Johannesburg

Vrydag

Morning clouds. Mild.

15°C
25°C

7 day forecasts
Tim du Plessis

’n Land van ons en hulle

2009-09-04 01:13

Die reënboognasie het politieke varkgriep.

Ons is die laaste paar weke vier keer “getoets”. Die resultaat was telkens: siek, baie siek.

Caster Semenya, John Hlophe, Brandon Huntley en Nkola Motata het, by wyse van spreke, gewys ons ou lot is besig om van vooraf hatig op mekaar te raak.

Daardie goue paar jare toe die meeste uit hul pad gegaan het om verby ras na die beginsel in elke kwessie te kyk is verby. Deesdae sien ons weer net ras raak en niks anders nie. Allermins dit wat regtig tel.

Dis nie Australië wat toetse gevra het oor Caster se geslag omdat dit is wat in internasionale atletiek gebeur nie. Nee, dis wit rassiste wat nie kan aanvaar ’n swart atleet presteer nie.

Hlophe se ondersteuners probeer nie eens vra of hul man waarlik bekwaam en geskik is om ’n regter te wees nie. Nee, dis wittes wat hom “vervolg” omdat hy hul belange bedreig. Ontstellend baie swart mense koop in hierop, glo my gerus maar.

Brandon Huntley, Kanada se bekendste politieke vlugteling wat die massiewe misdaadprobleem in slaperige Mowbray onthul het, is dadelik as ’n rassis gebrandmerk. Erger nog, ook wit Suid-Afrikaners wat gesê het al lyk die perd nie so lekker nie, neem kennis daarvan dat ’n tribunaal in ’n gesofistikeerde, progressiewe land soos Kanada oordeel Huntley het ’n punt beet.

As die ware jy na vore kom die dag dat jou lyf vol dop is, dan weet ons nou juts Motata het nie veel ooghare vir die Boere (lees wittes) nie.

Die aand toe hy mnr. Richard Baird se tuinmuur in Sandton flenters gery het, het hy nie doekies omgedraai dat hy hom deur g’n Boer sal laat verneder nie, want Suid-Afrika is nie meer die wit man se land nie. As dit is hoe Motata dink, hoe seker kan wittes wees dat hulle sonder vooroordeel in sy hof aangehoor sal word?

Maar swart solidariteit agter die regter het begin groei oomblikke ná landdros Desmond Nair se uitspraak sonder fieterjasies.

Sondag het Mondli Makhanya, redakteur van die Sunday Times geskryf: “Daar is woede omdat die swart hand van vriendskap wat die afgelope 15 jaar uitgestrek was, weggestoot is deur die voorheen bevoordeelde segment van die samelewing.”

Wie kan stry oor swart woede? Dit word aangevoel. Makhanya se swart woede oor die “hand van vriendskap” is egter ’n elite-ding. Ek het gedink getalsgewys is daar meer swart woede oor 15 jaar se beloftes van ’n beter lewe wat nie gerealiseer het nie.

Ek kan en wil nie namens wittes praat nie. Maar ek weet baie van hulle sal sê: “Ons het nie die danige hand van vriendskap gesien nie. Al wat ons sien, is Jimmy Manyi se hand wat aan wittes beduie in die werkplek sal hulle tot in ewigheid tweedeklas-burgers bly.”

As ék mag veralgemeen: Daar is woede in die wit gemeenskap omdat hulle alewig die skuld kry. Omdat “rassisme” en apartheid geblameer word pleks van onbevoegdheid en korrupsie.

Hier’s wat my bekommer oor die klimaat van oplaaiende, wedersydse verharding wat ons hier sien: Die brugbouers wat ’n diverse land soos Suid-Afrika altyd nodig sal hê, hou op werk. Vordering ontwyk hulle te veel. Die prys van ostra-sisme in hul eie verhardende gemeenskappe raak te hoog.

En spoedig is daar niemand meer wat Suid-Afrikaners kan wys op dit wat hulle deel en wat hulle saambind nie. Dan stry niemand meer teen stereotipering en veralgemening nie.

Die uiteinde is dat Suid-Afrika weer ’n land word van ons en hulle. ’n Era toe daar gedink is as jy die politieke mag het, is jy reg, want dan moet “hulle” maak soos “ons” sê omdat “ons” baas is.

Daardie benadering het Suid-Afrika tot by die rand van die afgrond gebring. Die huidige klimaat van polarisering kan Suid-Afrika baie maklik terugsleep daarheen.

- Beeld

Kommentaar is gesluit vir hierdie storie.

Andr135 9/4/2009 9:10:44 AM
Miskien moet 'Guvment' ons wittes maar in tuislande sit sodat hulle kan ontslae wees van ons. Ek sê nie dis die regte ding nie en dis verseker NIE wat RSA nodig het nie, maar dis hoe ons voel. Ons (en nou praat ek van my ouderdomsgroep van 24 jaar) wil nie meer 2de klas burgers wees soos Tim tereg gesê het nie. Ek glo nie aan die Orania gedagte nie, ons kan nie ons afsluit van die res van Suid-Afrika nie, maar my vriende groep ALMAL voel dis dan beter dat die regering ons nou maar HEELTEMAL uitskyf in 'n tuisland OF ons almal nou maar gaskamers toe stuur (soos die NAZI's met die Jode gedoen het) En nee, ons is nie rassiste nie. Ons wil volle burgerskap van SA wees (in gees, nie net in letter nie) of hulle moet nou maar eenmal ontslae raak van ons...
Koos Gous 9/4/2009 9:20:08 AM
Geagte Mr. Tim du Plessis, ek lees en luister gereeld u rubrieke en na u kommentare op radio. As bruin suid-afrikaner moet ek se dat ek teleur gestel is dat u ook nie daardeur 'n bydrae lewer tot die nasiebou wat u so hoog opgee nie. Ek ondervind u as uiters negatief teenoor swart suid-afrika, waarvan ek myself onlosmaak deel ag van. Ek het gestrewe vir nie-rassige, nie-seksistiese suid-afrikaanse samelewing. Ongelukkig Mnr. Du Plessis op die plattelandse dorpe vind ek min 'wit' suid-frikaners wat 'n hand van vriendskap en mede-menslikheid uitsteek na ander landgenote van kleur. Almal van uit 'wit' geledere wil altyd oud pres. Mandela se lof besing tot versoening en nasie bou maar daar's weinig van die groep wat werklik uitreik na hul ander landsgenote. As 'n 'bruin' suid-afrikaner wat afrikaans praat, afrikaanse kultuur(wat ek geleer het by witleermeesters in plaasskole/bruinskole) in my bloedstroom het is dit verskriklik hartseer dat dit einste wit afrikaanses is wat ons nog stedig verag, verkleineer en diskrimineer. Ek is net so teleur gestel in my wit broeders/susters soos wat u het in u swart broers/susters. Waar's u hand van broederskap en welwillenheid...
Cruella 9/4/2009 10:36:07 AM
Die stuk was uitstekend en baie nader aan die waarheid as wat enigeen wil besef. Mnr Gous, die wittes het die hand van versoening uitgereik, anders was die ANC steeds nie aan bewind nie, en Nelson Mandela steeds nie uit die tronk nie. Duisende private ondernemings het swartes in diens geneem, duisende wittes het teruggestaan sodat anderskleuriges in die mark opgeneem en bevorder kan word. Hoe kan jy se jy het na 'n nie-rassige land gestrewe maar jy keur BEE goed wat op RAS en KLEUR gebaseer is. En hoekom word kritiek teen die regering as rassisties beskou en nie as kritiek teen hulle onvermoe om die land te regeer nie? In ons kerke reik ons uit na swartes in townships, in selgroepe, skole en oral waar ons gaan, maar hoe motiveer dit ons as blankes om daarmee aan te gaan as Malema en elke ANC aktivis die wittes uitskel vir alles wat verkeerd gaan en wat sleg is. Ongelukkig gaan ons hande ook maar stadigaan toe .. en niks gaan ons motiveer om dit weer oop te maak nie .. En net die feit dat jy dit SWART suid-afrika noem, beteken dit jy het klaar die blankes uitgesluit, so WAT verwag jy nou eintlik van hulle??
Dippies 9/4/2009 10:59:31 AM
Die feit is dat Blanke Suid Afrikaner wel wil voortgaan in hierdie land maar ongelukkig het die swartmense alles oorgeneem so ook die rassistiese neiging - Swartmense is nou rassiste - wie kan hulle blameer?
Franscois 9/4/2009 11:02:23 AM
Uitstekende artikel.En die ergste is...dit is niks anders as die waarheid nie. Maar nou verstaan ek glad nie Mr Koos Gous se antwoord hier bo nie.Waar hy sê "Almal vanuit 'wit' geledere wil.....weinig van die groep wat werklik uitreik na hul ander landsgenote." Geagte Mr Gous...gaan doen jouself net n guns, en stop naby enige kruising op ons paaie.As jy dan so alles raaksien....sal jy waarneem dat dit slegs blankes is wat die swartes op straathoeke iets gee. As jy ooit n swarte sien wat vir n mede swarte iets gee....neem asb. n foto daarvan, jy kan dalk n prys wen vir een van die skaarste foto's ooit. En nou is dit ons wittes wat nie wil hand uitsteek nie. Wat moet ons nog doen om dit te bewys. Sal jy eers tevrede wees as elke wit gesin n swarte in sy huis inneem en vir hom sorg? Nee my vriend...moet asb. nie al die feite en bewyse van die verkeerde kant van rassisme miskyk nie. Aangename dag vir u.
Etienne 9/4/2009 11:12:47 AM
Ontnugtering....Ek stem saam met Tim. Ek is soos ander gatvol om die skuld te kry vir alles wat verkeerd is in die land, selfs 15 jaar na die ANC oorgeneem het. As die kat ongevraagd kleintjies kry is dit of apartheid, of die voorheen bevoordeeldes of sommer net rassisme se skuld. En ons almal weet mos dat rassisme its is wat NET blankes kan wees.Die enigste departement in die staat wat nie uitmekaar val nie is SARS. Wonder hoekom? Aangesien ras weer op so baie staats vorms aangedui moet word sal ek darm graag wil weet wat is die verhouding van belasting wat betaal word deur blankes en swartes. Hoeveel in die lokasies betaal vir krag ens. Die enigste hand wat uitgesteek is wat ek kon sien was 'n gebalde vuis. Het die stryd teen ons dan na 1994 gestaak? Dit voel nie so nie. Die vorm van die aanslag het net verander. In die plek van soldate is daar nou misdadigers, en verder word ons taal, kultuur en geskiedenis bedreig. So nee, ek sien nie die uitgestrekte hand waarvan gepraat word nie maar ek voel, beleef en ervaar wel die aanslag teen my!
Elizabeth Botha 9/4/2009 12:02:08 PM
Jy maai wat jy saai. Sedert 1654 trek die inheemse volke aan die kortste ent. Dis naief om te verwag dat almal na die instelling van sogenaamde demokrasie in 1994 nou hand om die nek die toekoms tegemoet gallop. Papier is geduldig - ons grondwet gee hoog op maar om dit prakties te implimenteer is n perd van 'n ander kleur. Wit of Swart wrewels, wrokke wrake, woede, vrese gaan nie verdwyn nie. Die regering se gebrek aan dienslewering op veral onderwys, mediese sorg, veiligheid, behuising, infrastruktuur ens. en inmenging dra grootliks by tot die stook van polarisasie. Ek het 'n hand uitgereik na my swart medemens en 'n nuwe wereld van welwillendheid het vir my oopgegaan. En dit is almal eens dat die regering te kort skiet aan die reuse verwagtinge wat daar oor dekades heen geskep is. Ons het baie meer gemeen as wat ons ons verbeel. En godesydank vir ons verskil aan kleur, taal, kultuur en godsdiens - hoe saai sou ons nie adersins gewees het nie.
janette 9/4/2009 12:38:32 PM
En weet jy Tim, ons kom met sterre in ons oë Australië toe, bereid om hard te werk vir 'n nuwe toekoms vir ons en ons kinders, maar hier is ons ook net tweehandse burgers! Waarheen nou? Is ons nie geregtig op 'n plekkie in die son iewers nie? Dink die mense in SA regtig ons wil almal so graag hier wees? SA is dan ons huis, maar ons is nie welkom nie...
JJ Jordaan 9/4/2009 12:38:59 PM
Dankie Tim. Dis hoog tyd dat iemand die stand van sake stel soos wat dit tans is. Deur die probleem openlik te herken en te bespreek is die eerste stap in die regte rigting, anders gaan dit soos die misdaad situasie in die land...oops ek het vergeet daar is mos nie misdaad in die land nie!
KKK 9/4/2009 1:44:13 PM
Die reenboognasie is inderdaad terminaal. Die fondamente van hierdie mirage was altyd wankelrig gegewe dat dit gegiet is in dryfsand sonder gemeenskaplike waardes en norme en bestaande uit gemeenskappe met baie uiteenlopende idees oor wat as suksesvol en aanvaarbaar beskou word. Geweldig gewag is gemaak van die Mandela ikoon wat deur die media op ‘n troon geplaas is en waar goeie oordeel en eerlikheid op die altaar van versoening geoffer is.

Die verotting het egter reeds in 1994 begin met die wapen-transaksie wat onder sy leierskap beklink is. Daarna is alle arms van die staat doelgerig en sistematies getransformeer (wat beteken dat dit demografies verteenwoordigend is – maar in die praktyk dat geleenthede vir die ANC se kadres geskep is) en word nou gekenmerk deur onbeholpenheid, korrupsie, wanbesteding en nepotisme. Verval en agteruitgang is die norm en munisipale bankrotskappe kom nou algemeen voor. Die wereldwye ekonomiese groeitydperk het kritiese foute verbloem. Vele staatsinstellinge is egter nou uitgerysmier en steeds bou die druk vir verdere transformasie van die privaatsektor.

Die sg. “swart hand van versoening” is nog so ‘n klug – hoeveel boere en ander witmense is nie reeds sedertdien vermink en vermoor in hierdie “inklusiewe multikulterele utopia” nie? Hoekom wys die media nie hoe lyk ‘n blanke tannie van 80 wat met ‘n yster of kookwater gebrand is of die toneel van ‘n plaasmoord nie? Waarom word hierdie barbaarsheid van die volk weerhou? Wat presies is die terme van hierdie lafhartige en swaksinnige versoening – my besigheid, besittings en familie se veiligheid, my bestaansreg?

Wanneer is genoeg, genoeg? Hoeveel onskuldige bloed moet nog vergiet word? Die ons en hulle is die realiteit – en is nou op die spits gedryf deur die wereld resessie, groter werkloosheid en die totale afwesigheid van enige noemenswaardige leierskap aan die kant van die regering. Die vraag is wat die Afrikaners gaan doen om oorlewing in hierdie anarchistiese, rewolusionere toestand te verseker? Gegewe die geweldige demografiese druk op die land se hulpbronne, die verval van sy onderwys stelsel, misdaad en ‘n regstelsel wat ‘n geruime tyd nie meer ordentlik funksioneer nie en die ekonomiese sabotasie van Eskom wat groei in SA ontmoontlik maak vir die volgende 4 jaar, het die land reeds sy “tipping point” oorskry…die gevolge word nou oral duidelik. Ongelukkig kan eensydige propaganda nie meer die werklikheid verbloem nie, soos die voorbeelde in bg. artikel dit duidelik stel.



Olof Johansen 9/4/2009 1:45:21 PM
Geensins ontnugter nie!
Dit wat nou in SA gebeur is reeds voor 1994 voorspel deur 'n klein groepie "nee stemmers" en beswaerdes. Van die wigte en teenwigte het niks van gekom nie. Ons wittes moet nou aanvaar dat ons slegs bywoners is, wat min of geen seggenskap oor het nie. Eers waneer jy dit aanvaar het kan jy aangaan met jou lewe en verseker dat jy 'n bydrae in jou eie gemeenskap lewer deur betrokke te raak. Beeld het onlangs berig dat armmoede onder blankes met 150% gestyg het. Kom ons fokus daarop want ander gemeenskappe klap in elk geval die hand van versoening en opbou weg.
Miskien is Orania nie so slegte alternatief vir emmigrasie nie.
Etienne 9/4/2009 5:08:24 PM
Ek stem saam met Tim. Ek is soos ander gatvol om die skuld te kry vir alles wat verkeerd is in die land, selfs 15 jaar na die ANC oorgeneem het. As die kat ongevraagd kleintjies kry is dit of apartheid, of die voorheen bevoordeeldes of sommer net rassisme se skuld. En ons almal weet mos dat rassisme its is wat NET blankes kan wees.Die enigste departiment in die staat wat nie uitmekaar val nie is SARS. Wonder hoekom? Aangesien ras weer op so baie staats vorms aangedui moet word sal ek darm graag wil weet wat is die verhouding van belasting wat betaal word deur blankes en swartes. Hoeveel in die lokasies betaal vir krag ens. Die enigste hand wat uitgesteek is wat ek kon sien was 'n gebalde vuis. Het die stryd teen ons dan na 1994 gestaak? Dit voel nie so nie. Die vorm van die aanslag het net verander. In die plek van soldate is daar nou misdadigers, en verder word ons taal, kultuur en geskiedenis bedreig. So nee, ek sien nie die uitgestrekte hand waarvan gepraat word nie maar ek voel, beleef en ervaar wel die aanslag teen my!

binne beeld

Nuutste Tim du Plessis-kommentaar

JaNee sê... Nie nonsens het met Mandela begin. Hy kon net glimlag, amandla skree en met sy gebalde vuis in die lug steek. Dom volgelinge het nog steeds daardie prentjie in hulle koppe. Naiewe witmens het nog nie agtergekom dat die vryheidsvegters net 'n klomp kriminele was nie...As dit 'n eerbare organisasie was so daar nie nou korrupsie gewees het nie en so hierdie mense trotse diens gelewer het. Die ANC en sy volgeling is inherent rasisties en jaloers..... Ons sien dit elke dag by die werk, opstraat en as hulle jou aanval by jou huis.... Bewys my verkeerd. Ek sal luister wat jy se.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 19-28°C Sunny. Warm. Jhb: 17-27°C Afternoon clouds. Mild.
Dbn: 15-25°C Morning clouds. Mild. Pta: 13-32°C Sunny. Pleasantly warm.
Bfn: 21-30°C Sprinkles early. More sun than clouds. Warm. PE: 19-27°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Accountant

Gauteng - JHB North/Sandton
Network Finance Menlyn
R260,000-300,000 Per Annum Cost To Company

Financial Manager

Gauteng - Midrand
Network Finance Menlyn
R450,000-500,000 Per Annum Cost To Company

Financial Manager

Gauteng - Johannesburg
Network Finance Menlyn
R700,000-800,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Comfortline 5-dr MY05
2009
R 169,990.00

AUDI

A4 1.8T 140kW Multitronic
2005
R 159,000.00

NISSAN

Livina 1.6 Acenta 5-dr
2009
R 135,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

WATERKLOOF

Single Residential - House R 13 200 000

CEDAR LAKES

Single Residential - Estate R 3 500 000

BANTRY BAY

Single Residential - House R 19 950 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

Alle Lego op Uitverkoping

Pret vir die Hele Gesin!

Besoek die kalahari.net Speelgoedwinkel en kry LEGO-speelgoed + opvoedkundige speelgoed volgens ouderdom, tema, kategorie en meer.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!