- Artikelopsies
- Deel
- Kry Beeld op
Moet Boere nie ook apologie van die Engelse kry?
deur Chris van die Suid-Kaap
2009-11-19 22:32
Dit is ongelooflik om te lees wat “Moeder Engeland” in die vorige eeue aan derduisende arm weeskinders gedoen het.
Net eenvoudig verwerp, op skepe gelaai en as harde-arbeiders na ander Britse kolonies gestuur.
Dis ten minste verblydend dat premier Gordon Brown nou om verskoning vra.
Die vraag is of 26 000 vroue en kinders van die Boerevolk wat “Moeder Engeland” in die konsentrasiekampe georganiseerd vermoor het, nie goed genoeg was om ook ’n verskoning te regverdig nie?
Die Britse koningin swyg steeds, ongeag die briewe wat wyle mnr. Jaap Marais aan haar en die Britse regering daaroor geskryf het.