Johannesburg

Sondag

Tstorms late. Morning clouds. Mild.

14°C
26°C

7 day forecasts

Johan Jooste

van Nieu-Seeland skryf:
Beeld-gebruiker

Waarom die wrewel teenoor dié wat nie kans sien om te bly nie?

deur Johan Jooste
2010-01-25 23:21

Ek lees op Beeld se webwerf al die berigte oor geweld en moord.  

Die laaste paar dae het ek baie nagedink oor die ongelooflik siniese, sarkastiese en selfs wrewelrige reaksies op ’n rubriek deur ’n emigrant in Beeld. Ek het my afgevra: Waarom die wrewel teenoor mense wat nie kans gesien het nie om te bly in so ’n land, waar die nuus oorheers word deur sulke berigte en waar die verval daagliks gesien kan word?

Mense wat meestal steeds ’n verbintenis, lojaliteit en heimwee na die land het, en soos ek, bereid is om by te dra, geldelik en deur betrokkenheid, om dié wat steeds die vlag van die beskawing daar dra, te ondersteun? 

Ek dink nie dit is nog debatteerbaar dat die skrif vir die beskawing aan die muur is in Afrika nie. Of dat die politieke roete wat die ANC gekies het en besig is om met ywer te volg, een is wat onvermydelik op die afgrond afstuur nie. Suid-Afrika is vir alle praktiese doeleindes in ’n laegraadse burgeroorlog. Wanneer bendes van tien mense met outomatiese wapens ’n supermark aanval en meer mense vermoor word per capita as in Beiroet se burgeroorlog, is dit nie meer “misdaad” nie.

Om ter wille van ’n positiewe gesindheid die werklikheid te ontken, is naïef, indien nie pateties nie.  

Die werklikheid en die toekoms sal vir die blyers ontvou op ’n manier wat hulle laat sê: “Hierdie land sal my bloed maar moet drink” en: “Ons sal lewe ons sal sterwe, ons vir jou SA!”

Sal jy nog so fier en patrioties staan met jou bravade as jy by die huis gekom het en jou vrou of jou kind in ’n plas bloed aangetref het?

Niks, maar niks, is dít werd nie. 

Dié wat my ken, kan getuig dat ek ’n kind van die land is: 12 jaar lank geboer, was veearts in die bosse van die Laeveld en het my uitgeleef in my werk en die pragtige omgewing waarin ek gewoon het. Maar ek kon nie die groot trek in my kop maak nie; ek moes weg. Ter wille van my sielsvrede en my geestelike welsyn. 

Maar as daar werklik eendag ’n regte fight sou wees – nie hierdie klug van ’n reënboognasie-demokrasie waarin 25 000 mense per jaar gewelddadig vermoor word en misdadigers smalend in die strate stap nadat hulle die eerste dag ná arrestasie op borgtog vry is om verder te moor terwyl hulle moordlêers weggeraak het nie – sal ek dit werklik oorweeg om terug te kom; selfs al is ek so oud dat ek net die gewere kan laai vir die troepe...

So nie sal ek ’n beduidende bedrag van my bates gee om dié wat agtergebly het, te help as daar werklik moeilikheid sou wees.

Maar ons hier in die veilige, mooi hange van Nieu-Seeland voel almal nog ons is aan julle kant.

Moenie dit vergeet nie. En net in Whangarei, so sê hulle my, is meer as 1 000 boertjies...

Beoordeel hierdie artikel:
Kommentaar is gesluit vir hierdie storie.

Cheeky 1/26/2010 8:03:13 AM
gaaaaaaaaaap .. die onderwerp raak heel boring nou .. daar sal altyd 'n verskil wees tussen mense wat besluit het om te bly of om te immigreer .. so hoe lank moet ons nou nog daaroor stry en baklei?
gerda 1/26/2010 8:03:38 AM
Johan alles van die beste in jou nuwe mooi land ek het 3 kinders wat ook NZ hulle nuwe tuiste gemaak het en hulle is ook baie gelukkig daar ons voel baie gerus dat hulle daar en veilig is ons volg hulle die end van 2010. Ai hoe verlang ek nou om so rustig te ry en al die mooi plekke te sien sonder die vrees dat jy gekaap en/of vermoor sal word.
Hnie 1/26/2010 8:09:08 AM
Kan ek maar my bankbesonderhede aanstuur? Op ernstige noot. Die blankes word stadig maar seker uitfaseer. Ek word nou uit my pos geskop aangesien arbeidmakelaars nie meer bestaansreg het nie. Ek is 57 en te oud om te emigreer. Wat bly oor? Net die tyd sal leer.
Imax 1/26/2010 8:11:42 AM
"as jy by die huis gekom het en jou vrou of jou kind in ’n plas bloed aangetref het?" ..... Dit is my grootste vrees.
Die renegaat 1/26/2010 8:19:10 AM
Johan, n dosyn Tui's sê jy sal nie teruggaan om te gaan fight of gewere laai nie.

Maar as jy Paraparaumu se kant toe kom, kom loer in, dan wroeg ons saam. Ek is in die telefoonboek
Mollma 1/26/2010 8:20:01 AM
Snert man!!!!!!Waar was jou mooi woordjies toe jy gepak en gevlieg het.Nou verlang jy maar om n land te los omdat jou alie gejik het , nou die verskriklike digterswerk uit jou hand.Bly waar jy is.Sal graag statistieke wil sien van julle wat stert tussen die bene terug kom MAAR DIT WORD STILGEHOU DEUR DIE OUENS WAT DAARVAN WEET EN WORD AFGESKRYF AS FAMILIE REDES , maar familie was nie in ag geneem toe julle getrek het nie.Baie mag julle terug verwelkom maar ek se jou julle geestelike outoriteit het jy verkwis toe jy in n posisie was om te help.Julle was nog steeds bo op die leer en kon n verskil maak maar ons wat onder was sukkel nog steeds om daar te kom want die ''ods'' tel teen ons , maar ek voel dat jou grootste teenstand wat jy sal kry as jy terug is , is die van jou eie soort.Met een goeie os sal jy die oes in bring en met een goeie soldaat sal jy oorwinning kry.Jou generasie sal nie verander nie net soos die generasie voor julle.Jy roep jou volk maar jy vloek nog ander volke.Hoe se hulle ''Ek sien deur jou en jou digkuns''
Koos 1/26/2010 8:21:15 AM
Geen probleem met jou tipe boere afrikaner wat oorsee gaan en nog lojaal bly in jou hart nie. My probleem is met die baie wat gaan en dan gal spoeg en veroordeel van ver af met neerhalende en smalende taal. Daai het ons nie nodig nie. Ons probeer op ons manier. Jy op joune. Oordeel kom niemand toe nie.
ek 1/26/2010 8:26:21 AM
Ek het ook al hieroor gewonder: is dit jaloesie omdat ons nie ook kan waai nie en die nydigheid in sommige kommentaar is ook ongevraagd. Ek beny die mense wat wel 'n heenkome in ander lande kon vind en sou self graag wou gaan maar ek gun elkeen die nuwe toekoms wat op die manier geskep is.
JS 1/26/2010 8:35:12 AM
Johan, ek bly nog in SA, maar verstaan ook nie die wrewel jeens julle wat 'n veiliger heenkome gevind het nie
Rachel 1/26/2010 8:45:49 AM
Johan, bly maar waar jy is. ONS wat hier agtergebly het, sal ons land uitsorteer. Wanneer ons dit gedoen het, kan jy maar kom kuier, maar wees verseker, jy sal weer terug gaan na jou nuwe tuiste toe. Daar sal nie plek wees vir diegene wat agteroor gesit en kyk het hoe dinge gedoen word nie. Jy kan nie jou brood aan altwee kante gebotter he nie tjom.
Wonder net 1/26/2010 8:53:24 AM
Die mense wat die hardste skree teen die wat getrek het, is die mense wat die minste help as 'n vriend of familielid in die knyp is. Hulle se graag hoe gaan veg en baklei vir die land, maar hulle sal nie mense in nood help nie. As sulke mense dan wel 'n uitweg kry in 'n ander land, dan sal hulle sulkes nog eerder beledig en stenig. As die afrikaner nie so selfsugtig was en jaloers om mekaar se sukses was nie, dan het baie meer mense kans gesien om vas te byt in Suid Afrika. Onthou, baie van ons is daar weg omdat ons nie 'n keuse gehad het nie, dis of honger kinders of 'n kos op die tafel in 'n vreemde land. En weet julle wat, in die vreemde is dit gewoonlik die vreemdelinge wat die meeste help, telkemale sal die ander afrikaners kom kyk of jy ryk genoeg is om mee te meng en as jy nie is nie, stoot hulle jou weg. Hulle sit in hulle afrikaanse NG kerke en sien neer op die arme ander afrikaner wat met net sy tassie hier aangekom het. Wat is fout met ons nasie?? Daar is soveel goeie mense, maar daar is darem 'n klomp aaklige, selfsugtige snobs ook.
Dion 1/26/2010 8:54:52 AM
Ek het al vantevore kapsie gemaak teen die nydigheid van talle briefskrywers. My gesin was slagoffers van geweldadige huisrowers en dis net ', wonderwerk wat ons van moord en verkragting gered het. As jy bebloed le en sien hoe jou vrou en dogter die rowers se aandag trek, sal jy jou lewe gee om daardie oomblik in enige ander land te wees. Ekbly hier omdat ek nog steeds wil. Daardie nydige jaloerses moet egter nou terugkruip in hullen selfgeskepte tromke en die mense veiligheid gun wat verkies het om te emigreer.
lienkie 1/26/2010 8:58:55 AM
Ek verstaan ook nie die wrewel nie, maar ek weet dis daar. Want dit le in my hart ook teenoor my mense wat land uit is. Dalk is dit deel van die normale rou proses. Misdaad in ons land ontneem ons van ons families en ons is kwaad daaroor. Hopelik kom aanvaarding nog, ek bid net dat ons almal sag en veilig slaap in die nag - waar ons ook ons kop neerle.
me 1/26/2010 9:04:50 AM
ek dink dit is net jaloesie dat julle nie kan oor gaan nie. "jealousy makes you nasty". ek stem saam met Johan hierdie land is besig om erger te raak, as ek kon trek so ek.
mike 1/26/2010 9:05:22 AM
Ek dink nie dis jaloesie nie. Die van ons wat agterbly voel dat ekspats nie kan wag om dit wat in SA gebeur onder ons neuse te vryf nie en te sê julle is of te blind, dom of te arm om pad te gee nie. Die hoogmoed, beterweterigheid en negatiwiteit het ons nie nou in SA nodig nie.
Ons moet nou doelgerig begin werk om `n oplossing te kry vir ons talle probleme. Dit gaan `n moeilike stryd wees en ons het nie mense nodig wat die heeltyd van die kantlyn af vir ons fluister dat die skrif aan die muur is nie.
Ek glo waar daar `n wil is, is daar `n weg. SA was nog altyd een van daardie lande waar die wereld asem opgehou het en gewag het vir die ergste om te gebeur en dit het nooit gebeur nie. Dink bietjie terug aan 1994 toe almal blikkieskos opgegaar het...
Mari 1/26/2010 9:20:48 AM
Johan, jy mis die punt. Ons het nie 'n renons teenoor julle uitgewekenes nie, maar wel teenoor die ongevraagde opmerkings en uitsprake wat daar teenoor ons agtergeblewenes wat KIES om te bly en ons land gemaak word. Maar dit is seker menslik om sulke uitsprake te lewer om jouself beter te laat voel en die besluit vir jouself te probeer regverdig. As ek dan nou in 'n plas bloed tot my einde moet kom, dan is dit maar so. Geen land kan EEN minuut van my lewe verleng nie - as my uurglas leeg geloop het, het dit leeg geloop. My tyd op aarde is lank reeds bepaal - niks sal dit kan verander nie. Ek is bly vir jou dat jy gelukkig is daar oorkant die water, vandag geniet ek 'n heerlike (koeler!) reënerige dag in die Laeveld en verruil dit vir geen ander plek op aarde nie. Ons reis baie graag en was net in 2009 drie keer oorsee gewees... elke keer kom ek terug met trane in my oë oor dankbaarheid dat ek in die beste land ter wêreld kan leef - met sy probleme en al. Sien, dit is somtyds maar wat mens self daarvan maak en wat jou gesindheid is...
speedy cilliers 1/26/2010 9:29:16 AM
Mooi gestel Koos! Dit is presies waaroor dit vir baie van ons "agtergeblewenes" gaan!
Gert 1/26/2010 9:37:28 AM
Ek sal ook waai as ek kon. Gister die skokkendste behandeling by 'n polisie stasie ontvang toe ek 'n diefstal wou rapporteer. Die ergste omgedraaide rassisme ooit.
Wonder net 1/26/2010 9:42:51 AM
Ek is baie jammer vir die "uitgewekenisse" wat slegte opmerkings maak oor SA, ek kan jou verseker as ek iemand hoor wat iets sleg van SA se, of dit nou 'n afrikaner of 'n Kiwi is, dan vlieg ek hom goed in!! Nie almal van ons se die land sleg nie, en ons sit beslis nie en wag dat iemand ons moet bel en 'n slegte tyding gee nie, inteendeel baie van ons bid in ons Kiwi kerke en in ons eie binnekamers elke dag dat ons geliefdes en ons land moet voorspoedig en veilig wees. Ek is nie daar om te help bou aan die land nie, ek het nou 'n lewe in 'n ander land, ek het my redes hoekom ek en my gesin hier is, en glo my dis nie 'n mooi storie, en ek wens niemand anders dit toe nie, die keuse is nie vir almal maklik nie. Sal dit wat ons stenig omdat ons getrek het vir ons werk gee?? Sal julle ons honger kinders in die oe kyk? waar is die ry afrikaners in SA, hoekom moet ons in ander lande gaan werk soek, hoekom help julle nie die mense wat geen hoop het nie? Weet julle hoe dit voel om niks te he nie, en al werk wat jy kan kry is dagreise ver en jy moet jou kar verkoop en jou 4 tassies pak en met die kar se wins vliegkaartjies koop na 'n vreemde land toe? Daar gekom moet jy van voor af begin, met niks, want SA en regstellende aksie het alles gevat en niemand in jou eie land wil jou help nie. Dis nou maklik om te se jy bou en ek is te lafaard om ook te bou aan die nuwe SA. HOe kan ek bou as ek nie eens 'n dak oor my kop het nie? Antwoord my asseblief.
Moedswillig 1/26/2010 9:45:17 AM
Ek werk oorsee het verlbyfreg eldes as in SA en ek kom nie terug nie. Ek het nie gegaan omdat ek nie van SA hou nie maar als wat julle hierbo noem, regstel aksie, geweld, korrupsie en gebrek aan geleenthede het my laat besluit om te gaan. Ek wens dit kon anders wees en daar behoort geen bitterheid of smalendheid te wees by ons wat die geleentheid gegun is om te gaan nie. As jy in God glo, is dit als net genade. Mense gaan nie omrede hulle alies jeuk nie. As jou alie jeuk gaan jy net tydelik en baie mense doen dit. Net soos wat statistieke nie bekend is van mense wat terugkom nie, is daar nie bekend oor mense wat weggaan nie en glo my daar is baie. Ons harte sal altyd in SA wees as jy uit die land gebore is, kan jy dit nie net vergeet nie. Amper soos die profeet oor Jerusalem skryf, so voel ek steeds oor SA.
LSW 1/26/2010 9:47:23 AM
Mollma, jy se ons kon help toe ons gewaai het ?? Nee jong, ek sit oor see en ek help my ouers en 2 broers en hulle families nou meer as ooit. As ek moes gebly het na ek beroof, besteel, teen gediskrimeneer is (BEE) en uit eidelik in Joburg moes dood gaan, sou my familie baie swaarder gekry het. Ek is lief vir my land en ek miss Joburg vreeslik, my friende, braai vleis en krieket oo sondag. Almal se ons kan die land reg ruk en as ons saam werk dinge verander. Die ANC het met meer as 60% van die stemme gewen en hulle sal nog lank bly wen, maak nie saak wat ons doen nie. 1994 tot 2010 – 16 jaar van slegter en slegter en slegter – word wakker. Ek weet dat daar mense is wat nie kan oorsee kan gaan nie, help dan dat jou kinders eendag oor see kan gaan. Ek het oor gevlieg vinger alleen met twee tasse en 50 euro in my sak, ek het nie die taal gepraat en en niemand geken nie, ma 3 jaar later en ek is tuis. Ek le saans wakker en dink aan my ma en pa en broers en peet kinders en friende en hulle kinders en en en en....... die enigste verskil is dat ek weet my kinders en hulle kinders sal eendag veilig wees, en as die ergste gebeur dan kan ek dalk my familie ook uit die land kry. Almal kan hule eie besluite neem, jy se jy sien deur Johan Jooste, ma ek sien deur jou...... n bitter man..
@rachel 1/26/2010 9:49:31 AM
Wat gaan jy uitsorteer teen die geweldadige, wettelose massas? Maak asb. jou planne (as jy het) aan ons bekend sodat ons jou kan ondersteun. Aan die wat die geleentheid en vermoee het om 'n nuwe tuiste te soek, voorspoed. Meeste mense soos ek wat hier agterbly is jaloers omdat ons nie in die posisie is om dit te doen nie. Sterkte.
Jammer 1/26/2010 9:58:45 AM
Ek wil ook graag emigreer maar het nie geld nie. Met die resessie was daar nie geleentheid om te spaar nie. Ek dink persoonlik daar is baie SA'ners wat oorsee wil gaan maar hulle het nie die geld nie. My CV is op baie websites geregistreer vir werk so dis nie asof ek niks doen nie.En Mari jy het 'n k*k redenasie. As jy reken jy moet in 'n plas bloed tot jou einde kom is so goed soos om voor 'n bus in te loop en te redeneer as dit die Here se wil is.Ek stem osn het 'n pragtig land maar ek het 'n pragtige seun wat 5 jaar oud is en vir my meer werd is as SA. Ongelukkig het hy geen toekoms hier nie
Banie 1/26/2010 9:59:34 AM
Ek dink die reaksie van Mollma sê alles. Waar kom al die nyd, en ek verstout my om te sê ook afguns en jaloesie, vandaan? Is dit werklik nodig?
En Rachel, wat het jy sover gedoen om die land uit te sorteer? Of ons dit nou wil aanvaar of nie, byna alles is besig om uitmekaar te val, en dit raak net al hoe slegter.
Om kwaad te word vir die mense wat gelukkig genoeg was, en die moed gehad het, om te emigreer, gaan niks help nie. En solank hulle familie en vriende hier het gaan hulle aanhou briewe skryf. Aanvaar dit maar en maak vrede daarmee. Of hou op om dit te lees en aanvaar en geniet al die agteruitgang.
Uriah Heep 1/26/2010 10:00:51 AM
Mollma is 'n uitstekende voorbeeld van presies waaroor die artikel gaan. Net èèn vraag Mollma: Hoè is jy besig om te 'fight' vir 'SA'? En is die 'fight' sosio-polities of gaan dit maar gewoon oor jou finansies? Laat ek raai: die politieke situasie is die skuld van die 1992 'ja'-stemmers en jou finansiële situasie is die skuld van Afrikaners wat die land verlaat (omdat die land se ekonomie daaronder ly).
As jou fight regtig gaan oor jou 'volk' en sy VEILIGHEID en voortbestaan, sal jy bereid moet wees om Afrika so te help verander dat die witman weer welkom is hier. (Best of luck!) Of jou mense neem na 'n plek waar hulle wel veilig en welkom is.
NogNet6slapies 1/26/2010 10:00:52 AM
@Mollma...mooi man, jy jou vrou en kinders is vermoorafwagtend daar in ZumZimLand, Mandelatopia. Ek is besig om te pak en is volgende week weg, julle is te slapgat om optestaan en te veg, ek sluit my eerder aan by die wat gegly het, voor ek een dag verder saam met julle verkrampte slapgat liberale en "Ja" stemmers bly. Johan hou vir my 'n Tui op ys (lekkerste bier op aarde), ek's oppad, net nog lewend probeer bly hier tot volgende week dan is ek ook in die land wat die Goeie Vader belowe het vir almal met breinkrag het!!!
speedy cilliers 1/26/2010 10:04:29 AM
Mari, dankie! Jy verwoord dit hoe baie van ons voel!
Ate 1/26/2010 10:08:12 AM
10 uit 10 Mari!
Maria 1/26/2010 10:11:53 AM
Jaloesie... die mense wat agterbly kan dit nie bekostig om op te pak nie en of wil nie familie agterlaat nie en of is bang vir die ongekende.
Louis Bothma 1/26/2010 10:16:50 AM
Mari, ek stem volkome saam met jou. Mense kan gaan bly waar hulle wil, maar moet dan nie klaarblyklik sit en lekker kry oor hoe sleg dit hier gaan nie.
emma 1/26/2010 10:30:23 AM
Sulke twak het ek nog nooit gehoor nie. Die land verlaters het hulle ouers en susters net so hier gelos SONDER om skuldig te voel, los hulle ou mense hier terwille van hulle eie kinders, en nou wil hulle grootbek wees. Die susters wat nie geleerdheed het nie (omdat daar net geld was vir boetie om te gaan leer)sal maar hier bly om na ouma en oupa te kyk!!! Die land-verlaters verlang almal kastig SO BAIE na die wat agtebly maar wil NIKS-NIKS weet van die geweld hier nie, se tot vi rjou om asb die geweld van jou Facebook af te haal!!! Dan is hulle nou kastig SO bekommerd oor ons, foeitog!
Ja-nne 1/26/2010 10:46:37 AM
Ek dink nie dis jaloesie wat maak dat mense so wremel nie. Ek voel daai jaloesie baie diep, maar ek stem nie saam met hulle snert nie. Een ding wat ek bly hoor van die wat wil bly is dat die land gaan beter word. Ek wil by hulle hoor: Hoe? Baie het nou gekommentaar dat hulle die land sal beter maak. Wel, julle het nou al jare gehad en ek het niks verbeteringe gesien nie. Wat is julle plan van aksie? Het julle een? Of praat julle maar net? Ek begin vermoed dat julle net wil bly omdat julle so baie in gemeen het met die ANC. Praat net mooi praatjies en AS julle wel aksie neem is dit net om die land van die wal af in die sloot te help.Dit gaan iets drasties vat om te keer dat die land verder in die afgrond afstuur en ek moet eerlik se dat AS daai iets gebeur wil ek nie naby wees nie.
Gert Botha 1/26/2010 10:47:33 AM
Johan,Jou gesindheid maak dat ons blyers jou nie kan kwalik neem nie.Maar ons Afrikaners is in die moeilikheid.Almal besef dit.Die antwoord is n Afrikanervolkstaat.En jy hoef nie te wag nie.Jy kan nou al n bydrae lewer deur bv aan te sluit by die Orania Beweging al bly jy waar ookal in die wereld.En om hierdie volkstaat op te bou gaan ons die kundigheid van al hierdie ingeneurs en ander kundiges nodig kry vorentoe.Per slot van sake het julle hierdie vaardighede opgebou terwyl julle Afrikaners was.Dalk het dit tyd geword om iets terug te ploeg.As ons blyers agterkom dat julle n helpende hand na ons uitsteek sal daar n reuse gesindheidsverandering plaasvind.En dit is wat ons volk nodig het om vorentoe te gaan en mekaar weer in die oe te kyk.
Theunis 1/26/2010 11:06:27 AM
Geen man kan blameer word om tot die uiterste te gaan om sy gesin se veiligheid te verseker nie. Johan, ek blameer jou glad nie. Hoor hier, bly om te hoor jy wil kom help fight. As al die expats kom help, sort ons die sakie sommer vinnig uit.
D 1/26/2010 11:16:56 AM
Ek stem saam met Koos en Mari - net soveel soos wat julle nie wil hoor hoe idioties julle is om te imigreer nie, so wil die wat bly nie hoor hoe idioties hulle is om te wag vir een of ander misdadiger wat hulle kele gaan afsny nie.

Live and let live
minx 1/26/2010 11:24:13 AM
Ek wens ek kon uit die land uit....maar ek is te oud en die geld is ook nie daar nie....Ek wens ek was 'n wit man ek sou verseker balls gehad het...ek weet nie hoekom ons nie 'n leier kan kry iemand met balls wat met Zuma kan onderhandel en ons belange beskerm nie........nou word die boere se wapens weggeneem en ons boere sit ontwapen op plase waar hulle vermoor hulle vrouens gemartel en verkrag word. Dis hoe hulle julle plase vat die vrou is so 'n senuweewrak en wie sal nog aanbly as jou man voor jou vermoor is?............ASB iemand met Balls kom lei ons boere!!!!!!!!!!!!!!!
pete 1/26/2010 11:29:47 AM
Waar kry die mense tyd om hierdie comments te skryf, of te lees.
Ek wil ook graag terug gaan sa toe..elke dag. Maar dan lees ek net weer die beeld. Sug en trotseer maar die engelse weer.
Nico 1/26/2010 11:39:51 AM
Johan,sterkte vir julle daar anderkant,ek beny julle.As ek jonger was sou ek dit ook doen.Ek vermoed dis n klomp suur armgatte wat so tekere gaan,mense wat nie die geld of die verstand het om oorsee werk te kry nie.
Frank II 1/26/2010 11:51:46 AM
Waarom die wrewel?

Want 90% van die mense wat gewaai het, is dieselfde mense wat JA gestem het in die '92 referendum.

Nou dat dinge warm en onplesierig raak (net soos ons voorsien het) is hulle die eerstes om die pad te vat en ons ander moet met die ANC braaksel sit! Dis hoekom!
Vilet 1/26/2010 11:54:15 AM
Ek voel net dat as jy besluit het om te gaan vir watter rede ookal. Maak vrede met jou besluit. Wees gelukkig in jou nuwe land en los ons uit om hier aan te gaan en te probeer om dinge uit te sorteer. Ek is baie moeg vie almal wat hulle goed vat en gaan en dan van hulle nuwe land af kritiseer. As jy nie wil bly en elke dag met die dinge sam leef nie, hou jou kritiek vir jouself en vir jou nuwe maatjies. Hoe lank dink julle gaan die ander lande aanvaar dat julle soontoe trek en julle eie gemeenskappe daar vorm en nie deel word nie? Besluit wat jy wil doen en hou daarby.
Boerseun 1/26/2010 12:14:54 PM
Ballinge soos jy se ondersteuning is waarop die van ons wat nog hier is staat maak. Ek verstaan heeltemal jou oorwegings en wie ookal wat kwytrak tel niks. Dis net jou eie gesin se veiligheid wat jy moet oorweeg en dis wat jygedoen het. Die wat moan daroor kan jou in elkgeval niehelp nie.
Alwyn 1/26/2010 12:18:48 PM
Aan Cheeky eerste kommentaar hierbo, en andere wat ook so is. Mense wat die land verlaat om permanent in 'n ander land te gaan woon, is EMIGRANTE. Wat jy IMMIGRANTE noem, is mense wat van 'n ander land af kom om permanent in ons land te kom woon. As jy jou taal so sleg ken dat jy nie eens die verskil tussen die twee ken nie, moet jy nie hier kommentaar lewer waar almal kan sien hoe onnosel jy is nie.
minx 1/26/2010 12:20:41 PM
Nico jy is seker die suur armgat!!!!Hier is baie mense wat die land wil uit....Ek is een van hulle maar is 'n enkel ma van in die 40 en het 'n gestremde kind....waarheen kan ek hardloop?.....Asb kom ons kry 'n leier en begin opstaan los die dwarstrekkery en begin iets beteken...Waar is die ware manne wat omgee vir hulle mense? Nou meer as ooit het ons 'n sterk leier nodig....kom manne van julle expats?
Rampokker 1/26/2010 12:26:03 PM
Jy het bloot 'n rasionele keuse uitgeoefen aan die hand van die werklikhede van die dag...en dit is jou volste reg. Jou eerste verpligting is teenoor jouself en jou familie. Hopelik sal die meerderheid van die agterblywende Afrikaners wat nie kan of wil emigreer nie, nou hul oe begin oopmaak en die konsep van self-beskikking en outonomiteit begin steun voordat dit vir hulle te laat is. Sodra/wanneer Afrikaners hulself sodanig georganiseer het, is jy welkom om die stryd saam te kom stry want 'n deel van die land waar jy in veiligheid kan woon is ook jou geboortereg.
Louw 1/26/2010 12:29:31 PM
Nou ja, ek sit ook hier in Kiwiland. Ek is hier omdat ek eenvoudig net nie meer vir my gesin in SA kon sorg met my onderwyssalaris nie. Met 2 kinders op universiteit en dinge soos die Eskom-eskapades was dit onmoontlik. Ek het vanaand saam met my vrou by 'n idiliese strandkafeetjie gesit en 'n lekker biefstuk geeet en 'n lekker Tui gedrink. My seun is aanvaar by die Universiteit van Auckland vir Medies. Hy het net vier onderskeidings gekry en in SA sou hy nooit die binnekant van die universiteit gesien het nie. Hy gaan eendag 'n briljante dokter, net soos sy suster, wees hier in die land van die silwer varing. Ek is hier om vir my kinders en kleinkinders 'n toekoms te gee wat hulle VERSEKER NIE in SA sou gehad het nie.
emma 1/26/2010 12:35:42 PM
Minx 10x10, watse oorlog voer die manne deesdae? Oorlog op die internet, Facebook en Beeld!!! Kom nou tog manne, waar is julle??? Ons het `n MAN-LEIER nodig. Ek is seker Genl. De la Rey het nie die oorlog op sy LAPTOP gewen nie!
emma 1/26/2010 12:39:15 PM
Kom nou expats wat so jammer is vir ons, kyk hoeveel geld is vir Haiti ingesamel, begin `n fonds vir 'WHITE GENOCIDE", julle het mos nou almal daar sulke great jobs, met so baie geld en geleerdheid, terwyl die oumense, vroumense en kinders hier sit! Dit is hoe die kommuniste gewen het met INTERNASIONALE steun, maar waar is ons steun, al wat ons van daar af kry is PE-WE-WE-WE...
Mari 1/26/2010 1:02:02 PM
Ek kom tot die slotsom dat die positiewe Suid-Afrikaners hier in ons geliefde land moet ophou om ons aan die briewe van die uitgewekenes te steur. Hulle sit duidelik ure lank via die internet Beeld en lees sodat hulle kort-kort vir mekaar kan sê: "Sien, DIT is waarom ek weg is uit SA!" net sodat hulle hulself kan oortuig en regverdig. Alle positiewe Suid-Afrikaners - hou dadelik op om te reageer op die glyers se snert. Ignoreer dit en dink maar net so by jouself "Toemaar, ons verstaan..."
Julius 1/26/2010 1:10:22 PM
Hier gaan ons al weer, oor en weer briewe tussen emigrante en tuisblyers, nes soveel keer tevore in Beeld. Ek weet in elk geval nie waarom dit nou weer 'n moddergooiery moes word nie, dit is nie waaroor die oorspronklike artikel gegaan het nie. Die wat gaan het hulle redes. Die wat bly het hulle redes. Aanvaar dit nou maar so en hou op om mekaar te kritiseer oor hulle besluite. Ons is almal slagoffers van omstandighede.
Gerald 1/26/2010 1:14:57 PM
Ai my vriend,misdadigheid is deel van die beskawing.Godsdienstige geweld,terrorisme en misdaad vir geld en mag word deur mense gepleeg.Mense,wit & swart,sal misdaad pleeg as orde verval.Ek was vertrap in die apartheid jare agv my kleur,met groot geweld!Vir my is die laaste dekade in die Kaap,soos `n droom wat waar geword het.Miskien was jou ondervinding anders,en ek simpatiseer.Die baie moorde(0.05 uit 48miljoen) affekteer `n mens se psige,maar nie almal van ons ondervind dit nie.Ons moet ons polisie mag versterk,en die kerk ,ouers en skole,moet moraliteit sterk verkondig.Ek het apartheid oorleef in al sy haat en wreedheid,so ek is definitief nie in sak en as nie.Ons sal regkom dankie.Stuur groete aan my Indier vriend daar by Whangarei se raffinadery.
confused 1/26/2010 1:15:34 PM
ek is 30 jaar oud en kan nie besluit of ek wil bly of moet gaan nie. ek het myself belowe dat ek nooit kinders in die land sal he nie want daar is geen ordentlike skole of toekoms vir hulle nie. ek is ook my ouers se enigste kind en ek voel ek hulle nie agter laat nie. ek beny baie mense wat die land verlaat het om oor te begin.Meeste van my vriende het die land verlaat. ek dink net nie ek het die "guts" om dit te doen nie. Sterkte vir almal wat oor begin het - wie weet dalk net dalk sien ek julle eendag!!!
Kakabooi 1/26/2010 1:28:21 PM
Cheers ou maat. Niemand kan jou verwyt nie. Die wat dit doen het nie 'n resep om eintlik hier te oorleef nie en verstaan ook nie wat gedoen moet word nie. Pragtige land vol van 'n spesie wat "useless" potensiaal het. Kyk wat die woord kakistokrasie beteken en vergelyk dit met wat ons in Suid Afrika ervaar.
@Minx. Ek het dieselfde probleem as jy, maar is getroud, dus is ek en my vrou "gestitch" en moet ons bly tussen die gemors.
willem 1/26/2010 1:40:00 PM
ek voel jammer vir die wat agter gebly het as ek die opskrifte in Beeld sien...
Die Beginner 1/26/2010 1:40:48 PM
Gaan lees oor moord en roof en barbaarse misdade en rasse diskriminasie soos AA en BEE in die Australia of NZ of Europese koerante.....O gonna...Daar is nie soiets nie. Nou verstaan ek hoekom mense waai. Het die res van julle wie hier agterbly en nie deel is van die groot trek nie 'n plan om in Suid Afrika te oorleef? Of is julle nie bevoeg om te waai nie? Ek verstaan Minx se dilemma. Wie van julle is "patriotte" in 'n land wat teen julle diskrimineer? Wat is die definisie van 'n idioot? Of is julle maar net plein slapgat lippeklappers? Is dit hoekom julle die groot trek deelnemers so onnodig kasty?
Joe 1/26/2010 1:42:46 PM
Al hierdie kommentaar is net weer n bewys hoe ons Afrikaners nie kan saamstaan nie, nie die ander een iets gun nie. Hoe kan n leier opstaan en n volk lei as die volk hom nie die kans gee om op te staan nie, hom eerder wil neer druk om seker te maak hy kry nie meer son of meer gras as hulself nie? Die rede hoekom BAIE Suid-Afrikaners en nog meer Afrikaners in die buiteland gaan werk en n lewe maak, is omdat hulle hunker na wat was, hunker na geleenthede om hulle talente te gebruik, hunker om mense te lei, hunker om hulle kinders en familie te sien lag 8 uur in die aand in die straat, hunker om met die hand geluk gewens te word deur jou kolegas oor n promosie (nie aangegluur te word of verwens te word omdat jy nou dalk meer gaan kry as iemand anders nie). Ons verwyt almal omdat ons hunker na iets wat hulle gaan soek het, en wat ons soek, in ons eie land, wat ons verdien...want geen nasie is so magtig soos die Afrikaner nie...die minderheids nasie wat n land gebou het, n land weer probeer red...en sekere dele van daai nasie wat die res van die wereld in is om hulle te wys hoe om dinge te doen. Ons moet weer trots wees op ons naaste Afrikaner, al bedel hy op n hoekstraat, al boer hy in die Vrystaat, al stem hy vir die Bulle en ja al werk hy in die buiteland...ons is een nasie, en ons almal het een droom elke aand voordat ons slaap, al is dit dalk in verskillende timezones.
Die Beginner 1/26/2010 1:52:16 PM
Vir die van julle soos FrankII. Hoekom waai die wittes? Want hulle het JA gestem om die land met almal te deel, maar nou sien hulle hoe die meerderheid die land opeis vir hulself en die wittes verwerp. "n oorlog woed sedert 1994 en ten minste 3 tot 4 wittes sterf elke dag in die oorlog saam met ten minste 2 wit boere per week. Doe oorlog wat FW en sy Kodesa trawante kamstig vermy het woed in volle glorie van die wereld...onder die vaandel van misdaad.
Sonia 1/26/2010 1:56:40 PM
Ek het een vraag aan die wat 'fight' vir ons regte: Gee asseblief bietjie besonderhede, ek wil graag saam 'fight'
Lida 1/26/2010 1:56:57 PM
Ek is bly vir almal wat 'n vreedsame heenkome erens anders kon kry en kon bekostig om te emigreer. Ek dink menige wat julle kritiseer is die wat nie die geld, geleerdheid of balls het het of miskien reeds te oud is, om dit te doen nie. Glo my as ek die geld, geleerdheid en jonger was sou ek nie tweekeer gedink het om te groet nie. My suster se dogter is verlede week in Jhb ge"hijack" en was GELUKKIG om ongedeerd daarvan af te kom weens haar slim plan wat sy uitgedink het. My vriendin se dogter wat agte en 'n halwe maand swanger is se voortande is met 'n baksteen uitgeslaan en sy het GELUKKIG in die hospitaal wakker geword en haar man is in ICU. Mense wanneer dit jou familie en kennisse is begin jy al hoe meer benoud raak en wonder wanneer is dit jou beurt. Leef liewer eenvoudig oorsee maar voel veilig en wees gelukkig.
emile 1/26/2010 1:59:23 PM
Die uiteenlopende menings is so eie aan die " Afrikaner"! Daar sal altyd die verskillende uitsprake oor die selfe saak wees. Feit van die saak is dat die geweldsmisdaad in Suid-Afrika 'n realiteit van meeste van ons is. Om dan te sê daar is misdaad in elke land verdraai die feite. Ons het almal drome en ideale, sommige dieselfde en sommige verskil, maar almal het 'n behoefte aan veiligheid, geborgenheid en toekomsdrome. Hoe kan iemand verkwalik word wat die land verlaat omdat hierdie basiese behoeftes nie meer haalbaar is nie. Ek hoop soos almal dat hierdie land genormaliseer kan word, of dit binne my leeftyd gaan wees, twyvel ek. Johan, great om jou stuk te lees - daai sorglose dae in die vlei met Jasper jou hond, sal ek altyd onthou, al bly ek in 'n ander land
Brentie 1/26/2010 2:00:18 PM
Die hele lewe bestaan uit keuses.Somsword die keuses vir jou gemaak soos metdiensplig.Maar dan het hy nog 'n keuse.Jy kan jou aanmeld of soos sommiges gedoenhet diensplig ontduik.Emigrante maak ook maar keuses wat hul voel die beste vir hul en hul gesin is.Somsis daar aaklikge gebeurtenisse wat joubesluit vergemaklik.Ek glo ok nie emigrante is noodwendig lafaards en weglopers nie.Ek dink dit vat nogal moed om elders opnuut te begin en allesagter te laat.Net soos immigrante na Suid Afrika nie altydmet ope arms ontvang word, want hul vul togmaar net 'n pos of kry 'n werk tot nadeelvan plaaslike mense dink ek dit vat ook moedom hier te bly veral as jy sien op watterbarbaarse maniere mense uit die gemeenskapverwyder word.As ek wou kon ek gegaan het maar het daarteenbesluit omdat my vrou 'n vreemdeling in dieander land sou wees.Daar is net een manier om te oorleef en ditis om meer betrokke in die gemeenskap teraak en as het het ware jou buurman se hoederte word en hy joune.
Hu?? 1/26/2010 2:08:18 PM
Die Beginner, waar val jy uit gehasie?? Ek lees pas op Beeld se voorblad van 'n 83 jarige tante wat verwurg is in Brooklyn, SA. Tragies né. En op The Australian se webwerf van die 81 jarige tante wat kritiek in die hospitaal lê nadat sy aangeval en seksueel gemolesteer is in Rockhampton, OZ! Sjoe, jy was seker nog nêrens anders in die wêreld nie... O gonna, daar is oral misdadigers!
emma 1/26/2010 2:21:50 PM
Joe, Afrikaners saam staan NOOIT NIE, te veel LIBERALLE, land-verlaters en VERRAAIERS!
AE 1/26/2010 2:23:39 PM
Al twee jaar terug weg uit SA en ek mis die land nie meer nie. Ek is doodgelukkig in Australia
Banie 1/26/2010 2:58:21 PM
Hu?? Jy moet seker 'n IK van minder as 20 hê.
Jy mag dalk een keer in drie maande 'n berig in 'n Astraliese koerant lees ssos die van die "tante" in Rockhampton terwyl jy elke dag drie sulke berigte op doe voorblad van Beeld lees. Verstaan jy die konsep van wat ek so pas genoem het? Ek glo van nee.

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 19-24°C Sunny. Mild. Jhb: 16-27°C Tstorms late. Morning clouds. Mild.
Dbn: 14-26°C Tstorms late. Morning clouds. Mild. Pta: 14-29°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Bfn: 22-27°C Tstorms early. Morning clouds. Mild. PE: 20-29°C More sun than clouds. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Accountant CA (SA)

Gauteng - JHB North/Sandton
Network Finance Menlyn
R650,000-700,000 Per Annum

Regional Sales Manager - Corporate

Western Cape
West Coast Personnel
R18,000-20,000 Per Month Basic Salary Plus Comm

Facilities Manager

Western Cape - Cape Town
Quiglies Solutions

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
1999
R 32,900.00

FIAT

STRADA 1.7 TD EL AC PU SC
2007
R 119,000.00

BMW

320d Start E90 Dsl AT
2007
R 289,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

CAMPS BAY

Single Residential - House R 12 950 000

PLETTENBERG BAY

Single Residential - House R 12 500 000

WATERKLOOF

Single Residential - House R 18 000 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

e-Boeke is Nou Beskikbaar by kalahari.net

Tot 50% Af Op Top e-Boek Titels

Laai net Adobe Digital Editions af, soek & koop jou e-Boek, laai die e-Boek vanuit jou LibraryBox af en geniet e-Lees!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!