’n Wil wat so vas soos ’n klipsteen staan

2012-02-03 22:41

Foto: Carl Fourie/Gallo

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Wat doen jy op Saterdae?
Wanneer ek nie by ’n rugbywedstryd is nie, gaan ek plaas toe saam met my gesin of ondersteun my seuns waar hulle aan sport deelneem.

Hoe lyk jou gemoedstoestand vandag?
Opgewonde, dankbaar en oorweldig.

Wat behels aardse geluk?
As jou passie jou werk is en jy jouself daar kan uitleef.

Wat is die diepste put van ellende?
Elke rugbywedstryd wat jy verloor.

Waar woon jy, en waar sou jy eerder wou woon?
Pretoria, en op die plaas tussen die berge en waterstrome naby Memel.

Wat is jou grootste tekortkominge?
Dat ek weens my rugbyverpligtinge nie altyd daar kan wees vir my gesin nie.

Met watter tekortkominge in ander kan jy saamleef?
Ek glo dat daar in elke mens iets goeds is.

Wat kan jy nie verduur nie?
Oneerlikheid en mense wat dink hulle is beter as ander.

Wat is vir jou snaaks?
My drie seuns, hul streke en sêgoed.

Wie is jou lewende helde?
Elke liewe mens wat ná ’n terugslag kan opstaan en ’n sukses van sy of haar lewe maak, soos my vrou, Linda.

Wie is jou fiksiehelde?
Die Indiaanse stoeier Johnny Cougar.

Wie is jou gunsteling- historiese figure?
Nelson Mandela, die afrigters Vince Lombardi, Tom Landry en Phil Jackson, die Apache-leier Geronimo en die ontdekkers Ernest Shackleton en Chris- tophorus Columbus.

Wie is jou gunsteling-musikant of -komponis?
Ek het respek vir alle goeie Suid-Afrikaanse kunstenaars.

Wanneer was jy op jou gelukkigste?
Met die geboorte van my drie seuns.

Watter oorsese stad sou jy graag nog wou besoek, en hoekom?
Antananarivo in Madagaskar, want ek is mal oor Afrika, en dis een van die min plekke waar ek nog nie was nie.

Wie sou jy graag vir ete wou nooi?
My vrou en my kinders, ná ’n lang rugbyseisoen op ’n stil eiland.

Wat sou jy dan vir ete maak?
Seekospotjie.

Watter eienskappe bewonder jy die meeste in ’n man?
Integriteit en ’n man wat kan standpunt inneem en veg vir waarin hy glo.

Watter eienskappe bewonder jy die meeste in ’n vrou?
’n Goeie ma, sag maar ferm, wat ook kan uitstyg op professionele gebied, asook ’n goeie humorsin, vriendelikheid, intellek en diensbaarheid.

Wat waardeer jy die meeste in vriende?
Mense wat jou lewe kan verryk en altyd daar is vir jou, in die goeie en slegte tye.

Waarmee verwyl jy graag jou tyd?
Met my gesin, rugby en die buitelewe.

Wat verveel jou?
Ek raak gou verveeld en soek heeltyd na nuwe uitdagings.

Wat is jou mees kenmerkende eienskap?
Ek sal nooit, maar nooit, opgee nie. Ek glo die beste staal gaan deur die warmste vure en dat die span belangriker is as die individu.

Wat is jou grootste vrees?
Dat ek die Suid-Afrikaanse rugbypubliek sal teleurstel.

Waaroor is jy spyt?
Dat ek nie my taak by die Bulle kon voltooi nie.

Wie is jou gunsteling-skrywers?
Die motiveringskrywers John Maxwell, Anthony Robbins en Dale Carnegie.

Wie is jou gunsteling-digters, en wat is jou gunsteling-versreël?
Jan F.E. Celliers:
Ek hou van ’n man wat sy man kan staan,
ek hou van ’n arm wat ’n slag kan slaan,
’n oog wat nie wyk, wat ’n bars kan kyk
en ’n wil wat so vas soos ’n klipsteen staan!

Wat is jou gunsteling-name?
Linda, Vic, Heyneke en De Wet.

Wat is jou gunsteling-voël?
Visarend.

Oor watter gawe sou jy die graagste wou beskik?
Om ’n verskil in mense se lewe te maak.

Wat is jou grootste uitspattigheid?
Ek bestee te veel geld aan inspirerende boeke.

Wat is jou kosbaarste besitting?
Sonder om te diep te wees, beslis my plaas, Engogo Riverside Lodge.

Wie is die liefde van jou lewe?
Linda, Vic, Heyneke en De Wet.

Wat is of was die grootste prestasie van jou loopbaan?
My aanstelling as Springbok- afrigter.

Hoe sou jy eendag wou sterf?
Met innerlike vreugde, die ­wete dat ek ’n verskil gemaak het en dat ek oor niks spyt is nie.

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Assistant Manager Customers Sigmintation

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Internal Recruitment Consultant

Sandton, South Africa
CEB Maintenance Africa (Pty) Ltd
Market Related

Debtors Clerk

Johannesburg, South Africa
Profile Placement cc
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2008
R 99,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 104,990.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2007
R 207,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.