Johannesburg

Sondag

Tstorms late. Morning clouds. Mild.

14°C
26°C

7 day forecasts

Ken Meneer daai huil?

2009-10-17 03:08

Grafika: Salomé Nourse

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Keina Swart

Meneer die president, dit is ek, Baby Venter, hier. U ken my nie, maar ek ken u. Ek sal nie baie van u tyd gebruik nie.

Ek wil vandag vir Meneer vertel van Herkie, my oudste en enigste kind – ’n rammetjieskind.

Ek het hom met moeite in die wêreld gebring, Meneer. Hy was ’n pieperige ou dingetjie. Ek was drie dae lank in barensnood. Die dokters het gesê hy gaan dit nie maak nie – sy gesiggie was potblou en sy lyfie ook.

Toe ons hom uiteindelik huis toe gevat het, Herklaas en ek, het hy mooitjies in ’n skoendosie gepas.

Hy was ’n oulike klongetjie, Meneer. Hy het al sy eerste bok geskiet toe hy maar vyf was. Hy kon kettie skiet dat die voëls so hop. Hy het altyd goetertjies met sy hande gemaak: klei-osse, draadkarre, paadjies en damme vir sy trokkies.

Meneer, ek het vreeslik getjank die dag toe ons hom kosskool toe moes stuur. Sy kop het skaars bo daardie ysterbedjie uitgesteek.

Ek het ’n sakkie vir sy goedjies gemaak wat ek onderaan die bed se voetenent vasgemaak het. Daarop het ek geborduur “tandeborsel”, “tandepasta”, “kam” en so aan. Maar hy kon nog nie lees nie. Hy het na die prentjies gekyk.

Ek het getjank, Meneer. Hy was klein en hy was bang vir die groot skool. Maar hy het niks gesê nie.

Die volgende sewe jaar het ek hom net naweke gesien. Ek het al Donderdagaande begin beskuit en koekies bak, en Vrydae was ek en Herklaas al vroegoggend by die bushalte.

Eenkeer het die klein pestilensie vir my ’n sak vol grasgroen, klipharde maroelas van die skool af gebring. Gesê die skool se jêm is sleg. Ek moet maroelajellie maak – genoeg vir hom en sy pelle – dat hulle lekker kan eet. En ek het, Meneer – bottels vol.

Toe die maroelas eers gelê en ryp word het onder die stoor se dak.

Later is hy na die groot dorp se hoërskool, en toe het hy nie meer elke naweek huis toe gekom nie. Ons het hard gewerk, Herklaas en ek, om vir hom ’n geleerdheid te kry. Vier lange jare geswoeg vir daardie stukkie papier.

En die dag toe hy die swart keppie op sy kop kry, toe sê hy nou kom hy plaas toe; die enigste plek in die hele wêreld waar hy wil wees.

Ons kon vir hom die onderste kamp afsny, Meneer, sodat hy sy eie ding daar kan doen. En hy het goed aangegaan. As die Here genadig was met die reën, was die oeste goed.

Later het hy ook met die beesgoed begin. Hy was lief vir sy diere. As enetjie olik was, het hy sommer maklik die hele nag daar by die kamp rondgedwaal om te kyk dat die dier nie ly nie.

Dis oor hierdie ding dat ek nou vir u skrywe, Meneer. Want dit is hierdie ding wat my klaarmaak.

Hulle het eers sy honde gif ingejaag, Meneer. Kan Meneer glo dat iemand dit oor sy hart kan kry om vir diere stukke gifvleis te gee en te weet daardie dier gaan uitgooi en uitgooi totdat sy lyf net ruk maar niks kom uit nie en die bolle skuim om sy bek staan?
Hy het al geslaap, Meneer. Toe hy wakker word, moes hulle seker om sy bed gestaan het. Hy moes opstaan en die kluis oopsluit. Hulle het sy hande met draad agter sy rug vasgebind. Ek het self daardie hande agterna gesien, Meneer. Dit was tot op die been oopgeskaaf.

Toe het hulle ’n strykyster warm gemaak en hom daarmee gebrand, Meneer. Sy hele lyf, sy gesig, sy arms, orals. Sy hele bolyf was vol blase, Meneer.

Eers drie uur later, toe hulle agterkom daar is regtig nie geld in die huis nie, het hulle hom geskiet. In die kop. Hom net daar laat lê. Bo-oor hom getrap en polonie uit die yskas gevat.

Ons het hom eers twee dae later gekry, Meneer. My ou seuntjie wat daai tyd in ’n skoenboksie gepas het. Die enetjie wat altyd goetertjies met sy hande gemaak het. Die ene wat geglo het ek kan jêm kook van klipharde maroelas.

Ken Meneer daai huil wat ’n mens nie wil los nie? Wat jou maag vasdraai en jou keel toeknoop?

Weet Meneer hoe dit is as ’n mens heeltyd vir die Here bid dat hy die onthou en die dink in jou kop moet doodvee?

Ek vra nie die doodstraf nie, Meneer. Ek vra ook nie geld nie.

Dis nou weer maroelatyd hier op die plaas. Ek vra dat as Meneer ooit by ’n maroelaboom verbyry en die maroelas lê groen onder die boom, dink asseblief aan my, aan Baby Venter. En aan Herklaas.

Keina Swart is redakteur van die gemeenskapskoerant Die Pos op Bela-Bela (Warmbad). 

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 19-24°C Sunny. Mild. Jhb: 16-27°C Tstorms late. Morning clouds. Mild.
Dbn: 14-26°C Tstorms late. Morning clouds. Mild. Pta: 14-29°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Bfn: 22-27°C Tstorms early. Morning clouds. Mild. PE: 20-29°C More sun than clouds. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Managing Editor: Ackermans, APLUS

Western Cape - Cape Town
New Media Publishing (PTY) Ltd

Editor: Ackermans, APLUS

Western Cape - Cape Town
New Media Publishing (PTY) Ltd

Managing Accountant (AA)

Gauteng - JHB South
Network Recruitment CA- Centurion
R400,000-500,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
1999
R 32,900.00

FIAT

STRADA 1.7 TD EL AC PU SC
2007
R 119,000.00

BMW

320d Start E90 Dsl AT
2007
R 289,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

SALT ROCK

Single Residential - House R 10 600 000

UMHLANGA RIDGE

Single Residential - House R 10 000 000

DURBAN NORTH

Single Residential - House R 3 499 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

e-Boeke is Nou Beskikbaar by kalahari.net

Tot 50% Af Op Top e-Boek Titels

Laai net Adobe Digital Editions af, soek & koop jou e-Boek, laai die e-Boek vanuit jou LibraryBox af en geniet e-Lees!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!