Johannesburg

Donderdag

Mostly sunny. Pleasantly warm.

13°C
28°C

7 day forecasts

Dag van vlieërs, nag van sterre

2010-01-30 06:00

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Johan Myburg

My kennis van Sutherland was nog altyd bra beperk. Wat ek wel weet, is dat dit die geboorteplek is van NP van Wyk Louw; dat dit die koudste plek in die land is; dat daar ’n sterrewag is met die grootste teleskoop in die Suidelike Halfrond; en dat jy op ’n vlug van Kaapstad na Johannesburg soms die dorpie uit die lug kan sien – duttend in die voue van die Moordenaarskaroo.

Wat ek intussen meer oor Sutherland te wete gekom het, is te danke aan die kunstenaars Bronwyn Lace en Marcus Neustetter. In Januarie 2009 het hulle die internasionale Jaar van Astronomie daar ingelei met die projek Sutherland Reflections, wat hulle aangebied het.

Dié projek is verlede maand opgevolg met ’n uitstalling van die werk wat verlede jaar gedoen is en is afgesluit met ’n blou lug vol oranje vlieërs.

Lace en Neustetter het gewis hul oog op die sterre, maar wat nog altyd opgeval het van hul projekte is dat hulle die sterkwaliteit in mense raaksien. Hulle pak nie ’n kunsprojek aan sonder die betrokkenheid van die inwoners nie.

Die rede vir my besoek was om die laaste dag van Lace en Neustetter se projek by te woon.

In die bestek van 24 uur kan ’n mens hoogstens ’n indruk vorm van ’n plek, maar wat ek wel weet, is dat ek die dag voor Kersfees in Sutherland se stofstrate vlieërs dopgehou het en Kersnag sprakeloos na sterre gestaar het.

Teen twee op ’n somermiddag, toe ek Sutherland binnery, lê die dorpie so loom soos ek hom uit die vliegtuig al sit en dophou het. ’n Teerstraat met ’n reuse-klipkerk, dorpshuise op die straat wat oornag gastehuise geword het en verskeie drankwinkels is so te sê die somtotaal van die hoofstraat. Aan die einde van die hoofstraat, net buite die Kamamas-restaurant, kom ek op die groot doenigheid af.

Sowat 60 groot vlieërs in die vorm van visse word die lug in gehelp deur ywerige kinders – party skaars ouer as drie.

In die ligte bries kom die vlieërs een ná die ander op dreef. Dié wat nie die vlieërs aan die einde van ’n lang tou probeer beheer nie, speel met groot stukke blou en wit lap wat iets van die see onder die wriemelende oranje visse vergestalt.

Terwyl die kinders besig is om ’n enorme tafereel te skep – sigbaar van die stofstraat-eindhoeke van die dorp – drentel grootmense op pad na een van die drankwinkeltjies op die dorp om drinkgoed vir die Kersnaweek aan te skaf. Die gewildste drinkgoed blyk geel soetwyn te wees. Dié word verkoop in vyfliter-plastiekkanne. Met ’n kan in elke hand kom die voornemende fuiwers verby. Dat die wyn gewoon net die basis vorm vir ’n meer skoppende konkoksie, word ’n sterker vermoede as sommige van die kopers ook met brandspiritus in die hand verbystrompel.

Werkloosheid en hoë alkohol­gebruik is van die grootste probleme op die dorp, kom jy agter as jy met van die inwoners praat.

Toe die peperboom voor Kamamas ’n langer skadu begin gooi, is die vlieërs versigtig opgevou en weggebêre vir ’n later geleentheid. En toe is die projek afgesluit met ’n guitige worsbroodjie-braai vir die klomp jonges.

Sutherland Reflections is aangebied in samewerking met die sterrewag (SAAO), die Sutherland- toerisme-inligtingsentrum en die Venus Susters, ’n gemeenskapsontwikkelingsprojek wat benewens die Kamamas-restaurant ook ’n gastehuis op ’n plaas so vier kilometer anderkant die sterrewag bedryf. Die Venus Susters, twee vroue wat ongelooflik vindingryk ontwikkeling in die gemeenskap probeer bevorder, kry steun van die nasionale ontwikkelingsagentskap. Die plaashuis neffens die stofpad na Fraserburg is gerieflik en tien mense kan gemaklik op een slag daar oorbly.

Afgesien van die sterrewag met sy gevorderde tegnologie, is die plaas die wonderlikste plek om blootoog na die sterre te staar. Die Melkweg lê ’n wit baan deur die hemel en die sterre flonker blinker as wat ek dit ooit gesien het. En as jy twee sterrekundiges saam met jou om die kuiertafel het, word die naghemel meer as net sterre.

Teen elf die aand, toe die maan gesak het, ry ons na die sterrewag, benewel deur die sterre soos wafferse wyse manne.

Toe ons die motors se ligte afskakel, is dit stil en toe ons oë gewoond is aan die donker stap ons sonder woorde onder sterlig na een van die 13 strukture met teleskope. Die dak skuif geruisloos oop en bokant ons blom die een newel naas die ander. Deur die lens van die teleskoop kry hulle name: die Orion-newelwolk met sy gloeiende gas, die webberige Tarantula-newelwolk?…

Ons kry ’n blik op die Sewe Susters (of die Pleiade of IsiLimela) wat deur die teleskoop skielik honderde sterre word. En saam met die sterre val die Griekse mitologie oop. En Xhosa-legendes. En die Kersnagtelike uitstappie word ’n byna oorweldigende ervaring.

Met die maan aan die slaap en die wakkerwordende wete dat ek so min van die heelal snap, verlaat ons die sterrewag met teleskope wat hongerig en met blink lense na kennis die lug in staar.

Bewus daarvan dat die stowwerige dorpie in die Moordenaars­karoo met die uitsig op die firmament inderdaad ’n juweel is in die kroon van die skepping.

* Vir meer inligting oor die Suid-Afrikaanse Sterrewag besoek die webwerf www.saao.ac.za.

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 20-27°C Sprinkles early. Morning clouds. Mild. Jhb: 16-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 13-28°C Mostly sunny. Pleasantly warm. Pta: 16-31°C Sunny. Pleasantly warm.
Bfn: 21-29°C More sun than clouds. Warm. PE: 20-27°C Thunderstorms. Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

IT Project Manager (Foschinidata)

Western Cape
The Foschini Group

Data Warehousing Consultant

Western Cape - Cape Town
Quiglies Solutions

Retail Store Manager

Western Cape
Crabtree & Evelyn
R 10 000 p/m to R 12 000 p/m

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A6 2.4 130kW Multitronic 7-sp
2005
R 219,899.00

VOLKSWAGEN

Jetta 5 1.9 TDi Comfortline Dsl DSG
2009
R 314,699.00

VOLKSWAGEN

Kombi T5 SWB 1.9 TDi MPV Dsl
2008
R 269,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

WESTCLIFF

Single Residential - House R 24 000 000

LLANDUDNO

Single Residential - House R 58 000 000

ATHOLL

Single Residential - House R 14 000 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

e-Boeke is Nou Beskikbaar by kalahari.net

Tot 50% Af Op Top e-Boek Titels

Laai net Adobe Digital Editions af, soek & koop jou e-Boek, laai die e-Boek vanuit jou LibraryBox af en geniet e-Lees!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!