Dawie van Hartbeespoortdam
Ek wonder net hoekom al die mense en partye nou skielik teen MultiChoice is. Daar bestaan al jare lank adult shops in byna elke dorp.
Piet Witbooi van Burgerfort
Wat sal die reaksie wees as enige wit burger van hierdie land op ’n podium staan en sing: “Kill Malema, kill the blacks because they are rapists, killers and thieves”?
Willie de Jager van Villieria
Dis mos nou sommer strooi dat Suid-Afrika nie een van die lande met die hoogste misdaadsyfers is nie. Ek meen te sê: Waarvan is die koerante elke dag vol?
Iza Loubser van Krugersdorp
Dit boul my voete onder my uit. Dit waarvoor ek gestem het jare terug - ’n Suid-Afrika waar almal gelyk is en ’n plekkie in die son het - is ’n fatale mislukking!
J. Raath van Wonderboom
Van 1980 is ek versot op enige teaterstuk waarin Tobie Cronjé sy verskyning maak - hy is ’n absolute tonikum.
De Wet Wolmarans van Potchefstroom
Ek aanvaar die skrywer se logiese standpunt dat die weerhouding van belastinggeld en die betaling daarvan in trustfondse onwettig is.
Dr. A. van Coller van Postmasburg
Waarom het verskeie soorte kanker so toegeneem? Is daar nie rede om te glo dat water ’n bron van vergiftiging kan wees nie?
Elsabé du Plooy van Erasmusrand
Sondagoggend oor RSG het die een of ander predikant tydens die oggenddiens gesê ons moet meer toleransie aan die dag lê teenoor WB 2010 wat oor iewers in die 90 dae hier begin.
Johan skryf per e-pos
Met verwysing na die brief “Molesteerders hou nooit op nie” deur Net nog ’n gemolesteerde kind in Beeld van 10 Maart.
Monte Lubbe van Witbank
Alle Suid-Afrikaners moet wakker word. Die Solidariteit-ouens probeer, maar dit gaan nie werk nie.
Dink julle vir een oomblik pres. Jacob Zuma gaan daai 130 000 briewe lees?
Rene van Gass van Nelspruit
As jy in Nieu-Seeland bly, dan is dit seker lekker gemaklik om te sê ons hier in SA is rassiste net omdat ons kla oor hoe diens en instandhouding agteruitgaan.