Johannesburg

Maandag

Afternoon clouds. Mild.

13°C
26°C

7 day forecasts

Elsabé

van Centurion skryf:
Beeld-gebruiker

My man is ook vermoor, ook ’n ‘natuurlike’ rede

deur Elsabé
2009-10-29 21:44

In reaksie op die berig “In hart geskiet is ‘natuurlike oorsaak’” oor wyle mnr. Henry Locke wil ek graag noem dat my man op 
14 Julie in die huis waar ons gewoon het op ’n kleinhoewe in Raslouw doodgeskiet is in wat vermoedelik ’n gewapende rooftog was.

Ook op sý doodsertifikaat staan dat hy aan “natuurlike oorsake” dood is.

Ek kry die indruk dat sulke “foute” met opset begaan word (om statistieke te verbloem?) of dis eenvoudig lakse amptenary.

In ’n vorige brief aan Beeld het ek geskryf dat die oortreding op die dossier oor my man se dood lui dat dit ’n “huisrooftog” was.
Die verslag oor die nadoodse ondersoek is ná drie maande nog steeds nie beskikbaar nie.

Sulke foute word in die media uitgewys, maar helaas – geen haan kraai daarna nie.

Ons moet besef: Ons is aan die elemente uitgelewer.
 

Beoordeel hierdie artikel:

Lewer kommentaar op dié storie


Rika 10/30/2009 8:50:08 AM
Ek kan met sekerheid se dat doodsertifikate (veral moord en vigssterftes), polisierekords, inflasiestatistieke e.a. gemanipuleer wodsodat die statistieke en dus ons land nie so haglik lyk soos wat dit werklik is nie. Eersgenoemde twee het ek met my eie oe gesien!
Jan 10/30/2009 9:27:03 AM
Die regering het mooi geleer by die ou Apartheid-regering hoe om statistieke en syfers te kook!! Dink maar aan al daardie selfmoorde tydens polisie aanhoudings!! Ek praat dit nie goed nie, maar niks gaan daaraan gedoen word nie. Op 'n klein dorpie soos Leratswana (buite Arlington)word daar naweke baie begrafnisse gehou vir al die mense wat so aan natuurlike AIDS oorlede is, maar dit gaan nie in die statistieke getoon word nie!! Wat betref die huisroof en sulke "nederige" gevalle het die polisie nie die opgeleide mannekrag, of enige belangstelling om dit te ondersoek nie. In SA begin dit al meer lyk na 'n geval van WHO CARES?
DJ Krummelpap 10/30/2009 9:51:37 AM
Ek is tot die dood toe moeg daarvoor om my mond te hou oor sulke berigte in die koerant. Kom ons se dit nou maar 1 keer soos wat ons almal weet dit is. Dis blatante rassisme van die regering en die owerhede (en al hulle onbeholpe amptenare)! 'n Moord op 'n wit mens word af gemaak as 'natuurlike oorsake'. 'n Blatante moordtog word af gemaak as 'n 'huisroof'.
Aan die ander kant maak die sg. Reitz-4 'n parodie-video en hulle word gekruisig regoor die media & die land. Die universiteit se rektor besluit om die 4 nie Nog verder sleg te maak nie, en nou's hy skielik die nr-1 publieke vyand.
En kan aan gaan en aan gaan, maar nou ja... My punt is net, dit is so duidelik soos daglig dat misdade teenoor wit mense nie met naby soveel afsku, erns, afkeuring en media-dekking behandel word as misdade teenoor swart mense nie. Die anc preek versoening en whatnot, maar ek sien maar GEEN gelykheid t.o.v. die bogenoemde en hordes soortgelyke gevalle nie.
Richard Bekker 10/30/2009 11:16:35 AM
Moet ons nie dalk hierdie gevalle gereeld bekendmaak aan die buitelandse media nie? Indien daar elke week berigte geplaas word van moorde in SA en hoe dit hanteer word, sal die toeriste beslis daarvan kennis neem! Deur die toerisme bedryf te waarsku teen wat in SA aangaan, sal daar baie gou opgetree word om die saak kwansuis reg te stel met "statistieke", maar moontlik word daar dan druk geplaas op die huidige onbeholpe regering.
Thomas 10/30/2009 12:12:32 PM
Ons kan baie leer by die ANC ondersteuners. Dalk het dit tyd geword om te protesteer met brandende binnebande, klippe, asblikke omgooi en die soort van visuele protes aksies. Dit sal die wereld laat regop sit. Watter ander keuses regtig bly oor?
Silvia 10/30/2009 2:55:46 PM
My broer is ongeveer 13jaar gelede vermoor, op die dosier het gestaan HARTAANVAL... Sy moordenaars loop nog tot vandag vry alhoewel daar vingerafdrukke was..
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 20-31°C Sunny. Warm. Jhb: 16-28°C More sun than clouds. Warm.
Dbn: 13-26°C Afternoon clouds. Mild. Pta: 14-28°C Sunny. Pleasantly warm.
Bfn: 21-26°C A few showers. More sun than clouds. Mild. PE: 19-27°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Finance Manager: CA(SA)

Gauteng - Johannesburg
Network Recruitment CA- Centurion
R700,000-990,000 Per Annum Cost To Company

Bookkeeper

Western Cape - Cape Town
Calibre Brand Solutions

Designer

Western Cape - Cape Town
New Media Publishing (PTY) Ltd

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 1.8T MY05
2009
R 138,999.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2008
R 114,900.00

TOYOTA

Corolla 1.4 Professional
2008
R 134,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

BANTRY BAY

Single Residential - House R 27 000 000

MORNINGSIDE

Single Residential - House R 16 500 000

UMDLOTI BEACH

Single Residential - House R 6 800 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

Bestel AL jou UNISA-handboeke!

Fantastiese Besparings

Kry al die UNISA-handboeke wat jy benodig vir jou studies afgelewer by jou voordeur!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!