Johannesburg

Woensdag

Morning clouds. Mild.

11°C
25°C

7 day forecasts

Motorkapers ry vyf keer oor student

2009-10-29 00:50

Me. Karien Kruger wys na ’n wond aan haar been waar kapers met haar motor oor haar gery het. Foto: bongiwe gumede

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

André Damons

Kapers het ’n Johannesburgse student wat verbete met ’n klein knipmessie probeer keer het dat hulle met haar motor wegkom, onder die voertuig ingedruk en minstens vyf keer oor haar gery.

Gelukkig is geen bene van me. Karien Kruger (21) van Melville in die kaping verlede week gebreek nie, maar ’n spier in haar regterbobeen is geskeur en sy moes verskeie steke in snywonde aan albei bene kry. 

Kruger is ’n musiekstudent aan die Universiteit van die Witwatersrand en ’n deeltydse kelnerin. Sy het Woensdag omstreeks 11:15 voor die huis van me. Lynn Kruger, haar ma, in Hurleyweg stilgehou met die motor vol musiektoerusting, waaronder tromme, simbale en ’n musiekstander. Sy het die motordeur vir haar spanjoel, Otto, oopgemaak.

Twee mans het haar toe uit die rooi Golf 1 geruk en by die bestuurderskant ingespring.

“Ek het net daar besluit dit is nie hul kar nie en al my tromme en gereedskap is in die kar,” het Kruger gister vertel. 

“Ek het terug in die kar gespring en die mans met my messie begin steek. Ek dink nie ek het hulle raak gesteek nie.” 

Sy dra die messie, waarmee sy haar tromme regmaak, altyd by haar.

Die mans het haar weer uit die motor gestoot en onder die voertuig ingedruk. Sy het een van hulle aan die broekspyp beetgekry en vasgehou. 

Die bestuurder het agteruit en bo-oor haar gery. Die motor het weer vorentoe gerol en is weer oor Kruger. Die booswigte het minstens vyf keer só oor haar gery. 

Sy het onder die motor uitgekom en in die middel van die pad gestaan toe die man reg op haar afjaag. Sy het uit die pad geduik, maar die motor weer agternagesit voordat sy in die middel van die pad ineengestort het en om hulp geroep het. 

Haar ma en van die bure het uitgekom en die ambulans en polisie gebel. 

Kruger sr. het gesê sy het gehoor iemand skreeu, maar eers nie besef dit is haar dogter nie. 

“Toe ek eers hoor ‘Ma’, het ek geweet dit is sy. 

“Sy het in die middel van die pad gelê met bloed wat by haar kop, neus, mond en bene uitkom. Ek is bly sy het niks gebreek nie.”

Die polisie het die motor ’n paar minute later in Lothburyweg, nie ver van die huis nie, gevind waar die kapers dit gelos het nadat die teen-kapingstelsel in werking getree het. Haar selfoon, beursie en paspoort was weg.

Dit het ook later geblyk twee mans wat aan dieselfde beskrywing voldoen, het ’n medekelnerin se motor ’n halfuur voor die kaping probeer steel. 

Volgens Kruger sr. het haar dogter nog altyd vir haar eiendom baklei. 

Twee jaar gelede het sy ’n man wat haar selfoon uit haar hand gegryp het, ingehardloop en geskop totdat hy die foon vir haar teruggegee het.

Kruger jr. kon darem gister weer grappe maak, al spook die voorval nog by haar.

“Ek hou nie meer van karre nie,” het sy gesê.

“Elke keer as ek ’n kar hoor wegtrek, dan skrik ek.”  

- Beeld

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 19-24°C Morning clouds. Mild. Jhb: 14-29°C Morning clouds. Warm.
Dbn: 11-25°C Morning clouds. Mild. Pta: 19-31°C Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Bfn: 24-33°C High level clouds. Warm. PE: 21-26°C Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 FSi Sportline 5-dr
2005
R 143,664.00

CHEVROLET

Spark 1.0 LS 5-dr MY06
2008
R 64,990.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.8 Lux
1998
R 38,760.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

BROADACRES

Single Residential R3,950,000

BROOKLANDS LIFESTYLE ESTATE

Single Residential R1,820,000

LANGEBAAN

Single Residential R3,500,000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

Valentynsdag Blomme & Geskenkpakkies

12 Rooi Rose in Sellofaan – Nou R439.00

'n Groot verskeidenheid van Valentynsrose en -blomme, -geskenkpakkies, -juweliersware en baie meer.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!