Johannesburg

Vrydag

Morning clouds. Mild.

15°C
25°C

7 day forecasts
Ferdi Greyling

Wat sê dit van ons hier?

2009-09-08 03:18

Die geval Brandon Huntley het die afgelope week ’n klomp bespreking ontlok.

Dié Kapenaar het asiel in Kanada gekry nadat hy aangevoer het daar word teen hom as ’n wit Suid-Afrikaner gediskrimineer en dat sy lewe – as ’n wit mens – in Suid-Afrika in gevaar is.

Selfs die Suid-Afrikaanse regering en die ANC het ingespring met verklarings.

In die algemeen is die kritiek – amptelik en om etenstafels – teen Huntley dat hy dinge oordryf en selfs dat hy dalk ’n bietjie spekskiet oor wat met hom gebeur het. Hy sê hy is verskeie kere beroof en by geleentheid het swart rowers hom ’n “wit hond” en ’n “setlaar” genoem.

Hy het ook gesê regstellende aksie en swart ekonomiese bemag­tiging diskrimineer teen hom as ’n wit Suid-Afrikaner.

Dit lyk my hier is ’n paar dinge wat geskei moet word.

In die eerste plek is Huntley ’n individu wat in Kanada ’n regs­bevinding in sy guns gekry het. So iets is niks om oor huis toe te skryf nie.

Hy is ook iemand wat permanente verblyf in ’n ander land gekry het. Dis ook niks om oor te praat nie.

Wat wel die woord-lawaai veroorsaak, is die redes hoekom hy die bevinding in sy guns gekry het. Dis waaroor alles gaan.

En dan moet ’n mens ook nog twee ander goed skei. Dit is die Kanadese en die Suid-Afrikaanse konteks. Die Kanadese owerheid het in ’n Kanadese konteks gekyk na wat hy aangevoer het, nie ’n Suid-Afrikaanse konteks nie. Die Kanadese owerheid was duidelik geskok. Dís die Kanadese se saak.

Wat ons raak, is die Suid-Afrikaanse konteks. Huntley is nou landuit, maar hy los ons met woede – dié kant toe of daai kant toe – oor óns konteks.

En hier is die vraag – so lyk dit my – of wat hy sê die waarheid is. Met ander woorde: Is die Kanadese reg om so geskok te wees deur wat na bewering hier aangaan?

So, is dit geloofwaardig dat iemand uitstaan in Suid-Afrika vanweë sy wit vel? Ek sou sê dit is.

Is dit moontlik dat iemand sewe keer beroof kan word én dat ’n nabye familielid vermoor kan word? Ek dink dit gebeur.

Is dit moontlik dat iemand rassisties beledig kan word in ’n rooftog of aanval? Daar is sulke gevalle geboekstaaf.

Is swart ekonomiese bemagtiging en regstellende aksie diskriminerend teenoor wit mense? Baie sê so. Sommige praat uit ervaring.

Wat Huntley sê, resoneer by baie Suid-Afrikaners, lyk dit my.

En hier is ’n belangrike punt: By álle soorte Suid-Afrikaners.

Swart, wit, bruin, Indiër en Chinees word te gereeld beroof en met geweld seergemaak.

Ons almal beleef van tyd tot tyd rassisme. Wit op swart, swart op wit, swart op Indiër, Indiër op swart, bruin op wit, wit op bruin, bruin en swart op mekaar?.?.?. noem maar op. Ons het hier te doen met die moderne nie-rassigheid van die reënboognasie: Misdaad en belediging ontsien niemand nie.

En vir my lyk dít na die hart van die kwessie. Dit is die soeklig wat die Huntley-geval op ons as ’n land gooi: Hier is te veel misdaad en te veel geweld. Dit gaan ons vernietig.

Suid-Afrika is ’n land wat inherent rassespanning het. Dit is omdat ons soveel etnisiteite hier bymekaar is – met ’n bietjie te min hulpbronne op die oomblik.

En as misdaad en geweld in so ’n konteks tier, veroorsaak dit ’n klomp slegte goed, waarvan een rassisme is. ’n Ander naam daarvoor kan wees: “etniese verskille wat met geweld en onregmatige ontnemings onderstreep word”.

En vanuit die wit gemeenskap, voeg dié stukkie by: Die manier waarop regstelling en ekonomiese bemagtiging gedoen word, word as onbillik diskriminerend ervaar.

Hou op om Huntley te probeer bykom. Hy is nou by die Kanadese. Dalk gelukkiger, dalk nie.

Wat van ons kyk eerlik na wat die hele gevalt oor óns hiér sê? 

Kommentaar is gesluit vir hierdie storie.

Christa 9/8/2009 9:27:49 AM
Ek stem saam met die skrywer van die artikel. Hou op om Huntley te veroordeel/by te kom. Hy praat verseker die waarheid!
Carol 9/8/2009 9:44:04 AM
Die mees positiewe ding oor die Hubtlye debakel is; die wereld se oe gaan oop oor wat in SA gebeur. En Kanada is 'n moderne, westerse land met respek vir die reg en bykans geen misdaad. Wat maak dit saak of die storie uit die Kandadese konteks geskryf is. Dit is feite, en niemand, slegs die ANC ontken die misdaadstatistieke. Hier is so baie wit Suid-Afrikaners in die buiteland, ek inkluis, wat dieselfde storie kan vertel.En dit maak ons nie lafaards en verraaiers nie; ons is slegs lief vir die lewe en wil ongestoord van diskriminasie en misdaad aangaan met ons lewens. In elke geval, word die Huntley saak vanuit die Suid-Afrikaanse konteks beoordeel, gaan die feite oorweldigend in sy guns tel. Hoeveel mense kan nie na vore kom en boekstaaf dat hulle dieselfde ervaring het. Die nommers is legio.
Helena 9/8/2009 9:59:48 AM
Ek stem volkome saam. Ek is 'n aartsoptimis, maar ook 'n realis, maar ons is besig om onsself om die bos te lei met versiersuiker praatjies. Die realiteit is dat dit nie meer 'n geval is van "OF ek of iemand naby my 'n slagoffer van misdaad, 'n kaping of nog erger moord gaan wees nie, maar WANNEER". Wie van ons ken iemand wat nog nie onder een van bg deurgeloop het nie? Diegene wat hom veroordeel is dié wat nie die nare werklikheid in die gesig wil/kan staar nie.
Coenie 9/8/2009 10:16:12 AM
Sou meeste wit Suid-Afrikaners in 1992 se refferendum JA gestem het as hulle geweet het wat die toekoms vir hulle inhou, en dat die beloftes wat aan hulle gemaak is gebreek gaan word?
EE 9/8/2009 10:55:30 AM
Nee, hulle sou seker nie Ja gestem het nie. So, ons kan "dankie" se vir al die Ja stemmers wat ons nou in hierdie s**** laat beland het!
Anton 9/8/2009 10:58:44 AM
Ja ek sit ook in die buiteland en ook in een van die lande met die laagste misdaad syfers in die wêreld. Geweldsmisdaad is hier ongeken behalwe in skietskop flieks op T V. Nie eers dit spoor misdaad aan nie. Iedergeval die mees vernederenste ervarings wat ek amper daagliks moet ervaar is wanneer ek met 'n taxi bestuurder 'n geselsie aanknoop. Wanner hy op aanvraag reageer op my,"ek is van Suid-Afrika" kom die reaksie met eksklamasie:" oh dear, lots of crime, corruption, discrimination. Is 2010 worldcup soccer safe to go experience"!!!!Ja ek het twee jaar van my lewe gegee vir die blerrie verkeerde redes en ander het geboet daarmee met hulle lewens aan beide kante van die vyandslyn. Maar is dit waarvoor ons nou geveg het en tot stand gebring het? Die leuen wat die RSA reggeering nou aan die res van die wêreld wil verkoop? Ja ek praat van die "bullshit democracy that only looks good on paper and the rainbow nation living in perfect harmony" Nonsens man!!! G'n wonder wanner 'n waarheid soos mnr Huntly s'n so nou en dan uitglip die klomp daar hulle gatte wip nie. Ek het altyd geglo dat as jy iemand ontbloot jy altyd met agressie gekonfronteer word sou dit blyk dat jy hom/haar uitgevang het. Kyk bietjie as die tandarts volgende keer jou senuwee raakboor hoe trek jy jou gesig gevolg deur 'n kreun. Daar is talle RSA burgers van alle kleure en oortuigings in die buiteland wat die selfde Huntly ervaring deur is. Hulle sal nog praat, want daar is een ding wat ons almal in gemeen het,....ons wil huistoe kom!!!!!So, "powers that be" hoekom wys julle nie bietjie respek vir die mense wat julle aangestel het nie en kyk agter hulle. RSA is en bly nog die beste plek in die wêreld die enigste probleem is as ek sou terugkom sou ek nie lank genoeg kan leef om dit te geniet nie!
Sacha Enslin 9/8/2009 11:48:21 AM
Ek dink dit pla die Regering vreeslik want vir eens het iemand genoeg moed gehad om dit te verklap soos dit regtig is in Suid-Afrika. Ek sê mooi so nou kan die hele wêreld weet wat hier aangaan. Wat gaan die ANC nou weer skree seker APARTHEID. Ons is nou al so gewoond daaraan dat hulle Apartheid blameer vir hul eie onoselheid dit is regtig al bietjie oud. Kan hulle nie aan iets nuut dink nie of hoe lank gaan hulle dit nog holrug ry?
Solly 9/8/2009 12:57:14 PM
Dieselfde ou geween en gekners van tande. Wanneer gaan ons begin om saam te staan en saam iets aan die situasie te doen. Maar nee, ons het nog nie swaar genoeg gekry nie. Elkeen wil nogsteeds beter af wees as sy medemens, 'n groter en mooier huis, 'n groter en duurder motor, ens, maar eintlik bly ons almal in tronke. Al hierdie aardse goed beteken niks as mens nie kan lewe nie. Miskien moet ons ryker in ons geloof word en daad by die woord voeg, saam kan ons van SA 'n beter plek maak.
Elzaan Meyer 9/8/2009 1:00:51 PM
Ons land is 'n gemors, Mr Huntley "you go"! Ek hoop van harte hy is gelukkig. Ons sit met 'n vreeslike kommunikasie gaping hier in SA, niemand wil vir niemand 'n "gap" gee nie. Dis siek wat in SA aangaan, ons moet 'n groot grap vir die res van die wêreld wees. Ek's nie negatief nie, maar net realisties. God is die enigste persoon wat ons land sal kan red, maar met die Regering wat nie eers Christene is nie, sjoe. Die tafels is nou om gedraai, maar ons as wit mense gaan nie so tekere nie. Ons "fight" eerder vir dit wat ons nog oor het.
Donnay 9/8/2009 1:22:38 PM
Eerste ordentlike, objektiewe stuk wat ek hieroor gelees het... Humeure tref die dak en aantygings word heen en weer geslinger, maar niemand stop, sit en DINK oor wat dit eintlik vir ons beteken nie...
Frederick 9/8/2009 2:25:09 PM
Almal wat nou so gal afgaan , was bomplanters , verktagters ,rowers en moordenaars wat altyd in die meerdere was wat dan ou en aleen weerlose blankes aan geval het en dan op die wreedaardigste manier dood gemaak het.Wie is hulle vra ons ons self af? Die wat tans in die parlement sit en hulle het dit gedoen onder die dekmantel van die verdruktes , nooit het hulle iets vir die land gedoen behalwe om dit af te breek , verbrand en te moor , nou begin die wiel stadig draai jy kan so hard rem as wat jy wil moeg sal hulle word en die waarheid sal uit kom , dit is hoog tyd dat die buite land sien wat werklik in SA aan gaan en op hou om altyd die Blankes as verdrukkers te sien.Daar is meer as genoeg grafte van blankes wat net vir 'n selfoon' dood gemaak was self kinders so oud as 13 jaar.Almal Blank en Swart weet wat hier aan gaan en as jy nie weet nie maak net julle oe oop en kyk net n dag rond , die kans dat jy dalk die volgende slagoffer is , is baie goed.Kom ons kyk wat se die toeriste as hulle tydens die wereld beker n smakie van die nuwe SA sal kry , dalk is dit die dood snikke van die nuttelose regering as hulle almal terug gaan en getuig wat regtig hier aan gaan.Die feit van die saak is en was Hulle het asiel gesoek nadat Hulle gemoor en lewens verwoes het , en is sonder enig teenkanting van die betrokke lande toegeken.
Tim 9/8/2009 2:29:58 PM
Dit help nie om te kla nie. Al wat ons mense kan doen is kla. Ek is so moeg vir almal wat kla oor die land. Doen iets omtrent dit. Wat moet eers gebeur voordat ons gaan saam staan?
Henry 9/8/2009 2:57:37 PM
Wat van 'n Engelse vertaling van die artikel? Ek sal graag wil hoor wat die 'I do not speak Afrikaans' klomp sê, en of hulle dit kan beredeneer sonder om ras in te bring. Goeie artikel, dit slaan die spyker 100% op die kop. Niemand maak so seer as hy wat jou foute laat uitstaan nie.
Chris 9/8/2009 3:22:27 PM
Dankie vir 'n goeie ewewigtige artikel. Verlede Vrydag het ook Tim meer gebalanseerd oor die saak geskryf. Waarom dan het Beeld in beide sy berriggewing en hoofartikel oor die gebeure rondom Huntley en die Kanadese besluit dit as koddig,swak,verdraaid en onaanvaarbaar bestempel? Wat het geword van julle "pc" houding? Wat is Beeld se amptelike standpunt dan tog nou? Ek weet wel wat ek en die meeste blankes dink. Groete uit Ierland.
Sam 9/8/2009 3:24:16 PM
Goeie artikel. Ek stem saam oor jou siening van die saak. Ek dink die regering en baie mense in SA wat in n bubble leef se bubble is gebars deur hierdie hele voorval. Hou op om SA goed te praat as dit reguit praat nodig het. Daar is probleme in SA, los die probleme op, of erken die probleme, dis n goeie begin.

Die Kanadees...... los hom uit, hy het iets gedoen wat sy lewe verbeter en dalk sy gesin ook. As dit onwaar was, sou Kanada hom nie toegelaat het nie. Almal weet dat wat met hom gebeur het......baie baie moontlik waar is.
Nico 9/8/2009 3:35:49 PM
Dankie vir die feit dat hierdie rebriek nie dadelik die stank van Middel Stroom Media bevat, soos ons al gewoond gemaak is deur die liberale kous-poppe wat in die media mis/gebruik vir ongebalanseerde, multi-kulturele, rooskleurige, sosiale hervorming en programmeering van die skaap-mens. Baie skaap-mense gaan met oogklappe deur die lewe, en kan self nie hond haar af maak nie,met gevolg dat hulle, as skaap-mense enige liberale kous-pop twak op eet sonder ‚n knippie sout, sonder om te dink. Dit terwyl ander se oogklappe al 15 jaar terug afgekom het, met die skrif duidelik aan die muur!!

binne beeld

Nuutste Ferdi Greyling-kommentaar

JaNee sê... Nie nonsens het met Mandela begin. Hy kon net glimlag, amandla skree en met sy gebalde vuis in die lug steek. Dom volgelinge het nog steeds daardie prentjie in hulle koppe. Naiewe witmens het nog nie agtergekom dat die vryheidsvegters net 'n klomp kriminele was nie...As dit 'n eerbare organisasie was so daar nie nou korrupsie gewees het nie en so hierdie mense trotse diens gelewer het. Die ANC en sy volgeling is inherent rasisties en jaloers..... Ons sien dit elke dag by die werk, opstraat en as hulle jou aanval by jou huis.... Bewys my verkeerd. Ek sal luister wat jy se.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 19-28°C Sunny. Warm. Jhb: 17-27°C Afternoon clouds. Mild.
Dbn: 15-25°C Morning clouds. Mild. Pta: 13-32°C Sunny. Pleasantly warm.
Bfn: 21-30°C Sprinkles early. More sun than clouds. Warm. PE: 19-27°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Managing Editor: Ackermans, APLUS

Western Cape - Cape Town
New Media Publishing (PTY) Ltd

Editor: Ackermans, APLUS

Western Cape - Cape Town
New Media Publishing (PTY) Ltd

Managing Accountant (AA)

Gauteng - JHB South
Network Recruitment CA- Centurion
R400,000-500,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Comfortline 5-dr MY05
2009
R 169,990.00

AUDI

A4 1.8T 140kW Multitronic
2005
R 159,000.00

NISSAN

Livina 1.6 Acenta 5-dr
2009
R 135,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

HOUT BAY

Single Residential - House R 4 500 000

NEWLANDS

Single Residential - House R 5 250 000

ZWARTKOP GOLF ESTATE

Single Residential - House R 5 465 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

Alle Lego op Uitverkoping

Pret vir die Hele Gesin!

Besoek die kalahari.net Speelgoedwinkel en kry LEGO-speelgoed + opvoedkundige speelgoed volgens ouderdom, tema, kategorie en meer.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!