Johannesburg

Maandag

Sprinkles early. More clouds than sun. Mild.

12°C
26°C

7 day forecasts

‘Regstelaksie sál geskied, al sê julle wat’

2009-11-20 22:14

Cobus Coetzee

“Inheemse Afrikane” behoort die grootste voordeel uit swart ekonomiese bemagtiging (SEB) en regstellende aksie te trek.

So glo mnr. Jimmy Manyi, direkteur-generaal van arbeid en president van die Black Management Forum, wat eergisteraand die ANC-jeugliga se Sandton-tak toegespreek het. Volgens hom is “almal Afrikane”, maar daar is verskillende Afrikane in die land.

“Daar is inheemse Afrikane, Afrikane van Europese afkoms, Afrikane van gemengde ras en Indiese Afrikane.”

Hy glo Indiër- en bruin Suid-Afrikaners moet ook deur SEB en regstellende aksie gehelp word.

Hy het daarop gewys dat swart Suid-Afrikaners meer as 350 jaar lank onderdruk en uitgebuit is.

Hy het gesê nòg SEB nòg regstellende aksie kon ongelykhede in die laaste 15 jaar van vryheid uitwis.

Hy glo daar behoort nie ’n sperdatum op SEB of regstellende aksie geplaas word nie, al is mense ná 1994 gebore, en hy meen as mense teen regstellende aksie is, is hulle teen die grondwet.

Hy glo SEB en regstellende aksie word deur die grondwet onderskryf en wil transformasie van Suid-Afrika se samelewing verseker.

“Die gelyke behandeling van ongelyke mense is steeds ongelyke behandeling,” het Manyi gesê.

Volgens hom moet en sal die regering sterker stappe doen teen ondernemings wat wetgewing oor regstellende aksie en SEB ignoreer.

“Wanneer wette nie nagekom word nie, moet iets gebeur.”

Manyi glo die grootste bedreiging van transformasie, SEB en regstellende aksie is swart mense wat in bestuursposte en direksies sit, maar transformasie nie ondersteun nie of teenwerk.

Hy noem hulle “non-whites”.

“Jy kan soveel as wat jy wil ’n non-white probeer wees, maar jy sal nooit wit wees nie.” Hy het bygevoeg: “Regstellende aksie sal voortbestaan en daar is van ons in die regering wat dit sal verseker. Jy kan op en af spring soveel jy wil.” 

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-24°C Morning clouds. Mild. Jhb: 15-28°C Sprinkles early. More clouds than sun. Warm.
Dbn: 12-26°C Sprinkles early. More clouds than sun. Mild. Pta: 14-29°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Bfn: 21-29°C More sun than clouds. Warm. PE: 19-26°C Sprinkles early. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2009
R 150,983.00

AUDI

Q5 Quattro 2.0 TDi Dsl
2009
R 509,000.00

NISSAN

Micra 1.4 Visia+ 3-dr MY06
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

SALT ROCK

Single Residential - House R 10 600 000

UMHLANGA RIDGE

Single Residential - House R 10 000 000

DURBAN NORTH

Single Residential - House R 3 499 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

e-Boeke is Nou Beskikbaar by kalahari.net

Tot 50% Af Op Top e-Boek Titels

Laai net Adobe Digital Editions af, soek & koop jou e-Boek, laai die e-Boek vanuit jou LibraryBox af en geniet e-Lees!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!