Johannesburg

Saterdag

More sun than clouds. Cool.

4°C
17°C

7 day forecasts

Spies van die nasie

2010-02-06 09:01

Chief_Zuma2-BY-BW6

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Pres. Jacob Zuma gedra homself al hoe meer soos ’n tradisionele Afrika-koning of opperhoof eerder as die president van ’n moderne regstaat.

Ek bedoel nie nare kêrels soos Shaka of Mzilikazi nie; ek bedoel goedaardige opperhoofde soos Sekhukhune van die Bapedi, Sobhuza van die Swazi en Moshoeshoe van die Basotho. Hulle was al drie groot nasiebouers en het stabiliserend op hul omgewing ingewerk.

Toevallig – of juis nie? – was dié drie konings ook bekend daarvoor dat hulle vreeslik baie vroue en kinders gehad het.
Moshoeshoe (1786 – 1870) was een van die eerste leiers in suider-Afrika wat sy koninkryk eerder gekonsolideer en verdedig het as om oorlog te maak. Hy was die koning wat na sy onderdane geluister het; die diplomaat en vredemaker; die inklusiewe, verdraagsame staatsman.

Moshoeshoe het meer as honderd vroue gehad, maar sy dryfveer was nie wellus of ’n poging om sy manlikheid te bewys nie – hy het weliswaar met die oorgrote meerderheid van hulle niks of min te make gehad nie. Dié huwelike was politieke instrumente om lojaliteit aan die sentrum van die staat te verseker. Hy het van sy seuns as leiers aan die uithoeke van sy koninkryk gevestig sodat hy altyd kon weet wat aangaan en stabiliteit verseker was.

Sekhukhune (1814 – 1882), wat sy koninkryk as die gebied tussen die Vaal en die Limpopo beskou het, het ook vele huwelike aangegaan, meestal met dieselfde motivering as Moshoeshoe. Hy was ook ’n vredemaker wat na aan sy mense gelewe het en het Moshoeshoe se voorbeeld gevolg deur altyd ’n veilige hawe aan vlugtelinge te bied en hulle by sy volk in te lyf.

Sobhuza II, wat vir 61 jaar (1921 – 1982) geregeer en Swaziland in 1968 na onafhanklikheid gelei het, het sewentig vroue en 210 kinders gehad. Hy kry die krediet dat hy die Swazi verenig en ’n kultuur van vrede en verdraagsaamheid gevestig het.

Al drie dié konings was baie gewild en geliefd. Anders as leiers soos Shaka het hulle nie hul gesag uit intimidasie, magsvertoon en afsondering geput nie, maar uit ’n intieme kennis van hul mense, hul behoeftes en begeertes. Die ouer mans van hul volke was hul raadgewers en bondgenote.

Maar hulle was nie demokrate nie. Hulle het nie aan egalitaristiese, klaslose gemeenskappe geglo nie. Die koningshuis was onaantasbaar. Die koning het sy lojale vriende om hom vergader en aan almal mag en rykdom gegee.

Die reëls wat vir sy onderdane gegeld het, het nie vir die koning gegeld nie nie. Dit was ’n geval van “maak soos die koning sê, nie soos die koning maak nie”. Die koning het die reg gehad om enige vrou vir homself te vat. En niemand het die reg gehad om die koning se private lewe te kritiseer nie. Disrespek teenoor die koning was dislojaliteit teenoor die nasie.

Jacob Zuma is ’n warm, gemoedelike mens-mens. Sy volgelinge is geweldig lojaal teenoor hom. Hy is ’n vredemaker, ’n luisteraar, ’n leier wat na aan sy mense lewe.

Maar sy primêre instinkte is nie demokraties nie. Hy is lief vir sy mense en gee om vir hulle, maar hy bly nog die chief. Hy het geen twyfel in sy gemoed nie dat hy as “opperhoof” die reg het om sy gabbas (Moe Shaik, hoof van die Geheime Diens, Bheki Cele, polisiekommissaris, Jon Qwelane, wat glo as ambassadeur op pad is na Uganda, Menzi Simelane, hoof van die vervolgingsgesag, ensovoorts) in gesagsposisies aan te stel al breek dit elke reël van demokratiese, verantwoordbare regering.

Hy sukkel om te verstaan wat daarmee verkeerd is dat een van sy onderdane (Schabir Shaik) hom geldelik uithelp vir ’n paar gunsies en hy wonder hoekom hy gekritiseer word as hy dié kameraad dan teen die reëls van die land op mediese parool laat vrylaat. En soos ons dié week gesien het, vererg hy hom bloediglik as burgers skinder oor sy omstrede sekslewe – hy’s dan die chief!

Soos Moshoeshoe wat graag ’n swart manelpak en bolkuil gedra het maar eintlik meer tuis was op sy berg in sy luiperdvelle, so is Zuma se veilige hawe sy “groot plek” by Nkandla (helikopter-landingsplek en al) waar hy sonder das en baadjie met sy onderdane kan omgaan en eet en drink wat hulle eet en drink. (Siestog, arme oudpres. Thabo Mbeki se enigste “groot plek”, sy veilige hawe, was laatnag agter sy lessenaar terwyl hy die internet verken het.)

Sy poligamie is natuurlik die mees voor die hand liggende voorbeeld van Zuma se beskouing van homself as ’n hoofman of koning. Hy het al vyf keer vrou gevat (een is dood en ’n ander het hom geskei) en hy het lobola vir nog twee betaal, so dié huwelike lê nog om die draai. Nou lyk dit asof hy ook met Sonono Khoza, die ma van sy jongste telg, gaan trou – sommige berigte sê hulle is al klaar voor ’n indoena getroud. Dit sal agt huwelike beteken. En dan het hy nog ’n kind by ’n ander vrou, Minah Shongwe, ook.

Hoewel hy van die begin af ’n veelwywer was, is dit insiggewend dat hy eers die huwelike begin inryg het nadat hy vise-president en toe president geword het; nadat hy eers ’n chief begin word het.

Hy is in 1973 met sy eerste vrou, Gertrude Khumalo, getroud. Sy is die moederlike ou antietjie wat soms saam met hom in die openbaar verskyn. Sy het nie kinders nie.

Kort daarna het hy met Nkosazana Dlamini getrou, maar sy het in 1998 van hom geskei. Sy derde vrou, Kate Mantsho, het in 2000 selfmoord gepleeg. Dit beteken hy het tussen 1973 en 2008 meestal net twee vroue by hom gehad en net Gertrude het eintlik die tradisionele rol van indoena se vrou gespeel.

Maar in 2008 het hy met Nompumelelo Ntuli getrou en verlede maand met Thobeka Madiba, terwyl hy klaar lobola vir Sebentile Dlamini en Gloria Ngema betaal het. En ’n paar maande gelede het hy inhlawulo, skadevergoeding, aan sy vriend Irvin Khoza betaal omdat hy sy dogter buite-egtelik swanger gemaak het. Die kleintjie se geboortesertifikaat gee Zuma as biologiese pa aan en verklaar dat hy in ’n tradisionele huwelik met Sonono Khoza is.

Nie lank gelede nie moes Zuma in ’n hof erken dat hy ook onbeskermde seks met die dogter van ’n ander ou vriend van hom gehad het – die een wat toe later gesê het hy het haar verkrag.

Zuma het vandeesweek verontwaardig ontken dat sy promiskuïteit, want iets anders kan ’n mens mos nie dié gedrag noem nie, sy regering se veldtog teen MIV en vigs kan ondermyn.

En wat staan in die hart van dié veldtog? ABC – abstain, be faithful, condomise. Die boggher het nie een van die drie gedoen nie. Hy is boonop iemand wat graag uitwei oor hoe belangrik ’n hegte, gesonde gesinslewe is. Maar hoe kan jy ’n goeie pa vir twintig kinders wees, veral as jy nogal die besige joppie van president van die land het?

Maar in sy kop geld die reël maak soos die koning sê, nie soos hy maak nie. Die reëls geld nie vir die chief nie. Hy is viriel en vrugbaar. Hy is die spies van die nasie.

Ek dink Zuma misgis hom lelik aan twee fronte.

In die eerste plek oorskat hy die rol en invloed van die Suid-Afrikaners wat nog ’n tradisionele lewe lei en al sy verskonings van “dis ons kultuur” aanvaar. Ek het die laaste paar dae net te veel swart mense, Zoeloes inkluis, gehoor wat Zuma se jongste eskapade as verwerplike en vernederende gedrag beskou. Selfs ’n paar kenners van tradisionele Zoeloe-kultuur het in die open- baar verklaar Zuma vat ’n kans.

Die meeste van ons Suid-Afrikaners het ’n plekkie in ons hart vir die goed van die ou dae, vir die erfenisse van ons voorvaders. Ons kan nog vir die buitelanders sê julle moenie so gou sê ons president is primitief net omdat hy meer as een vrou het nie, dis hoe ons dinge doen hier rond.

Maar Zuma het nou die lyn oorgesteek. Daar is nou te veel Suid-Afrikaners wat dink hy is ’n verleentheid. Daar is te veel gewone mense wat skaam kry omdat hul president hom soms soos ’n hond op hitte gedra.

Want sien, die meeste Suid-Afrikaners, so sewe uit tien van ons, woon in die stad. Ons koop nie die hoofman-storie nie.

Ons wil nie ’n koning hê nie, ons beskou onsself as ’n moderne demokrasie en ons wil ’n moderne, gesofistikeerde en bekwame staatshoof hê. En ek praat nie nou net van die minderheidsgroepe nie, ek praat van alle Suid-Afrikaners buite die tradisionele gebiede.

Zuma misgis hom ook daarmee dat sy primêre rol bloot is om die koningshuis en die regering en regerende party rondom hom in een stuk te hou. Al sy energie gaan daarin om die strydende faksies van die ANC bymekaar te hou en te sorg dat sy eie gesag nie aangetas word nie.

Suid-Afrika het ’n hoof uitvoerende beampte nodig, ’n leier wat die kabinet aan die kraag kan vat en sê mense, Suid-Afrika is aan die verkrummel, kom ons doen iets daaraan.

Terwyl ons opperhoof sy spies vertroetel en majesteit speel, is daar wilde jakkalse soos die ANC se Jeugliga wat aan die uitrafel is met gevaarlike speletjies, soos die nasionalisering van myne, banke en grond. Robert Mugabe het ook lank sy wilde jakkalse, die sogenaamde oorlogsveterane, geïgnoreer tot hulle heeltemal handuit geruk het, en toe moes hy hom ter wille van sy eie oorlewing agter hulle skaar. En kyk hoe lyk Zimbabwe nou.

Klim van jou troon af, Meneer die President, en sit nou maar eers die spies weg asseblief.

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-18°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-17°C More sun than clouds. Cool. Bfn: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Chief Financial Officer

Gauteng - JHB North/Sandton
Network Finance Menlyn
R1000,000-1500,000 Per Annum Cost To Company

Senior Voip Engineer

Gauteng - Johannesburg
Pinpoint One Human Resources (Pty) Ltd
R360,000-467,000 Per Annum Cost To Company

Financial Manager

Gauteng - East Rand
Network Recruitment CA- Centurion
R550,000-650,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T3 1.3 5-dr AC
2007
R 99,990.00

TOYOTA

Yaris T3 1.3 Plus 5-dr
2006
R 92,990.00

AUDI

A4 3.0 TDi Quattro Tiptronic Dsl MY05
2005
R 200,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

KALK BAY

House R 13 000 000

MOSTERTSDRIFT

House R 16 000 000

SCHOONGEZICHT

House R 1 900 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Tot 40% Af op Sagtebande

Miljoene Titels

Maak gebruik van dié fantastiese geleentheid & koop wonderlike nuwe uitreikings & ou gunstelinge.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...