Johannesburg

Donderdag

Mostly sunny. Pleasantly warm.

13°C
28°C

7 day forecasts
Gasrubriekskrywers

Vir oulaas die bliksem in

2009-12-01 23:08

Chris Louw

Ek het behoorlik slae van lesers op Beeld se webwerf gekry oor my rubriek twee weke gelede in dié ruimte onder die opskrif “Gereduseer tot 6%”.

Sommige lesers reageer met woede op my nostalgiese versugting dat wat die ANC in die 1980’s belowe het vandag ’n amper makabere grap is. Van hulle hou my persoonlik verantwoordelik vir die gemors omdat ek destyds lede van die toe nog verbode ANC (tot in Oos-Berlyn!) ontmoet het.

Dis natuurlik ’n onsinnige argument. Die aard van my werk as joernalis bepaal dat ek met mense oor ’n wye spektrum praat.

En oor my ontmoetings met ANC-lede en kommuniste het ek destyds in openbare media verslag gedoen; dit was geen geheim nie.

So het ek in die 1980’s ook onderhoude gevoer met mense wat geswore vyande was, soos Swapo se mnr. Sam Nujoma en genl. Jannie Geldenhuys, hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag. En later het ek vir Eugene de Kock in die tronk gaan kuier om te skryf hoe dit met hom gaan. Dit beteken nie ek aanvaar verantwoordelikheid vir wat hy alles aangevang het nie.

Maar daar is ’n ander aspek van die reaksie waarna ek wil kyk.

Wat jou op die krop van die maag slaan, is die frustrasie en woede onder gewone Afrikaners oor die politieke situasie in die land. Wit mense in die algemeen en Afrikaners in die besonder voel klaarblyklik verraai deur die korrupsie, wan­bestuur, selfverryking en onbevoegdheid wat onder die ANC-regering aan die orde van die dag is.

Ek deel dié opstandigheid.

Die vlaag van misdade waaraan ons in my omgewing – die kleinhoewes van De Wildt en Silkaatsnek in Noordwes – onderwerp is en die polisie se bykans misdadige onvermoë om op te tree, is maar net een voorbeeld van die breër verval in die samelewing. Omdat ’n ou dit aan jou eie lyf voel, lei dit nog gouer tot gevoelens van moedeloosheid en magteloosheid – en woede.

Dan lees ek gewapende huisrooftogte kom nou tot in die hart van die Boland voor. Is dit toeval of hou dit verband met die feit dat Zimbabwiese “vlugtelinge” al so ver suid getrek het, soos die xenofobiese aanvalle in De Doorns toon?

Is daar nog ’n veilige skuiling in die land oor? Goed, ons is kwaad. Maar wat is die oplossing?

Laat ek eerlik wees: Ek ervaar voortdurend teenstry­dige gevoelens daaroor.

Soms wil-wil ’n ou ’n vorm van selfbeskikking idealiseer. Maar dis klaarblyklik onhaalbaar. Op persoonlike vlak kom ek boonop goed met individuele swart mense oor die weg. Dis lekker om in ’n kosmopolitiese restaurant te ontspan met mense van alle rasse teenwoordig.

Ek kan my kwalik voorstel dat ek wil gaan eet waar daar net Afrikaners is, amper soos Sondag se nagmaal by die Gereformeerde kerk op die loom Aranos van my jeug.

En daarby vind ek dit moeilik om my met wit rassiste – gewoonlik mense wat ’n volkstaat voorstaan – te identifiseer, bloot oor die stomme eenogigheid waaruit alle vooroordele spruit.

Dan maar aanbly in die nuwe Suid-Afrika met al sy lelike groeipyne. En dan weer: Verteenwoordig die korrupsie en misdaad groeipyne of sterftepyne? As ’n ou na die res van Afrika kyk, lyk dit eerder asof die land onherroeplik op pad is graf toe.

Soms wonder ek, al weet ek dit is bloot praatjies vir die vaak, of Roelf Meyer-hulle harder sou onderhandel het as hulle geweet het wat van die land onder die ANC sou word.

Kón hulle vanuit die posisie van morele bankrotskap waarin die Nasionale Party hom bevind het iets anders onderhandel het?

Ek verstaan Roelf is nou ’n ingeskrewe lid van die ANC. Beteken dit hy kondoneer die manier waarop sy gewese vyand die land regeer? Miskien moet iemand dit hom ’n slag reguit vra.

Ek sal graag sy eerlike antwoord wil hoor, selfs al kan dit nou geen verskil maak nie.

* Chris Louw het die bostaande rubriek verlede Donderdag voltooi en gestuur vir publikasie vandag. Hy is gisteroggend dood aangetref op sy kleinhoewe in De Wildt buite Pretoria.

- Beeld

Kommentaar is gesluit vir hierdie storie.

Abe 12/2/2009 7:24:32 AM
Hoe tragies! Saam met Chris Louw sou ek wou vra: Is daar nog 'n veilige skuiling in hierdie land? Ek is kwaad. Maar wat is die oplossing? Kom Roelf, FW, Ciryl en Kie, wys ons 'n weg. Julle is mos Nobelprys wenners. Julle was mos versiend. Help ons nou om die ANC tot hul sinne te bring(dwing). Ons is 'n paar miljoen Chris Louws! Helaas, 'n AK47 is nie 'n oplossing nie.
Fanus Johnson 12/2/2009 7:31:56 AM
Sal iemand en 'n taalkundige asb hierdie brief na Engels vertaal sonder dat daar van sy trefkrag verlore gaan. Net verlede week het ons oor hierdie punt gedebateer en dit verwoord presies hoe ons "boetman" generasie voel - baie beter as wat ek dit self sou kon doen. Ek sou graag hierdie brief van Chris aan 'n paar ANC gesinde swart vriende wou stuur. Dit MOET ook in die Engelse media verskyn asb.
piet 12/2/2009 7:46:37 AM
Ek was eintlik heel apaties oor die nuus van Chris se dood tot nou toe. Hierdie brief verwoord 'n hele volk se frustrasie, woede, en oënskynlike magteloosheid.
Hildegard 12/2/2009 8:08:26 AM
Ek hoop jy kan nou rus Boetman. "Ours is not to reason why. Ours is but to do and die"
Innige simpatie met die geliefdes wat agterbly. Baie sterkte vorentoe.
Andre Andre 12/2/2009 8:10:54 AM
Dieselfde vraag kan vir ou Pik Botha gevra word: met jou lidmaatskap by die ANC keur jy sekerlik hulle wanbestuur goed? Jy hoef nie te antwoord nie Pik, ons verstaan dat jy nog altyd in jou hart 'n ANC lid was!!
MKotzé 12/2/2009 8:25:08 AM
...nou kan ek verstaan hoekom hy GATVOL was...maar dit is nie die oplossing nie...ons moet "Let go....Let God!"
Uitverkoop 12/2/2009 8:34:53 AM
So met ander woorde die KP en almal wat NEE gestem het was toe al die tyd reg. Wel SA gaan of heeltemal in duie stort en FW en sy trawante gaan seker maar hardloop, ek hoop net wanneer hulle hardloop die vliegtuig val, sodat hulle ook die hel kan ervaar wat ons mense ervaar, of ons gaan 'n burger oorlog moet hê en soos in die voortrekker era toe boere minder was as die vyand hopelik weereens gaan oorwin. Die ander opsie is maar om jou goedjies te vat en te gaan bly in 'n ander land en hoop alles werk uit.
Rina 12/2/2009 8:38:33 AM
Selfbeskikking beteken nie rassisme nie. As meer mense dit net wil verstaan. Ek lees ook van die Nederlandse toeriste wat aangeval en beroof is. Ons land sal later nie meer buitelandse besoekers ontvang nie. Ons woon in 'n relatief veilige Namibie, maar al ons kinders is in SA, ons is bekommerd oor hul veiligheid. Ons bid vir julle almal.
laurens 12/2/2009 8:50:27 AM
Ek hoor en stem saam met wat Abe, Fanus en Piet se! Ons "boetman generasie" het egter vir Chris alleen laat staan----eensaam laat staan----laat hierdie tragiese gebeurtenis vir ons manne wat agterbly n les wees----en hopelik----doen ons ook iets soos hy onverskrokke was in wat hy geglo het!
Heather 12/2/2009 8:54:11 AM
Die hele wêreld en SA kon sien wat in die res van Afrika aangaan voor 1994. Het hulle regtig gedink dat Suid-Afrika beter sou wees. 'n Mens moet miskien vra wat was die res van die wêreld se agenda om toe te laat dat die ANC moet oorneem hier. Dit is as gevolg daarvan dat die destydse regering natuurlik nie anders kon as om oor te gee en SA, nie net die witmense nie, uit te koop en oor te gee aan hierdie wanbestuur, moord en doodslag nie.
Johan G 12/2/2009 9:12:29 AM
Chris Louw is oorlede. Dit verander egter niks aan die feit dat die meeste van ons steeds die bliksem in is nie. Ek hantaaf nog altyd die siening dat "ons onderhandelaars" destyds nie bevoeg was om namens ons wat "ja" gestem het op te tree nie. As daar teruggekyk word is dit duidelik dat nie een van hulle enige iets gehad het om te verloor nie (behalwe sommige het hulle vrouens verloor). Hulle inkomste, pakette, pensioene, plase, meisies en wat nog meer het hulle steeds vandag. Hulle het nie die gevaar gehad om hulle beroepe, werk, inkomste, huise, menslikheid en nog meer te verloor nie. Waar is al daai destydse "onderhandelaars" vandag? Elke nou en dan sal een `n "profetiese" uitlating maak of verontwaardig wees oor iets wat "ooreengekom" was met die ANC en dink ons ag dit van waarde. Nou verwys ek na die Pikke en die Roelfs en die FWs. Ek wil versoek dat hulle asb moet doodstil bly. Wat hulle ookal se maak geen verskil meer nie. Geniet die wynplase en jagplase en brandewyne, en wees bewus dat julle lankal nie meer gereken word onder die mense namens wie julle moes onderhandel nie. Julle het gefaal.
Marietha 12/2/2009 9:27:35 AM
Wat Chris in sy brief sê verwoord wat ek en my man en ons vriende in ons harte voel. Daar is `n groot seer in ons geslag se harte.Deur Sy genade het ons geleer om daarmee saam te leef. Maar wil Hy regtig hé dat ons maar net moet sit en kyk en wag om te sien hoe ons land `n stadige dood sterf? Laurens is reg. Ons Boetman generasie het Chris Louw in die steek gelaat. Dis moeilki vir ons om te praatwant ons is geleer om stil te bly. Mag Chris se dood ons oë oopmaak. Ons mag veg vir ons eie en ek beskou Suid-Afrika as my eie.
Gert van Schalkwyk 12/2/2009 10:01:56 AM
Nog bloed op die anc se hande.
Louise 12/2/2009 10:21:32 AM
My hart huil oor Chris. Soos wat hy huil oor SA wat so verniel word, die wereld wat ek ken wat so verkrag word. Ons almal is vernielde erfgename van ons wereld - die botsing tussen twee kulture wat maar net nie wil werk nie. Die huidige stand van sake - die misdaad, wetteloosheid en gebrek aan verantwoording doen - is die onvermydelike uiteinde waarop die land al 300 jaar lank afstuur, veral na 1910 toe daar nie uitsluitsel verkry kon word oor onafhanklike beskikking vir verskillende groepe nie. Ons moet die huidige in daardie konteks verstaan, nie in die afgelope 20 of selfs 50 jaar nie. Apartheid was 'n verwronge poging tot selfbeskikking en oorlewing. Anders was die verafrikanisering van SA reeds afgehandel soos die van Kenia en Zimbabwe. Die proses is nog nie klaar nie, dis 'n kwessie van tyd voordat SA lyk soos die noorde van Afrika. Kon iemand iets doen om dit te stuit. Nee. Het mense soos Chris en FW en Roelf dit verhaas. Nee. Die einde is onafwendbaar. Totsiens my land, my kinderjare, my geboortegrond, die grafte by Irene en Balmoral, die golf estates, die geweldige winkelsentrums en kantoorblokke. Dis net 'n kwessie van tyd. Dis Survivor Afrika - gee pad voor dit te laat is.
JJJA1, Gedorius 12/2/2009 10:32:03 AM
Ai, ou Chris. Ons was van vroeg af haaks oor die media, al was ek net `n briefskrywer met frustrasies waarna geen liberaal destyds geluister het met enige erns nie, jy het die mag van die media agter jou gehad. Onthou jy die spotprent in Rapport oor jou onderhoud met Hennie Duvenhage, waaroor ek die brief geskryf het? Die slag toe jy oor Monitor beweer het ek was die redakteur wat onder `n skuilnaam geskryf het? Die paar persoonlike e-posse wat tussen ons gewissel was, eintlik in goeie gees? Jy was eintlik in jou hart maar net Afrikaner, die gesofistikeerde soort wat vrae gevra het en eerlik en objektief na alles wou kyk. Maar, soos vir soveel van ons, het die nuwe heersers alle grense van redelikheid in jou uitgewis met hulle bisarre orgie van selfverryking, onbeholpenheid, rassisme en morele verrotting. Soveel so dat dit die hoop in menige positiewe, begaafde mens laat begin vervaag. Veral vir ons wat die eerlike proses van pynlike introspeksie deur die Afrikaner meegemaak het, wat die geboorte van hierdie monster, wat die produk is van die vrywillige magsoorgawe deur die Afrikaner was, moontlikgemaak het. Chris, vandag wens ek ek het jou persoonlik geken. En dat ons `n paar biere kon drink en ons oplossings op die kole gegooi het saam met `n rol boerewors. Dis `n verlies. Ons het meesal swaarde gekruis. Maar op `n dag soos vandag besef ek weereens hoeveel ons eintlik aan dieselfde kant was, hoe klein die verskille tussen ons regtig was. Loop mooi ou maat. En mag jou pogings om verskil te maak, nog baiemaal weerklank vind in hierdie grot waarin ons elke dag dieper moet in. En mag daar vir ons wat agterbly, uitkoms wees. En mag jou familie die genade ervaar wat nodig is in hierdie tyd.
KKK 12/2/2009 10:47:19 AM
Deur vir 'n volkstaat en selfbeskikking te agiteer het hoogenaamd niks met rassisme of kleinlike en eenogige vooroordele te doen nie...dit gee veel eerder uiting aan die besef - wat elke dag deur onsinnige en ongeprovokeerde misdadigheid oor en oor beklemtoon word - dat daar net geen ander manier van oorlewing en die moontlikheid van 'n produktiewe en deugsame bestaan in SA is nie. Indien mens besluit om nie te emigreer nie (1.2m blankes en Afrikaners het alreeds die opsie sedert 1994 uitgeoefen) en verkies om nie 'n potpadda te wees deur geleidelik by hierdie verswakkende maatskaplike bestel aan te pas nie, is 'n afsonderlike grondgebied die enigste uitweg, hoe vergesog dit ookal mag blyk vir sommiges - waar daar 'n wil is...Vrede, voorspoed en harmonie sal daar nooit in die land wees nie. Na 15 jaar is dit duidelik dat die wil, integriteit, goedertrou en leierskap bloot nie bestaan nie. Ons as blankes en Afrikaners is aan onsself uitgelewer en sal self die keuses moet maak om ons voortbestaan te verseker. Die wankelende ekonomiese model, fondament van leuens en beginsels van selfverryking en eie geregtigheid waarop die nuwe SA gebou is, is bloot onvolhoubaar. Tesame met toenemede korrupsie, die demografiese tsunami en die voortdurende aanval op die Afrikaner se taal en kultuurgoedere, is die vooruitsig om slegs met my eie soort te sosialiseer dalk geensins so 'n absurde vooruitsig nie. Tenminste sal ek nie meer soos 'n tronkbewaarder voel in 'n rampokkerstaat nie. Vaarwel Chris...hierdie is nou nie meer jou probleem nie. (en ek is ook 'n boetman!)
Conrad Brits 12/2/2009 11:05:32 AM
Uitverkoop, die "JA" stem van destyds was die regte stem. Om die waarheid te sê, die afhaal van die Kleurlinge van die kieserslys na 1948 was die domste ding wat die NP in sy geskiedenis gemaak het. Apartheid was maar net 'n sieklike uitvloeisel daarvan. Die versluiering wat gevolg het en waaraan die KP, HNP en die ouens in die 90's nog gely het was skrikwekkend.
Ek was in die laat 70's tot vroeë 80's by die Junior Rapport Ryers in Nigel. Die gemeenskap in Alrapark ('n hoofsaaklike Kleurling woonbuurt), vra ons om hulle te help met een of ander Afrikaanse toneelstuk wat hulle wil opvoer. Die Apartheis Stiksienigheid het gemaak dat die leierskap besluit het dat die Rapport Ryers nie hierby betrokke wil wees nie! Dom onnosel! Inplaas van welwillendheid het ons noe weersin jeens Afrikaans.
En dan draai ons om en kla oor "almal" Afrikaans wil uitroei!
Chris Louw, ek sal jou skrywes baie mis.
A N Other 12/2/2009 11:05:44 AM
Soos gewoonlik het sy bydrae trefkrag. Wat 'n groot gemis gaan dit wees. Die bloed op ANC hande loop dik
JFD 12/2/2009 11:10:42 AM
Ag asseblief Louise, jou moedelose geweeklaag is afgesaag en vervelig. Hy het moed opgegee so nou moet ons almal sy voorbeeld volg? Gee jy pad as jy dan moet, maar moenie die res van ons wil saamsleep nie. Dis juis sulke tropdenke waarteen Chris dit gehad het.
Latie 12/2/2009 11:15:42 AM
Nadat ek Louise se kommentaar gelees het kan ek niks bylas.Dit is die groot waarheid waarvoor die kamstige kenners soos Max en Tim weghardloop.Indien hulle Balls gehad het sou hulle lankal die waarheid besef het.Die waarheid is dat die ANC die land vernietig!
Marina 12/2/2009 11:17:12 AM
Ag Chris, dit is so, ontsettend jammer dat jy nie verder kon nie! So jammer vir almal wat jou lief het!
Markus 12/2/2009 11:36:36 AM
Ek moet sê wat Chris Louw hier geskryf het kon net sowel ek gewees het. Ek sukkel ook om te besluit, en voel soos hy "Soms wil-wil ’n ou ’n vorm van selfbeskikking idealiseer". Ek stem saam met Rina dit beteken nie rassisme nie. Of gaan die idee van 'n reënboog nasie werk? Sal die ANC ooit verander en morele leierskap gee? Of sal ons mense ooit wakker skrik en sien dat hulle blinde lojaliteit teenoor die ANC die idee van 'n suksesvolle reënboog nasie verpletter? Lyk my ons kom al hoe nader na 'n kruispad, en geweld, of selfmoord, is nie 'n oplossing nie. Chris Louw, waar jy ookal is, hoop jy het nou vrede.
JaNee 12/2/2009 11:52:04 AM
Artikel 235 vir selfbeskikking is in die grondwet ingeskryf en dit kan werk. In die kleine is ons veiligheidsdorpies (Silver Lakes, ens) 'n voorbeeld daarvan. Ongelukkig moet jy geld betaal vir jou eie volkstaat. Maar wat word van die gewone man op die straat? Hoekom kan hy ook nie dieselfde doen nie. Ek het alreeds 'n plan gemaak waar ek tussen my eie mense kan woon en dit met internet, eie skoon water en amper eie kragvoorsiening. Die mense kyk met ergerlike oogklappe na die idee en stuur hulle aan die negatiewe sogenaamde liberale dat die idee nie sal werk nie. Dit is juis 'n moderne werklikheid deur die res van die wereld. Dit is net die nougesette oogklappende liberale (konserwatiewe denkers?) wat maar sal aansukkel en glo. Wat kan jy as 'n minderheidsgroep (bv 5 miljoen belastingbetalende groep) doen teen 40 miljoen nie betalende meerderheid, waarvan daar 10 miljoen vreemdes met SA burgerskap,doen by die stembus? Die grondwet moet gebruik word want dit is daar. Dit is dan juis deur die liberales geskryf..
Sean 12/2/2009 12:14:41 PM
Wat ons nodig het is 'n sterk leier wat geloofwaardigheid het en wat nie bang is om op te staan teen die rassisme van Malema en andere wat elke dag in die nuus is. Ons het geen verteenwoordiging nie!
Calvinis 12/2/2009 12:18:38 PM
Hoe bly is ek ek is nie in die liberale Afrikaner se skoene nie. Hulle is heeltemal oorbluf met die huidige gemors - iets waarteen die wit eenogige rasisste hulle mos gewaarsku gewaarsku het. Ek wonder wie was toe blind? Afikanerselfbeskikking is die pad vorentoe en Suid-Afrika se omstandighede sal dit meer en meer beaam. Daar sal 'n tyd kom wat politiese korrektheid en die hunkering na 'n veelrassige utopie ontbloot word vir wat dit is - 'n leë dop wat sy substansie vanuit Hollywood ontleen. Hou Europa en die VSA gerus maar dop, die laast haan na multikulturalisme het ook nog nie daar gekraai nie. Vir die wat blind was, is die son nou te skerp en kan hulle nou net een oog op 'n skrefie trek om enisgins te sien. Vir die destydse eenogiges is die son 'n vennoot wat die destydse beperkte sig goed toelig en visie vir die toekoms gee. Louw het nie hierdie visie gehad nie, of wou dit nie hê nie, nou sal hy dit nooit kan kry nie...
Richie Rich 12/2/2009 12:47:44 PM
Chris ek ken jou nie persoonlik nie, maar dit voel soos dood in die familie. Soveel talent, so begaafd, jy was die spreekbuis vir meer as net die boetman generasie. Jy het in 'n konsep geglo wat op papier moontlik sin kan maak, maar nie in die praktyk nie. Dit gaan oor selfbeskikking en selfbehoud, hoe anders kon dit gedoen word sonder om iets soos apartheid die lig te laat sien? Selfbehoud beteken nie rassisme nie , dit is soos lewensversekering om jou eie en nageslag se voortbestaan te verseker.Daar word gepraat van 'n familie twis wat Chris erg ontstel het, dalk het hierdie twis 'n dieper senuwees geraak wat aanleiding gegee het tot die tragiese afsterwe van hierdie gegaafde denker en joernalis. jy spandeer meer as 20 jaar aan 'n idiaal om 'n beter alternatief aan SA te bied as apartheid, net om te besef dat die ANC nie die antwoord is nie. Hoe verduidelik jy aan jou kinders dat hulle nie werk sal kry nie agv hul velkleur, terwyl jy die idiaal gekoester het dat hierdie ANC regering die oorbruging sal wees van die ou apartheid wat net blankes bevoordeel het. Die waarheid is dat ons wil voorgee dat apartheid nooit gebeur het nie en die swartes wil voorgee dat hulle alles vegewe het.
Zak 12/2/2009 1:18:50 PM
Ek sal bitter graag wou sien dat Roelf , Pik , FW in hierdie gesprek ingesleep moet word. Sommer op n openbare TV debat. Ek wil weet wat hulle te se het !!!!!!!!!
Sakkie 12/2/2009 1:34:14 PM
Broederbond....Ooo....Broederbond
Dan Roodt 12/2/2009 2:39:20 PM
Ek was gister uiters geskok om dié nuus te hoor, aangesien Chris 'n vriend van my was en ek nog onlangs met hom oor die telefoon gepraat het. Vir wat dit werd is, het ek 'n reaksie op www.praag.co.za geskryf.Maar ek stem saam met Rina hierbo dat Chris die volkstaatbegrip misverstaan. Dit gaan nie om 'n suiwer blanke apartheidstaat nie, maar om 'n Afrikanervolkstaat waarin:1. Afrikaans die enigste amptelike taal sal wees met Afrikaanse skole, universiteite, howe, media, teater, ens.2. Afrikaners in die meerderheid (70-100%) sal wees en dit baie moeilik sal wees vir nie-Afrikaners om burgerskap te verkry ('n bietjie soos Switserland of Japan).Die lewe in die volkstaat sal baie soos die lewe in die huidige Pretoria, Bloemfontein of Suidkaap wees, behalwe dat die openbare taal Afrikaans sal wees en dit veilig sal wees. Daar sal ook beter standaarde vir argitektuur, gesondheid en die omgewing wees.Wie sal nie in so 'n volkstaat wil bly nie? Ek dink Chris Louw sou homself gate uit geniet het in 'n toekomstige Afrikaanse Republiek.Ondersteun organisasies (soos PRAAG) en politieke partye (soos die Vryheidsfront), wat 'n volkstaat nastreef.Op 23 April 1994 het die ANC 'n ooreenkoms met die Vryheidsfront geteken dat, indien daar genoegsame steun vir 'n volkstaat is, dit toegestaan sal word. Dis moontlik om vreedsaam af te stig en 'n goeie deel van die huidige SA te verkry, mits ons daarin glo en saamstaan.
Dries Potgieter 12/2/2009 2:47:55 PM
Ek het hierdie stuk van Chris Louw sedert 11:00 vanoggend nou reeds 5 keer deurgelees op soek na 'n antwoord op die onsinnige daad wat hy gepleeg het. Toe ek dit die vyfde keer deurlees, toe slaan die waarheid my soos 'n voorhamerslag teen die voorkop! Chris Louw was in 'n skaakmat situasie! Hy het gewéét die stryd is verlore. Hy het gewéét die dag van die ontbloting van die liberaliste kom vinnig nader. En ongelukkig kon hy nié die eerbare ding doen nie. Hy kon nie omdraai en erken dat hy en al die ander liberaliste en Afrikaner comrades verkéérd was nie. Onnosel was nie! Toe vat hy kortpad uit die dilemma! Hier is die waarheid. En dit is die enigste waarheid: Die Afrikanervolk is verraai! Ja, dit was verraad en nié net per ongeluk mislukte onderhandeling nie. Dit was verraad van binne. Bloedverraad! Daar was geen ander manier waarop die hopelose kommunistebende van Mandela en kie die Afrikaner sou kon verslaan nie! Chris Louw is maar die eeste ongeval in die ontbloting van die leuens, bedrog en verraad. Binnekort sal almal weet van die verneukery met die 1992 referendum, van die NP se vieslike bedrog saam met sy mediavennote en van die uiteindellike Idasa-komplot, wat ook die verraad tot binne in die "regse" geledere gebring het. Soos Jaap Marais gesê het: "Binnekort sal daar vir die Afrikaner net een van twee keuses oorbly -- Afrikanernasionalisme of kommunisme. Die res se lyke sal op die pad van die geskiedenis gestrooi lê..." Ons leef inderdaad in interessante tye!
Piet Wessels 12/2/2009 4:22:37 PM
Meskien is Chris se afgryslike dood dalk nie tervergeefs nie. Gaan dit nie die nodige reaksie in die blanke en spesifiek die verontregte Afrikaner wakker maak, wat tot 'n ommekeer in ons gemoed en ons toekoms in hierdie God gegewe land waarin Jan van Riebeeck die beskawing heen gebring het nie. Dankie vir jou nugtere gewete Chris wat jy oor jou beroepslewe met ons gedeel het. Jou lewe was nie tervergeefs nie

binne beeld

Nuutste Gasrubriekskrywers-kommentaar

Bob Jaan sê... Henry, ek sien "Alice in wonderland" draai tans in die teaters - gaan kyk dit want ek dink jy sal daarmee kan assosieer as ek jou aan jou uitlatings moet weeg. Ek merk verder dat jy jare gelede 'n "struggler" was..... sien niks het verander sedert daardie tyd nie. Ek wil jou tog bedank vir die skreeusnaakse uitlatings wat jy maak - ek het dit werklik geniet en ek hoop om meer daarvan te sien in die toekoms. In hierdie piesang republiek, wat 'n blanke maar teneergedruk laat voel, was jou ligsinnige uitlatings werklik 'n lafenis. Die een wat ek die meeste geniet het, was "Ons het by die beginsel van wettigheid gehou – en glo my, dit was moeilik. Ons is geteister deur anargiste in eie geledere, die veiligheidspolisie en die politiek-militêre staatsmasjinerie. Ons is uitgekryt." Al sê mense wat vir jou Henry, gaan asseblief voort daarmee om jou deurdagte idees op papier vas te pen. Ons sien uit na jou volgende sarsie kwinkslae want ons het die humor nodig om die lewe hier draaglik te maak. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 20-27°C Sprinkles early. Morning clouds. Mild. Jhb: 16-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 13-28°C Mostly sunny. Pleasantly warm. Pta: 16-31°C Sunny. Pleasantly warm.
Bfn: 21-29°C More sun than clouds. Warm. PE: 20-27°C Thunderstorms. Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Head of Deparment: Accounts & Admin

Gauteng - JHB North/Sandton
Profile Media (Pty) Ltd
R400k p.a. ctc negotiable

Senior Developer

Gauteng - Midrand
MC²

Financial Accountant

Gauteng - Johannesburg
Network Finance Menlyn
R250,000-300,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A6 2.4 130kW Multitronic 7-sp
2005
R 219,899.00

VOLKSWAGEN

Jetta 5 1.9 TDi Comfortline Dsl DSG
2009
R 314,699.00

VOLKSWAGEN

Kombi T5 SWB 1.9 TDi MPV Dsl
2008
R 269,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

WESTCLIFF

Single Residential - House R 24 000 000

LLANDUDNO

Single Residential - House R 58 000 000

ATHOLL

Single Residential - House R 14 000 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

e-Boeke is Nou Beskikbaar by kalahari.net

Tot 50% Af Op Top e-Boek Titels

Laai net Adobe Digital Editions af, soek & koop jou e-Boek, laai die e-Boek vanuit jou LibraryBox af en geniet e-Lees!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!