Johannesburg

Donderdag

Mostly sunny. Pleasantly warm.

13°C
28°C

7 day forecasts

Lynette

van Pretoria skryf:
Beeld-gebruiker

Slagoffers van sulke barbare voel anders oor misdaad as ander

deur Lynette
2009-12-10 23:10

Ek stem heelhartig saam met komm. Bheki Cele se uitsprake oor misdadigers en menseregte. As Chris du Plessis (Briewe, 9 Desember) se vrou of dogter deur een van hierdie “diere” verkrag of vermoor word, sal hy beslis ook ’n ander deuntjie sing.

Die afgelope naweek is ’n familielid van my deur twee mans verkrag.

’n Pragtige, onskuldige meisie in die fleur van haar lewe. Haar vriend moes eers alles met ’n mes teen sy keel aanskou en is toe in die kattebak toegesluit waarna die meisie met hierdie barbare by haar moes rondry en hulle gaan aflaai. Wat hulle gedoen en gesê het, is te afskuwelik om hier te herhaal. Geen mens kan haar angs en seer beskryf nie.

Watter regdenkende, beskaafde, Godvresende mens sal so iets doen? Hierdie barbare verdien niks meer as om vir die res van hul lewens te boet nie.

Selfs die doodstraf is te genadig.

Hulle hoort in gate onder die grond en moenie eens vir suurstof opkom boontoe nie.

Ons as naaste familielede van slagoffers wat in hierdie wrede, onmenslike en hartelose misdadigers se hande geval het, kan nie die ongelooflike seer beskryf nie.

Selfs trane maak dit nie beter nie.

Ons kan ons net na God wend wat self verklaar het in Jesaja: “Ek is die Here, Ek het die reg lief” en bid dat hierdie “barbaarse diere” waarna Cele tereg verwys, opgesluit sal word vir die res van hul nuttelose lewens.

Ja, ons is verbitterd, want deur die misdaad en geweld in hierdie land moet ons ook ons geliefdes groet wat na veiliger en meer beskaafde lande verhuis.

Ons word selfs ontwapen deur die regering. Hierdie misdadigers loop met die gevaarlikste onwettige wapens rond en ons kan onsself nie eens verdedig nie.

Beoordeel hierdie artikel:
Kommentaar is gesluit vir hierdie storie.

Suzie 12/11/2009 6:59:55 AM
Lynette ek dink aan jou en jou familie. Sterkte
RS 12/11/2009 7:07:02 AM
Ons is van die gelukkige mense wat nog nie deur geweld geraak is, Prys die Here daarvoor, ons bid elke dag, dat die Vader n'Laer van beskerming om ons huis trek! Ek kan myself nie in daardie dogter se skoene sit nie, maar ek weet hoe ek sou voel, ek sou nie weer my man in die oë kon kyk ek sou nie weer toe gelaat het dat my man aan my vat nie, ek sal nie meer myself kan lief hê!! Hulle is barbare gemors, wat nie in die samelewing hoort nie! Julle al hierdie wraak gedagtes maak n'mens siek van binne. Hulle het die wapens en die onmenslikheid en barbaarse maak jou dood gesindheid, maar ons het GOD!!!!
jaco 12/11/2009 7:24:26 AM
Ek stem saam, ek kan nie meer hierdie nasie verdra nie, en dis nie dat ek so wil wees nie, as ek vir hulle kyk sien ek moordenaars, verkragters, diewe, ek vertrou hulle net eenvoudig nie, en ek dink ek het rede. As ek sien wat met my naaste (wittes) gebeur kry ek hierdie wraak gevoel in my hart. Ek kan nie help om te voel wat ek voel nie. Een ding is verseker, dit is dat ek na my eie ras uit 'n ander oog kyk, asof ek wil se geliefde broer of suster, ek sit in dieselfde situasie as jy, ek voel wat jy voel, 'n tiepe van, is daar iets wat ek vir jou kan doen? want, dalk is ons nie meer more hier nie, en kan dalk aan die hand van 'n barbaarse dier sterf. Kan ek nie vanaand oor jou en jou gesin kom waak om te kyk dat julle veilig slaap of iets nie. Ek dink dit laat my nader voel aan my eie soort.Hoe kan mens anders as om nie al hierdie wraak gedagtes te koester nie, ek was nog nooit in jou situasie nie, maar ek kan dink wat deer my kop nou gaan, ek is nie eers jy nie maar die kwaad in my oor wat met jou en jou naaste gebeur het is onbeskryflik, die kwaad in my as ek die oggende hierdie koerant oop maak, en ek lees wat met my eie soort aangedoen is, deur 'n ander soort. Gee my maar gas oor wat ek se as julle wil, maar ek is 'n mens en mense is veronderstel om gevoelens te he, en dis wat ek voel. Ek het besluit dat as ek een van my eie soort sien wat aangeval word, ek my eie lewe sal prys gee om hom te help, soos nou die dag toe ek 'n Taxi drywer uit sy Taxi sien klim terwyl die verkeer stil staan op die snelweg, vier karre voorentoe hardloop en 'n wit man deur sy venster van sy bakkie begin slaan, vir wat ook al sy rede was, ek moes uitgeklim het en hom gaan help het, maar ek het nie, hulle kon hom geskiet het en ek het niks gedoen nie, dis verby, ek gaan nie meer nie, nooit weer nie, ek gaan my mense help, al is dit om my eie lewe prys te gee.
Verstaan 12/11/2009 7:27:44 AM
LynetteLaat ek eerstens net se hoe jammer dit is dat so iets met 'n familielid van jou moes gebeur. Dit is inderdaad een van die mees barbaarse dinge wat een persoon 'n ander kan aandoen.Ons moet onsself egter afvra, is kommisaris Bheki Cele nie besig om 'n situasie te skep waardeur nog onskuldige mense seergemaak kan word nie? Ek was onlangs self deur twee persone buite my huis aangeval. Ek het myself verdededig. Ek het beeldmateriaal van die voorval gehad wat buite my huis afgespeel het. Ek het bure se verklarings gehad. Die twee rampokkers het my duidelik aangeval. Tog het die (swart) polisie by die betrokke kantoor besluit om MY toe te sluit toe ek die klag by die polisiekantoor gaan afle het. Ek moes 'n dag in die tronk spandeer.Wil u regtig 'n situasie he waar polisielede soos hierdie na hartelus kan skiet, sonder dat enige vrae later gevra word?Ons mag nie toelaat dat ons regsstelsel omseil word nie. Ons moet eerder ons kragte daarop spandeer om te verseker dat ons polisie meer effektief is om kriminele aan te keer, ons regsstelsel meer effektief (dog regverdig is) met die hantering van sake, dat harder strawwe vir geweldsmisdade opgele word (insluitende doodstraf en chemiese kastrasie vir verkragters), en dat ons korrektiewe dienste effektief is daarin om kriminele uit die samelewing te hou en te rehabiliteer.En asseblief, die volgende keer wanneer 'n president verjaar en kriminele en-masse vrylaat op ons strate, maak tog bietjie geraas! Dit is juis stappe soos hierdie deur oud Pres. Nelson Mandela en die res van sy ANC kaders wat die veiligheid van wetsgehoorsame burgers ondermyn!
Ria Maritz 12/11/2009 7:29:19 AM
Ek stem 100% saam dat hierdie barbaarse elemente uit die samelewing verwyder moet word. Ja, selfs die doodstraf is te genadig.

Ek moet egter die volgende vraag vra, waarom word hierdie barbare altyd vergelyk met 'n dier ?
paulvs 12/11/2009 7:49:32 AM
Lynette, jy kon dit nie beter beskryf het nie. Die Chris du Plessis het geen idee waarvan hy praat nie. Jou skrywe maak seer...maar nie naastenby so seer soos jou familie lid nou beleef nie..Sterkte.
....ek sal moor.... 12/11/2009 7:50:50 AM
Dank die Vader dat geen hartseer, pyn of bose nog naby my familie gekom het nie. Al wat ons elke dag kan doen is om vir Here te vra om ons te beskerm teen al hierdie pyn! Ek wil nie eens daaraan dink wat ek sal doen as iets met my geliefdes moet gebeur nie. Ek sal moor! Of dalk sal ek in daai gat (waarvan jy praat)gaan klim en nooit weer wil uitkom nie....
My hart gaan uit aan al die slagoffers en familie van slagoffers. Julle lewens is verander deur 'n barbaar, dit mag dalk beter raak met tyd, maar die seer sal nooit weggaan.
Ella Botha 12/11/2009 7:53:43 AM
Daar word altyd gepraat van "menslike regte", ek wil net graag weer, hoekom kan barbare/diere mense vermoor en doodmaak, maar as hulle in die hof veskyn, dan word daar altyd verwys na hulle mense regte. Ons land moet begin doen wat die Arabiere doen, as jy iemand doodmaak, hang hom in die openbaar op of kap sy hand af. Hulle sal 'n voorbeeld maak van 'n paar en dit sal beter gaan in ons land.
Ollie 12/11/2009 7:53:58 AM
Lynette, ek stem saam. Ek is nie 'n Christen nie,maar ek voel dat niemand met die geringste shred humanity sal doen wat die varke in ons land doen nie. (Jammer, afrikaans is nie my moedertaal nie) Maak die verdompde diere vrek. As my hond iemand verskeur, druk ek 'n geweer teen sy kop en hy groet. Ek sal nie huiwer om dieselfde te doen met 'n dier wat my familie bedreig nie. Bring terug die doodstraf, want die diere het meer regte as wat ons het in hierdie land.
Elsa 12/11/2009 8:07:39 AM
Ek stem heelhartig saam met Lynette. My voorstel is: wanneer hierdie "diere" gevang word, moet hulle ontman word aangesien die doodstraf nie meer bestaan nie! Hulle moet dieselfde marteling deurgaan as hulle slagoffers. Ek glo baie steun Komm Bheki Cele vir die standpunt wat hy in neem teenoor die "diere"!
RS 12/11/2009 8:12:55 AM
@VERSTAAN... hulle het gister vir n'taxi bestuurder R70000 betaal oor dat hy verkeerdelik ín die tronk gestop is..... sit jou eis in ek sal vir hulle vermorsel as ek jy is! Die gemors.... die polisie is net die kriminele en barbare daar buite, staan op vir jou mense regte, of gaan hulle maar net die skouers op trek omdat jy WIT is????? foeter hulle op!!!!
Sharon 12/11/2009 8:23:48 AM
Ons is gelos in die genade van n swart arend se kloue....F.W de Klerk, jy sit seker lekker op jou gemak stoel, ek hoop jou gewete pla jou tot die dag van jou dood. Was jy so onnosel dat jy geen plan vir ons kinder agtergelaat het nie.., want ons hoor niks van jou nie...hoop jy lees ons kommentaar en verstuk in jou tee...
Johan 12/11/2009 8:26:26 AM
Die oomblik wat een persoon 'n ander een se privaatheid skend deur hom te wil beroof, aanrand of dreig is dit die skending van sy eie reg om mens genoem te word. Dus het die misdadiger geen "mense regte" nie. Hy is 'n oortreder in ons samelewing. Maak nie saak van watter nasie, volk taal of sogenaamde agtergeblewe gemeenskap hy vandaan kom nie. Oortree die wet en die staat sal vir jou sorg, jou slagoffer se belasting geld word gebruik sodat jy 'n veilige plek het om te kan slaap en eet. Dus "crime pays"
As dit 'n aanval op 'n blanke is, word dit net nog 'n saak nommer iewers. Maar laat die blanke opstaan vir sy reg om sy familie beskerm, word dit 'n rassistiese aanval wat aan die wêreld verkondig word.

Word net wakker mnr Zuma en doen die werk waarvoor jou skape jou in gestem het. Jou skapies is die wat ly omdat jy toelaat dat enige een hier kan inkom en maak soos hy wil. Suid Afrika is mos die land van melk en heuning. Dus sal ek met elke moontlike manier my familie en mede burgers ( wit en swart) beskerm teen enige elemente, maak nie saak wat die gevolge is nie.
Angelique 12/11/2009 8:30:31 AM
Hi Lynette, ek is byna in trane na ek jou artikel gelees het. Niks wat mens sê kan dit beter maak nie maar my hart is ongelooflik seer vir julle part. Ek was self so 6 jaar terug in 'n situasie waar ons agtervolg en op geskiet is - en dit vir my handsak waarin daar seker nie eers R100 was nie. Ons was gelukkig genoeg om lewend daar uit te kom, maar die trauma wat jou bybly is onvergeetlik. Dis baie sleg dat daar sulke dinge in ons mooi land gebeur. Ons almal het so baie om voor te lewe, daar is vir almal 'n plekkie in die son, waarom kan almal nie net in vrede saamleef nie...
Jaco jou skrywe het my ook diep aangeraak, as meer mense net bereid was om saam te staan sou dit al klaar baie beter gegaan het. Ek lees ook elke dag die beeld en voel so magteloos dat soveel mense deur pyn, lyding, armoede, vrees en hartseer gaan. Wens mens kon dit alles beter maak.
Sterkte aan almal wat deur moeilike tye gaan, mal almal 'n gesëende Kerstyd saam met hulle families beleef.
Alex 12/11/2009 8:36:22 AM
As mens sulke briewe lees wonder mens of patriotisme regtig die moeite werd is...Lynette julle is in ons gebede.
Hanno 12/11/2009 8:38:39 AM
Normaalweg sou ek sê, ja bring die doodstraf terug. Maar, met die hoeveelheid swart rassiste wat hoë posisies in die Polisie, die Hof en die Korrektiewe dienste is, weet ek nie meer of ek die staat meer kan vertrou met die doodstraf nie. My hoop is maar net dat ek nooit van hierdie "dienste" hoef gebruik te maak nie.
theo 12/11/2009 8:40:09 AM
Ella, jy slaan die spyker op die kop. Stel die gemors daar en dan tereg. Ek voorsien net een probleem met jou voorstel: sou ons die "Arabiese reg" in ons piesangland toepas sal daar geen regering oor wees nie!!
piet praat 12/11/2009 8:46:56 AM
RS, ek wil net aan jou se dat alle polisie manne nie so is nie. Daar is nog duisende hardwerkende en eerlike polisie manne daar buite wat nie sal skroom om hul lewe op die spel te plaas vir ander nie. Sonder liewer die sonde bokke uit, maar moenie almal onder die selfde kam skeer nie. My innige simpatie aan hierdie meisie met wie daar so n aaklige ding gebeur het. Ek bid vir jou, en ek glo dat God jou in sy arms sal toevou en vertroos.
Peet 12/11/2009 8:47:36 AM
Lynette en slagoffer: Wat sal ons nou van hierdie dinge sê. Die enigste troos wat daar werklik is, is dat ons sal ontdek hoe lief die Here werklik vir ons is. Hy het julle meer lief as wat enige persoon op die planeet julle ooit liefgehad het of sal lief hê. En deur hierdie aaklige proses sal NET sy Liefde julle kan dra - niks anders nie. Ek bid saam met julle dat julle Sy liefde sal ontdek en dat Hy julle sal genees. Baie jammer oor julle hartseer!
Beno 12/11/2009 8:56:28 AM
Chris du Plessis het geen idee waarvan hy praat nie. Ek weet nie of 'n mens hom eers sy naiewiteit moet verskoon of nie. As lid van ons destydse kommando-eenheid se reaksiemag moes ek baie maal die tragiese toneel van 'n plaasaanval beleef en glo my vrylik, nie eens diere doen aan ander lewende wesens wat van die slagoffers moes deurmaak nie! Ons bly nou in die buiteland en tog krimp ons ineen met elke misdaadberig. Ons sal nooit loskom daarvan nie. Al wat ons kan doen is om vir ons mense wat nog daar is, slagoffers van misdaad en al die ander burgers, te bid vir hulle veiligheid of andersins dat hulle op 'n manier vertroosting sal vind. Sulke optredes is nie God se wil nie maar die van onbeskryflike gedrogte.
anoniempta 12/11/2009 8:59:30 AM
LYNETTE - Ek is so jammer wat gebeur het en bid en glo julle sal fine wees. Sterkte vir jou en jou hele familie in die tyd.
Gerna 12/11/2009 9:13:48 AM
Hoekom altyd die "barbare" met diere vergelyk? Het iemand al ooit gesien dat een dier 'n ander verkrag?
Ek kan maar net bid vir my familie in SA en sê dankie Here dat ons die geleentheid gekry het om na 'n ander land te verhuis. Ek sal gek word as my pragtige dogter deur barbare verkrag moet word.
Sterkte Lynette vir jou en jou familie.
Marthie 12/11/2009 9:15:48 AM
Drie monstermisdadigers het Swaer Willem vasgebind en hom met 'n hamer en 'n skroewedraaier doodgemaak waar hy besig was om te werk. Toe het hulle die huis waaraan die bewoners so hard gewerk het, binnegedring, 'n kous oor my mooi,weerlose sussie se kop getrek en haar tereggestel. Sy, wie se amer vyftig jaar op aarde gevul was met naasteliefde, daadwerklike omgee en sorg vir alle mense en diere om haar. Hoe verwerk 'n familie hierdie verskrikking? Dis vandag twee maande later en ons lewens is steeds aan flarde.
Anny 12/11/2009 9:20:57 AM
Miskoen moet misdadigers se misdade op hulle voorkoppe getatoeëer word dan mens kan sien wie en wat hulle is. As een na jou toe aankom met I'm a rapist, op sy voorkop, sal jy die samelewing hom uitwerp. Maar hoe sal al die misdadigers ooit aangekeer word??
MARIUS MULLER 12/11/2009 9:52:04 AM
Ons moet die volgende onthou:God slaap nie,die "barbare" en ons sal almal saam geoordeel word.God se inmenging in die wêreld se gebeure het Hy self beperk.Ons mag nie Sy oordeel vir onsself toeien nie,Sy straf is veel erger as enige wêreldse straf wat ons kan uitdeel.Beskou die lewe in ewigheids terme,dit is die waarheid vir gelowiges.Ons reaksie op ons omstandighede is waarvoor ons geoordeel gaan word.Almal is een dood skuldig sorg liewer dat ons almal reg is om God te ontmoet ter enige tyd,enige iets kan ter enige tyd met enige iemand gebeur.Christene is nie gevrywaar van smart nie,maar wel van die ewige dood en hel.Vind jou troos by God,daar is geen ander troos nie.Indien geliefdes sterf deur moord of siekte is die mees belangrike dat so persoon se saak met God reg is.Indien U dink dat hierdie skrywe slegs filosofies is,dan sal u die dood van geliefdes baie moeiliker vind om te verwerk as wat dit reeds is.Die dood is nie die einde van ons ewige bestaan nie,maar die begin.Hou moed mense en dien die Almagtige ,Hy het die finale sê.
Coenraad 12/11/2009 10:07:09 AM
Dit is die gevolg wanneer die mens `n gelofte maak en versuim om dit te betaal. Ons moet terugkeer na ons gelofte en taak waarvoor ons in Afrika geplaas is. Dit is tyd.
Gert du Plessis 12/11/2009 10:15:18 AM
Ag toggie Lynette, as jy vir jou Here moet wag om te kom help, gaan jy lank wag. Ek bedoel nou as dit dieselfde Here is wat die 26 0000 vrouens en kinders in die konsentrasiekampe moes help maar dit nie gedoen het nie, was blykbaar te besig om liewer die Kakies te help. Of wat van die 6 miljoen Jode? Of die 100 miljoen wat die Kommuniste in die vorige eeu gedood het? Hierdie diere wat ons vrouens en meisies verkrag en hulle naasbestaandes in smart nalaat, weet hulle het niks te vrese van jou Here nie, want hy sit net die hele tyd op sy troon en dink nuwe gruweldade uit. Gaan lees maar jou bybel as jy meer wil weet van sy gruweldade.
Dion 12/11/2009 10:24:04 AM
Ek kan nie meer saamstem nie. Dis nou 'n jaar gelede dat ek en my vrou en haar jongste dogter van Kanada deur vyf huisrowers oorval is. Ons is erg aangerand en beroof. As dit nie die toevallige verbyloop van twee polisielede was voor die huis nie, is die vrouens ook nog verkrag ook. Die gevolge van die aanval is onberekenbaar: My en my vrou se herstelwerk aan ons tande was meer as R30 000,00, haar ander mediese uitgawes weens skade aan haar wangbeen en senuwees was in die omgewing van nog R20 000,00. Meer as R25 000,00 se goedere is gesteel. Boonop weier die dogter om ooit weer na SA toe te kom. Ons is as witmenwse en "white bitches" uitgekryt en mioes die ergste rassistiese taal verduur. Diere tree nie so op nie maar net woeste barbare. Die leidsteer wat al die verkeningswerk vir hulle nege aanvalle gedoen het is 'n Zimbawier. Gelukkig het ek die vreugde ervaar dat die hele groep deur 'n uitstekende polisietaakspan gevang is. Hulle is in hegtenis en gaan aaanstaande jaar op nege verkragtings, agt huisrowe en derduidende rande se diefstal in die Hooggeregshof teregstaan. My lof aan die polisie en die Stasiekommissaris wat sy taakspan op meriete en nie kleur aangestel het nie.
Dirk 12/11/2009 10:28:39 AM
Lynette ek weet presies hoe julle moet voel. My ma is op die ouderdom van 69 deur 3 van die barbare vermoor 7:15 in die oggend hulle het haar hande en voete vas gebind en toe n stuk lap in haar mond gedruk en toe vewurg, my dogter was maar 14 en toe sy van die skool af kom het sy op haar ouma se lyk af gekom waar sy in die gang gele het. Die barbare is skuldig bevind op manslag want hulle veweer was dat hulle haar net wou stil gehou het en nie wou dood maak nie. 'n Jaar later is my suster se seun deur een van dood geskiet en hy het maar 15 jaar gekry vir die moord. So Chris moet maar eerder stil bly en hoop en bid dat dit nie sy gesin oor kom nie.
Thea Grobler van der Nest 12/11/2009 10:47:38 AM
Ek kan nie die pyn in my hart beskryf wanneer ek die daaglikse nuus in Beeld gadeslaan nie - dit voel soos 'n nagmerrie film wat voor jou afspeel, al verskil is ek kan nie net opstaan en uitstap of wegstap nie, want hierdie ondenkbare nagmerrie speel hom elke dag om my in my land af en gebeur met mense soos ek. Ons familie het genadiglik nog nie deurgeloop nie, maar ek voel werklik elke ander se hartseer en pyn en soms raak dit net te veel en raak ek vreesbevange en desperaat en depressief en weet ek nie waarheen of wat ek kan doen om dinge te verander nie - ek stuur hulpkrete op na ons God en bid 24 uur en vertrou dat dit wel 'n verskil sal maak - Here, red ons land en ons volk, wees ons genadig, stort U seën oor ons uit, neem ons onder U beskerming, weerhou onheil van ons, sodat geen smart ons tref nie, asseblief Here! Waar is U in hierdie Kerstyd, waar is die vreugde en samesein as so baie families stukkend en verskeur is, asseblief Here, wees ons genadig!
Boerseun 12/11/2009 10:47:40 AM
Daai ouweet ie waarvan hy praat nie. praat help niks. Net die jaar was daar 7 inbrake by my winkels in Parys en misdaad is erg vir 'n klein dorpie. Ek daag cele uit om eers te probeer om net die misdaad in 'n klein dorpie onder beheer te kry, dan kan hy dalk iets leer en iets groters aanpak. Grootbekgeit help niks, dis aksie wat nodig is.
Riaan 12/11/2009 10:56:58 AM
Ons bid en dink aan julle in hierdie moeilike tyd.
Dan 12/11/2009 11:03:41 AM
@Lynette: Dit is werklik jammer om te hoor wat gebeur het. Geen mens behoort hieraan blootgestel te word nie, ongeag ras, geslag, ouderdom of voorkoms. @Jaco Ek dink egter jy het die kat aan die stert beet. Daar is genoeg blanke verkragters, molesteerders en geweldenaars. Hoeveel blanke mans verkrag, slaan, molesteer hulle vrouens en kinders, en mense naby hulle se kinders? As jy die nuus beter dophou, sal jy sien baie van ons swart landgenote het dieselfde frustrasies as ons - waarom anders sal hulle 'n verkragter buitentoe sleep en doodmaak? Ek sê nie ons moet ook so optree nie, ek sê net ras het min hiermee te doen - opvoeding, agtergrond, integriteit is die belangriker faktore. Die meeste verkragters sal swart wees, want die meeste Suid Afrikaners is swart. Daar is baie swart Suid-afrikaners wat ek met my lewe sal vertrou. Was dit nie nog hierdie week in hierdie koerant van 'n swart huiswerker wat haar blanke werkgewer se kinders met haar lewe verdedig het nie? Weet jy hoe stukkend is 'n swart slagoffer van verkragting? Net so stukkend soos 'n blanke slagoffer van verkragting! Kom ons spreek die probleem aan, en die probleem is nie swart nie, die probleem is (myns insiens) nader aan opvoeding, wedersydse respek (die gebrek daaraan), frustrasie as gevolg van swak dienslewering, magsvergrype, minagting vir die grondwet en vele meer.
Moedeloos 12/11/2009 12:16:42 PM
Dan, ek glo die meerderheid sal saam met my stem as ek sê dat ons nie wraak teen almal wat swart is nie. Ons wraak teen die ANC en sy ondersteuners wat dit toelaat want hulle weet dat daar obsoluut niks is wat ons daaromtrent kan doen nie. Niks nie! Die idée dat die ANC die doodstraf sal terug bring is belaglik want dit is presies waarteen hulle staan. Sal ons die doodstraf terug bring om 99% van ons ondersteuners te straf? Nooit nie. Daar is 2 opsies vir die witmens in hierdie land… 1 trek! Of 2 (wat onmoontlik is) staan saam en dring aan op ‘n eie staat. Ek sê dis ontmoontlik wat ongelukkig kry jy nou nog na al die moor en leiding ‘n liberale idioot wat glo dat Suid Afrika ‘n blink toekoms het vir alle rasse. Die meerderheid Afrikaners wat elke dag sit en kla oor wat van SA geword het. Hy sluit homself en sy gesin elke aand toe agter hekke, diefwering en alarmstelsels net vir ‘n goeie nagrus asof hy in ‘n tronk is. Hy betaal elke maand sy duisende rande aan versekering maar sal hy sy 4 x 4 en huisie opgee en veg vir wat reg is. Nee, hy sal nie. Ons Afrikaners is te gewoond aan ons “comfort zone”. Ons sal maar die geweld en die moord verdra wat ons kan nie ons besittings net so los en IETS doen nie! Ek wil nie lelik wees nie maar ons moet asseblief wakker word. Ons is die enigste idiote in die wêreld wat sulke gedrag en denke van ‘n regering verdra alhoewel ons presies weet die regering se agenda met ons is.
Antoinette 12/11/2009 12:17:30 PM
Al wat ek graag wil sê is, hou op om hierdie barbare "diere" te noem. Hul is nie die naam "dier" werd nie. Sien jy enigsins in die diereryk dieselfde wat hierdie barbare aan ons mense doen? Nee!
Graham Kleb 12/11/2009 12:21:47 PM
Lynette, ons bid en dink aan julle vir die verlies van n geliefde familie lid.As n mens die storie lees,weet jy die Bybel se jy moet nie haat nie maar wat kan n mens anders doen as om hierdie klomp sw@$t gemors te haat nie.Hulle maak en breek soos hulle wil,ek se ons boere moet begin opstaan vir ons regte,saamstaan en die gemors begin uitmoor soos wat hulle met ons doen.DIE BOERE VOLK BO
J. van Rensburg 12/11/2009 12:43:40 PM
Lynette, ons kan maar net bid vir sterkte vir jou en joune en die wens uitspreek dat die Here mettertyd genesing sal bring.

Maar mag ek ook byvoeg dat om na vuilgoedse misdadigers as "diere" te verwys, 'n uiterste belediging vir diere is, daar diere ordelike lewens voer en nie so teenoor hulle eie optree nie. Geen dier verkrag sy kleintjies nie; diere moor nie vir die pret nie, hulle besoedel nie hulle omgewing nie, hulle verraai mekaar nie - inderdaad, hulle gedra hulle soos DIERE en nie soos BARBARE nie. Ook is nie al die mense van 'n sekere bevolkingsgroep BARBARE nie - daar is derduisende wetsgehoorsames onder hulle geledere teen wie ook misdaad gevoer word, net ons hoor baie min daarvan totdat jy met sommige van hulle gesels en hoor hoe hulle ook as gevolg van barbaarse optredes ly.

Sterkte aan elkeen wat een of ander tyd deur misdaad geaffekteer is, hetsy slegs 'n klein artikel gesteel sonder enige geweld, of slagoffers van geweld (ek en my familie het al almal op een of ander wyse deurgeloop - maar dankie Here, dit was slegs diefstal in elke geval en niks erger nie!) Ons kan maar net hoop en bid dat die Here sy beskermende hand oor ons almal sal hou...
susan 12/11/2009 1:03:35 PM
lynette ek het nie woorde nie,ek voel saam jou die pyn en seer.ons seun is laasjaar vermoor,deur n libanees,en so wragtig het hy landuit gevlug met behulp van n polisie lid wat sy paspoort aan hom terugbesorg het.ons sal nooit die hoofstuk kan afsluit nie want ons seun se moordenaar is los,en libie het nie n uitruil ooreenkoms met SA nie.ons kan maar net glo en vertrou op GOD dat die man wel gestraf sal word vir sy dade.en intussen probeer ons so normaal as moontlik optree ons loop maar elke dag met ons maskertjies rond,mense verstaan nie altyd jou seer nie.ons seun se babadogtertjie was maar ses weke oud toe haar pappa vermoor is.baie sterkte vir julle ons weet waardeur julle gaan.GOD SAL DIT NIE ONGESIENS LAAT VERBYGAAN NIE.
ernst 12/11/2009 1:16:37 PM
Ek voel SO saam oor hierdie artikel. Woorde kan nie my weersin en haat beskryf vir primitiewe lewensvorme wat hulleself mense noem nie. Ek wens iets kon hulle almal met een veeg uitwis. Baie sterkte.
Boere! 12/11/2009 1:27:44 PM
Graham, ek's met jou! OR Thambo het bomme geplant en ons grootste internationale lughawe is na hom vernoem. Ons sal dit “Graham Kleb Internationaal” noem!
Carl Jordaan 12/11/2009 1:27:45 PM
By die kameeldrift Krisisentrum www.xsis-centre.co.za , het ons met te veel sulke gevalle te doen. Mag God julle deur hierdie geweldige hartseer dra. Prediker 3 se daar is n tyd om te haat, en daarom mag mens sulke barbaarse optrede haat. Ons mag ook die onbeholpenheid om hierdie gemors aan te keer haat. Die pendulum is besig om teen die misdadigers te swaai en hopelik kan daar n verandering kom. Want so kan ons nie aangaan nie.
Nick v Wiese 12/11/2009 2:37:44 PM
Lynette, my innige simpatie met julle familie. Jy skryf dit soos dit uit jou hart kom en jy skryf dit presies soos wat ek n week gelede in n brief aan Beeld vir mnr. "Grootbek" Cele vertel het van sy polisiemag en menseregte. Ongelukkig het die Redaksie van Beeld besluit om nie die brief te plaas nie. Hou ook maar nie van die waarheid nie
js 12/11/2009 2:44:25 PM
bring net die doodstraf terug...

binne beeld

Nuutste Briewe-kommentaar

Kraag sê... Het nou so 'n rukkie terug 'n jong lat bo van sy fiets afgeklap.......toe is dit net ja Oom dankie Oom goed Oom sallie weer nie Oom........Dis al taal wat hulle verstaan.......Gaan dit vorentoe gereeld toepas........ Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 20-27°C Sprinkles early. Morning clouds. Mild. Jhb: 16-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 13-28°C Mostly sunny. Pleasantly warm. Pta: 16-31°C Sunny. Pleasantly warm.
Bfn: 21-29°C More sun than clouds. Warm. PE: 20-27°C Thunderstorms. Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Category Manager: Toys

Western Cape - Cape Town
Media24

Management Accountant

Gauteng - Johannesburg
Network Finance Menlyn

Senior Accountant

Gauteng - JHB North/Sandton
Network Recruitment CA- Centurion
R450,000-480,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A6 2.4 130kW Multitronic 7-sp
2005
R 219,899.00

VOLKSWAGEN

Jetta 5 1.9 TDi Comfortline Dsl DSG
2009
R 314,699.00

VOLKSWAGEN

Kombi T5 SWB 1.9 TDi MPV Dsl
2008
R 269,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

CENTURION GOLF ESTATE

Single Residential - House R 6 200 000

UMHLANGA

Single Residential - House R 10 000 000

SOUTHBROOM

Single Residential - House R 9 625 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

e-Boeke is Nou Beskikbaar by kalahari.net

Tot 50% Af Op Top e-Boek Titels

Laai net Adobe Digital Editions af, soek & koop jou e-Boek, laai die e-Boek vanuit jou LibraryBox af en geniet e-Lees!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!