Johannesburg

Saterdag

A few showers. Morning clouds. Pleasantly warm.

14°C
27°C

7 day forecasts
Gasrubriekskrywers

Middel teen pessimisme

2009-11-04 21:42

Jaap Steyn

Armoede ken geen kleur-of taalgrense nie. Waarom moet Solidariteit dan op Afrikaners fokus met sy aksieplan teen armoede?

Dié vraag is gevra ná Solidariteit Helpende Hand se Reddingsdaad-kongres. Talle deelnemers aan die kongres het dit beklemtoon dat alle gemeenskappe moet saamwerk om armoede te beveg.

Maar daar is ’n goeie rede waarom Solidariteit veral en vir eers na Afrikaners moet omsien. Hulle is die groep wat die afgelope 15 jaar die swaarste gely het onder die gesamentlike uitwerking van drie nuwe soorte diskriminasie: rassediskriminasie met regstellende aksie (die Nederlanders, net so polities korrek as ons, noem dit posi­tieve discriminatie!), taal­­diskri- ­minasie en maatskaplike diskriminasie met byvoorbeeld staatstoelaes. So het die Tshwane-metroraad sedert 2000 van die 90?100 beskikbare Hop-huise net twee aan wit behoeftige gesinne gegee.

Helpende Hand het onlangs navorsing bekend gestel wat toon dat ongeveer 131?000 wit huishoudings nie voldoende huise het nie. Hulle woon in ou hoenderhokke, wit plakkerskampe, stukkende woonwaens, tente of informele sinkstrukture. Sowat 46% van wit gesinne kan nie meer ’n huis van meer as R200 000 bekostig nie.

Die aantal wit gesinne wat minder as R68 400 per jaar verdien, neem jaarliks met ongeveer 37000 toe. “Om die huidige agterstand van behuising onder arm wit mense oor die volgende tien jaar uit te wis, moet daar ’n gemiddelde van 14000 Hop-huise per jaar vir arm wit mense gebou word,” sê dr. Danie Langner, uitvoerende hoof van Solidariteit Helpende Hand.

Die Afrikaners is een van die gemeenskappe wat buite die fokus van die regering se hulpprogramme val en hulle moet, soos Langner dit stel, “self verantwoordelikheid vir hul welstand aanvaar en hierdie verantwoordelikheid word nou weer aangegryp”.

In die groot Afrikaner-aksies van die 20ste eeu het die klem sterk op onderwys en opleiding in Afrikaans geval. Dit is goed dat dit ook nou op die voorgrond staan.

Een van die “Reddingsdaad-doenplanne” is die uitbou van die huidige Afrikaanse tegniese kollege, Sol-Tech, om opleiding in meer ambagte aan te bied. Iemand wat professor aan twee universiteite was, skryf aan my: “Ek was onlangs by Sol-Tech. Jy moet sien hoe netjies die plek lyk. En die studente lyk soos mense wat ernstig is oor die verwerf van vaardighede en kennis, nie asof hulle daar op die kampus kom boemel nie!”

Nog ’n plan is ’n ondersoek na die moontlikheid van ’n sentrale buro wat Afrikaanse private en openbare skole kan ondersteun, asook ’n “multimiljoenrandse Afrikaanse beursplatform”. Hopelik luister die kerke na Helpende Hand se oproep om dit aktief te steun.

Solidariteit se ander planne sluit in die vestiging van ’n Afrikaanse beroepsleidingsinstituut wat jongmense in staat sal stel om in die regte rigtings te studeer; die vestiging van ’n Afrikaanse afstands­onderrig-akademie; steun aan bestaande Christelik-Afrikaanse onderwyserskolleges; ’n ondersoek na die moontlikheid van ’n netwerk van Afrikaanse kleuterskole en nasorgsentrums; ’n ondersoek na die moontlikheid van ’n private Afrikaanse universiteit; en druk op die regering vir ’n skikking oor Afrikaanse onderwys op alle vlakke.

Dit is, samevattend, die soort aksies wat alle lewenskragtige gemeenskappe aanpak wat deur onsimpatieke regerings gedwing word om hulself te help. Dit is die oprigting van eie onderwys- en ander instellings, aangevul deur taalaktivisme soos druk op regerings wat hul plig versuim. As belastingbetalers is Afrikaanssprekendes op onderwys in hul taal geregtig.

Ons geskiedenis, maar ook dié van ander taalgemeenskappe, leer dat ’n mens ’n taal op sy beste kan bevorder as jy saam met die onderwys ook loopbane kan skep waarin daardie taal bruikbaar is.

Die beste middel teen die heersende pessimisme is konstruktiewe aksies, die soort dinge wat Solidariteit beoog en in sommige gevalle reeds uitgevoer het.

- Beeld

Lewer kommentaar op dié storie


Henri 11/5/2009 8:41:51 AM
Dis tyd dat ons die geveg buite ons grense vat en om dit te doen moet mense die patrone begin byt, en in Engels skryf. Net todat bewusmaking aan dreef is maar is ons hardkoppige nasie tot so iets in staat?

Om in Afrikaans onder onsself te praat doen ons basies wat hulle in Engels se, 'We are preaching to the converted'. Ons weet dinge is nie pluis nie maar die mense wat dit nie weet nie, en wat ons kan help sit in die buiteland. Ongelukkig kan jy nie mense help as jy nie hul taal verstaan nie en ons is verlee. Ons moet begin die boodskap uitdra. Ons het baie vriende daar buite wat wil help maar verstaan ons nie.
Jaco 11/5/2009 9:02:35 AM
Tien uit tien vir Solidariteit se aksies. Ek steun en ondersteun Solidariteit reeds om ook my deel by te dra in die stryd teen afrikaner armoede. Ek sien dit ook as my christelike plig om my naaste op so manier te dien.
Slimjan 11/5/2009 9:08:02 AM
Die Engelse praat van "charity begins at home" en daarom is die werk wat Helpende Hand doen so lofwaardig. Leierskap onder Afrikaners is ongelukkig baie skaars en is Afriforum daar om na die belange in 'n vyandige omgewing om te sien. Die skuld gevoelens oor die verlede kan slegs oorkom word as ons onsself vergewe en die tyd is nou daar dat ons moet opstaan en eerder deel van die oplossing word as deel van die probleem
Alwyn 11/5/2009 10:12:39 AM
Ek hoop van harte dat hierdie werk regtig ondersteun sal word en sal sneeubal want dit is wat ons nodig het. Baie baie sterkte aan Solidariteit en Die Helpende Hand.
Lizelle 11/5/2009 10:49:34 AM
Solidariteit en Afriforum is die enigste silwer randjie om 'n groot donderwolk! As niemand ons arm blankes gaan help nie, dan moet ons dit self doen. Kom ons hou gee eerder ons tiendes aan hierdie geloofwaardige organisasie as aan bedelaars op straat gee! Hou so aan ek is trots op julle!
Gert van Schalkwyk 11/5/2009 12:11:07 PM
Jaco, ek stem 100% saam. Ek sal ook my deel doen om te help. Slimjan, ek het GEEN skuld gevoel oor die verlede nie. BAIE DANKIE SOLIDARITEIT!!!!!!!!!
Henk 11/5/2009 1:04:39 PM
Ek werk in die biuteland, maar is lid van Solidarityd. Hoekom? Ek dink alle Afrikaners moet lid word om sodoende solidariteit te toon om Afrikaans te dien. Alle fondse is nou baie nodig om al die aksies te laat slaag. My raad is sluit aan en gee ekstra geld! Dit maak ons nie armer nie maar ons nasie ryk!
ALWYN B 11/5/2009 5:52:45 PM
Solidariteit doen uistekende werk en moet uit gebou word deur alle Afrikaners.Solidariteit word intelligent bestuur en het reeds n uitstekende infrastruktuur. Ek is lid van die organisasie al is ek n professionele persoon en n werkgewer.
Boerseun 11/5/2009 8:43:55 PM
Daar's niks om voor skaam te wees, as mens eerste na jou eie mense kyk nie. Dis eintlik heel normaal en reg volgens die Bybel ook. Waneer Solidariteit ook 'n politieke party word, dan eers sal hy regtig sy krag kan toon...Hoe lank moet ons nog wag?
Cathy 11/6/2009 12:26:01 AM
"Dis tyd dat ons die geveg buite ons grense vat en om dit te doen moet mense die patrone begin byt, en in Engels skryf."Glo my, ons doen dit! Ons skryf briewe aan koerante (en in die buiteland - anders as by Nuus 24 - word dit gepubliseer). Ons lewer kommentaar op blogs en gesels met landsburgers. Die ANC is vinnig om te skree dat die Afrikaners in die buiteland verraad pleeg deur hulle kritiek op die huidige toestande in Suid-Afrika. Dis allermins die geval. Ons vertel vir almal wat wil luister hoe dankbaar ons was toe die juk van apartheid uiteindelik van ons skouers af gelig is. Ons verduidelik van ons opgewondenheid om die "nuwe" Suid Afrika te laat werk. Ons wou ons alles gee!Maar dan vertel ons ook van die verskrikking van 'n ANC regering. Buitelanders moet weet dat hulle voormalige "struggle" helde besig is om die pragtigste, vooruitstrewendste, suksesvolste en rykste land in Afrika meëdoenloos te vernietig.Ons verduidelik hoe die ANC se dienste boikotte van die tagtigerjare steeds van krag is. Dis een van die hoof oorsake vir die vernietiging van Afrika se grootste kragvoorsiener, sowel as van die infra strukture van elke munisipaliteit. Ons vertel dat die ander redes blatande rasse diskriminasie en kaderontplooiing is.Die buiteland luister as ons sê dat die ANC op net EEN suksesverhaal kan roem. Hulle het volkome daarin geslaag om Suid-Afrika onregeerbaar te maak en die huidige misdaadvlaag bewys dit.
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 19-27°C Sunny. Mild. Jhb: 16-28°C Showers early. Mostly cloudy. Pleasantly warm.
Dbn: 14-27°C A few showers. Morning clouds. Pleasantly warm. Pta: 13-30°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Bfn: 22-28°C Tstorms late. Morning clouds. Mild. PE: 18-27°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Designer

Western Cape - Cape Town
Media24

Systems Architect: Advanced STB Software

Gauteng - Johannesburg
MC²

Managing Editor: Ackermans, APLUS

Western Cape - Cape Town
New Media Publishing (PTY) Ltd

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2009
R 139,995.00

VOLKSWAGEN

Kombi T5 SWB 1.9 TDi MPV Dsl
2009
R 339,995.00

NISSAN

Hardbody 2000i SWB PU
2006
R 75,750.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

BANTRY BAY

Single Residential - House R 32 000 000

LONEHILL

Single Residential - House R 5 200 000

RIVONIA

Multiple Unit - Cluster R 4 800 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

e-Boeke is Nou Beskikbaar by kalahari.net

Tot 50% Af Op Top e-Boek Titels

Laai net Adobe Digital Editions af, soek & koop jou e-Boek, laai die e-Boek vanuit jou LibraryBox af en geniet e-Lees!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!