Johannesburg

Woensdag

Morning clouds. Mild.

11°C
25°C

7 day forecasts

2 gewonde broers jaag deur spitsverkeer

2009-12-01 07:28

Sandile Waka-Zamisa

Pietermaritzburg. – Twee gewonde broers het gister bebloed deur die stad se spitsverkeer gejaag om by ’n hospitaal te kom.

Mnre. Pieter (57) en Rodney Bezuidenhout (59) herstel nou van skietwonde in onderskeidelik die nek en maag nadat hulle by hul werk in die Mkondeni-nywerheidsgebied oorval is.

“Die koeël is deur my nek, van die een kant na die ander. Die dokter het gesê as dit een sentimeter verder was, was ek dood,” het Pieter gesê.

“Hulle was daar om ons dood te maak en het geskiet om ons dood te maak.”

Die broers was op pad na hul werk by Wayne’s Scrap Metal met Pieter agter die stuur toe vier gewapende mans hulle aangeval het.

“Ek het ’n voertuig gesien wat reg op ons afpyl, maar toe ek stadiger ry, het hy reg voor ons kom stop.”

Pieter het die bakkie in tru-rat gesit, maar ’n man het agter vanuit die voertuig gespring en ’n vuurwapen oorgehaal.

“Ek het vir my broer geskree hy moet gaan lê. Die man het ’n skoot deur ons voorruit geskiet en dit is deur my nek en uit by die venster. ’n Tweede man het begin skiet en hy het my broer deur die passasiersitplek getref.”

Pieter het weggejaag.

“Ek kon voel ek is in die nek getref en het in die stad se rigting gery. Ek was angsbevange, maar het nie gestop totdat ons by die Medi-Clinic was nie.”

Pieter is ontslaan, maar sy broer se toestand is nog ernstig.

“Ek weet nie wat is die motief vir die aanval nie, maar hulle wou ons beslis doodmaak.”

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 19-24°C Morning clouds. Mild. Jhb: 14-29°C Morning clouds. Warm.
Dbn: 11-25°C Morning clouds. Mild. Pta: 19-31°C Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Bfn: 24-33°C High level clouds. Warm. PE: 21-26°C Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

SEnior C# Developer

Western Cape
Quiglies Solutions

Senior Linux Systems Administrator

Western Cape - Cape Town
Quiglies Solutions

Distribution Manager

Free State - Bloemfontein
Hire Resolve
R300,000 Per Annum

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 FSi Sportline 5-dr
2005
R 143,664.00

CHEVROLET

Spark 1.0 LS 5-dr MY06
2008
R 64,990.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.8 Lux
1998
R 38,760.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

PARKVIEW

Single Residential R9,900,000

GILLITTS

Single Residential R4,995,000

CELTISDAL

Single Residential R1,950,000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

Valentynsdag Blomme & Geskenkpakkies

12 Rooi Rose in Sellofaan – Nou R439.00

'n Groot verskeidenheid van Valentynsrose en -blomme, -geskenkpakkies, -juweliersware en baie meer.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!