Johannesburg

Sondag

Tstorms late. Morning clouds. Mild.

14°C
26°C

7 day forecasts

Brenda Marais skryf:

Beeld-gebruiker

Dis my voorreg om veilig te kan wees

deur Brenda Marais skryf:
2009-11-10 06:45

Ek is so bly die regering het besluit dat enigeen die BBP-ingryping kan vra. Beeld se berig “Malema mag beskerm word” verwys.

My gesin en my lewe is in doodsgevaar. Jaarliks. Maandeliks. Daagliks. En uurliks.

Hoewel daar geen doodsdreigemente teen ons gemaak is nie, is ons bang.

Ons is vreesbevange.

Ons sluit ons bedags en snags in ons eie huis toe en sien skrams die sonsopkoms deur die massa traliehekke van ons huis.

Ons loer deur ons stoep se traliehek om ons eie tuin te kan waardeer.

Hoekom? Omdat daar in ons omgewing die afgelope 15 jaar mense beroof, vermoor en gemartel is deur mense wat geen respek het vir ander nie.

Nog erger: geen respek het vir ’n lewe nie.

Ons seuns wat bevoorreg is en die wonderlike geleentheid het om op ons eiendom met hul vierwielfietse te kan ry, om vreesloos by ons dam uit te kamp en vis te vang, om onbevange tot laataand saam met hul maats wegkruipertjie te kan speel, word deur ons gemaan om eerder in te kom.

Waar hulle veilig agter slot en grendel eerder TV kan kyk of PlayStation kan speel.

Waaraan stel ons die kinders bloot?

’n Lewe as gevangene? Agter tralies?

Daarom vra ek BBP-beskerming. Nee, ek dring daarop aan.

Dis my voorreg om veilig te wees en my reg as belastingbetaler!

Beoordeel hierdie artikel:
Kommentaar is gesluit vir hierdie storie.

Wees eerlik 11/10/2009 6:50:57 AM
Ek verstaan nie - jy weet mos niemand gaan jou beskerm. Nou wat speel jy so op Avbob se stoep? Ek hoop nie jy noem jouself 'n verantwoordelike ouer en dan laat jy jou kinders bly jy waar jy bly? Pak jou tasse en trek - voor dit te laat is. Selfs ander Afrika lande soos Botswana is veiliger.
Willem 11/10/2009 7:14:49 AM
Ons woon in n omgewing waar honderde vlugtelinge uit Afrika daagliks rondloop en werk soek. Hierdie mense is aan hul eie lot oorgelaat en is bykans al dood van die honger. Hoe lank voordat hulle ook begin roof en moor om te oorleef. Ons soek almal beskerming. Dis nie ons skuld dat regerings onbevoeg is om na hul mense om te sien nie.
JJ 11/10/2009 7:52:17 AM
Een belangrike punt uitgelaat wat NIEMAND in Suid Afrika nog getoets het nie. Ons weet almal dat misdaadvoorkoming een van SAPD se hoof doelwitte is. Ons weet ook dat daar 'n Nasionala Misdaadvoorkoming-strategie in plek is. Ons het ook 'n Misdaad Slagoffer Manifes. Die belangrikste punt daarin is die reg tot "restitusie" en "kompensasie"....In seksie 184 2(b) van die konstitusie staan daar dat die Menseregte Kommissie verplig is om 'n persoon wie se regte geskend is by te staan om "restitusie" te bekom. Hoekom het NIEMAND in Suid Afrika nog nie AL die misdaadslagoffers by mekaar gekry en 'n massiewe eis teen die regering ingestel vir hulle onvermoë om misdaad te voorkom nie? As hulle nie bankkrot ge-eis wil word nie, beter hulle begin om hulle werk te doen en ons kantoorgebonde polisiemanne sonder toerusting of opleiding in ons strate te kry om misdaad te voorkom. As dit gebeur sal elke speurder ook nie 40 dockets hê om te ondersoek nie...en sal dus nie "oorwerk" wees nie. Daar is 'n spreekwoord wat lui: "Voorkoming is beter as genesing"...en ons het dit nog die hele tyd mis gekyk. Dis die regering se plig om my veilig te hou....NIE om die misdaad te ondersoek NADAT ek 'n slagoffer was nie. Hoe gaan ons hulle motiveer om te begin werk?
Tony 11/10/2009 8:28:37 AM
Aangesien misdaad nie bekamp kan word in Suid Afrika nie, dink ek dit is tyd dat sekuriteitskoste (die totale insetkoste en maandelikse bedrag) van inkomstebelasting verhaal moet word soos in oorsese lande gedoen word.
TCK 11/10/2009 8:31:00 AM
JJ ek stem volkome in beginsel saam met jou. Die harde werklikheid is egter dat jy teen donderweer poep as jy dink dat die ontneming van geld die regering tot ander insigte sal bring. Wie dink jy sal betaal vir so 'n massa-eis? Ja, ek en jy en en die handjievol belastingbetalers.Die regering is impotent, punt.
madelaine 11/10/2009 8:38:55 AM
waar bly jy wat dit so gevaarlik is? My dogter ry fiets in die aande en gaan swem en nee ons bly nie in n tronk nie
Annemarie 11/10/2009 8:41:27 AM
Dankie JJ dat jy vir ons lig op die onderwerp gee, en waar kan ons die eise indien vir "restitusie". As die regering dan nie geld het vir die uitbetaling van al die eise nie, kan hulle altyd dalk hul duur Mercedes'e inruil vir goedkoper Carolla's of iets in daardie klas. Dan het hulle darem nog nagenoeg R15 miljoen ekstra om vir trauma, pyn, leiding en berading te betaal.
Saamprater 11/10/2009 8:47:14 AM
brenda, dis nie jou voorreg om veilig te wees nie, dit is 'n basiese reg verskuil in die konstitusie van hierdie land. Die regering se primere taak is om sy landsburgers veiligheid te verseker, en dis al. Hulle vuil pote moet van die mediese veld, die skole en kommunikasie weggehou word, en verseker dat hulle daagliks daaraan herinner word dat hulle faal in hulle taak as daar soveel soos 'n potlood erens in hierdie land gesteel word. Die res van die land se ander bedrywe kan beter deur die private sektor gehanteer word. Roep die staat tot verantwoording, elke dag, op elke terrein, tot hulle alle burgers beveilig.
Brentie 11/10/2009 9:16:55 AM
Ons lees van duisende polisievuurwapens wat vermis raak en polisiemanne wat 'n vrouverkrag en ook die wat deel is van rowerbendes.Ons sit dus met 'n klomp wolwe in skaapsklere waarvan klaarblyklik nieontslae kan geraak word nie omdat daar eers lang en uitgerekte ondersoeke gedoenmoet word ,alles met belastingbetaler geld.Die ANC-beheerde Ekurhuleni weier bv. om te se hoeveel miljoene Rande hul al aandie die verdediging van hul Metro-polisiehoof McBride bestee het.Hierdie man pleit nou 'armoede' voo diehof en sou hy dus skuldig bevind wordis die kanse min dat 'n enekele sent van hom verhaal kan word.Omdat hy 'goed en bloed' vir die'bevryding' van Suid Afrika opgeoffer het,sal hierdie sukkel 'struggle comrade'seer sekerlik as 'n 'cadre' elders herontplooi word.Kan iemand asb. verduidelik hoe ons ooitin hierdie spiraal van toenemende misdaaden armoede beland het?
WR 11/10/2009 9:25:09 AM
Ek stem saam met JJ. Dit is tyd dat almal wat deur misdaad geteister word saam staan en saam n eis teen die regering instel. Dit het ook tyd geword dat die regering of SAPD doen wat hulle moet doen volgens die konstitusie en dit is om misdaad te voorkom. As hulle nie instaat is om hulle werk te doen nie kontrakteur die werk uit na veiligheids instansies. Ons as burgers van die land SA se pligte is om nie misdaad te pleeg nie, te rapporteer en die oe en ore van die SAPD te wees. Al hierdie dinge word wel gedoen in die omgewing waar ek n GPF lid is maar nog steeds hoor jy verskonings van on het nie genoeg mense, karre ens. Kortom gee ek nie om wat SAPD se probleme is nie al wat ek wil he is vir hulle om hulle werk te doen. As hulle onbevoeg is se so dan kan ons hulle dalk help met die bestuur van hulle pligte
Sons 11/10/2009 9:28:54 AM
Die regering voel 'n veer vir die gewone landsburger. Hulle word dag en nag beskerm, misdaad raak hulle nie.
Ek stem 100% saam, ons lewe daagliks in vrees. Bang by die huis, bang om by robotte te stop.
Wat van weerlose boere wat DAAGLIKS op plase aangeval word. Dit is nie eers meer voorblad nuus nie, dit word net terloops in die middel seksie genoem. Waar is hulle beskerming????
Maria 11/10/2009 9:43:59 AM
Nou wie gaan inisiatief neem? Wie gaan die bul by die horing pak? Of praat almal maar net weer?
freddie 11/10/2009 9:53:32 AM
Afrikaners...ordentlike mense wat mislei is deur hul leiers.
~ Nelson Mandela
Praetor 11/10/2009 10:25:50 AM
Ja Madelaine, en as jy of enige lede van jou gesin beroof of vermoor word, dan sê jy "ek het nie gedink dit sal met my gebeur nie". Maar dit gebeur, elke dag...
rlej 11/10/2009 10:37:07 AM
Dit is so ironies, almal praat net en doen niks! Wanneer gaan ons Áfrikaners saam staan en daardie arrogante, onopgevoede stuk voeltjie poef uit sy stoel uit lug?? Hy hoort nie daar nie hy hoort in die zoo, hy is n'sirkus homself! Ons het nie aangeplakte beskerming nodig nie, ons het die Doodstraf nodig en natuurlik vir God!! Hierdie is n'klomp patete en ek kry skaam om deel te wees van die gemors in ons land! Gee net kans die 2010 sokker wereld beker gaan die prentjie van moord, verkragting, diefstal en al daardie goedjies verander, Suid Afrika en ons regering gaan hulle g@t sien sonder Joost se spieel!!!
Mike 11/10/2009 10:44:32 AM
Ons bly in Afrika.Polisiedienste in Afrika was en is nog altyd net daar gewees om korrupte regerings se wil op burgers af te dwing. Daar was nog nooit 'n swart Afrika regering wat 'n land suksesvol kon regeer nie. Wanneer gaan ons dit verstaan? Korrupsie,bedrog steel, moor, misdaad,omkopery is in die Afrikakultuur nie dinge wat verkeerd is soos vir die Westerlinge nie. Dis deel van hul kultuur,daarom doen hul niks daaraan nie want hul kan nie verstaan waarom kla ons nie. Dis normaal in Afrika. Ek daag enige persoon uit om 'n voorbeeld te noem van 'n swart regering in Afrika wat misdaad en korrupsie al ooit uitgeroei het en suksesvol regeer. Dit het nog nooit gebeur en sal ook nie hier gebeur nie. Vir Afrika geld net een reel-die sterkste en korrupste oorleef. Met ons gaan dit nog redelik, maar net omdat hier 'n groter Westerse invloed na 94 was as in ander Afrikalande.Dit raak ook al hoe minder daarom gaan dit al hoe erger. Net 'n ingrype van die Here self kan hierdie kultuur en mentaliteit van Afrika verander.
Christo Booysen 11/10/2009 11:04:55 AM
@ Brentie
Mense het in 92 ja gestem... Dis hoe ons hier beland het...
Ben 11/10/2009 12:07:24 PM
Ek wil ook soos Maria weet: wie gaan begin met dit? Dit is JJ se insetsel gewees en ek dink ons moet hom vra om 'n behoorlike 'besigheidsplan' hiervan op te stel en dan moet ons die mense bymekaar kry vir dit? Kan ons nie Afgri en/of Solidariteit ook betrokke kry nie? Dit is Afrika hierdie en ek verstaan wat Mike sê maar ek voel ons moet regtig iewers begin en as dit die regering se 'gatsak' is...wie weet? Miskien skrik hul wakker?
Herman 11/10/2009 12:20:17 PM
Ja 2 keer in 2 maande by my ingebreek terwyl ek in die huis is. Die laaitie vra elke dag "Pa wanneer kom die Bad Guys terug?".
Wat moet ek vir hom se? Dat hulle nooit weer gaan terugkom nie? Want dan lieg ek. Ek wil ook van die geleentheid gebruik maak om my bure in die veiligheidskompleks te debank. Terwyl en na die skote klap was daar geen belangstelling nie, mooi man dis presies wat die "Bad Guys" wil he!
JJ 11/10/2009 12:20:51 PM
@ Maria, WR, rlej.Dis amazing dat mense wat hier kommentaar lewer baie keer vra "Nou hoe kom ons by mekaar?" of "Wanneer stig ons 'n organisasie?". As Beeld ons nie help om by mekaar te kom nie, hoe gaan dit gebeur? Wat ek hier bo skryf is nie net 'n "teorie" nie, ons is alreeds besig met die mensregte kommissie om ons te help in hierdie verband. As julle regtig belang stel: xram@netactive.co.za. dan voer ons gesprek hieroor en gee die aksie momentum. Maar sal Beeld my e-pos adres hier publiseer?
JAFFIE 11/10/2009 12:22:09 PM
Ai, Brenda ek stem saam met jou en voel saam met jou. Toe ek en my gesin in Suid Afrika was, het ons ook deurgeloop, gelukkig niemand is vermoor nie. Wat so tragies was, was dat daar geen reaksie van die polisie se kant was nie, miskien omdat die vorige kommisaris van polisie nog daar was, wie weet. Jy is reg, ten spyte van tralies ens. was ons nie veilig nie. Ek het my wandelings in die stad en die kinders se spelery buite gemis. Gelukkig kon ons oorsee vertrek, waar daar in groot stede teen 11:00 saans nog kinders, ou mense, vrouens, ja almal nog buite in die strate loop, shopping doen, jou motor buite staan en ja jy die vrede ervaar wat nie in Suid Afrika voorkom nie. Hier is geen transformasie nie, almal word op meriete beoordeel en jy bedank nie soos by ESKOM en saam met jou korrupte trawante keer jy weer terug werk toe nie. Dit is jammer dat so 'n mooi land in minder as twintig jaar in 'n ashoop verander.
Zak 11/10/2009 1:02:34 PM
Liefste Madelaine, die groot vraag is , waar bly jy'? Ek wil ook daar kom bly.
Zak 11/10/2009 1:11:05 PM
Ai JAFFIE, ek sit ook nou en terugdink aan die tyd wat ek en my gesin in Europa deurgebring het. Ek weet waarvan jy praat, vandat ons terug is het ook nog nie een keer daai vrede en vryheid ervaar nie. Ek dink nie iemand kan dit begryp as jy dit nog nie self ervaar het nie.
wynand 11/10/2009 1:20:05 PM
@ JAFFIE...waar bly jy nou?
Ernest 11/10/2009 2:10:13 PM
Madelaine. Ek sal jou se waar ek bly. In n gegoede voorstad met n hemel hoe erf belasting rekening elke maand. Ten duurste veiligheid sisteeme met straat ligte wat werk. Dis net baie moeilik om vir my gesin te verduidelik wat deur drie, "vooreen benadeelde lands burgers" aangeval en beroof is, dat hulle eerder die vuurwapens en TV geneem het in pleks van die kos. Die feit dat hulle erg beseer was kan ongelukkig nie in ag geneem word as ons wil aansoek doen vir BBP beskerming van die regering. Mag dit jou waar ookal jy woon nooit oorkom want glo my ek wens dit nie my vyande toe.
Bluffy 11/10/2009 2:22:54 PM
madelaine jy bly seker op Pofadder. Het julle nog huise daar beskikbaar vir ons?
angel 11/10/2009 3:15:13 PM
Ek dink Malema 4 presisent wag wag miskien moet hy Cele se pos kry ek sit en wonder hoe sy toesprake gaan wees lol ek kan elke keer nie wag as die man sy naam met n plank slaan nie lol!!!!!!

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 19-24°C Sunny. Mild. Jhb: 16-27°C Tstorms late. Morning clouds. Mild.
Dbn: 14-26°C Tstorms late. Morning clouds. Mild. Pta: 14-29°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Bfn: 22-27°C Tstorms early. Morning clouds. Mild. PE: 20-29°C More sun than clouds. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Lead Software Engineer

Western Cape - Cape Town
Quiglies Solutions

Datastage Developer

Western Cape - Cape Town
Quiglies Solutions
R30,000-40,000 Per Month Cost To Company

Sharepoint Developer

Western Cape - Cape Town
Quiglies Solutions
R25,000-35,000 Per Month Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
1999
R 32,900.00

FIAT

STRADA 1.7 TD EL AC PU SC
2007
R 119,000.00

BMW

320d Start E90 Dsl AT
2007
R 289,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

CAMPS BAY

Single Residential - House R 12 950 000

PLETTENBERG BAY

Single Residential - House R 12 500 000

WATERKLOOF

Single Residential - House R 18 000 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

e-Boeke is Nou Beskikbaar by kalahari.net

Tot 50% Af Op Top e-Boek Titels

Laai net Adobe Digital Editions af, soek & koop jou e-Boek, laai die e-Boek vanuit jou LibraryBox af en geniet e-Lees!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!