan te sluit.

Ons vereis klasbywoning in al meer modules, en bestee nie geld aan studente wat ’n kursus of module druip nie.

Ons het die reëls vir vooruitgang strenger gemaak sodat studente wat herhaaldelik druip, geleidelik aangemoedig word om die universiteit te verlaat.

As ons dit nie by universiteite doen nie, sal dit net ’n kwessie van tyd wees voordat al 23 tersiêre instellings in die land soos ons skole word – goed op papier, swak in die praktyk.

Dit sal dan ook net ’n kwessie van tyd wees voordat hierdie land met sy reuse-potensiaal net nog ’n mislukte Afrika-staat word. Ons durf nie toelaat dat dit gebeur nie. Ons moet terugbaklei teen middelmatigheid.

Ons moet ons sukses nie meet aan die uitslae van die studente wat goed presteer nie, maar aan die uitslae van die honderde duisende wat jaarliks druip en met swak punte slaag.

-Jonathan Jansen is die rektor van die Universiteit van die Vrystaat.



Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2008
R 99,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 104,990.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2007
R 207,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.