Johannesburg

Maandag

Showers late. Broken clouds. Mild.

13°C
26°C

7 day forecasts

Vroue in vrees ná aanval

2009-11-29 23:35

Me. Wilma Coetzer (23) wys haar beserings.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Arisja Jacobs

Secunda. – ’n Erg beseerde vrou van Standerton, haar ma en ’n vriendin se 12-jarige dogter vrees vir hul lewe nadat die polisie die vrou se vermeende aanvallers na haar woonstel en ook later na haar ma se huis geneem het vir ’n “uitkenning”.

Me. Wilma Coetzer (23) het gister vertel hoe sy en die 12-jarige, wie se naam weerhou word, Vrydag omstreeks 18:00 van Shoprite met hul inkopies huis toe gestap het toe twee mans hulle by die NG kerk in Cullinanstraat aangeval het.

“Ek het ’n pluk aan my handsak gevoel en toe tref iets hards my in die gesig. Ek het net vir die meisie geskree om te vlug,” het Coetzer gesê. Een van die mans het die meisie agternagesit, maar omgedraai toe sy by Kasselman-sekuriteit en Zelatech, waar Coetzer in die kantoor werk, ingehardloop het.

Kasselman se veiligheidswagte het ’n vegtende Coetzer te hulp gesnel waar die verdagtes haar na ’n donker gebied by die kerk probeer sleep het.

Sy het veral kopbeserings opgedoen. “Hulle het aanhoudend my kop geslaan. Ek kan nie alles onthou wat gebeur het nie, maar ek het besef dat hulle my maklik sou kon verkrag en doodmaak as hulle my in daai donker deel gekry het, want niemand sou ons van die pad kon sien nie. Daarom het ek so hard terugbaklei.”

Beeld het verneem die veiligheidswagte het die verdagtes aangekeer en aan die polisie oorhandig.

“Ek is na die dokter geneem en die polisie het gesê ek moet eers die volgende dag ’n verklaring aflê,” het Coetzer vertel.

Twee polisielede, vermoedelik reserviste, het haar egter by haar woonstel ingewag – met een van die verdagtes. Hulle wou hê sy moet die man uitken. Die 12-jarige meisie, wat so getraumatiseer is dat sy eers die volgende dag haar ma van die aanval vertel het, het hier die verdagte van aangesig tot aangesig gesien.

“Tannie, ek is bang, want nou weet hy ook waar ek bly,” het die meisie glo aan Coetzer se ma, mev. Ria Coetzer, gesê.

Coetzer sr. het Vrydagaand by haar dogter se woonstel opgedaag toe die polisie en verdagte daar was. “Ek het Wilma na my huis geneem en haar pynstillers en ’n slaappilletjie ingegee.”

Coetzer jr. se selfoon het omstreeks 22:45 gelui. “Iemand het haar na buite geroep. Toe ek my voordeur oopmaak, het dieselfde twee polisiemanne van vroeër op my stoep gestaan.”

Hulle wou Coetzer jr. glo in hul voertuig na die polisiekantoor neem vir ’n verklaring, maar wou nie hul name aan haar bekend maak nie.

“Hulle het gesê albei die aanvallers was in daardie stadium in die vangwa voor my huis. Toe ek die polisiemanne daaroor konfronteer, het die een polisieman gesê: ‘Don’t worry, they do not want to harm you’.”

Coetzer sr. het haar dogter self na die polisiekantoor geneem om ’n verklaring af te lê.

’n Saaknommer is aan Coetzer jr. gegee en sy is aangesê om ’n speurder te kontak, maar dié se selfoonnommer was die hele naweek onbeantwoord.

Coetzer jr. se vermeende aanvallers verskyn vandag in die plaaslike landdroshof.

Kapt. Joseph Hlatswayo, polisiewoordvoerder, het nog nie gister van die voorval geweet nie, maar het onderneem om dit vandag met die stasiebevelvoerder op te volg.

- Beeld

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 19-24°C Mostly sunny. Mild. Jhb: 15-28°C Widely scattered tstorms. Morning clouds. Warm.
Dbn: 13-26°C Showers late. Broken clouds. Mild. Pta: 14-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Bfn: 22-29°C More sun than clouds. Warm. PE: 19-26°C Sprinkles early. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Product Manager

Western Cape - Cape Town
Quiglies Solutions

Senior Java Developer

Western Cape - Cape Town
Quiglies Solutions

Java Developers

Western Cape
CME Recruitment
R250,000-300,000 Per AnnumNegotiable Market Related Negotiable

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

SUBARU

Forester 2.5 X AWD MY09
2009
R 279,990.00

TOYOTA

Yaris T3 1.3 Spirit 5-dr
2006
R 115,990.00

CHEVROLET

Lumina 5.7 SS MY05
2005
R 189,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

BANTRY BAY

Single Residential - House R 32 000 000

LONEHILL

Single Residential - House R 5 200 000

RIVONIA

Multiple Unit - Cluster R 4 800 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

e-Boeke is Nou Beskikbaar by kalahari.net

Tot 50% Af Op Top e-Boek Titels

Laai net Adobe Digital Editions af, soek & koop jou e-Boek, laai die e-Boek vanuit jou LibraryBox af en geniet e-Lees!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!