Johannesburg

Maandag

Sprinkles early. More clouds than sun. Mild.

12°C
26°C

7 day forecasts
Tim du Plessis

’n Blaaskans vir Joost

2009-11-05 22:05

Die Britse koningshuis het ’n diktum vir daardie moeilike tye wanneer een of meer van hulle se gekwelde private lewe in die media beland: Never complain, never explain.

Lyk my Joost en Amor, maar veral Joost, het dié gesegde aangepas tot “verduidelik baie, verduidelik dikwels en kla ’n bietjie, veral oor die media”.

Joost se media-blitz die afgelope week is soos ’n ma wat dink sy sal haar kind se geneul oor lekkergoed stopsit deur die kind ’n hele sak lekkers te gee in die hoop dat die ooreet die lekkergoedlus vir altyd sal wegneem

Dalk het hy gedink as hy hot en bles onderhoude toestaan en in elke denkbare radio- en TV-program verskyn, sal die media-aptyt vir “Joost in seksvideo” gestil word.

As jy van nature sinies is, sal jy sê hy wil eintlik maar net sy boek verkoop.

Ek dink darem nie so nie. Hy het my Woensdagaand op kykNET se Kwêla oortuig hy is nogal regtig spyt. Maar dan: Hy moet Amor oortuig, nie vir my nie.

Die arme man, dis ’n maritale Everest wat hy moet uitklim. Maar soos hy self sê, dit was sy eie onnoselheid. Nou moet hy nog net een stappie verder gaan en ophou om dwarsklappe na die media te mik.

Hy het nie net vir Amor gelieg nie, maar ook vir ons. Agt maande lank.

Onthou, as jy bekend is met ’n hoë profiel en jy wil iets doen wat jy nie in die media wil sien nie, moenie dit doen nie. Dis so simpel soos dit.

Want as jy die reëls oortree en jy beland in die media, is dit nie die media se skuld nie, dis net jou eie skuld. En ek sê dit nie omdat ek al 33 jaar ’n koerantman is nie, ek sê dit uit dure ondervinding.

Die media sal daardie stories jag en gebruik, want dit is wat hulle doen. Dis soos om ’n drie te gaan druk as die doellyn skielik voor jou oopgaan. Joost behoort te weet.

Ek wil nie en kan nie vir Joost oordeel nie. Wie kan?

Maar daar is ’n paar lesse wat almal kan leer. Een: As jy ’n fout gemaak het, stel dit dadelik reg. Hoe langer die leuen volgehou word, hoe groter is die skade en hoe moeiliker kom die vergifnis.

Twee: Moenie toesmeer nie. (Lees: Bly weg van Bolhuis). En moet niks doen in die hoop dat jou probleem vanself sal verdwyn nie. Dit sal nie. Dit word net erger.

Oud-pres. Richard Nixon van Amerika is nie primêr gekelder omdat sy knoeiers by die Demokratiese Party se kantoor in die Watergate-gebou ingebreek het nie. Die sonde waarvoor die Amerikaanse volk hom nooit vergewe het nie, is dat hy vir hulle gelieg het oor die sameswering en dit wou toesmeer.

As jy regtig wil, kan jy nog die stomme ou Leonard Chuene van Atletiek Suid-Afrika se storie glo dat hy Caster Semenya probeer beskerm het. Maar sy leuens kan jy nie sluk nie.

Met dit alles gesê, dink ek Joost en Amor verdien ’n blaaskans. Veral sy.

Al is dit albei se beroep om bekend en beroemd te wees, is hulle ook mense van vlees en bloed, geregtig op die ruimte om privaat te wees en hul dinge uit te sorteer.

Dis nie om te sê Beeld gaan niks verder skryf oor Joost en Amor nie. As een of albei nuus maak, gaan ons daaroor berig.

Ja, dit was maar ’n rowwe week met Joost, Jurie en Robbie wat pal op die voorblaaie geboer het. Nie juis die soort prentjie wat ons graag van “onse mense” wil sien en vir ons kinders wil wys nie.

Moet seblief tog nie die koerante blameer nie. Dis soos om vir die spieël kwaad te wees as jy nie hou van wat jy sien nie.

Op vandag se voorblad rol die koppe, by wyse van spreke, van Chuene en die beteuterde Eskom-baas, Jacob Maroga.

Was dit nie vir meedoënlose media-aandag nie, sou dié twee pligsversuimers nou nog daar gesit het. Die koerante wat hul bloedhond-rol hier so goed gespeel het, is ook dié wat so knaend oor Joost geskryf het. Dink gerus daaraan.

Kommentaar is gesluit vir hierdie storie.

Linda 11/6/2009 7:44:00 AM
Die v.d.Westhuizens sal miskien hieruit leer dat geld nie alles is. Dis of jy 'n gelukkige mens kan wees met minder aardse goed en meer wysheid.
Leon 11/6/2009 7:50:36 AM
Wat Beeld se bloedhond-rol betref, is dit verblydend om te sien dat hy stadig maar seker besig is om sy selfopgelegde 'nasiebou' rol van die negentigs te verruil vir iets soortgelyk aan ondersoekende joernalistiek. Nog nie naastenby oortuigend nie, maar die Skip is besig om (weer) te draai.
Koos 11/6/2009 7:54:04 AM
Ai ou Tim - en julle klomp in die media is tog sooooo belangrik! Dankie tog dat ek (en Joost) nie eendag deur julle geoordeel gaan word nie, maar deur 'n God van liefde.
CONNIIE 11/6/2009 8:00:15 AM
Almal wat wil droogmaak en almal wat in die moeilikheid is Leer nou 'n les. Bly WEG van Bolhuis. Sy lewe draai om geld. Hy voel niks vir jou en jou probleem nie. Hy sien net nog 'n idioot wie se geld hy kan vat en geen diens lewer daarvoor nie. Sorry Joost jy het ook in die slagyster getrap. Staan sterk
KH 11/6/2009 8:21:03 AM
Uitstekend gestel. Laat weet vir losgulp ook. Die enigste probleem is Josie en Amor druk hulle self in ons kele af.
Trix 11/6/2009 8:46:24 AM
Welgedaan Tim! Ek was 'n beginners-joernalissie by Beeld toe ek al gesien het jy gaan hoë hoogtes in die koerantwêreld bereik. "Spot on", maar mét die wete dat hy nie die veroordelaar is nie!
Johan 11/6/2009 8:49:56 AM
Dankie Tim, jou eie woorde : ".. nie die media se skuld nie, dis net jou eie skuld" en ".. ek sê dit uit dure ondervinding" en "Moet seblief tog nie die koerante blameer nie." Jy dink seker as jy hot en bles ondersoekende joernalistiek beoefen en elke denkbare storie publiseer dit geregverdig is. Jy erken tog seker jy is die media en jy ken tog seker die woorde : "Nee, beywer jou allereers.." Jou eie woorde : "Dink gerus daaraan."
Brentie 11/6/2009 9:19:50 AM
Tim is dit maar nie die pers wat mense,veralsportmense op 'n pedestal plaas nie? Kyknet wat 'n bohaai word oor hul sportprestasies, huwelike, geboorte vankinders ens gemaak nie.Jammer maar dit is die media wat hierdiemense 'opblaas' en dan 'afblaas' as hul ook toon dat hul maar ook net voete van klei het.As meer vroue leer om 'Nee' te se en minderprobeer om die kalklig met sg. beroemdes tedeel sal daar minder bohaai oor hul misstappein die pers wees.Joost en Amor is wragtig nie so belangrikdat hul soveel publisiteit verdien nie.Waarom berig julle nie meer breedvoerigsoos die Burger oor 'UGO' wat nou finaalvan die baan is, nadat van duisende jongmense se onderwys 'n gemors gemaak isen duisende onderwysers ure gemors het opportfolios en soeke na geskikte onderwys materiaal.Ek sou denk dat dit veel belangrikers asJoost se sekseskapades is,of is dit sensasiewat koerant verkope verhoog?
KD 11/6/2009 9:56:12 AM
Dankie Tim vir balans! Koos, hy oordeel juis NIE, inteendeel word die media ook aangeval en hy gee slegs 'n regte perspektief. Dankie tog vir die waghonde soos die media sodat skrikwekkende goed soos die Selebi/Aglioti sage ook aan kaak gestel kan word. Miskien is ek baie naief maar mens kan nie glo dat sulke riller goed regtig gebeur nie. (Wonder wie gaan eerste 'n blitsverkoper hieroor skryf en sommer 'n top-verkoper movie ook maak)
Tina 11/6/2009 10:01:19 AM
Kom ek stel dit so Tim: As ek so kyk na die oorvloedige - en soms histeriese - reaksie van lesers op die eskapades van n paar mamparra plaaslike "celebs" en dit boonop die hoofoorsaak is vir bogemiddelde koerantverkope, gaan dit eintlik besonder goed in die land?
W 11/6/2009 10:15:30 AM
Goed gestel!
Erika Secunda 11/6/2009 10:18:28 AM
Ja Koos jy praat die waarheid.Almal wat so klippe gooi en oordeel is alreeds geoordeel.Amor veg vir jou man.Die duiwel is lustig en moet hom die daai plesier gee van nog n huwelik wat gebreek word nie.Ons almal het foute en party sin word nuus.Ons bid saam vir julle huwelik.
Iudex 11/6/2009 10:22:34 AM
Menige ervare prokureur sal vir jou sê jou heel eerste en veiligste reaksie op enige aantyging teen jou is altyd ontken, ontken, ontken (deny!). Jy kan altyd later selektiewe erkennings doen, indien dit jou saak sal dien. Wat jy erken, kan en sal teen jou gebruik word, so eenvoudig soos dit. Elke saak het baie kante en daar is 'n magdom regsaspekte en tegnikaliteite wat dikwels 'n eenvoudige ja of nee antwoord kwalifiseer. Die leke-publiek verstaan dit nie. Hoekom dinge maklik maak vir jou opponent deur summier alles te erken? Dis gewoon onnosel. Die blote feit dat Joost ontrou was, beteken nie dat hy die media of die publiek op enige stadium enige verduideliking skuldig was nie. Dit is suiwer 'n saak tussen hom, sy vrou en die derde partye. Joost moes eerder vir adv Jaap Cilliers SC genader het as vir mnr Bolhuis...
willem 11/6/2009 10:35:34 AM
Ek stem saam met Brentie en Johan. Dit is vir my verstommend hoe erg koerante op sensasie gemik is. Waarom so groot bohaai maak om oor Joost of watter bekende ookal 'n voorbladstorie te maak? en waarom dit enigsins publiseer? Dit is privaat en het absoluut niks met die publiek uit te waai nie. Hy is sekerlik 'n rolmodel, ja maar sy persoonlike lewe is sy, hul lewe.
@Erika Secunda 11/6/2009 10:43:30 AM
Nee Erika, die duiwel is LISTIG, dit is Joost wat LUSTIG is!
Flodur 11/6/2009 10:46:40 AM
Ek sou graag 'n vlieg op die muur wil wees as GOD vir Joost en sy mede "sterre" gaan oordeel. Nee wat jong - raak realisties. Die uitstekende media haal die "stouters" uit agter die mure van Jerigo. Die media se verslaggewing is uitstekend, en hulle verslae is waar!! Die "aanbidding" van al ons publieke movie stars kry 'n realiteits beskouing. Dit is uitstekend dat die ware persoonlikhede te vore kom. Die optrede van ons hero's moet openbaar gemaak word. Hulle het hul privaatheid verkoop aan die publiek. Ons gewone mense moet werk vir geld - ons het in daardie tou gestaan. "Live by the sword, die by the sword". Die media hou die openbare "sword" vas - dankie vir goeie werk.
Maryn 11/6/2009 11:15:57 AM
Publiseer die media nie net maar wat die publiek wil lees nie? En ons is al so moeg vir al die moord en doodslag en slegte ekonomiese nuus dat iets wat onsself nie bedreig nie, heelwat lekkerder is om te lees en oor kommentaar te lewer!
CV 11/6/2009 11:19:18 AM
Ek maak nie een keer reg wat Joost gedoen het nie, dit was verkeerd, maar jinne mense gee hulle net 'n breuk. Dis nie reg in Christen geloof om ontrou te wees nie, maar besef julle dat in die moderne eeu dit soos 'n stokperdjie is vir jong mense, dit gebeur daagliks en julle hammer net oor een ou.vat ons president, hy is die een wat 'n voorbeeld moet wees. Joost jy moes maar net gaan stort het, die land sien dan saam slaap nie verkeerd nie. Joost, wie is die mens om te oordeel. Wie is hulle om klippe te gooi. Ons almal leef in sonde, ons almal maak foute. mens kan dit reg stel. God vergewe. Daar is stukkie in Spreuke wat sê, soek eerder na 'n goeie naam as na groot rykdom. stel reg met Amor wat jy verkeerd gemaak het. Amor, ek weet nie wat presies in jou hart aan gaan nie, maar ek haal my hoed af vir jou. Dis reg dat jy by jou man staan. ek weet nie of jy ooit weer volle vertroue sal hê nie, en jy gaan sukkel, maar ek hoop regtig dat julle dinge kan reg stel. die duiwel haat liefde. ek is self 'n vrou, maar ek is reg opgevoed. Vrouens verlei, 'n slegte vrou sal 'n man in die afgrond lei, en ongelukkig is sommige mans te dom om nee te sê as daar vir hul iets op 'n skinkbord aangebied word. Vir die lesers wat oordeel: haal eers die balk uit jou eie oog uit, voor jy die splinter uit ander sin haal.
Marieta 11/6/2009 12:11:13 PM
"Die hoogste bome vang die meeste wind". 'n Ou uitdrukking maar wat nog altyd waar is in die hele wêreld. Die probleem is net dat ons celebs graag die oorsese celebs najaag. Ons mense floreer mos op skindernuus. Ek is self skuldig daaraan. Lees graag oor mense en hulle dinge. Almal het geraamtes in hulle kaste, party se geraamtes word net weer lewendig en klim uit die kas. As die media dan naby is moet hulle mos maar daaroor berig. Kyk nou maar vir ons vorige polisie kommissaris en ook ons president. Almal skryf dan 'n boek en word nog ryker want mens floreer op immoraliteit.
Dink net hoe saai sou die lewe gewees het as ons net heeldag moes lees van ekonomiese probleme, misdaad, moord en verkragting. Ek is jammer ek het so 'n saai lewe ander sou ek ook lekker kon geldmaak uit Huisgenoot en die verkoop van boeke.
Soekie 11/6/2009 12:18:04 PM
Ons kan nie oordeel as dit is tussen Amor en Joos, as Amor vir Joos vergewe sal hulle beter mense daarvan afkom. Maar dit is vir 'n vrou nog steeds moeilik veral as daardie vertroue verbreek is. Bolhuis is 'n str&%t van hom moet 'n mens wegbly.
lindie de lange 11/6/2009 1:00:51 PM
Ag, dankie tog..iemand skryf ietsie wat SIN maak!! Sela.
Hein 11/6/2009 1:16:21 PM
Aan almal wat nou so gretig vuiste vir die media bal, as jy nie hou van wat jy lees nie, lees iets anders. Asb. hou tog net op kerm. Die mense doen net hulle werk.
Emmie 11/6/2009 1:50:02 PM
Het nog altyd met groot respek Tim du Plessis se rubrieke gelees en ek stem hier heelhartig met hom saam. Moenie die media blameer nie - as jy dit nie in die koerante wil sien nie, moet dit dan nie lees nie. Maar dat Joost regtig jammer is, sluk ek nie so maklik nie. Hoekom was hy nie jammer om sy eerste vrou vir Amor te los nie? Hy het sy eerste vrou net so lekker verneuk. Hy is net jammer omdat hy uitgevang is, anders was hy nou nog besig om rond te slaap. En... hy sal dit nooit laat staan nie. Een maal 'n rondloper, altyd 'n rondloper. Dan wil ek ook net vir Marieta sê dit is waar dat die hoogtste bome die meenste wind vang, maar dit is ook die einste hoë bome wat die verste val.
Talitha 11/6/2009 2:07:25 PM
Die media sal dit nie publiseer as jy hulle nie gedurig voer nie. So, die twee moet maar wegbly van onderhoude ens. Solteer dinge in jul binnekamer uit. Julle is nie SOOOOOO belangrik nie
Talitha 11/6/2009 2:07:26 PM
Die media sal dit nie publiseer as jy hulle nie gedurig voer nie. So, die twee moet maar wegbly van onderhoude ens. Solteer dinge in jul binnekamer uit. Julle is nie SOOOOOO belangrik nie
eugene 11/6/2009 2:35:06 PM
Tim...Jy is 'n ware joernalis. Mense, die media versin nie stories nie. Hulle is die spieel wat die waarheid weerkaats!Niemand anders BEHALWE joost is te blameer vir sy gemors nie.Nog een appeltjie te skil...@Erica Secunda: Ek is so g*tvol vir mense soos jy!Hierdie rubrieke is vol Judasse wat tog altyd die Here in hierdie gesprekke wil inbring! My liewe hemel...die Here en die duiwel het niks met hierdie storie uit te waai nie! Julle klomp is nes Julius Malema. Hy trek ALTYD rassime in die storie in en mense soos jy sal ALTYD die duiwel en die Here en stories oor wie oordeel en wie oordeel nie in trek...Ag hou tog net op om so hooghartig te wees en altyd christenskap in te bring. As ek Joost kritiseer maak dit my nie minder 'n Christen nie...Kry asb 'n lewe en lewer logiese kommentaar of hou jul bek!
@CV 11/6/2009 2:38:45 PM
Ja CV...Jy preek oor christenskap en dat ons nie moet oordeel nie...maar tog is JY die een wat in JOU kommentaar die president van die land oordeel! Julle klomp skynheilge christenne moet asb eerder net stilbly...Almal lag vir julle
Colin 11/6/2009 2:51:53 PM
Dit is verstommend dat jy steeds mense kry wat die media aanvat omdat kwasi-celebs se skandes uitgelig word. Een vraag. As dit alles geignoreer moet word soos hulle voorstel, hoef 'n celeb moes nie te erken hy/sy was skuldig nie en hoef hy/sy mos nie berou te toon nie. Dan hoef hy/sy mos nie op te hou om met dwelms te eksperimenteer nie of rond te loop nie. So kan die lys aangaan en aangaan. As daar nie 'n waghond is nie en die probleempies uitwys nie, hoef niemand mos op te hou om aan te jaag nie. Die ergste is dat die media-kritici, en dit sluit sommer die sogenaamde sterre in, altyd 'n eiertjie te lê het na hulle klaar gelees het. As dit julle so verwar, hoekom lees julle nog. Net 'n laaste punt. As die media so sensasie-gedrewe is, hoekom hoegenaamd dan enige berigte of radio en televisie tyd afstaan aan dieselfde sterre wanneer hulle berou toon. Of word dit ook geklassifiseer as sensasie? As die media dan so sensasie-soekend is, sal al die berou mos doodeenvoudig geignoreer word. Dan kan die skuldige mos maar self sien en kom klaar. Nee wat, as dit nie vir die media was nie, was die land in 'n baie groter gemors as wat ons huidiglik was. En dan praat 'n mens nie eers oor goed soos Maroga, Chuene, Malema ens. nie. Dit wat hulle doen, gedoen of nog gaan doen is net so skandalig. Hoekom is daar nie 'n "outcry" oor berigte wat oor hulle verskyn nie?
PieterW 11/6/2009 2:55:04 PM
"BLAASKANS VIR JOOST... Asseblief!!!" Dit behoort hom kans te gee om gou 'n lyn te bou vir 'n SNUIFKANS en dalk 'n vinnige BROEKIES AF KANS!! En dan is daar nou die ou boek wat die rekeninge moet betaal..... Ai...
WS 11/6/2009 3:42:10 PM
Goed gestel Tim.
En Maryn, ja die media publiseer in 'n mate wat die mense wil hoor, maar nie noodwendig NET wat die mense wil hoor nie. Ek wou nie hoor Joost is in 'n seks video nie, ek wil nie hoor iemand is vermoor op 'n plaas nie. Maar dit is nuus, en koerante gaan oor nuus. Wat anders moet hulle oor skryf?
netta 11/6/2009 4:23:37 PM
Wat my vreesbevange maak is dat hierdie nog net die tip van die media ysberg is ... huisgenoot gaan nog tenminste 10 artikels uit die storie wurg - tot met artikels oor oor hoe om jou man gelukkig te hou en 'n artikel oor wat die "kundiges" te se het oor die verskynsel. Al die pad gaan die vd westhuizens se beursies dik word en hopelik is die laaste wat ons van die gemors sien 'n foto van hulle familie in 'n verafgelee plekkie waar hulle rus vir hul vermoeide gees kry met die komplimente van die spul ape wat die publikasies koop. Intussen gaan elkeen wat iets te sê he die volgende 40 rapporte en beelde en bye opneuk vir enigiemand wat iets werkliks interessant wil lees. Iewers gaan 'n poppie voel maar sy kry niks uit die deal nie en uit haar kas klim en die hele sirkus begin van voor af. Enige voorstelle oor oulike dagblaaie/tydskrifte in zulu/xhosa???
Allies 11/6/2009 4:37:39 PM
Soos altyd is jy heeltemal reg TIm. Die media en sy lesers het hulle lewe tot dusver betaal en gemaak. Hoekom dan net vir die beter tye iets sê? Jammer die slegte tye kom saaM
linnie 11/6/2009 4:41:44 PM
Ag nee, dit was die duiwel se werk! en is nog? Joost en die duiwel het die besluite gemaak. Los die godsdiens hier uit! Dis lekker om te lees want baie celebs soos Joost self sê is uiters orrogant en verhewe bo die gewone mense wat van hulle celebs gemaak het! So, vat wat na jou kant toe kom soos n MAN - goed en sleg - jy het mos die MAN ding gedoen!

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-24°C Morning clouds. Mild. Jhb: 15-28°C Sprinkles early. More clouds than sun. Warm.
Dbn: 12-26°C Sprinkles early. More clouds than sun. Mild. Pta: 14-29°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Bfn: 21-29°C More sun than clouds. Warm. PE: 19-26°C Sprinkles early. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior C# Developer

Gauteng - Johannesburg
Hire Resolve

Senior .Net Developer

Gauteng - Johannesburg
Hire Resolve

Product Manager

Western Cape - Cape Town
Quiglies Solutions

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 MY05
2006
R 149,899.00

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 104,990.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Comfortline 5-dr
2008
R 125,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

BANTRY BAY

Single Residential - House R 32 000 000

LONEHILL

Single Residential - House R 5 200 000

RIVONIA

Multiple Unit - Cluster R 4 800 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

e-Boeke is Nou Beskikbaar by kalahari.net

Tot 50% Af Op Top e-Boek Titels

Laai net Adobe Digital Editions af, soek & koop jou e-Boek, laai die e-Boek vanuit jou LibraryBox af en geniet e-Lees!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!