Johannesburg

Sondag

Tstorms late. Morning clouds. Mild.

14°C
26°C

7 day forecasts

Phia le Grange

van Rietondale, Pretoria, skryf:
Beeld-gebruiker

Ek het behoefte aan ’n klein Kersfees met ’n groot hart

deur Phia le Grange
2009-11-23 22:36

Ek het behoefte aan ’n klein Kersfees.

So kripperig.

So stallerig.

So aards dat jy amper hooikoors kan kry as die wind na jou kant toe draai. Die gestroopte dekor waar niks anders as ’n geboorte weer en weer gebeur nie.

Dit gaan nie eers oor ’n weersin aan die mors van geld nie of die blatante oordaad van Kersfeesvieringe nie. Dit is al tot vervelens toe en veelkantig bespreek en betreur.

Dit gaan oor ’n grondige bewussyn van die dieper Wese wat amper onbeduidend onder ons kom woon het. Ek wil nie weet hoe maagdelik die geboorte was nie, hoe wys die manne was nie; ek wil weet hóé naby en hóé duidelik die Godseun in my denke en my dade kan binnedring. Ek wil weet of ek afhanklik van God is, of ek kan treur, of ek sagmoedig genoeg is, of ek honger en dors na wat reg is, of ek barmhartig is, of ek rein van hart is, of ek kan vrede maak.

Of ek geseënd is.

Ek wil nie ’n alibi soek vir my onbetrokkenheid nie. Ek wil nie koes as God in my tuin saam met my wil loop nie. Ek wil nie my godsdiens metafories leef nie.

As ek dít verstaan, sal ek lig kan lewe. Dan sal ek weet hoe om die jong meisies wat so lag vir hul oorgewig vriendin te troos. Jy kan tog sekerlik net stukkend maak as jy skerwe in jou eie lyf het.

Waar kom die skerp kante anders vandaan? Dan sal ek weet hoe om die lywige vriendin te laat glo dat sy ook geboorte kan gee. Dat sy ook die oorsprong van lewe kan wees. Al begin sy in ’n stal. In ’n krip. Meer nog sal ek haar leer dat sy weer gebore kan word. Oor begin.

En die samoerai-seuns, wat so sterk en mooi in die somerson saamstaan in hul disrespek vir waardestelsels, wat so maklik lyke langs die pad laat lê, so tussenmenslik ongevoelig en hedonisties leef. Hoe sal ek hul knieë kan laat buig voor ’n suigeling? Hoe kan ek hulle laat honger en dors na wat reg is?

Ek sal terugkeer na die begin. By die besef hoe afhanklik ek van God is, hoe afhanklik ek van ’n stalgeboorte is. Hoe nodig ek meelopers het wat saamsing oor die nuwe kind.

Ek het behoefte aan ’n klein Kersfees met ’n groot hart.

Beoordeel hierdie artikel:

Lewer kommentaar op dié storie


Adri 11/24/2009 7:40:16 AM
Met ander woorde, Phia, jy wil weer die ware wese van die Christusfees beleef. Daarvoor respekteer ek jou en ek stem volmondig saam. Ek droom van die dag wat ons Kersfees kan stroop van al die blinkende valsheid en leë aardsheid.
Jan 11/24/2009 8:25:24 AM
ek wens ek kan weer die uitsien na Kersfees beleef - ek beleef 'n ongelooflike neutrale gevoel in Suid Afrika hierdie jaar. Ek kan nie meer met die artikel saamstem nie; waar is die dae dat Kersfees gevier is met die regte gesindheid, die regte christus fokus en respek vir families en mense. Die dae toe winkelsetrums nie 'n plastiese beeld vertoon het nie; die tyd toe versierings en liggies alles opgehelder en mooi gemaak het - maar alles is verganklik en "use to bees dont count anymore". Die enigste antwoord is om terug te keer na dit wat werklik saakmaak - dit wat blywend, mooi en onverganklik is.
Trud 11/24/2009 9:08:28 AM
Wat n wonderlike manier om te beskryf hoe jy voel. Terug na die "basics" soos hul se. Dit is wonderlik.Ai nou verlang ek ook na die dae toe alles nog 'skoon' en eerlik was.Kersfees het gegaan oor net eending, Jesus se geboorte. Wonderlik!!!!!
Marzelle 11/24/2009 9:17:28 AM
Amen! Beter kon julle dit nie stel nie! Om vry te wees van die wereldse valsheid en gejaag na geld, en te fokus op God se liefde vir alle mense, deur sy Seun Jesus.
Mag ons almal werklik die ware liefde en genade van Jesus ervaar in hierdie feestyd.
Tanya 11/24/2009 9:25:46 AM
hierdie vang so vas wat ek hierdie jaar voel! ek het net nie geweet mens kry woorde daarvoor nie. ongelooflik goed geskryf.
Danie 11/24/2009 9:35:02 AM
Kersfees was en is nog altyd `n onheilige fees. Dit is al eeue voor die Messias se geboorte deur heidense volke gevier.Die Rooms Katolieke het dit toe meesterlik gemanipuleer deur dit as `n heilige dag te verklaar, sodat hulle hul godsdiens aanvaarbaar kon maak vir hierdie heidense volke.Kersfees sal altyd groot en materialisties wees, want niemand wil uit voel of hulle kinders laat uit voel nie. Ek en baie ander mense het geglo en uit gesien na kersfees, gelukkig het ek die geskiedenis begin naslaan, en glo ek nie meer alles wat almal my vertel nie of geleer het nie. Dit is ook nie eens in die Bybel as `n heilige fees opgeteken nie. Wat my betref kan hulle hierdie vakansiedag kanselleer.
emma 11/24/2009 11:41:23 AM
Die stil Kersfees waarvan almal droom is binne ons bereik,begin dit net leef.Ons "vier" al vir jare nie meer Kersfees nie.En dit is so bevrydend om verby al die klatergoud in die winkels te loop.Vir my is Kersfees 'n innerlike vreugde,wat die hele jaar hou.Dis ons keuse.
Hettie B 11/24/2009 12:20:43 PM
Phia, hoe wonderlik dat my gedagtes presies net soos dit deur my gaan, deur jou pen (vingers!) weergegee is. Danie, jy praat definitief van die wereld se fees wat `n karikatuur is. Die wereld haat dan ons Verlosser, hoekom sal hulle Sy koms wil vier? In hierdie kersfees met sy plastiek en ligsinnighied en oppervlakkigheid, wat eerder `n fees vr Mammon is, het ek `n groot afsku aan. Ek moet myself net keer of ek gaan ruk hierdie valsheid van die rakke af. MAAR, in ons gemeente en huisgesin vier ons die ware KERSFEES: die fees van Christus se geboorte. Wat is meer besielender as die mooi liedere en boodskap en geskenkies (klein) wat ons aan mekaar uitdeel omdat ons so dankbaar is dat God ons Sy seun geskenk het. Ai, ons verdien hierdie genade nie. Ek stem saam met jou: die vakansiedag kan maar gekanselleer word, want ons het nie `n dag nodig om die ware boodskap van Kersfees vir onsself te ervaar nie. Eintlik, as ek jou `n geheim kan vertel, is elke dag vir my Kersfees en Paasfees: My Verlosser is gebore, het gesterwe, het opgestaan. lewe en binnekort gaan Hy weerkom. Moenie toelaat dat die wereld en natuurlik satan hierdie mooi van jou af wegsteel nie. Mag jy `n geseende Kersfees beleef.
Elize Graham 11/24/2009 12:35:34 PM
Die 'stil' kersfees is elke dag om en in ons elk, waar ons ons ookal bevind. Vind die 'Christus' in jouself, dit is wat ons as Christen mense uitbeeld.
Hantie 11/24/2009 3:49:06 PM
Dankie Phia dat jy kon weergee hoe baie van ons voel maar so vasgevang is in hierdie wereld waar geld alles is en ons medemens se gevoelens niks meer tel nie. Kom ons maak n begin en leef ons Verlosser se liefde uit teenoor almal wat ons pad kruis en so weer die regte waarde aan Kersfees gee. n Ware Christus fees vir jou en jou familie
Gotlieb 11/24/2009 9:31:45 PM
Danie, jy is een van die bitter, bitter min mense wat gaan soek het na die waarheid, ongelukkig met ons samelewing aanvaar almal net wat vir hulle geleer is en volg maar net die tradisies, die mens lees die bybel maar sien nie wat daarin staan nie, maak nie saak hoeveel keer Hy se om nie soos die heidene the maak en nie vas te hou aan tradisies nie! Openbaring se nie verniet dat Luci die hele wereld n rat voor die oe draai nie. Danie ek is seker jy het al agter gekom dat dit help nie om dit vir mense te se nie, want hulle wil dit nie hoor nie, hulle verstaan nie wat beproef alles beteken nie en Jesus het gese "In vain they worship me, teaching the doctrines commandments of men." As die mens maar net werklik gaan ondersoek instel oor wat die wortels van Kersfees is, sal hulle gewalg en geskok wees oor die tradisie wat duidelik wit op swart in Jeremiah 10:3 gese word moet dit nie doen nie, maar soos dit in Spreuke 12:15 staan "In die dwaas se oe is sy eie pad die regte" maar so min soos wat jou e-pos iets beteken so min die een ook, dis jammer die ontnugtering gaan binnekort so groot en wreed wees!
Cora 11/25/2009 8:22:06 AM
Liewe Phia Amore het ons vertel van hierdie wonderlike brief wat jy geskryf het. Die brief het ons hartsnare geroer en dien as so n groot inspirasie dat ek dit in die Oos-Kaap gaan deel met mense wat alle hoop verloor het. Baie baie dankie, Cora
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 19-24°C Sunny. Mild. Jhb: 16-27°C Tstorms late. Morning clouds. Mild.
Dbn: 14-26°C Tstorms late. Morning clouds. Mild. Pta: 14-29°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Bfn: 22-27°C Tstorms early. Morning clouds. Mild. PE: 20-29°C More sun than clouds. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Java Developer

Western Cape - Cape Town
Quiglies Solutions

Java Developers

Western Cape
CME Recruitment
R250,000-300,000 Per AnnumNegotiable Market Related Negotiable

Associate Editor, Edgars Club magazine

Western Cape - Cape Town
New Media Publishing (PTY) Ltd

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
1999
R 32,900.00

FIAT

STRADA 1.7 TD EL AC PU SC
2007
R 119,000.00

BMW

320d Start E90 Dsl AT
2007
R 289,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

CAMPS BAY

Single Residential - House R 12 950 000

PLETTENBERG BAY

Single Residential - House R 12 500 000

WATERKLOOF

Single Residential - House R 18 000 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

e-Boeke is Nou Beskikbaar by kalahari.net

Tot 50% Af Op Top e-Boek Titels

Laai net Adobe Digital Editions af, soek & koop jou e-Boek, laai die e-Boek vanuit jou LibraryBox af en geniet e-Lees!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!